Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.

Swart Nag, Rooidag, pdf e-boek


2/18/2013 10:48:18 PM

Swart Nag, Rooidag deur Maretha Maartens.
Vir ons wat met selfverwyt sukkel.
75 bladsye.


HOE DIT GELEES WORD: Die ontvanger ontvang die e-boek in pdf formaat, ontsluit dit d.m.v. die gratis aflaaibare Adobe Reader en lees dit op ‘n rekenaarskerm, slimfoon of iPad. U kan ook hardekopie-uitdrukke maak. Heel onder op die tuisblad vind u 'n ADOBE READER IKOON. Deur daarop te kliek, kom u by die stappe uit om die ADOBE READER (pdf-leser) gratis af te laai en te installeer.

BETALINGSWYSE: PAYFAST of GEWONE ELEKTRONIESE BANKTRANSAKSIE (EFT).

AFLEWERING na Payfast transaksie: onmiddellike aflewering na transaksie.
AFLEWERING na elektroniese bank-transaksies (EFT) sonder Payfast: U pdf e-boek word binne 24 uur as pdf aanhegsel (attachment) per e-pos aan u gestuur.



UITTREKSEL

Ek wou na die klein kindjie daar op die stoel hardloop, by haar op my knieë neersak, by haar om vergifnis pleit. Maar hoe kón ek? Watter opvoeder wat sy sout werd is, spring so rond met dissipline? Watter ouer hok ‘n tienerkind of verbied televisie kyk, en val dan sekondes later self in trane by die kind neer om te bely dat hy ‘n verskriklike fout gemaak het?

Nee, só slaan 'n opvoeder nie sy naam met 'n plank nie. Êrens sit 'n mens jou voet neer met 'n kind. 'n Onredelike ouma was ek nog nooit gewees nie. Dit wat ek van dié enetjie verwag, is nie onredelik nie. Al wat ek nou moet doen, is om kalm vir haar te gaan sê ek het nou klaar geraas, ons sal nie die swemlesse staak nie, kom ons gaan kleedkamer toe, dan gaan trek ons aan. Môre is nog ? dag.

Ons het kleedkamer toe gestap, vertederende prentjie van buite: donkerkoppie huppelend vooruit; op en wakker ouma op haar hakke, die blonde een se handjie in hare.

My kleinkind se handjie was koud met die koue van swembadwater en verlies van onskuld.

Die swaar, wrede las van selfverwyt waaronder ek langer as 'n dekade sou voortploeter, was op my. Jare lank sou die kinderoë uit die kleuterskoolportret vir my bly kyk. Die koorsblaarrofie in die hoek van die skaam glimlaggende mondjie sou nooit wegbleik nie.

Hét ek maar daardie dag my naam met 'n plank geslaan. Het ek maar gedoen wat voor God reg is. Maar ek het die klassieke foute deurgewerk — elkeen van die foute wat ‘n mens in die wurggreep van sonde en selfverwyt laat bly.



Leigh was te seker van haar saak om na sulke waarskuwings te luister. Veral was sy te seker van Donovan. Hy het selfoonfoto’s wat hy sy specials genoem het, van haar begin vra. Dié foto’s het sy in die badkamer vir hom geneem en aangestuur. Leigh se wêreld het inmekaargetuimel toe sy uitvind dat haar en Donovan se specials op dosyne selfoonskerms op die skoolterrein vertoon en bekyk word.

Die storm rondom daardie foto’s is lankal verby. Leigh het sedertdien nooit weer so ‘n wip afgetrap nie. Haar broer praat nie meer daarvan nie; haar ma huil nie meer omdat sy haar naam so weggegooi het nie. Maar vir Leigh voel dit asof sy nooit daaroor sal kom nie.

Van die selfverwyt oor die skade wat sy aan haarself en haar naam gedoen het, het Leigh nog nooit vry gekom nie. Van die lenige, aantreklike meisie wat sy was, is daar nou min te sien. Wat sy in die yskas en in haar ma se koskas aantref, eet sy. Sy het haarself in vet verskans.
Prys : R 10.00

Terug na winkel  | Gooi in mandjie

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies