Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.

DIE KONING SE DONKIE


8/19/2013 4:31:11 AM

DIE KONING SE DONKIE
Kraakvars Kerstoneelstuk
Maklik opvoerbaar, samebindend, Skriftuurlik en meesleurend.   

   
Hierdie verhoogstuk kan opgevoer word deur:—
• kinderlidmate in gemeentes
• laerskoolgroepe
• Evangeliese toneelbedieningsgroepe met spelers van alle ouderdomme.
• leerders met intellektuele gestremdheid.

Dit is ‘n Kersspel waarvan:—
1. die volle dialoog deur voorlesers voorgelees kan word of vooraf opgeneem kan word;
2. die dialoog gedeeltelik voorgelees en gedeeltelik deur spelers voorgedra kan word;
3. die dialoog deur die spelers self voorgedra en hanteer kan word.  Die voorleser is dan ‘n speler wat die voorlesersposisie op die verhoog inneem.
Elke groep wat die verhoogstuk opvoer, kies een van dié drie opsies.



UITTREKSEL, TONEELTEKS: DIE KONING SE DONKIE.

VOORLESER:

BILEAM SE DONKIE probeer diékant toe hardloop, dan weer dáárdie kant toe. “Hie-ha, hie-haaaaa!”

BILEAM se voet skuur teen die muur langs die paadjie. “Eina! Eina, my voet! “  Hy slaan die donkie met sy lat. Woeps-woeps!  “Jou… jou… Vir jou… verwurg ek! Wat de duiwel het in jou gevaar?”

BILEAM SE DONKIE  gaan lê.  Hy bewe, hy is so bang!

BILEAM spring van sy donkie af.  Hy slaan sy donkie nog ‘n keer. “Woeps, woeps!”

En toe... laat die Here die donkie praat. 

BILEAM SE DONKIE kry menstaal uit : “Hoekom het jy my nou al drie keer geslaan?”

BILEAM is so verskriklik kwaad  dat hy nie besef dat sy donkie regtig praat nie: “As ek ‘n swaard by my gehad het, het ek jou doodgemaak!”

BILEAM SE DONKIE bly in menstaal praat:  “Jy ry altyd op my rug. Maak ek altyd so met jou?”

“Nee!” sê BILEAM.  En toe besef het:  my donkie praat!  Hy begin klappertand:  “Hei!  Práát jy, jou blikskottel? Práát jy?”  


BELIGTING:  Ligfokus (kollig)   op ENGEL VAN DIE HERE. 


VOORLESER :
Toe maak God dat Bileam  die Engel van die Here sien. 

BILEAM  sien die swaard in die Engel se hand.  Hy skrik hom byna dood.  Hy spring eenkant toe. Hy bewe en val op sy knieë neer.

DIE ENGEL VAN DIE HERE vra vir Bileam: “Hoekom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan?” En BILEAM hakkel: “Hy...hy w-wou nie loop nie, Meneer.”

DIE ENGEL VAN DIE HERE hou sy swaard nog hoër. “Ek het jou kom keer, Bileam. Jy wil iets iets verkeerds gaan doen. Jou donkie het My gesien en vir My uitgedraai.”

BILEAM bewe soos ‘n riet:  “Jinne, Meneer, ek weet nie hoekom ek Meneer nie gesien het nie.”

DIE ENGEL VAN DIE HERE laat sy swaard sak. “Ja, Bileam,” sê hy. “As jou donkie nie uitgedraai het nie, was jy nou dood gewees.”

Toe gaan DIE ENGEL VAN DIE HERE weg.  (Engel af.)

BELIGTING:  Ligfokus (kollig)  af. 
                                                           
Voorleser hou op lees..

BILEAM streel sy donkie.  Hy pluk vir hom ‘n groot handval gras.
BILEAM:  Sorry, sorry, my ou donkietjie. Jy het my lewe gered.  Nou gaan ek net God se woorde praat. ”
BILEAM SE DONKIE AF.

VOORLESER:  Bileam hét God se woorde gaan praat.   En God het hom 1400 jaar voordat Jesus gebore is, van Jesus laat praat.  Bileam het gesê  (lees stadig en gedrae oor die musiek wat indoof, soos Goddelike woorde oor tyd en ruimte): SY NAAM IS JAHWEH, Die treffers van Jan de Wet, SNIT 5.)

BILEAM kom voor op die verhoog staan.  Hy dra die profesie met sy hande en lyftaal oor:

Hier voorspel Bileam die seun van Beor nou ( hand op sy bors, of klap liggies op bors)...
Die man wie se oë oopgemaak is (raak aan oë) ...
Dit is die woorde van iemand wat luister wat God sê (raak aan ore)...
en weet wat die Allerhoogste weet (hande effens gelig)...
Hy sien die Almagtige in ‘n visioen (kyk boontoe)...
en buig in aanbidding, maar sy oë is oop (buig laag) ...    
Ek sien Israel in die verte (kom  orent, een hand bo oë, ander hand wys ver)...
Nie nou nie, maar in die toekoms (hand wat ver wys,  beweeg heen en weer)...
Daar sal ‘n ster uit Jakob opkom ( wys na die hemel) ...
‘n koning van Israel met sy koninklike staf (regterhand hoog, vuis gebal)...
Uit Jakob se gebied sal hy heers oor die volke. (linkerhand wys wyd oor die hele aarde.) ” 

-Uit Num 24: 15- 19, Die Lewende Bybel.Einde van voorlesing.

BILEAM kniel ‘n paar oomblikke, staan dan op en loop van die verhoog af.

MUSIEK DOOF UIT.


HAMOR galop links op.

HAMOR:   Is Josef en Maria nóg nie klaar nie? 

REBECCA:  Nee.  Maar het jy gehoor wat God vir Bileam laat sê het?

HAMOR:  Nee, wat?

SIMON (spring op en af)  :  Dis major!  God het Bileam laat sê daar kom ‘n Groot Koning!

HAMOR:  Hie-ha!  Rêrig?

SIMON (spring nog meer op en af) : God het so gesê, so dit gaan gebeur!

HAMOR:  Jippie!  Hie-ha. Wat kom Hy hier doen? Ek wens Hy kom gou. (Moedeloos): Maar dit sal nie gou wees nie.

REBECCA:  Hoekom nie?

HAMOR:  Koning Herodus like nie ander konings nie.  Hy  maak net oorlog teen ander konings.  Wat sal jý doen as daar ‘n Koning na ons kom wat groter as Herodus is... en groter as al die ander konings van die aarde?

REBECCA:  Ek sal dans! 

HAMOR:  Jy sal wát?
Prys : R 10.00

Terug na winkel  | Gooi in mandjie

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies