Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.

DIE LAM


8/22/2013 10:12:56 AM

 

 


DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!
 

DIE LAM is ‘n kraakvars Kersspel, in Augustus 2013 deur Maretha Maartens geskryf.

Die storie begin by ‘n Joodse gesin wat Paafees vier in die jaar waarin Jesus Christus gekruisig sou word. Die oupa van die gesin is Simeon, wat ‘n paar maande later die Kindjie Jesus by die Tempel in sy arms sou neem. Tydens die Paasfees voorspel ou Simeon weer dat die Verlosser van die wêreld in sy leeftyd gebore sal word. Niemand glo hom nie.

Die kinders van die huis het ‘n lammetjie, SêSy, vir wie hulle almal innig lief is. Dawid, die oudste seuntjie, weet dat SêSy spoedig vir sy en vir die ander lede van sy gesin se sondes geoffer gaan word. Sy hart is stukkend daaroor. Hy is radeloos. Die pad van die Wet is te moeilik.

Dawid gaan saam met sy pa, Ruben, en die ander skaapwagters skape oppas by Betlehem.  Hy word woedend kwaad vir een van die volwasse skaapwagters. En juis terwyl hy die Wet in elke opsig verbreek, word die hemel wit van engele- en genadelig.

Die LAM is jou gemeente, laerskoolklas of selfs kleuterskool se Kersspel vir vanjaar.
O, wat ‘n Evangelieboodskap vir elkeen wat dit opvoer of beleef! 

UITTREKSEL uit DIE LAM deur Maretha Maartens 

BENJAMIN:  Elia het nie gekom nie! Maar kyk hier!
DIE KINDERS spring op en almal loer by die sakkie in.
BARAK: Mamma, boetie gaan dit alleen opeet!
MAMMA RUT:  Dit is vir julle almal. Daar is twee koekies vir elkeen van julle in die sakkie.
RUBEN: Kom ons bid, dan eet ons die Paaslam se vleis.
OUPA SIMEON hou sy hand op en stop alles skielik. Hy rol die boekrol oop en lees die woorde van die profeet Miga:
Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers? Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding? Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Om die Here te dien, dit is wysheid.  (Oupa Simeon sit die boekrol neer en sug stadig en hoorbaar):  Dit is te moeilik. Ek probeer en probeer, maar ek kry al hierdie dinge nie reg nie. Ag, Here, my God, ek het ’n Verlosser nodig.
AKSA (stamp aan DAWID):  Oupa is weird. ?
VERTELLER:  Maar daar deel Pappa Ruben nou al vir almal lekker gebraaide lamsvleis uit. Kyk mooi: Het Dawid nie dalk ‘n groter stukkie as die ander gekry nie? Seker omdat hy die oudste seuntjie is.
Almal eet van die paaslamvleis.
VERTELLER: Iets pla vir Dawid. Wat kan dit wees?
DAWID bly met die stukkie vleis in sy hand staan. Hy loop eenkant toe en kyk lank na SêSy.
OUPA SIMEON (kom by Dawid staan.) Wat pla, Dawid?
DAWID:  Oupa, ek het SêSy so baie, baie lief. (Hy hardloop na SêSy toe, vat hom om sy nek en druk die skapie styf teen hom vas.)
AL DIE KINDERS (kom na SêSy toe. Almal troetel en streel en druk hom):  Ons is ook lief vir ons skapie!
OUPA SIMEON: Julle mag julle lammetjie mos liefhê, my kinders.
DAWID:  Hoekom is ons arm, Oupa? Hoekom het ons nie baie skape nie?  Nou het ons net een, en volgende jaar gaan Pappa hom slag vir die Paasfees.
OUPA SIMEON:  Moenie nou aan volgende jaar dink nie, Dawid.
DAWID:  Maar ek kan nie ophou om daaraan te dink nie! My lammetjie gaan vir iets geslag word. Dalk vat Pappa hom tempel toe, dan slag en offer hulle hom daar!
AKSA: Hulle moenie!
ESTER EN DEBORA: Hulle mag nie!
OUPA SIMEON:  God het vir my gesê daar gaan ‘n ander Lam vir ons sondes geslag word.
DAWID (verras): Wie s’n? ‘n Ryk man s’n?
OUPA SIMEON:  Ek wens dis Keiser Augustus s’n!  Die ou wreedaard!
DAWID (gaan sit sy arm om die skapie.) Net nie jy nie, SêSy. Net nie JY nie.
Agter DAWID EN OUPA SIMEON, by die Paasfeestafel, klap DIE SKAAPWAGTERS EN RUT hande en sing hulle ‘n Paasfees-psalm soos Psalm 116 of 117 uit die LIEDBOEK.

 

 

Prys : R 10.00

Terug na winkel  | Gooi in mandjie

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies