Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.

Kliek en kry: ONS SIEN JESUS

Ons sien Jesus
 
My man is hospitaalleraar vir pasiënte van die platteland wat in Bloemfonteinse hospitale behandeling ondergaan. So kry hy dan daagliks met siek mense van Lesotho, mense van die Noord-Kaap, plattelanders van Petrusburg, Verkeerdevlei, ja, min of meer van elke provinsie in die land te doen.
 
Gister was ‘n dag waarin die huidige klimaat in Suid-Afrika sy psige en my psige binnegedring het.  Hy het in dieselfde hospitaalsaal besoek afgelê by twee pasiënte wie se lewens onomkeerbaar deur plaasaanvalle verander is: ‘die pa van ‘n klein seuntjie, ‘n jong boer wat nou ‘n parapleeg is, en ‘n tweede boer wat in ‘n ander provinsie deur sy bene geskiet is.  Toe my man by die huis kom, was hy stil en peinsend, séér tot in sy siel.
 
Ek, weer, het my rekenaar by ‘n tegnikus gehad. Terwyl hy daaraan werk, sê die gelowige tegnikus, self ‘n paar jaar gelede deur rowers deur die kop geskiet, vir my: “Ons is in ‘n oorlog, dis niks anders as oorlog nie.”
 
Ons weet dit. Om mense te probeer uitwis, om te poog om mense te laat oorgee, is nie ‘n daad van versoening nie. So-iets is sinoniem met oorlog. In ons land is die oorlog tussen vyandelike magte en dié vir wie die vyandelike magte wil uitwis. Ons kan en wil en durf dit op geen ander wyse stel as dat dit ‘n oorlog tussen duisternis en lig is nie. Dat dit ‘n sigbare sowel as onsigbare aanslag is.
Sonde, vrees, spanning, onsekerheid en leed dreig om oor ons siel en gees te begin heers.
 
Maar kom ons lees vanoggend Openbaring 5:9-14
Toe sing hulle 'n nuwe lied: "U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.
U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer."
Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor uitroep: "Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang."
Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: "Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid."
Die vier lewende wesens het gesê: "Amen!" En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.
 
 
Kom ons lees ook Heb 2:5-9:
 
Dit is nie aan engele dat Hy die toekomstige wêreld, waarvan ons praat, onderwerp het nie. Inteendeel, iemand het êrens getuig en gesê: "Wat is 'n mens dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U na hom omsien? U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak; U het hom met heerlikheid en eer gekroon; U het alles aan hom onderwerp." By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp.
Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.
Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is 'n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.
 
En nog een teksvers: Rom 8:2  Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.
 
Jy het gehoor hoe dit gister in ons huis en lewe was. Wat ons gehoor en beleef het.  Wat het jy gister beleef en gehoor?  Nog kruisvuur op die Kaapse vlakte?  Nog ‘n dag sonder water in jou dorp?  Nog ‘n baie slegte diagnose by jou dokter?  Nog tydings of die aanskoue van ‘n plaasaanval?  Die begrafnis van boeremense, voedselvoorsieners?  
 
Waar is Jesus?
Het jy al gevra:  Waar is die HERE?  Waar is Jesus?
Die Bybel sê Hy is aan die regterhand van God in die hemel, waar HY vir ons pleit.
 
Rom 8:34-36:   Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: "Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word."
 
In Openbaring lees ons:  die Lam is op die troon in die hemel. 
Op 5:13  Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: "Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid."
Op 6:16  Hulle het vir die berge en die kranse gesê: "Val op ons en bedek ons vir die oë van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam.
Op_7:10, 17:  Hulle het hard uitgeroep: "Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!" Die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog."
 
Hoor wat word van die LAM op die troon gesê:
Op 17:12-14:   Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koningskap gekry nie, maar hulle kry saam met die dier een uur lank gesag as konings. Hulle het een en dieselfde doel voor oë, en hulle stel hulle mag en gesag tot die dier se beskikking.
Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is.
 
Moet ons dus net bly opkyk hemel toe in hierdie tye?
O, ons kan en moet veel nader ook kyk. Christus is in die hemel, op die troon, en geen oorlog sal Hom ooit ontsetel nie. Die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is.
 
O, ons kan en moet veel nader ook kyk. Christus is in die hemel, op die troon.  En Hy is ook deur sy Gees op die troon in elkeen wat in Hom glo.
 
Joh 16:7  Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
 
Die Lam is op sy troon in jou lewe, in jou werklikheid.  Die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is. –Op 7:14.
 
 
Die Lam is op die troon in sy Kerk, in jou, in elkeen wat in Jesus Christus glo.
 
Wat sien ek en jy dus in hierdie lewe, in ons werklikheid in Suid-Afrika in hierdie tyd?
 
Heb 2:9. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie. Maar ons sien Jesus.
 
Ons sien Jesus.
Stefanus het Hom gesien toe hy gestenig is.
Paulus het Hom op pad na Damaskus gesien.
Die dissipels het Hom gesien toe almal geglo het Hy is dood en uit die pad.
Sy dissipels het Hom in die storm op die water na hulle sien aankom.
Al die mense wat swaar beproef en verdruk is, apostels in die gevangenis, elkeen wat in Hom glo en in ‘n stryd tussen lig en duisternis is, kan dit weet:  ONS SIEN JESUS.  Ons sal Hom sien: die Lam op die troon.
 
Die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is. –Op 7:14.
 
En in hierdie Jesus vind ons al die liefde, al die genade, al die vertroosting, al die hoop, vergifnis, wysheid, koers en krag wat ons vandag nodig sal hê.
 
Ons sien Jesus.
 
 
 
 
 

Kliek en kry: Altyd en onmiddellik

Altyd en onmiddellik
 
Kom ons lees vandag in die Skrif oor iets wat vir altyd is.
Oor ‘n vriendskap, ‘n innige verbondenheid, wat deur niks vanuit die hel, niks in die heelal, niks op die aarde en niks in jou hele lewe vernietig kan word nie.
 
Het jy al ooit die Nuwe Testament bestudeer om soveel moontlik aangaande die verhouding tussen Jesus en sy twaalf naaste vriende, sy kleingroep, te ontdek?  Jy sal verstom staan oor die innigheid daarvan, oor die diepte van die vriendskap, die empatie, die liefde en begrip in Jesus se vriendskap met daardie twaalf totaal uiteenlopende persoonlikhede.  Wat ‘n vriend was Hy nie vir elkeen van hulle gewees nie!  Hy het elkeen se persoonlikheid so goed geken, elkeen se menswees so suiwer ontmoet.  Hy het geweet hoe impulsief en vurig Petrus was, hoe ‘n ou twyfelaar Tomas was, hoe kort van draad Jakobus en Johannes was.  Hoe opreg en eenvoudig Nataniël was,  uit watter agtergrond Mattheus die tollenaar kom.  En met elkeen van hulle het Hy so wys en so liefdevol gewerk dat daardie dissipel tereg kon dink:  Hy is my beste Vriend.  Ons is beste vriende.
 
Daarom was dit vir elkeen van hulle baie ontstellend wanneer Jesus Hom van hulle afgesonder en alleen op die pad gestap het, soos in Mark 10:32-33  Op pad Jerusalem toe het Jesus voor hulle uit geloop. Dit het die dissipels verontrus en die mense wat agterna gekom het, laat bang word. Toe het Hy weer die twaalf opsy geneem en hulle begin vertel wat met Hom gaan gebeur:  "Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe. Daar sal die Seun van die mens aan die priesterhoofde en skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom aan die heidene uitlewer.
Sulke gesprekke!  Jesus so naby, so beskikbaar, so sigbaar! Dit was om van jaloers te wees.  Hoe dikwels het ons al gewens ons kon elke dag so na aan Jesus leef, en Hy so na aan ons!
 
Jesus was nie altyd by sy dissipels nie!
Tog is die heerlike nabyheid van Jesus daardie eerste kringetjie dissipels gereeld ontneem. Soms het Hy self weggegaan, soos wanneer Hy eensaam en worstelend voor hulle uit loop.  Soms het hy net uit die huis verdwyn om alleen te gaan bid.  Soms was hulle alleen in die skuit op die see van Galilea, met Jesus iewers in die berg, alleen met sy Vader.  Soms het Hy hulle dorp toe gestuur om kos te gaan koop, en het Hy agtergebly met iemand soos die vrou by die put van Samaria.  En dikwels het die skare — honderde, duisende ander mense— eenvoudig fisies ‘n menslike muur, ‘n wal van siek, noodlydende, hulpbehoewende mense tussen Jesus en sy dissipels geword.
 
En steeds begeer ons om dan ten minste só met Hom in kontak te wees.  Wanneer die mense huis toe gegaan het, kan ons dan mos weer in ‘n kring om Hom gaan sit.  Dan kan ons wel vir Hom vertel hoe verskriklik ons dag was, watter emosies ons ervaar het toe al die voertuie in protes saamgetrek was teen elke moord in ons land, teen die uitwissing van gevestigde, opkomende, spartelende en suksesvolle boere, spesifiek.  En hoe diep ons emosies getuimel het toe ons hoor dat daar juis in daardie ure weer ‘n boer vermoor en nog ‘n boer aangeval is.  O, wat sou ons nie gisteraand wou gee om net by Jesus te gaan sit nie, al was Hy ook heeldag lank met ander mense in hulle tragiese omstandighede besig!   
 
Weet jy, ons diepste wens word vervul sodra ons die diepte van Jesus se woorde in sy laaste groot gesprek met die kleingroep begin verstaan.
 
'n Lewensveranderende belofte
Kom ons lees ‘n stukkie van Jesus se laaste gesprek, so in sy vriendekring, met die finale, onomkeerbare skeiding van sy dood wat drie dae lank ‘n ravyn tussen Hom en hulle sou wees:
 
Joh 15:13-16:  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.
Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.
 
Joh 16:1-7  "Hierdie dinge sê Ek vir julle sodat julle nie afvallig word nie.
Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys. En dit sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.
Maar Ek sê dit nou vir julle, sodat wanneer die tyd daarvoor aanbreek, julle daaraan moet dink dat Ek dit vir julle gesê het. Ek het dit egter nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat Ek nog by julle was."
"Nou gaan Ek na Hom toe wat My gestuur het, en tog vra niemand van julle vir My: 'Waar gaan U heen?' nie.
Maar omdat Ek dit vir julle sê, is julle harte vol droefheid.   Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
 
Gister het ons hierdie boodskap nodig gehad, hierdie woorde van Jesus in Joh 16:7.  Want wat Jesus hier sê, is aardskuddend.  Dit is lewensveranderend.
Jesus sê dié aardskuddende ding vir sy eerste kleingroep, sy binnekringetjie wat ná nog ‘n dag vol eise, hindernisse en obstruksies van buite eindelik tyd vind vir saamkom en innige, hartgrondig egte kommunikasie.
 
Jesus sê vir hulle en vir ons:  
Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
 
  • Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan.  Dit is goed, die allerbeste ding wat ooit met julle kan gebeur, dat EK teruggaan hemel toe.  Dit is goed, die allerbeste ding, dat ons kommunikasie en tye saam nie meer so vol onderbrekings, net ‘n paar uur elke dag, gaan wees nie.
  • As Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie.  Jesus sê: As Ek nie nou na die liggaam van julle weggaan nie, sou dit lewenslank so gewees het.  Julle sou met ‘n paar uur per dag saam met My tevrede moes wees.  Maar nou, wanneer Ek hemel toe gaan, kom my GEES nie sigbaar saam met julle stap en dan is daar weer duisende onderbrekings nie. Nou kom Ek deur my Gees in elkeen van julle woon.  Die Heilige Gees is My Gees, dit is EK IN JULLE.  Dit is Emmanuel, GOD MET JULLE, nie meer in hierdie liggaam wat as die liggaam van die Man van Nasaret gesien word nie, maar as GOD MET JULLE en GOD IN JULLE, as die Heilige Gees, die Gees van die sondelose Lam van God, die heilige Gees van julle heilige Vriend. 
  • EK kom in julle woon. 

??Wat Jesus bedoel, is:  Die tyd van ononderbroke kommunikasie en beskikbaarheid breek vir julle aan. 

Wat Jesus bedoel, is: As Ek gaan, is dit nie vaarwel of tot  siens nie.  Nou breek die tyd aan waarin dit vir jou moontlik gaan wees om uur ná uur vir My te sê wat jy voel, wat jy beleef, hoe jou emosies tuimel, hoe ontsteld jy is, hoeveel pyn jy ervaar, wat jy nodig het, wat jy vrees, wat jy nodig het, wat jou verwar.  Geen skare kan ooit weer tussen ons kom nie.

Wat Jesus bedoel, is: Geen krisis van ander mense kan My ooit weer van jou wegneem nie. Ek sal jou nooit weer sonder My dorp toe stuur nie. Jy sal nooit weer alleen in die huis agterbly terwyl Ek teen die berg gaan bid nie. Dit is die tyd van Jesus Christus deur sy Heilige Gees in jou, vir altyd.

 
Verstaan ons nou wat Paulus in Rom 8:35, 38-39 sê?
 
  Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
 
Dit is hoe dit nou is.
Dit is wat dit is om met Christus op pad te wees, om met Christus te wandel.

Kliek en kry: OGGENDKRUISIGING

 

 
DIE KRUISIGING
VROEG ELKE OGGEND
 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons het ‘n whatsapp gebedsgroep waaraan iemand die naam Prayer Warriors, gebedskrygersgebedsvegtersgebedsoldate gegee het.

Natuurlik weet ons waar dié paslike naam vandaan kom:
Ef 6: 10-13
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen 
elke bose gees in die lug.
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.
 
Ons wat hier op die aarde woon, is dalk nou op pad werk toe, of weet dat ons nog steeds werkloos is.   Jy, my geloofsgenoot op die Kaapse vlakte, het pas jou kind afgesien: jou kosbare kind moet asof deur ‘n oorlogsone skool toe loop.  Wat is jou kind in die kruisvuur tussen bendes beland?
 
Ons gaan nie binne ‘n minuut of twee ‘n bataljon vyandige soldate om die hoek sien kom nie. Maar die geveg het vroegoggend al begin: ‘n geveg nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
Daar is magte en gesagte in jou woonbuurt. Daar is ‘n verkeerde gees in ‘n sekere skool naby die grens van Lesotho: een van ons lidmate vertel ons daarvan: sy hou daar skool. Daar is die gees van die sondige wêreld in universiteitskoshuise, op die speelterrein van kleuterskole, dikwels in die middel van die nag op katkisasiekampe,  in die voertuig wat jou tienerseun of jou  tienerdogter se vriend op ‘n verlate plek parkeer het.  Daar is dalk ‘n gees van ongeloof en kommer in jouself, ‘n gees van onrus, spanning, woede, irritasie, uitsigloosheid, wanhoop.  
 
Die vreeslike oggende van die prayer worriers
Dalk is jy soos ek en baie van my vriendinne.  Ons erken dat ons onsself beswaarlik Prayer Warriors kan noem.  Ons is Prayer Worriers.  Ons bekommer ons oor min of meer alles. Wat as... Gestel dit en dit gebeur...
Dit en dat sal vir my vreeslik wees as dit moet gebeur.  En die koerantberigte: wat is besig om van Suid-Afrika te word?  Wat kan nóg vererger?  Wat as dit nie genoeg in die Wes-Kaap reën nie?  Wat gaan van ons kinders en kleinkinders word?  Hoe gaan my of my man se sterfbed wees? Sal ons kind veilig reis?   Sal ons klein gemeente kan bly voortbestaan?  Wat as ons spaargeld opraak?
 
Wat ‘n vreeslike manier om elke dag te begin.
Wat ‘n onnodig aaklige manier om elke dag te begin!
 
 
 
 
 
Of: die vreugde-oggende
van die prayer warriers
O, hoe heerlik kan elke dag begin, as ons net doen wat die Skrif vir ons sê!
Hier is ‘n eenvoudige vyfpunt-samevatting van hoe elke dag in 
jou lewe totaal anders kan begin. 
Dit begin eintlik sonder gebed, net met hunkering na iets beters, net met pyn oor hoe wild en deurmekaar en angstig en onrustig alles in jou is.
 
  1. Jy gaan sit voor die Here.
Jy dink aan jouself as ‘n gekraakte ou beker of kleipot.  Jou hele fisiese menswees is gekraak van kommer, spanning, onrus, menslike voorspooksels, logiese gevolgtrekkings, die dokter se swak prognose wat oor jou uitgespreek is, jou vrees vir siekte, agteruitgang, die dood.  In hierdie ou gekraakte mensie is daar, presies soos wat Paulus dit beskryf, niks goeds, niks kragtigs, niks tot verheerliking van God nie.
 
Rom 7:14-24:
Ons weet tog die wet is geestelik, maar ek is aards en soos 'n slaaf aan die sonde verkoop.
Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.
Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.  So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.
Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?
 
Sit so voor die hele, net gevul met die wete: in myself is ek ‘n tragedie.  Ek is ook soos Paulus. Weet dit net. Laat jou gedagtes dié wete in jou kop rondgooi.  Al taboe is: moet die wete nie ontken nie. Van een ding kan jy seker wees:  met sulke gedagtes gaan die Here jou nie daar laat nie.
 
 
  1.  Sit doodstil, en daar sal ‘n hunkering in jou begin opkom:  Dit is nie soos ek vandag wil wees nie. Ek hunker na iets beters, na verandering.  Ek begeer iets beters.
Jy hoef jou begeerte nie te verwoord nie.  Begeer net iets beters as ‘n lewe wat vandag weer 'n opeenvolging van flaters, foute, mislukkings en sondes gaan wees.
 
  1. En dan kom een noodsaaklike erkenning, een absoluut kardinaal belangrike belydenis, al VOEL jy dit nie, al het jy al hoeveel keer misluk, al voel jou hele aardse lewe soos ‘n mislukking, ‘n vervolgverhaal van foute.  Soos wat jy geglo, erken en bely het dat Jesus jou Verlosser is, net HY, moet jy glo, erken en bely dat die Heilige Gees wat van die Vader en die Seun uitgaan, IN JOU WOON, so seker asof Hy in ‘n kamer in jou liggaam, gedagtes, emosies en gees ingetrek het.
  • Jy glo dat God die Vader die Skepper is, en dat Hy die lewende God is.
  • Jy glo dat Jesus Christus jou Verlosser, die Messias is, en dat die lewende God is.
  • Jy moet glo dat die Heilige Gees deur God die Vader en die Seun vir jou gegee is, die dag tot jy tot bekering gekom het.  Die Heilige Gees is God in jou, en Hy is die lewende God wat van daardie dag af, tot die dag van jou dood, jou Leidsman, Trooster, Voorspraak en Raadgewer is.
Waar is die Heilige Gees?
Waar is die Gees van God?  In die Kerk.  In elke geloofsgemeenskap.  Oor die hele aarde.  En in jou, as Heerser wat in jou kom woon het om alles vir jou te wees en alles vir jou te doen wat buite jou en ander mense se vermoë is.  Paulus vra vir jou: in 1 Kor 3:16  Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?
 
 
Nou het jy drie dinge gedoen.
  • Jy het aan jouself gedink as ‘n gekraakte ou beker of kleipot.
  • Jy het ‘n hunkering in jou voel opkom:  ek het niks goeds in my nie.  Niks nie. Al wat ek kan wys, is kommer, angs, woede, spanning, radeloosheid, hulpeloosheid.
  • Jy het onthou, geglo en bely dat die Heilige Gees in jou woon.  Dat Hy die lewende God is.
 
  1. Nou moet jy doodstil wag.  Dit is ‘n aktiewe wag, ‘n helder wakker wag,  soos wanneer jy wag om iemand in jou huis te hoor opstaan, soos wanneer jy wag om jou ma in die kombuis vir jou te hoor bid, of haar oggendgesang te sing.
 
Die psalmskrywer stel dit so onvergelyklik:
 
Ps 130:5-6:  Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord.
Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.
 
Jy wag in die geloof.  Jy wag selfs sonder om onmiddellike verandering te voel. Rom 8:24-25:  Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
 
  1. En nou, eindelik, kan jy vir die Heilige Gees, die Gees van die Vader en die Seun in jou, vra wat jy so diep begeer. Jy kan bid, jy kan woorde gebruik. Eintlik wil jy mos dieselfde hê as wat Jesus gehad het omdat die Gees op Hom gerus het.  Wat het Jesus gehad?
  • Jes 11:1-2:   'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra.? Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.
 
Jy wil ook wysheid, insig, raad, sterkte, kennis en eerbied vir die Here hê, soos Jesus.
  • Ons wil die vrug van die Gees in ons lewe hê, nie daardie destruktiewe goed, daardie donker en wilde emosies (die niks wat goed is-chaos) nie, maar die lieflike vrug waarvan Paulus skryf: Gal 5:22-23  Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,   nederigheid en selfbeheersing.
 
Hoe goed ken ons immers die praktyke van die mens, die gemors in onsself: Gal 5:19-21:  Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
 
Nee, ons wil dit nie langer hê of beoefen nie.  Ons wil die eienskappe van Christus en die vrug van die Gees hê en beoefen: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
 
Dit is mos 'n kruisiging!
Nou weet jy wat gebeur as ons elke oggend vroeg so voor die Here gaan sit en hierdie paar dinge doen.  Ons kruisig ons sondige natuur. Soos Paulus dit stel: Gal 5:24-25:  Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.
 
Om soggens, elke oggend, so voor die Here te verskyn en sy Gees te vra om oor te neem, om volledig in beheer te wees, om jou te vul met alles wat van die HERE — en nie uit jou eie ou natuur is nie, is die kruisiging van die self. Wie dit elke oggend doen — al voel hy/sy aanvanklik niks nie, al word dit net in blinde geloof gedoen — sal later ontdek:  niks is meer bevrydend, niks in my hele lewe maak meer saak as hierdie daaglikse kruisiging nie.
 
Nou leef ek nie meer nie, maar Christus leef in my, heeldag.
 
 

 

Kliek en kry: BOEREHART

 

Boerehart

 
“Hoekom doen jy wat jy doen?”
Hennie het verlede Sondag ‘n erediens in Steynsrus gaan lei.  In die kerksaal staan sake vol hondekos opgestapel. ‘n Span veeartse het Maandag van Gauteng af Steynsrus toe gekom om die hele gemeenskap met hulle honde te help: om hulle te ontwurm, te steriliseer, te behandel volgens behoefte.  Gratis.  Drie jaar lank al doen hulle dit: meer as 700 honde is al kosteloos tydens dié besoeke gesteriliseer.
 
Hoekom doen hulle dit?  Omdat dit hulle passie is, iets wat hulle voel hulle wil en moet doen. Dit is vir hulle ‘n roeping om vir redelose diere te sorg.
 
Hoekom is jy ‘n onderwyser, radio-omroeper of programleier, arbeidsterapeut, verpleegster, skrywer?  Hoekom is jy ‘n boer?
Presies dieselfde beweegrede hou ons in ons beroepe: passie, roeping.  As ons geen passie of roeping vir ons werk het nie — en, duidelik bygesê —  ‘n keuse het,  hoort ons nie in ons beroep nie. Soms het ‘n mens nie ‘n keuse nie: jy moet waiter, jy moet huise skoonmaak, vullissakke optel, op die stortingsterrein werk, werk doen waarvan jy nie hou nie.  Doen jy dit nie, is daar nie brood op die tafel nie.  Maar honderde duisende van ons het, deur die genade van die HERE, ‘n keuse.  Of ons kan ten minste ‘n paar oomblikke lank in ons voetspore vassteek en die lamplig van die Here na binne laat skyn.  HOEKOM is ek ‘n onderwyser, ‘n dominee, ‘n boer?
Daar is Skrifgedeeltes wat ons ruk.
Hier is so ‘n Skrifgedeelte soos in die NLV, met ‘n bietjie toeligting tussen hakies:
 
Die soeklig (Die gewete as kers-, lamplig) van die Here val op (skyn diep binne-in) die mens se lewe. Hy bring (So, deur dié soeklig van die Here, kom) die diepste motiewe aan die lig (herken ons ons ware beweegredes). — Spr 20:27
 
 
Elihu, Job se vriend, het dié kers- of lamplig diep in elkeen van ons, reeds as mens van die antieke wêreld uitgewys.  En Job-hulle was maar die sesde  generasie na die sondvloed! Elihu sê:
 
“Dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die asem wat van die Almagtige kom.” -Job 32:8
 
Elihu praat nie van die Heilige Gees wat elkeen wat in Christus is, van die Vader en die Seun ontvang om ons in alle waarheid te lei nie. Nee, Elihu praat van die menslike gewete waarvan daar selfs in die mees ontaarde mens nog ‘n flakkering is.  Hy praat van ‘n Godgeskape , Godgegewe lamp, ‘n kersvlam in elke mens.  Dié kersvlam skyn in jou, al het jy so ver van God afgedwaal, so ver van Hom af weggeloop.  Dit skyn in die onderwyser wat die Bybel nooit meer lees nie, in die runners en druglords op die Kaapse vlakte en hier in Bloemfontein.  Waar die kerslig van ons gewete inskyn, styg daar ‘n vraag in ons op:  Hoekom doen jy dit?  Wat is jou motief, die rede agter dit wat jy doen en dit waarmee jy volhou?
 
En dit is waar vir elke boer in hierdie land.
Hoekom doen jy dit?  Hoekom hou jy hiermee vol?  Hoekom is jy op daardie plaas?
  • Daar is boere wat sal antwoord: Ek wou grond gehad het.  Ek vat terug wat van ons gesteel is.  Ek wil dit hê.
  • Daar is boere wat sal antwoord:  Dis in ons bloed.  Ek hou van vryheid, ek wil geen baas hê nie.
  • Daar is boere wat sal antwoord:  “Mense moet eet.  Die Here het my geroep om kos te produseer, om te sorg vir koring en vleis, groente en vrugte.  Dit is... ek kan dit niks anders as my roeping noem nie.  Ek is hiertoe geroep.”
Dit is vir hierdie laaste groep wat die Skrif sê:
 
Bid gedurig.
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie.
Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou. —1 Tess 5:17-24.
 
En vir ons wat nie boer nie, ons wat Checkers of Spar toe gaan en die produk van die boere se harde, harde werk van die rakke afhaal, sê die Skrif, soos wat van elke ander geroepene van die HERE gesê word:
 
Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.   In die geval van die boere:  as dié wat jullevan kos voorsien.  In die geval van onderwysers:  as dié wat julle kinders onderrig.  In die geval van verpleegsters: as dié wat julle siekes versorg.  In die geval van huishulpe: as dié wat julle huise so getrou skoonmaak. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk.— 1 Tess 5:12-13.
 
 
Ek ontvang hierdie week ‘n whatsapp video van Pastoor Ras van Warmbad. Hy sê:  “As jy nie ‘n passie of roeping vir boerdery — vir die voed van mense het nie— moet jy nie boer nie. Maar as jy in jou roeping is, is die HERE self by jou.”
 
Paulus bid vir wat werklik in die boerderygemeenskap kan gebeur en moet gebeur: dat boere nie slegs fisies beskerm sal word nie, maar dat die HERE jou as boer sal sterk, en jou in jou geestelike lewe nog meer toegewyd aan Hom sal maak, hoe moeilik dit ook al gaan.  Hy bid daarvoor:
 
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou.— 1 Tess 5:23-24
 
En  ons wat nie boer nie, ons wat Checkers of Spar toe gaan, die produk van die boere se harde, harde werk van die rakke afhaal, dit gaan bak of skil of kook en op die etenstafel sit... is dit nie tyd vir ‘n nuwe tafelgebed nie?
 
Here, hierdie kos is deur u goedheid en genade op ons tafel. Iewers het ‘n boer dit deur harde werk geweek of voorsien. Ons bid vir u Gees in en oor elke boer vir wie boerdery ‘n passie en roeping is. Ons bid vir u seën en bewaring van ons boere.
 
En, ja... die meeste van ons is verskriklik kwaad, ontsteld, tot op die vlak van haat, vir plaasaanvallers en dwase wat die voedselvoorsieners van ons land uitwis en voedselsekuriteit vernietig.  Maar die Woord, ja, God Self — sê:
 
Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met 'n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry. Daar staan geskrywe: "As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! — 1 Pet 3:9-11.
 
Wat is daardie goeie, daardie seënwens vir plaasaanvallers?
 
Om die goeie, die genade, die ontferming van God oor elkeen van hulle af te bid.
Om die grootste seën wat die Here aan enige mens kan gee, vir hulle van Hom te vra: vryspraak en verlossing deur die bloed van die Lam.  En die ware lewe op aarde, plus die ewige lewe hierna.
 
 
 
 

Kliek en kry: DOLLEEG EN GEKRAAK

 

Dolleeg en gekraak

Hierdie gekraakte beker-ornament of potplanthouer moet sommer permanent op ons eetkamertafel staan, dink ek toe vanoggend vroeg.  Hoekom?  Ek moet elke dag daarin vaskyk, elke dag so leeg en gekraak soos daardie beker voel.

Wat ‘n dag was gister nie!

Die begrafnis van ons liewe vriendin, Jana du Plessis, het gister plaasgevind. Dana Snyman se geliefde s’n ook. Iemand na aan ons het juis in daardie ure ‘n lewensbepalende operasie ondergaan. ‘n Geweldige wind- en haelstorm het Roodepoort, Krugersdorp en ander dele van die Wes-Rand geskud, dakke afgewaai, ruite uitgeslaan, voertuie beskadig, mense beseer.

En nou?

Nou moet mense die dag ná die baie storms, opstaan en weer aangaan.

Wat was jou storms, die afgelope tyd?

Is jou huis se dak afgewaai, die skool in jou woonbuurt verwoes?  Was jy hierdie week ‘n begrafnisganger, met JOU geliefde vir altyd weg van jou? Is julle pas deur ‘n verskriklike huweliksrusie?  Het jy eindelik gehoor wat jou liggaam werklik makeer?  Weet jy dat vandag stormagtig gaan wees?  Voel jy totaal oorweldig deur te veel werk, verantwoordelikhede, eise?  Of is jy by ‘n nulpunt: meer as 40 werksaansoeke, geen sukses nie?  Elke poging denkbaar, geen sigbare vordering met jou kind se probleem nie… Jou eetversteuring, jou depressie,  jou ontsettend veeleisende bediening tussen straatmense, as vriendin van terminaal siek mense, as siek of uitgeputte inkomstegenereerder...

En veral: so min oorwinning, so min innerlike krag, so min blydskap in jou geestelike lewe.  As jy jouself as gekraakte houer sien, is die res sommer ook waar:  alles wat in die gekraakte houer gegooi word, syfer weer daaruit. Eergister se opwinding en hoop is weg. Die blydskap oor hierdie huweliksmaat het opgedroog, uitgevloei.  Die vreugde wat jy eens op ‘n tyd in jou gebedslewe ondervind het, is weg.  Jy is leeg, koud, daar is net niks.

Daar is niks.  Daar is net nood, net die gevoel van diep innerlike armoede en swakheid:  ek is ontoereikend, ek weet nie of ek ooit sal kan cope nie.  Ek het nie die krag hiervoor nie.

 

Dit— kan jy dit glo?— is die beste gevoel waarmee jy enige dag kan begin, want ons is en bly kleipotte wat maklik breek. Kleipotte verander nie in vlekvrye staalpotte waaruit niks wegsyfer nie.  Vergeet van EK KAN-mantras, die IF YOU CAN THINK IT, YOU CAN DO IT – attitude, gesindheid. Kry die krag van positiewe denke, selfmotivering, hierdie groot geloof in jouself, sommer nou en vir altyd uit jou kop uit.

 

Die heel beste begin vir elke dag, dié gevoel van nood,  van diep innerlike armoede en swakheid:  ek is ontoereikend, ek weet nie of ek ooit sal kan cope nie.  Ek het nie die krag hiervoor nie.

Net só kan ons die twee groot wete van die normale Christelike lewe saam ervaar:  die wete (wat NOOIT mag verdwyn nie), van ons eie armoede, swakheid, nood, gekraakte, brose toestand.  En dan:  Here, so lyk ek.  Vul my vir hierdie dag met alles wat u Gees my kan gee en sal gee, as ek net vra.

 

Natuurlik woon die Heilige Gees reeds in jou wat in Christus is.

Maar maak die wete dat Hy in jou woon, tans enige verskil in jou lewe?

Soggens vroeg, wanneer jy en ek so leeg voel en so nutteloos MOET voel, is dit die tyd waarvan die Psalmskrywer in Ps 130: 5-7 skryf:

 

Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.

 

Nou wag ek op U werk in my, Here.  Nou wag ek dat U my, hierdie gekraakte houer, weer vir hierdie dag sal vul met u waarheid en lig, met u alles wat van die Gees in Jes 11:1-5 sê.

 

'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie. Hy sal die armes billik verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel. Hy sal die goddeloses in die land hard oordeel, met sy uitsprake sal hy hulle om die lewe bring. Hy sal regverdig en betroubaar regeer.

 

Eers was dit Jesus, die takkie wat sou uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sou vrugte dra.

Nou is dit ek, ‘n loot uit Christus.

Nou vra ek, afhanklike loot,  ek, gekraakte kleipot, vir presies dieselfde Gees se werking en heerskappy in my, die hele lewe dag.

 

Ek weet mos:  in myself woon niks goeds nie.  Die goeie wat ek wil doen, dit doen ek nie.  Maar die Gees van God kan dit doen.  Die Gees van God kan die goeie doen, en ek mag net vra, want Jesus het gesê:

 

Luk 11:13  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra."

 

Nou weet ek wat opstaan ná die 40e onsuksesvolle werksaansoek,  ná gister se mislukkings met my eetversteurning,  ná gister se huweliksrusie:  hierdie Gees kan doen wat ek nie kan doen nie, as ek die Vader vra om my vandag deur sy inwonende Gees met die gawes, die krag, die waarheid, die liefde van die Gees te vul.

 

More moet ek dit weer vra, dis nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie.

Daarom leer Jesus ons bid:  Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Daarom was daar die simbool van die manna: elke oggend opnuut,  en vandag se manna sal nie vir more hou nie, want hierdie wêreld is vol verderflike dinge, vol verderf en verrotting. Elke oggend nuut, elke oggend opnuut.

Is dit die dag na die begrafnis, die storm? 

 

Ps 130:5-7:  Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord.   Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.

Mat 5:3  "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

 

Ons het niks. Geen wysheid om reg te bid nie, Geen krag om reg te werk nie.

Maar: "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

 

Wil jy nie dalk ook maar ‘n kleipot of ou beker so half stukkend slaan, laat kraak en op jou eetkamertafel plaas nie?

Dan onthou ‘n mens hoe jy is... en wat God kan doen indien jy jou hele binneste, jou hart en siel, gees en verstand vir hierdie dag vir Hom gee om met Homself te vul.  

 

 

Kliek en kry: Die kleure van God

Die kleure van God
 
 
Watter kleure is daar vanoggend in jou omgewing, om jou en in jou?
Voor die langnaweek was daar grys in my.  Telkens het ek gedink: die allerlaaste ding wat ek hierdie langnaweek, Erfenisnaweek, wil doen, is om vleis as deel van sekere bevoorregtes se nasionale erfenis te braai.
Voor die langnaweek was dit grys in my, want vir ons gesin was Erfenisnaweek een van daardie pynlike eerstes.  Op 24 September 2016, Erfenisdag, het ons skoonseun sy laaste asem op hierdie aarde uitgeblaas en is hy, volgens die wil van God, weggeneem van ons dogter, kleindogters en talle ander wat hom liefgehad het.
 
Erfenisdag, het ons ontdek, was vir baie ander ook grys.  In Bainsvlei begraafplaas was daar op daardie winderige dag baie ander soos ons:  ‘n moeder wat haar veertienjarige dogter aan ‘n outo-immuunsiekte verloor het, ‘n eensame vrou by ‘n baie vars grondhoop met nog vars blomme, ‘n gesin wat plastiekblomme op ‘n week- of twee week oue graf sit, voertuie wat stadig in ‘n landskap ver van braaivleisvure af inry.   Die wind het gewaai, die stof was bruin, die lug kleurloos.
 
Maar vanoggend vroeg was ek buite, en oral blom daar botterblomme voordat een druppel reën geval het.  Die dorre landskap is vol bottergeel spatsels.  Groen gras bars uit ons komposhoop; heldergroen pampoenstammetjies krom uit die aarde op.  Hoe helder is die mossiemannetjies se veertjies, hoe kunstig die kleure van die houtkappertjie wat vlak onder die venster kom kos soek.  En die lug, die lug is weer blou, sommer binne-in my ook, want ons kan in dankbaarheid getuig hoe wonderbaarlik die HERE mense wat groot verliese ly, mense wat alleen agterbly, dag vir dag dra.
 
En so maak ek toe vanoggend my Bybel oop en lees van die onuitwisbare, ewige, onveranderlike kleure van GOD.
 
Die kleure van God 
 
Openbaring 4
Hierna het ek, Johannes, in die hemel 'n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: "Kom op hierheen, en Ek sal vir jou wys wat hierna moet gebeur."
Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan 'n troon in die hemel en op die troon (simbool van heerskappy) sit daar Iemand.
Sy voorkoms was soos opaal  (wit, glanshelder, heilig) [Op 21:11] en karneool (rooi, die kleur van bloed, reiniging, Christus se offer om ons te red, maar ook die kleur van lewe.  Karneool verwys dus na die Lewende, Hy was is en was en sal wees) [Matt 16:16]  Om die troon was daar 'n reënboog (die sewevoudige verbondskleur) met die (groen) glans van smarag (wat die simbool van trou is)
 
Reg rondom die troon was daar vier en twintig ander trone, en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit (die verteenwoordigers van die kerk van alle tye: die geloofsgemeenskap in die hemel en ons wat nog op die aarde leef en worstel en met mekaar gesels). Hulle het wit klere (gewyde drag, oorwinnaarsklere) aangehad, en op hulle koppe was daar goue krone (die simbool van hulle oorwinning en heerskappy oor magte, vyande, aanslae, leed en swaarkry).
Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God (wat lig gee, harte verlig, die denke verlig, die ware Lig vir mense laat skyn).
Voor die troon was dit soos 'n spieëlgladde see, helder soos kristal. Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter. (Die vier wesens verteenwoordig die hele skepping.)
Die eerste lewende wese het soos 'n leeu (simbool van alle wilde land- en seediere) gelyk en die tweede soos 'n bul (simbool van alle mak diere); die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad (simbool van die hele mensdom) en die vierde het gelyk soos 'n arend wat vlieg (simbool van alle voëls) .
Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle (Die hele skepping) het (uiteindelik) dag en nag sonder om te rus, gesê: "Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom."
Elke keer wanneer die lewende  (die hele skepping) heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, kniel die vier en twintig ouderlinge (kerk van alle tye, volle geloofsgemeenskap) voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê: "Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep."
 
Hoe het jou week na jou langnaweek met al die kleure in JOU begin?
Wat, dink of weet jy, lê vir jou voor? Chemo, mediese toetse, die stryd met jou finansies,  nog ‘n week met jou volwasse, breingestremde kind?  Eksamens, nog ‘n week agter die stuur van ‘n groot vragmotor?  Die skerwe optel na ‘n plaasaanval?  ‘n Begrafnis, ‘n troue, ‘n bevalling, ‘n werksonderhoud, aflegging, nog ‘n week in die parlement?
 
Wat is die werklikheid, joune?
En wat is die werklike werklikheid vir alle mense, vir die kinders van God tot troos,  tot blydskap, vir die kinders van God die kleure van hoop, lewe, trou? En vir die ongelowiges die kleure wat hulle eendag, tot hulle skrik, in hulle volle betekenis sal verstaan?
 
Ons werklikheid, die ware een, is ‘n werklikheid onder en met die kleure van die Allerhoogste God, die kleure van sy Wese en al sy eienskappe wat ons in Jesus Christus leer ken:
 
 
God die Koning, die Heerser, heilig, lewend, getrou tot in alle ewigheid.Bo ons, in ons gees en siel ook, is God op die troon van heerskappy: Sy voorkoms was soos opaal  en karneool.  Om die troon was daar 'n reënboog met die glans van smarag.
 
  • Bo ons, vir ons, om ons deur sy Gees,  in ons siel is die sekerheid en die wete van die nabyheid en teenwoordigheid van God, die HEILIGE,  die LEWENDE,  WAT SY VERBOND MET ONS EN ONS KINDERS NOOIT SAL VERBREEK NIE, eers die ou verbond, toe die nuutgemaakte verbond in Christus:
 
Gen 9:13  my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
 
Mat 26:27-28:  Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: "Drink almal daaruit,  want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.
 
  • Bo ons, vir ons, om ons deur sy Gees,  in ons siel is die sekerheid en die wete van Goddeur Wie ons hierdie week met wit oorwinnaarsklere beklee kan word.
 
WIT KLERE beteken gereinig en aan God gewy. En dit beteken oorwinning.
 
Die mense in  wit klere
Johannes het mense in wit klere voor die troon gesien, mense van alle tye, gelowiges van 2017 ook.  Hy het ons gesien.  En hy beskryf die belangrike vraag wat aan hom gestel word, sy onseker ek-weet-nie antwoord, en die groot verklaring vanuit die Kerk in die hemel en die geloofsgemeenskap wat nog op die aarde leef, waarvan die ouderling ‘n verteenwoordiger/simbool is:
 
Op 7: 13-15:  Een van die ouderlinge vra toe vir my: "Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?"
Ek weet nie, Meneer," sê ek vir hom, "maar ú weet."
 
Hy sê toe vir my: "Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.
 
Hierdie mense op wie die ouderling Johannes se aandag vestig, het ‘n stryd en het ‘n stryd gehad, soos jy en ek. Hulle lewe was moeilik en is moeilik, soos ons s’n. Hierdie mense van toe en nou se stryd is en was-
  • vanuit die wêreld
  • vanuit hulle ou natuur
  • vanuit die dieptes van die hel. 
 
  • Hierdie gelowiges (met ons tussen hulle) is en word aangeval  en emosioneel aangerand deur vertwyfeling, deur vrees, deur beskuldigings, deur prognoses en diagnoses en projeksies van mense. 
  • Hierdie gelowiges (met ons tussen hulle) is en word aangeval deur statistieke, deur korrupsie, moord, geweld, deur magte wat nie van vlees en bloed is nie.
  • Is ons nie almal op die oorlogsveld waar Lig en Duisternis teenoor mekaar te staan kom nie? 
  • Is ons nie almal in die geveg tussen goed en kwaad,  die wil van God en ons eie wil, geloof en ongeloof,  heiligheid en onheiligheid nie?
 
Maar vir hierdie gelowiges van toe en ons as God se mense van 2017 het die stem in die hemel ‘n boodskap: Op 12:10-11:  Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: "Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
 
Ons ware werklikheid
Dit is ons werklikheid, jou werklikheid as God se kind:  ons leef in die kleure van God.
 
Dit is ons werklikheid:  ons klere is wit klere, die klere van dié wat heilig gemaak is — aan God gewy is deur die bloed van die Lam.  Ons wit klere is oorwinnaarsklere.
 
En hoe sal ons hierdie week as oorwinnaars leef? 
 
Deur die bloed van die Lam
en die boodskap waarvan ons getuig:  Dat hierdie heilige, ewige, lewende, troue verbondsgod ons God is. Dat Hy ons so lief het dat Hy sy Seun se lewe vir ons lewe gegee het.  Dat die sewe Geeste van God (die perkelose, grenslose, alomteenwoordige en volmaakte Heilige Gees) oor ons waak en ons lei. En dat ons nie onwillig is om vir Jesus Christus te sterwe nie, sou Hy dit as die einde van ons aardse lewe beskik.
 
 
 
 

Kliek en kry: Blaartjie

     Blaartjie             

Hier volg een van daardie stukkies letterkunde wat by ‘n mens kan spook.  Dit handel oor iemand wat in die herfs onder ‘n boom staan of daar deurloop, en ‘n blaar sien losraak en grond toe sweef:

“You can assume that the leaf you see let go of a branch and fall towards the ground has never been considered by any being but yourself. Catch it in your hand - or, even better, keep walking until one falls into your reach naturally - and it will have spent its whole time on the planet without ever touching the ground, only because of you.” Eliot Schrefer.

Wat sal gebeur as iemand daardie blaartjie nie vang voordat dit op die grond val nie?  Dit sal daar op die grond lê en vertrap word.  Dit sal onder skoene beland, stukkend getrap word, verkrummel en verdwyn.

 

Maak die blaar saak?  Maak die welsyn van mense soos my frustrasiemense,  daardie arme,  daardie behoeftige, needy, frustrerende, half-gestremde vrou by jou kerk, daardie bedelaar by die hek, vir God saak? 

Wat is God se wil vir my wanneer so ‘n blaar losraak en grond toe begin dryf?   Wanneer ek as helper in daardie patetiese vrou se gedagtes opkom,  ek as voorsiener in haar behoeftes,  ek as antwoord op haar gebede, indien sy dalk bid,  ek is die een na wie die HERE haar Sondae stuur, sodat ook sy, die drywende, dwarrelende, vallende, oënskynlik nuttelose blaar,  opgevang sal word?  Sodat ek haar sal raakvang voordat sy, wat droog en dor en onaantreklik is, op die grond beland en so vertrap word dat daar van haar niks oorbly nie?

Is dit nie ook God se wil dat hierdie blaar in my my rigting sal dryf nie?

Dat God se wil my wil sal word wanneer ek dié blaar na my toe sien en hoor aankom nie: dié vergete blaar tussen tienduisende ander,  dié raaiselagtige handewerk van God, verdor, vol aartjies, sommer-net-‘n-blaar in die gemeenskap,  nie eens ‘n klein ou vruggie aan die boom van die lewe, die kerk, die gemeente, die skool, die plaas nie....

Kan dit wees dat so vallende blaar ‘n VERBINTENIS met my kan hê, ek wat dit haat om pateties te wees, om needy op te tree, om mense met my probleme te belas?

Ja, dit is die waarheid wat ons nie wil hoor nie.  Ons is aan mekaar verbind, ek en daardie vallende blaar.

John Muir skryf: “When one tugs at a single thing in nature, he finds it attached to the rest of the world.”

Dié van julle wat van vetplante hou: het julle al ooit ‘n klein opslagaalwyn uit die grond gegrawe om elders te gaan plant? Of ‘n opslag-turksvytjie, een met ‘n hartjie-blad?

Dié wat tuinmaak: het jy al roketslaai-saad, rissiepitjies, tamatiesaad geoes en gaan plant?

Wat jy plant, het konneksies met vroeëre roketslaai en spinasie.

Die aalwyntjie wat jy uithaal, is verbind met ander aalwyne.

En die mense om jou, dié wat Januariemaand geen geld het nie, dié met Vigs en TB, dié wat soos blare in jou gemeente indryf,  dié wat om jou kom en gaan en val en roep,  dié wat jy eintlik van jou plaas af wou afkry...  hulle is méér aan my en jou en ons almal verbind as wat ons ooit sou wou glo.

Hulle is uit God, soos ek en jy.

Hulle bestaan is deur God, soos joune en myne.

Ook van hulle word in Gen 1:26-27 gepraat:

Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip."   God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

Hulle — die dwarrelende, vallende blaartjies in my menslike bestaan, is bedoel om vir Hom, tot Hom, in Hom te wees, soos ek en jy.

You can assume that the leaf you see let go of a branch and fall towards the ground has never been considered by any being but yourself. Catch it in your hand - or, even better, keep walking until one falls into your reach naturally - and it will have spent its whole time on the planet without ever touching the ground, only because of you. Eliot Schrefer.

Daarom is veragting van en onbetrokkenheid by ons naaste úít.  Dit is taboe. Ons is God se maaksels, hulle ook.  En waar ons naaste ly, struikel, swaarkry, is ons God se verteenwoordigers in sy/haar lewe, al is dit net vir drie sekondes.  Of al duur dit jare lank.

En as ék soos ‘n vallende blaartjie voel, losgeruk, verwilderd?

Weet jy dat Job, wat ses generasies na die sondvloed geleef het, oor ‘n vallende blaartjie met God gepraat het?

Job 13:20-28:

 U, my God, moet net twee dinge vir my doen, dan sal ek nie vir U wegkruip nie:  neem u straf van my af weg en moenie dat die skrik vir U my oorval nie.  Roep my, en ek sal antwoord, of anders, laat ék praat en antwoord Ú my:

 Hoeveel misdade en sondes het ek begaan? Wys my wat my oortredings en my sondes is!

 Waarom vermy U my en beskou U my as u vyand?

Wil U 'n verwaaide blaar skrikmaak, 'n droë stoppel agtervolg dat U so 'n bitter lyding vir my beskik en my laat boet vir die sondes van my jeug?

U bind 'n blok aan my voete, U hou elke voetstap van my dop, U merk my, waar ek ook al gaan.

En dít 'n mens wat vergaan soos iets wat verrot, soos 'n stuk klere wat deur motte gevreet is."

 

Twee dinge vra Job van die HERE:  1) om sy straf van hom weg te neem, en 2) om te verhoed dat Job bang sal word vir Hom. 

Job het gedink sy lyding is straf van die Here.  En dit was vir hom ondraaglik om heeltyd diep in sy gees vrae oor die Wese en Wil van God te voel opkom: moeilike vrae, onbeantwoordbare vrae.  Is God hoegenaamd soos ek gedink het Hy is?  Is Hy regverdig?  Is Hy goed?  Gee Hy om?

 

Job, wat ses generasies na die sondvloed geleef het,  het niks van Jesus Christus geweet nie.  Hy het die openbaring van God in en deur Christus nie geken nie.  Hy het nooit die Evangelie gehoor soos wat ons dit hoor nie, daarom het hy gedink ‘n mens vergaan met sy dood soos iets wat verrot, soos ‘n stuk klere wat deur motte gevreet is.

 

O, wat ‘n genade dat God later so ‘n geweldige gesprek met Job gehad het, ‘n gesprek wat Job se hele lewe verander het!

 

Maar is dit nie so dat jy en ek soms ook soos vallende blaartjies voel nie?  Dat dit voel asof ons van die tak losraak, die tak van hoop dat die medikasie sal werk,  die tak van sekuriteite, die tak van menslike hulp, die tak van ons ou bestaan, ons ou leefstyl, ons ou, bekende werklikheid? Hoor wat sê Jesus vir elkeen van ons:

Joh 10:27 -30

 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.

Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

 Ek en die Vader is een."

My liewe geloofsgenoot, wanneer kankerbehandeling nie suksesvol is nie, wanneer die prognose sleg is, wanneer dit vir jou voel asof die straf van die Here op jou rus,  wanneer jy soos Job begin bang word vir jou eie gedagtes oor die HERE (is Hy hoegenaamd soos wat ek gedink het Hy is?)  luister wat Jesus sê:

Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

 Ek en die Vader is een."

Elke keer wanneer dit voel asof ons losruk en grond toe val, elke keer gedurende ons aardse lewe, ook daardie laaste keer wanneer ons ooit so sal voel, sal daar ‘n Hand wees wat ons vang en vashou.

 

Niemand sal ons uit die Hand van die Vader ruk nie.

 

Kliek en kry: Net een stap om sonde te oorwin

NET EEN STAP OM SONDE TE OORWIN

Met watter liggaamlike of emosionele siekte of toestand of kwaal sukkel jy die meeste? Substans-afhanklikheid, kanker, bulimie, depressie, migraine, jaloesie, diabetes,  artritis, aknee, spysverteringsprobleme, sooibrand...?  Of is dit dalk finansies wat wat jou laat google om sewe stappe na finansiële vryheid te vind?  En as jy ‘n inwoner van Miami in Florida sou wees, watter sewe stappe sou jy volg om ná orkaan Irma weer jou lewe terug te vind?

So probeer baie van ons mos uit ons persoonlike dilemmas, pyn, verliese en gesondheidsprobleme Ons volg ‘n paar en iewers sê ons dalk:  “Dit werk vir my.  Ek voel beter!  Ons vorder!”

 

10 STAPPE NA MIGRAINE-VERLIGTING

So kan ‘n beduidende persentasie migraine-lyers (migraineurs) getuig dat hulle deur die troue beoefening van die volgende 10 stappe, minder migraine-aanvalle beleef en/of dat die groot migraine-aanvalle minder pynlik as tevore is:

  1. Besluit om nie meer as twee pynpille of –poeiers per week in te neem nie.

  2. Handhaaf ‘n vaste slaappatroon.

  3. Begin elke dag met a) sterk koffie, b) ‘n stel oefeninge vir jou nek.

  4. Neem ‘n teelepelvol van ‘n aaklige mengsel van borrie, gemmerpoeier, kaneel en rooipeper, akroniem BoGKaR. Jy kan dit in ‘n bietjie joghurt of iets anders inroer om die inname meer draaglik te maak.

  5. Die aaklige BoGKaR-mengsel werk inflammasie teë en doen ‘n hele klomp goeie dinge vir jou.

  6. As jy rekenaarwerk doen, staan gereeld op. Gee jou rug, brein, nek en oë ‘n blaaskans.

  7. As jy ‘n aanvoel voel aankom, neem weer ‘n lepelvol van die  BoGKaR- mengsel.  En sommer ook ‘n teelepelvol grondboontjiebotter, want dit bevat baie magnesium.

  8. Neem ‘n lepeltjie BoGKaR net voor slapenstyd, ter wille van goeie spysvertering, sodat jy nie sooibrand sal kry nie (want sooibrand en migraine gaan dikwels hand aan hand).

  9. Eet baie spinasie met rooipeper.  Spinasie bevat hope Riboflavien of Vit B2, wat migraine teëwerk. Dieselfde geld vir volgraanbrood, rooivleis en eiers. Bly maar sover moontlik weg van te veel verfynde koolhidrate.

  10. Oefen buite, elke dag. Werk in die tuin, gaan stap of draf, al is dit die allerlaaste ding wat jy wil doen.

 

Begin vandag, hou met dié 10 stappe vol, en die kans is goed dat ook jy van groot verligting van ernstige migraine sal kan getuig.

 

MAAR MIAMI...

Maar watter 10 stappe kan die inwoners van ‘n verspoelde Miami waar meer as 6 miljoen gesinne se huise nou sonder krag is, implementeer om hulle lewe gou terug te vind?

 

Party dinge kan eenvoudig nie vandag reeds deur die implementering van ses, sewe of tien stappe reggestel word nie.

En dit bring ons by sonde.

 

HOEVEEL STAPPE NA OORWINNING OOR SONDE?

Hoe veg ons die geveg teen sonde?  Teen die aanslae van ons eie ou natuur, die wêreld en die Bose?

Hoe oorwin ons die sonde in ons lewe, ‘n mag wat groter pyn veroorsaak as migraine, en groter skade en verwoesting as orkaan Irma?

 

Een van ons gebedsgroeplede skryf nou die oggend sy oggendgebed neer:

“Here, om my is daar soveel hartseer, soveel trane, soveel teleurstelling en ontnugtering, alles deur my toedoen. Here, my gebed is dat U kalmte sal bring, dat U verhoudings sal herstel, dat U self die trane sal afdroog, dat U sal vertroos, en dat U my sal vergewe in Jesus Naam.”

 

Wie van ons kan sê dat ons hierdie gebed nie ook hoef te bid nie? Hoeveel  hartseer, trane, teleurstelling en ontnugtering, het nie alles deur my toedoen in die wêreld ingekom en die siele van kosbare mense binnegedring nie? 

EK EN JY is soos migraine.  Ons is soos Irma solank ons bly toegee aan sonde.

Sal ons gaan google vir sewe stappe om sonde te oorwin?

 

TOE EN NOU

O, watter wonderlike tyding het die Bybel nie vandag vir ons nie! Kom ons lees eers  hoe die mens WAS toe God ons gemaak het:

 

Gen 1:26-27:  Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip."   God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

 

In watter opsig was die mens soos God? Die mens se wil was heel aan die begin God se wil.  En God se wil was die mens se wil vir die natuur, in elke verhouding, vir die samelewing, vir sy persoonlike gedrag en leweGod se wil en mens se wil was in volkome, heerlike, heilige, vreugdevolle, singende, glansende harmonie.

Toe kies die vrou en haar man om háár wil en sý wil te doen.

En so word die ganse menslike geslag toe ‘n eiewillige, rebelse mensdom met eie planne, motiewe, keuses, skemas, leuens, duistere bedrywe.Toe word die ganse mensdom so dat niemand in die teenwoordigheid van die Heilige kon kom nie.

 

Maar in 1 Pet 2:1-5 staan:

Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.

Toe kom Jesus, Hy kom doen die wil van die Vader, Hy betaal die prys vir ons eiesinnige keuses vanuit ons eiesinnige wil... en stel ons deur sy bloed as geheiligde, gereinigde mense voor God.

En nou sê die Skrif verder:

As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.  Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.

Daar staan immers geskrywe: "Wees heilig, want Ek is heilig."

Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld. [1 Pet 1:14-17]

 

  • Wees heilig, sê die HERE.

  • Noudat jy gered is, wees HEILIG.

  • Dit beteken:  moenie meer toegee aan sonde nie.  Oorwin sonde.

 

HOE?

Ons wil nie meer in sonde leef nie: hoe kan ons teruggaan na alles waarvoor Jesus sy bloed en lewe gegee het?

Hoe kan ons kies om weer alles te gaan doen waarvoor Hy die straf gedra het?   Of om aspekte daarvan weer te gaan beoefen?

Hoe oorwin ons sonde? 

  • Deur koeldrank in plaas van drank waaraan ek verslaaf was, te gaan drink?  Koeldrank is minstens nie-alkoholies.

  • Deur vir myself te sê:  Ek moenie so baie met my vrou baklei nie, dis nie goed vir my bloeddruk nie?

  • Deur rasioneel oor my gedrag jeens my kind na te dink:  dis nie goed vir sy selfbeeld as ek hom so afkraak nie...?

 

Weet jy dat daar eintlik net EEN stap nodig is om sonde te oorwin?

Sonde word oorwin deur MY WIL met GOD SE WIL te vervang. Om die Heilige Gees te vra om dit in ons te doen, want self kan ons dit nie doen nie.

Om dit ons daaglikse gebed te maak: Here, laat u Gees my tog help met hierdie groot kopskuif, hartsverandering, denkskuif, emosionele skuif, hierdie on-menslike, Godgewilde saak!

 

Die wil van God is volmaak en reg.  Doen ek dit in die krag van die Gees, vervang ek die sonde van my eiewilligheid in die krag van die Gees met God se heilige wil in elke verhouding, situasie, elke lewensfase en elke keuse.

 

VERLOSSING IS NIE WEGRAPING HEMEL TOE NIE.

Ek en jy word nie vanuit ons sonde weggeraap om hemel toe te gaan nie.

Jesus het die straf vir ons eiewillige sonde kom dra.  En daarna leef ons voort op die aarde, maar as mense wat herskep word om weer, soos heel aan die begin, God se beelddraers te wees, mense wie se wil in volle harmonie met sy wil is.

 

ONS WORD VERLOS VIR ‘n NUWE LEWE

Dit is ons nuwe lewe: om in verbondenheid met Christus (wat in die wil van die Vader was en is), in die wil van die Vader te leef.

Ons oorwin sonde deur in elke situasie en keuse diep in ons siel te vra:  Wat is die wil van die Vader vir my in hierdie situasie?  Die Heilige Gees sal die antwoord voorsien.

En wanneer Hy ons antwoord deur ons sy Woord te laat onthou, deur as Gees van die Vader en Seun in ons te fluister, dan kies ons in sy krag om presies DIT in sy krag te doen.

En so, uur ná uur, oorwin ons sonde in die krag van die Gees. Meer en meer deur meer en meer maak die Gees ons bewus van  help Hy ons om gehoorsaam te wees aan die wil van God.

Net een stap is nodig om sonde te oorwin:  om te kies dat God se wil altyd ons wil sal bepaal.  En om God se wil onder leiding van en in die krag van die Gees te doen.

  

 

Kliek en kry: HOEKOM SKEP ONS BUCKET LISTS?

 

Hoekom skep ons bucket lists?
 
As daar nou één vertaling van Engels na Afrikaans is wat my sommer net grief omdat dit so ongevoelig en banaal is, is dit die Afrikaanse vertaling van “bucket list,” wat in Engels definieer word as:  a list of things that one has not done before but wants to do before dying. Afrikaans: Kluitklaplys, emmerskoplys.
Hoe ongevoelig. Selfs die term bucket list is ook maar lekker ongevoelig.
 
Die werklikheid is: As mens baie siek of selfs maar net in jou sewentigs is, as jy broos is en elke dag ‘n liggaamlike stryd is, mag jy dalk begin dink oor wat jy nog NIE gedoen het nie, dinge wat jy wou doen, maar waarvoor jy nooit tyd gemaak het nie. En so maak jy dan miskien die lysie van harts- en sielbegeertes, jou laaste-kans, eerste- en- laastekeer-lysie:
 
  1. Ek wil ná al die jare na die plaas gaan waar ek grootgeword het.
  2. Ek wil weer op ‘n Sondagmiddag witbroodtoebroodjies met soetsuur appelkooskonfyt eet, soos wat my ma Sondagmiddae vir ons by ons middagkoffie gemaak het.
  3. Ek wil ‘n tandemvalskermsprong uit ‘n vliegtuig doen.
 
Partykeer wonder ek — en jy dalk ook— oor  mense se eerste- en- laastekeer-lysies, oor bucket lists.
 
Hoekom skep ons bucket lists?
 
Wat is ons diep innerlike rede daarvoor? Wat is siek mense, oumense se rede agter die lysies van hunkering, teruggaan na ons wortels, eenmalige waagstukke en avonture, lekker dinge om te doen? Hoekom stel ons/siek mense/denkende oumense sulke lysies op, waarna sommige van hulle die dinge op die lysie werklik een vir een te gaan uitvoer?
  • Is dit dalk om die goeie aktief te soek? Om sommer net te vergeet hoe siek, broos, sterflik ons is? Om dalk, wie weet, so gelukkig en vrolik te voel, dat ons ons lewe met positiwiteit verleng?  Om ons trane weg te speel, weg te oefen, weg te spring, weg te skilder?  
 
Of is ons diepste begeerte om getroos te word, troos te skep, vertroosting te vind in ons nood, vrees, bewus-wees van ? skynbaar onafwendbare realiteit: dat ons as uiters, uiters siek gediagnoseer is?  Of dat gesonde verstand vir ons sê dat die jare op aarde waarop ons kan hoop, baie minder as die (dikwels verspeelde) jare is wat ons geleef het en nooit weer kan terugkry nie?
 
Die diep verborge rede, sou die gelowiges van die tyd net ná die Reformasie vir ons gesê het, is dat die mens behoefte aan TROOS het.  Daagliks, dikwels uur ná uur.  En nie net in siekte en rou nie, nie net wanneer alles wat hy vergader en bewaar het, in ‘n groot brand vergaan het nie.
Ons het troos nodig, heeldag, aldag: in siekte en gesondheid, in ons jeug en ouderdom, op die vooraand van ons troudag, in die hospitaal en in die lang nagte wanneer ons nie een sekonde lank slaap nie.
 
Die lengte, effektiwiteit en duur van selfontwerpte troos
Hoe lank hou die troos wat ons self probeer ontwerp?
En, dalk erger:  watter troos kan ek aan iemand bied wat so erg ly dat ek my die pyn, ongemak... ja, daardie persoon se kommer en sorge en stryd nie eens naastenby kan indink nie?
Ag, hoe graag wil ons dit beter maak vir ons geliefdes wat onder lyding gebuk gaan!
Soms stuur ons Whats-app boodskappe met opnames van die mooiste geestelike liedere wat ons met ons siek geliefde wil deel.  Of ‘n pragtige kaartjie met die woorde van ‘n teksvers daarop.
 
Soms is ons geliefde te siek, te verflenterd, te gestroop en te moeg om na nog ‘n opname te luister.  En te geskok, te getraumatiseer om die Skrifwoorde wat ons vanuit die diepte van ons omgee met hulle wil deel, in te neem of te absorbeer.
Soms is ons geliefdes eenvoudig te siek, te swak en te bang om na ons trooswoorde, ons troosliedere, ons bemoediging, ja, selfs ons sagte vermaning om nie hulle geloof prys te gee nie, te luister.
En dit is nie die onvergeeflike sonde nie.
Dit is hoegenaamd nie ‘n sonde nie.
Dit is menslik, dit is broosheid, dit is die wonde van lyding.
 
Maar is daar dan glad niks nie?
Geen lied wat troos nie, geen teksvers, geen vriend of geestelike mentor, absoluut niks wat ons in lewenskrisisse, in lewe en lyding en leed en ons sterwensdae, in enige situasie kan troos nie?
 
En so kom ons Christene by die vraag uit:  Is daar dan nie iewers tog net één troos nie?  Een enkele troos vir alle ouderdomme, in alle situasies, krisisse, verliese, siektetye?  Een enkele onveranderlike troos wat nooit verdof nie, nooit uitgewis kan word nie?
 
Wil jy glo dat die Christene in die tyd net ná die Hervorming, die Reformasie, besluit het om ‘n kortbegrip van alle geloofswaarhede in die Bybel op te stel, en dat hulle by die opstel van die Heidelbergse Kategismus besluit het om by die diepste vraag van menswees te begin:  WAT IS MY TROOS?  Gee vir ons een enkele troos.
 
Wat is ware troos?
Miskien moes ons eers hoor wat een van die kerkleiers in daardie tyd oor troos gesê het, hoe hy troos definieer het:
Troos is die goed wat jy in jou lewe besit en behou, dit is iets wat magtiger as die kwaad in jou lewe is; dit is iets wat die kwaad in jou lewe verdryf.
Met GOED het die ou kerkleier nie besittings bedoel nie.
Hy het bedoel: iets goeds, die goeie. Die goeie sekerheid, die finale genade, die Persoon of ding of sekerheid of krag wat magtiger as die kwaad in jou lewe is; dit is iets wat die kwaad in jou lewe verdryf.
 
En so begin die Heidelbergse Kategismus, die merkwaardige samevatting van alles wat ons uit die Bybel haal en glo, dan met ‘n vraag wat jy in geen ander geloofsbelydenis of kategismus of leerstuk hoor nie.  Dit begin by JOU, wat uit jou siel uit roep en huil en roep en wonder:
Wat is my ENIGSTE troos in lewe en in sterwe?
 
En dan kom die antwoord in vraag 1, Sondagafdeling 1 van die Heidelbergse Kategismus:
“Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself  nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort . Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos . Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie . Alles moet inderdaad tot my saligheid dien . Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.”
 
ENIGSTE beteken: net een
Enigste beteken daar is net een. Daar is niks en niemand anders wat regtig die troos kan gee wat mens nodig het nie. Daar is net een enigste troos.  Dit is die heel enigste, die finale troos, die volmaakte troos.
In hierdie absolute bo-aardse troos word sonde, siekte, die Satan self, dood en vrees verslaan.
Hoe lieflik is hierdie belydenis in Lied 292 berym:
 
My enigste troos in lewe en dood
is dat ek aan Jesus Christus behoort.
Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop
dis my anker, my vaste hoop.
 
Ek behoort aan die Here.
Niks sal my ooit van Hom kan skei.
Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons lei;
deur sy liefde bewaar Hy my.
 
 
Ursinus, die opsteller van die Kategismus, sê dat troos eintlik 'n teëwig,  ‘n groot dolosblok in die pad van smart, vrees, paniek, angs en radeloosheid is.
Ursinus het dit só aan die Christene van sy tyd verwoord:  “As jy vreeslike dinge beleef, as jy in ontsettende pyn is,  as menslike hulp onvoldoende is, maar daar is iets groters, iets goeds wat al jou smart en sorge en leed sal oorskadu, dan vind jy troos. ”
 
En dit bring ons by die essensie van al ons soeke. Ons soek iets goeds wat VIR ALTYD ons smart, leed, angs en sorge sal oorskadu, ‘n troos wat nooit sal wegraak nie.
 
Was dit die enigste troos gewees?
Wanneer ons terugkyk op ons lewenspad, sien ons hoe goed die Here vir ons was.  Hoe Hy vir ons gesorg het, van hoe baie wonderlike, heerlike dinge ons kan getuig:
 
  • Hy het ons uit finansiële putte gehaal.  Dit was bevrydend, heerlik, fantasties, geloofversterkend. Dit was so goed. Dit was ‘n aspek van sy liefde en sorg. Prys Hom daarvoor! Maar eendag sal finansies nie meer saak maak nie.  Finansiële bevryding was nie en sal nooit die enigste troos wees nie. My/ons enigste troos  is ...“dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself  nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort . Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos . Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie . Alles moet inderdaad tot my saligheid dien . Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.”
  • Hy het dalk vir my as kinderlose kinders gegee. Dit was ‘n wonderwerk, geloofversterkend, vreugde, matelose vreugde. Dit was so goed. Dit was ‘n aspek van sy liefde en sorg. Prys Hom daarvoor! Maar eendag sal die genesing van onvrugbaarheid nie meer saak maak nie.  Om kinders te verwek en van die Here te ontvang, was nie en sal nooit die enigste troos wees nie. My/ons enigste troos  is ...“dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself  nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort . Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos . Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie . Alles moet inderdaad tot my saligheid dien . Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.”
  • Hy het dalk die sterk medikasie, die nuwe wetenskaplike tegniek, die nieroorplanting en hartvatchirurgie en die sosialiseringproses van my kind met Aspergersindroom geseën. Dit was ‘n wonderwerk, dit was moontlik ‘n geloofstoets, dit was tot seën. Dit was so goed. Dit was ‘n aspek van sy liefde en sorg. Prys Hom daarvoor!  Maar eendag sal sterk medikasie, nuwe wetenskaplike tegnieke, nieroorplantings, die sosialiseringproses van my kind met Aspergersindroom nie meer saak maak nie.  Om God in ons liggaamlike stryd te sien ingryp, om te ontvang wat ons begeer en in gebed van Hom MAG vra, was nie en sal nooit die enigste troos wees nie. My/ons enigste troos  is ...“dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself  nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort . Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos . Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie . Alles moet inderdaad tot my saligheid dien . Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.”
 
Ons het permanente, onuitwisbare, ware troos nodig.  Ons het die een en enigste troos nodig.
 
Waarom ons die een en enigste troos nodig het
Ten diepste het ons troos nodig omdat daar sonde in die wêreld ingekom het.
Was daar nie sonde nie, was daar nie kommer, siekte, lyding en die dood nie.  Dan sou ons mos hier op aarde in heerlike, vreeslose gemeenskap met God geleef het.  Maar nou is alles stukkend: ons verhouding met God, ons persepsies, ons idees, ons wil, ons hele gedagtewêreld, ons liggame en ons werklikheid, die samelewing en ons hoop.
 
Nou soek ons asof met klein flitsligte na troos, want die lewe is erg.
  • Nou-of-nooit-lysies help ‘n bietjie, maar nie vir lank nie.
  • Om aan die drink te gaan, dwelms te gebruik, bied tydelike bedwelming teen die troostelose pyn, die diep benoudheid wat elke mens in ‘n versteurde verhouding met God ervaar.
  • Ons kom agter hoe min ons idiome en gesegdetjies nou beteken: "Elke donker wolk het 'n silwer rand, more skyn die son weer...."
 
 In sy genade het God direk na die sondeval beloof dat dat daar Iemand sou kom wat Satan se kop sou vermorsel, die mens van sy sonde sal verlos en die mens in die regte verhouding met God sou stel, sodat die mens uiteindelik ook al sy troos uit die Brond van Lig, waarheid, liefde, vertroosting, krag en goedheid sou kry.
En Hy het, in Christus.
 
Daarom kan ons die troosryke woorde van vraag 1 van die Heidelbergse Kategismus onderskryf, fluister, uitjubel.
Want dit is die Skrif vir elkeen wat in Christus is. Dit is die ewige sekerheid, die onverganklike troos:
 
Rom 14:8-9:  As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes.
 
 

 

Kliek en kry: Wanneer die dokters sê dat hulle niks meer kan doen nie

Wanneer die dokters sê dat hulle niks meer kan doen nie
 
Eers was dit net ‘n nota op my rekenaar se Sticky Notes:  Hersien Testament.
Ons vorige aardse tent is immers verkoop; ons het ‘n nuwe tent gekoop.  Die besonderhede aangaande die vorige tent moes uit die testament gehaal en met nuwe besonderhede vervang word.
 
Geniet jy dit om jou testament op datum te kry?
Die eerste keer toe ons dit gedoen het, was dit vir my ‘n baie slegte ervaring. Wie dink nou graag na oor sy/haar verganklikheid, oor die dood en alles wat daarmee gepaard gaan: dat ander jou besittings sal hanteer en evalueer, erf en verkoop?  Dat jou plek op die aarde vir altyd leeg sal wees?
Deesdae het ek wel ‘n gevoel van groot verligting wanneer ek daardie Sticky Note kan uitwis: HERSIEN TESTAMENT.
 
Maar:  Ek dink dat die opstel van jou testament ‘n baie traumatiese ervaring sou kon wees indien die dokters kort gelede vir jou gesê het dat hulle niks meer vir jou kan doen nie.
Daar was immers nog nooit ‘n tyd in die wêreldgeskiedenis waarin terminale siekte en die skokkende wete dat ‘n finale afskeid  op hande is, vir enigiemand maklik was nie.
Job, wat maar enkele generasies na die sondvloed geleef het, skryf so daaroor:
 
Job 7:6-11
My dae loop vinnig soos 'n wewerspoel, die draad raak gou op.
Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net 'n asempie is; ek sal nooit weer voorspoed beleef nie.
Die oë wat my nou sien, sal my nie weer sien nie: U sal nog so na my kyk, dan is ek nie meer daar nie.
Soos 'n wolk weggaan en verdwyn, so gaan 'n mens dood en kom nie terug nie,
hy kom nooit terug na sy huis toe nie, en sy plek is vir altyd leeg.
Nee, ek kan nie stilbly nie, in my beproewing wil ek praat, in my bitter lyding wil ek kla.
 
En later, in Job 26:3, sien ons die toestand van sy gemoed in ‘n tyd toe ook hy gedink het dat hy terminaal siek is:
 
AMP:  I was not or am not at ease, nor had I or have I rest, nor was I or am I quiet, yet trouble came and still comes [upon me].
 
(ANV)  Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs."
 
(AOV)  Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
 
(ASV)  I am not at ease, neither am I quiet, neither have I rest; But trouble cometh.
 
(BBE)  I have no peace, no quiet, and no rest; nothing but pain comes on me.
 
(CEV)  I have no peace or rest-- only troubles and worries.
 
(ERV)  I cannot calm down or relax. I am too upset to rest!"
 
(ESV)  I am not at ease, nor am I quiet; I have no rest, but trouble comes."
 
(GNB)  I have no peace, no rest, and my troubles never end.
 
(GW)  I have no peace! I have no quiet! I have no rest! And trouble keeps coming!"
 
(KJV)  I was not in safety, neither had I rest, neither was I quiet; yet trouble came.
 
(KJV+)  I was notH3808 in safety,H7951 neitherH3808 had I rest,H8252 neitherH3808 was I quiet;H5117 yet troubleH7267 came.H935
 
(LITV)  I am not at ease, nor am I at rest; nor am I quiet; yet turmoil comes.
 
Soos die meeste van ons luisteraars, behoort ek aan bepaalde Whatsappgroepe, waaronder gebedsgroepe.  Die afgelope paar weke is ek telkens verstom deur die geloof, die hoop en die liefde wat daar in sulke gebedsgroepe ervaar en gesien word. Ek het egter ook begin wonder waar en hoe die boodskappe, die Skrifverwysings en die bemoediging ‘n ander trant moes inneem en ons nie slegs na Jesus op die water van ons aardse lewens-oseaan moet kyk nie, maar na Hom in heerlikheid by die Vader.  Ek het begin wonder oor die oorgang tussen aansporing aan die sieke om in die geloof te volhard (en met hierdie geloof bedoel ons om te bly glo dat die sieke genees gaan word en op die aarde gaan voortleef) en onomkeerbare klem op die heerlikheid wat op God se kinders wag. 
 
Ek het begin wonder oor die T-aansluiting op die pad van ernstige siekte.
  • Eers stap almal saam met die sieke:  die pad is steil en moeilik, maar saam met jou bid en glo ons dat die HERE jou liggaam gesond gaan maak.   
  • Dan kom dokters, ook gelowige dokters, op daardie pad met ons saamstap.  En hulle praat oor die uitslag van toetse, oor wat hulle gesien het toe sonars, skanderings, X-straal ondersoeke ens. gedoen is. Die waarneembare agteruitgang in die liggaam van ons geliefde moeder, vader, seun, dogter, vriend of vriendin praat dieselfde taal as die taal van die sonars en die medici.
  • Ons kom by ‘n T-aansluiting op die pad van ondersteuning.
Moet ons vir die sieke bly sê dat ons daar absoluut oortuig van is dat die HERE hom/haar kan gesond maak?  Mag ons?
Moet ons die sieke bly aanmoedig om te bly veg om te leef, om in die geloof op genesing op aarde te volhard, om soos Daniël se vriende in die vuuroond te wees, soos Daniël in die leeukuil? Om die bekke van leeus toe te druk, om op te bly glo dat hy/sy met God oor die muur van aftakelende siekte kan en moet spring?  Dat hy/sy tot alles in staat is deur Christus wat daarvoor krag gee... dat hierdie siekte (wat soos ‘n reus is), kleiner as die sieke se geloof en veral kleiner as die sieke se God is?
 
Of kan dit wees dat ons by die T-aansluiting sou kom en daar besef dat ons nie langer oor genesing van die liggaam hoef te praat of wil praat nie, maar oor die lewe anderkant die dood? Oor die onomkeerbare waarheid van Jesus Christus se woorde aan Marta en aan elkeen van ons:
 
 Toe sê Jesus vir haar: "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?"  Joh 11:25-26.
 
Hoekom vermy ons hedendaagse mense, ons van die whatsapp-gebedsgroepe,  ons wat in hierdie dae self baie siek is of wie se lewens met dié van terminaal siek mense vervleg is, hierdie onderwerp waaroor Jesus so rustig met Marta gepraat het, tot by daardie T-aansluiting?
 Dalk vanweë ‘n hele spektrum van redes:
  • Ons wil die sieke nie “ontmoedig” nie.  Ons wil nie die indruk skep dat ons nie meer dink dat genesing op aarde moontlik is nie.
  • Die natuurlike geneigdheid van die mens is om te leef, om te wil leef, om die gesig weg te draai van die dood of die moontlikheid van dood.
  • Ander bly vir die sieke whatsapp om te veg,  om die reus van siekte in die Naam van die Here te oorwin,  om vir die siekte te sê dat God groter as die siekte en groter as enige menslike uitspraak is.  En natuurlik is dit waar.  Maar mag ek dit as enigste feit, enigste waarheid in die groot prentjie van siekte verkondig en alle ander moontlikhede uitsluit?
  • Dalk het ons geloof jare lank vasgehaak by ‘n stryd dat die Here vir ons moet gee wat ons nodig het, wat ons op aarde as die beste vir onsself sien.  Dalk is ons nog ‘n bietjie onvolwasse in ons geloof.  Dalk is hierdie ook ‘n waterskeidingsoomblik vir onsself, waar ons nie langer met geestelike melkkos gevoed word nie, maar ons eerste happies vaste kos moet eet.
  • Dalk is die pyn in onsself so groot dat ons nie eens met die HERE oor dood wil praat nie.  Ons is te lief vir ons kind of sussie.  Ons sterwende kind of vriend of broer of sussie is ons hele denke en hart vol.  En op dié manier het die heilige, warm, wonderbare Lig van God vir ons wat net op die aardse liggaam van ‘n geliefde fokus, agter die menswees van ons geliefde ingeskuif.
  • Dalk dink jy as terminaal siek mens:  Ek is nie goed genoeg nie.  Dit is die oomblik van waarheid: ek weet nie eens of ek gered is en die ewige lewe sal hê nie.
 
Maar hier is die storie van Jesus se dissipel, Petrus, enkele jare nadat Jesus opgevaar het na die hemel.  Hy skryf ‘n brief aan die gelowiges in Klein-Asië.
Hy weet hy gaan binnekort sterf.
Hy wil dinge uitklaar en afhandel; hy wil gedurende die laaste stukkie van sy lewe op die aarde gewigtige dinge met die gelowiges in Klein-Asië deel.  Hy wil eintlik sy geestelike testament in orde kry, sy laaste boodskappe by hulle laat uitkom: onverdun, onvervals, uit die erns van sy siel:
 
Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie.
En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
Om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner, al weet julle dit en al staan julle reeds vas in die waarheid wat aan julle bekend gemaak is.
Ek ag dit immers my plig om julle aan te spoor deur julle hieraan te herinner so lank as ek nog lewe.
Ek weet dat my dood nie meer ver is nie. Ons Here Jesus Christus het dit trouens duidelik aan my bekend gemaak.
Daarom sal ek my daarvoor beywer dat julle ook ná my heengaan altyd hierdie dinge sal onthou. — 2 Pet 1:10-15.
 
 
Uit Petrus se sterftydstorie kan ons so baie leer.
  • Gelowiges mag en moet oor die dood praat.
  • Gelowiges praat anders oor die dood as ongelowiges.
  • Baie, indien nie die meeste gelowiges nie,  wil gedurende hulle laaste jaar of maande of dae of ure op die aarde iets van belang vir hulle geliefdes sê.  Hulle wil afskeid neem, indien moontlik.  Hulle wil dankie sê.  Hulle wil die diepste begeerte van hulle hart vir hulle geliefdes uitspreek:  “My ou dogtertjie, my boeties en sussies, my vriende in die geloof,  julle moet julle asseblief tog lewenslank daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie.
  • En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.   En, nog iets: Mamma wil vir jou Mamma se hangertjie gee.  En vandag wil Mamma saam met julle bid vir julle hele toekoms: dat die Here vir julle net so goed en genadig sal wees soos wat Hy vir Mamma was.  Dat julle die regte lewensmaats sal vind, dat julle Hom altyd sal dien.  EN Mamma wil vir julle sê: as Mamma aan die Oorkant is, daar waar Jesus is, moet julle weet dat Mamma haar nie eens oor julle gaan bekommer nie, want die HERE het hierdie gebed al klaar verhoor en Hy gaan elke dag vir julle sorg.  Ons gaan mekaar weer sien:  ons gaan net ‘n klein, klein rukkie van mekaar af weg wees, want Mamma gaan nou by die HERE leef.  En Mamma sal gesond wees, en eendag gaan ons almal saam sien en hoor wat Paulus gesien en gehoor het. 

‘Ek ken 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit.

Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Daar het hy woorde gehoor wat 'n mens nie kan of mag uitspreek nie.
Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede. ”’
 
 
Ons praatjie vanoggend het ‘n oop einde, liewe luisteraar.
Een van die opsies by die T-aansluiting op die pad van terminale siekte lei na gemoedsvryheid, na ware kommunikasie, na gesprekke oor die lewe by God en in Christus.
Die ander opsie kan, hoe goed ons dit ook al bedoel, uitloop op daardie groot gevegslawaai, daardie harde roepe waarvan Jesus nie by die sterfbed van Jaïrus se dogtertjie gehou het nie.  Dit kan groot, groot druk op die sieke plaas.
 
Hoe kom ons almal, die sieke en sy/haar geliefdes, uit die gemoedstoestand waarin Job in Job 26:3 was?
Deur te doen wat Jesus in sy antwoord, eeue later, sê:
Mat 11:28  Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
 
Gaan deur die geskeurde Voorhangsel, deur die liggaam en wonde van Christus deur na die Vader.  Gaan rus net in sy arms.   Moenie eens dink nie, moet niks doen nie: rus net in sy arms.  En Hy sal saggies, stil en hoorbaar, een vir een dingetjie vir jou sê:  een vir een dingetjie wat Hy wil hê dat jy teen hierdie moeilik steilte moet doen.
 
Dit sal reg en hanteerbaar wees, want sy las is lig en sy juk is sag.
 
 
 

Kliek en kry: Gewonde Leeu

GEWONDE LEEU

 
Sal ons vandag met ‘n paar aanhalings oor gewonde leeus begin?  En met die Skrifwoord oor die groot, gewonde leeu eindig?
 
“A lion doesn't concern itself with the opinion of sheep.” 
 George R.R. MartinA Game of Thrones
“Did you think the lion was sleeping because he didn't roar?” 
 Friedrich SchillerDie Verschwörung des Fiesco zu Genua
George R.R. Martin
“A lion doesn't concern itself with the opinion of sheep.” 
 George R.R. MartinA Game of Thrones
 
Never hit or deceive a wounded lion. 
He heals faster than you can imagine 
And hurts even more when in famine.” 
 Ana Claudia AntunesPierrot & Columbine
 
“The lion does not need the whole world to fear him, only those nearest where he roams.” 
 A.J. DarkholmeRise of the Morningstar
 
 
“When an animal comes between the lion and its prey, the animal first becomes the prey before the main prey.” 
Uzoma Nnadi
 
NUUS!
Selfs die op die BBC was vandag se geheime stemming vir of teen die voortgesette presidentsbedeling in Suid-Afrika gisteraand hoofnuus.
 
Op NEWS 24 lees ons vanoggend:
 
Secret ballot: Will Zuma be voted out?
2017-08-07 17:02
 
National Assembly Speaker Baleka Mbete shocked everyone on Monday by allowing a vote of no confidence in President Zuma to take place by secret ballot. This will allow MPs to vote according to their conscience, which might be against the party line.
Political analyst Ralph Mathekga says it was a risk worth taking for the ANC.
“The only way Mbete would have allowed the secret ballot is if she was confident that the ANC caucus was able to rally around the issue and make sure its members toed the party line," he says.
“The caucus and some in the ANC must have arrived at the conclusion that an open ballot will only create another crisis. They’ve clearly said, leave this fight, fight the battle that matters, which is rallying our members.”
There is a lot of political mileage to be gained if Zuma survives the secret vote.
“If Zuma survives the ANC will twist it into a vote of confidence in the president and at the same time it will give them a chance to clean up their mess.
“It could come out after the vote that some deal was made with Zuma. We know that not everyone in the ANC caucus supports him and it could be that they told him they’ll support him this time, but that he has to go in December. If it’s by secret ballot we’ll never even know. This will make it even more interesting,” says Mathekga.
Not everyone agrees. Political commentator Mpumelelo Mkhabela says this might be the moment the alliance partners and opposition factions in the ANC have been waiting for.
“I think they’re going to vote him out. The SACP as well as those supporting Ramaphosa and the other ANC presidential candidates now have a unique opportunity to get rid of him. All of them are united against Zuma and Nkosazana Dlamini-Zuma. This is the moment for them to take charge before 2019.”
Mbete might also have taken the opportunity to strengthen her own presidential campaign.
“If Zuma is removed the ANC might ask to adjourn the sitting and will then debate who will be president. It’s likely that they will not be able to reach a consensus and in that case Mbete could become interim president.”
According to analyst Melanie Verwoerd it doesn't seem like Mbete's decision was supported by the ANC NEC.
"If this is the case she's done this at a major risk to herself and her own position. I don't think she would have allowed a secret ballot if she wasn't confident that it would turn out favourably for the ANC."
 
Baie redes vir die noodsaak van so ‘n stemming word aangevoer, met die land se ekonomie, die toenemende versigtigheid by beleggers om in ‘n land met so ‘n onrustige klimaat te belê, as die nommer een motivering.
 
Ons weet
  • ONS — en met ONS verwys ons na God se mense, na Afrikaanssprekendes, Engelssprekendes, Sesotho-sprekendes, Zoeloe-sprekendes, gebaretaal-sprekendes, elkeen wat in Christus is — ons weet dat die Christelike geloof in Suid-Afrika nou beskou word as een van talle gelykwaardige godsdienste, ideologieë, religieuse affiniteite of keuses.

?

  • ONS — en met ONS verwys ons na al God se mense, elkeen in Suid-Afrika wat in Christus is — ons weet dat as die owerheid die God van hemel en aarde, Naam, Koninkryk en Wil van die God van die Skrif, die God en Vader van ons Here Jesus Christus geringskat, minag, verwerp, teëstaan, weerstaan, ondergeskik of gelyk aan ander belange, ideologieë en magte stel, daar eintlik iets anders aan die gang is.  Dat die stryd tussen God en mense wat hulleself as onaantasbaar en magtig beskou,  eintlik maar net in die politiek, in plaaslike regerings, in landswette en in die hede sigbaar word, soos vreemde voorwerpe en opdrifsels in water wat glashelder moes gewees het.

 

  • ONS — en met ONS verwys ons na al God se mense, elkeen in Suid-Afrika wat in Christus is — ons weet dat die hele lewe, ook die huidige bedeling, ‘n nimmereindigende stryd tussen Lig en Duisternis is: ‘n stryd tussen God en sy swaar verwonde, reeds verslane teenstander, SATAN.  Ons weet dat Ef 6: 12 vandag, soos elke ander dag, in Suid-Afrika, soos in elke ander plek op die aarde, waar sal wees.
 
Dit is die lewe op die aarde, die lewe volgens die Skrif.
En vandag moet ons weer aan die realiteite van die lewe volgens die Skrif herinner word.
 
Kom ons lees Ef 6:12 in ‘n paar vertalings:
 
(AMP)  For we are not wrestling with flesh and blood [contending only with physical opponents], but against the despotisms, against the powers, against [the master spirits who are] the world rulers of this present darkness, against the spirit forces of wickedness in the heavenly (supernatural) sphere.
 
(ANV)  Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
 
(AOV)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
 
(ASV)  For our wrestling is not against flesh and blood, but against the principalities, against the powers, against the world-rulers of this darkness, against the spiritual hosts of wickedness in the heavenly places.
 
(BBE)  For our fight is not against flesh and blood, but against authorities and powers, against the world-rulers of this dark night, against the spirits of evil in the heavens.
 
(CEV)  We are not fighting against humans. We are fighting against forces and authorities and against rulers of darkness and powers in the spiritual world.
 
(EMTV)  For we wrestle not against flesh and blood, but against principalities, against powers, against the rulers of the darkness of this age, against spiritual forces of evil in the heavenlies.
 
(ERV)  Our fight is not against people on earth. We are fighting against the rulers and authorities and the powers of this world's darkness. We are fighting against the spiritual powers of evil in the heavenly places.
 
(ESV)  For we do not wrestle against flesh and blood, but against the rulers, against the authorities, against the cosmic powers over this present darkness, against the spiritual forces of evil in the heavenly places.
 
(GNB)  For we are not fighting against human beings but against the wicked spiritual forces in the heavenly world, the rulers, authorities, and cosmic powers of this dark age.
 
(GW)  This is not a wrestling match against a human opponent. We are wrestling with rulers, authorities, the powers who govern this world of darkness, and spiritual forces that control evil in the heavenly world.
 
(KJV)  For we wrestle not against flesh and blood, but against principalities, against powers, against the rulers of the darkness of this world, against spiritual wickedness in high places.
 
 
Ja, vandag gaan ons waarskynlik meer akuut bewus wees van wat werklik op die aarde aangaan.  Ons gaan dalk ‘n ongewone kyk kry in die aardse lewe soos die Woord van die Here dit definieer en aan ons openbaar.
 
Die gewonde leeu is los 
Wat op die aarde aangaan, wat vandag in die parlement, in jou huis, in jou menswees, op die Gautrein, in taxi’s en klaskamers, in kerkkantore en in ons menslike swakheid, in ons vlees, gaan gebeur, is dat die brullende, gewonde leeu los sal wees, dat hy vandag mense, ‘n nasie, jou geloof, hoop en liefde, jou siel en huwelik sal wil verskeur.
 
 
Op elke plek en ruimte, in elke vergadering en stemming en samekoms, kan die stryd, die titaniese, voortgesette geveg van die gewonde leeu teen die Oorwinnaar gesien en beleef word:  in elke dwaalleer in die Kerk, in elke stukkie verset in elkeen van ons teen wat die Here van ons verwag, in elke wêreldse ding,  – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom immers nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. [1 Joh 2:16]
 
Kom ons word baie stil, baie nederig en baie, baie afhanklik van die Mag van die Here vandag:
 
1 Pet 5:8-11
 
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.  Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.
God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.
Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen. 
 
En so stuur 'n geloofsvriendin vanoggend vroeg vir my — en vir u almal, twee Skrifgedeeltes aan:
Ps 46:11:
 
Psa 46:11  Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.
KJV: Psa 46:10  Be still, and know that I am God: I will be exalted among the heathen, I will be exalted in the earth. 
 
KJV: Isa 23:9  The LORD of hosts hath purposed it, to stain the pride of all glory, and to bring into contempt all the honourable of the earth. 
Jes.  23:9  Die Here die Almagtige het dit besluit. Hy breek die trots, Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word! 
 
Dit SAL gebeur... vandag of later, op die tyd van sy besluit.
 
 
 
 
 
 

Kliek en kry: ELKEEN, NIE ELKEEN NIE

ELKEEN en NIE ELKEEN NIE

 
In Joh 3: 14-18 lees ons die woorde van Jesus Christus waarop ons ons hele toekomsverwagting vir onsself,  ons hele hoop vir elkeen wat in die Here sterf, nog altyd gevestig het:
 
Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word,
sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
 
 
WHOSOEVER, staan dit in die King James vertaling. Hoe dankbaar is ons oor die woord, WHOSOEVER uit Jesus se mond.  PAS, in die omgangs-Grieks van Jesus se tyd.  Bedoelende: all, any, every, the whole, volgens die Grieks-Engelse woordeboeke.  Wie ook al, elkeen, niemand uitgesluit nie.
 
Maar ek dink jy het ook al afgekom op NIE ELKEEN NIE:
 
Matt 7:12-29
Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.
Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.
Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.
Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?
Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie.
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.
Mat 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: 'Here, Here,' sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
Baie sal daardie dag vir My sê: 'Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?'
Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.
Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.
Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.
En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het.
Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes."
Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig,
want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.
 
Elkeen, NIE ELKEEN NIE.
 
Ek moet bely: die woorde van Matt 7:21 en wat daarop volg, het my nog altyd met skrik vervul.
 
Mat 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: 'Here, Here,' sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
Baie sal daardie dag vir My sê: 'Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?'
Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.
 
 
Wat, dan, van vrye en onverdiende redding, verlossing en die ewige lewe?
Is daar dan ‘n meriete - fynskrif ter sprake, soos wanneer ’n mens jou klaar vasgeteken het in die WONDERLIKSTE versekeringspolis,  en skielik kry die verteenwoordiger van die assuransiemaatskappy so ‘n snooty klank in die stem:
 
“As jy nie ‘n alarm het wat aan gewapende respons gekoppel is nie... as jy nie diefwering voor elke venster het nie... as jy nie die alarm aktiveer, selfs al gaan jy net vir 4 sekondes uit die huis... as jy nie die bedrading in die huis spesifiek vir DIEFSTAL verseker nie... as jy nie elke teelepel en reeksnommer van elke item in jou huis verklaar nie... as jou los goed wat jy met jou saamneem na buite, jou juweliersware en laptop en kamera nie afsonderlik verseker is teen roof of diefstal nie... as jy nie jou huiswerk alles doen nie, betaal ons nie uit nie.  Of ons betaal net R4000 van die R18000 wat jou laptop werd is, uit.  En, ja, jy kan nie jou kar by ons verseker as jy nie ook ‘n minumum van R80 000 huisinhoudversekering doen (en daarvoor opdok) nie.  Maar onthou, ons betaal nie uit en jy kan nie eis sonder die alarm, die gedurige sluit van elke opening in jou huis, die aktivering van die alarm en die diefwering nie.”
 
Verskuilde klousules?
Is die ewige lewe wat Jesus Christus deur sy lyding, bloed, gehoorsaamheid, onderwerping aan die wil van God vir elke sondaar wat in Hom glo, dan iets met fynskrif en verskuilde klousules, soos omtrent elke assuransiepolis aan die mens bekend?
 
O, om dit reg te verstaan!
Die wil van God (wat Hy ons gebied om ná ons verlossing te soek, te doen, in die plek van ons wil te stel en lief te hê) is en sal lewenslank ten doel hê om:
  • my en jou in innige verbondenheid, onafskeidbaar van die Drie-Enige God te hou. 
Twee dinge gebeur dan:
  1. God, Hy wat so genadig en goed en vrygewig en vol liefde jeens ons is, ontvang van my, die begenadigde, die eer wat Hom toekom. 
  2. En ek en jy leef in sy seën.  Ons drink en word verkwik en leef uit die onuitputlike fontein en bron van sy liefde, waarheid, troos, wysheid en insig, raad en sterkte, kennis, eerbied vir die Here, wat Hy alles deur sy Woord en Gees vir ons gee.
 
Hoe kan ons die HERE ooit eer as ons in geheime, rebelse, verraderlike verset teen sy lieflike wil is?
Hoe kon ons ooit uit Homself as Bron, as Alfa en Omega, Begin en Einde, gevoed en verkwik word as ons hemel toe wil gaan — m.a.w. ewig wil leef — maar sonder verbondenheid met Hom?
 
Die Woord sê:
Jak 4:4-5  Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.
Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê?
 
Dit is wat die grote, heilige, Allerhoogste God vir elkeen sê wat die ewige lewe deur die gehoorsaamheid, lyding, dood en opstanding van Jesus Christus ontvang.
 
Dit maak volkome sin.
  • God, die Gewer van alles in ons lewe, ontvang die eer wat Hom toekom.
  • En ons, die begenadigdes, drink uit sy volheid, word gevoed uit sy onuitputlike liefde en lewe in sy Lig en Waarheid.
 
GEBED
 
Here, onse Here,  só wil ons leef:  tot u eer en in u Lig en Waarheid.
Help ons, neem ons op in u wil. Onderwerp ons aan U, want dit is tot u eer en ons beswil.
 

Kliek en kry: Ons bid vir jou, Dominee, Pastoor, Kategeet

Ons bid vir jou, Dominee
Pastoor, Jeugwerker, Kategeet

Grafika: http://www.awakendts.com/wp-content/uploads/2014/02/sqCircuitRiders.jpg

Anderkant ons tuinmuur dreun die vragmotors en oggendverkeer verby.
Dit hou nooit op nie.  Dit is die geluide van die stad, en hoe groter en ouer die stad word, hoe harder gaan die gedreun word.
 
Maar daar is ook ‘n ander gedreun net buite die muur van ons persoonlike bestaan.  Só klink die dreungeluide om ons deesdae, die stemme en die stellings en die vrae:
“Die Kerk verloor meer en meer jongmense.”
“Dis eintlik net die Eerstejaars wat nog kerk toe gaan.”
“Hoekom gaan so min mense van ons meenthuiskompleks kerk toe?”
“Bestaan daar op die hele aarde nog ‘n suiwer Christelike gemeenskap?  Nee, sekerlik nie.  Daarom is Christene geroep om sout en lig in hierdie korrupte en donker wêreld te wees.  En nou is daar ‘n hardnekkige poging aan die gang om die sout smaakloos te maak en die lig uit te blus.”
“Waarom is dit maar oukei  vir baie gelowiges dat die verkondiging van die Evangelie in die naam van demokrasie nou toenemend by skole teëgestaan word?  Jesus Christus het tog gesê:
 
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,  want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.  Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe? ” [Matt 16:24-26]
 
En Petrus het dit onomwonde gestel:   "'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!”  (Hand 5:29)
 
 
Die groot saak hier is: is daar genoeg geloof in die Skrif, in Jesus Christus as Verlosser, as ons enigste Hoop en as die enigste Weg, Waarheid en Bron van die lewe in ons land, in die wêreld en in onsself oor?
 
Kom ons praat vanoggend oor geloof.
 
Wat is geloof?
 
Heb 11:1  Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
 
Waarvan moet ons oortuig wees, waarop moet ons hoop?
Joh 3:16-18 
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
 
Wie is Jesus Christus?
Kol 1:14-20:
 Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
 Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
 Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
 
 
Waar kom geloof vandaan?
Rom 10:17  Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
 
 
En dit bring ons by die ontsaglike verantwoordelikheid wat daar op die skouers rus van elkeen wat die Woord verkondig:  elke dominee, pastoor, leraar in die Sioniste, NG, Gereformeerde, Volle-Evangelie, AGS-, NGKA-, Bikers’ Church, Verenigende Gereformeerde of enige hoofstroom- en nie-hoofstroom-, charismatiese en minder charismatiese kerk.  
 
Soos vir Timoteus, die jong geestelike leier, skryf Paulus vir elkeen wat die Woord op watter wyse, vanuit watter amp of gesagsposisie verkondig:
 
2Ti 2:14-15
 Hou aan om die gelowiges aan hierdie dinge (die grondwaarhede van die evangelie) te herinner en vermaan hulle ernstig voor God (in sy teenwoordigheid) om op te hou stry oor woorde (in plaas van gehoorsaamheid aan, vreugde in, toespitsing op die gesonde, heilsame leer van Jesus Christus as fondament van ‘n godvresende lewe). [1 Tim 6:3-4]  . Dit (Sulke haarklowery oor die nuanses van godsdienstige terme) het geen nut nie en is net skadelik (katastrofiese gevolge hê vir dié)vir die hoorders.
Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.
 
NLV: 2 Tim 2:15: 15:
Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker (in diens van die Here), een (‘n geestelike voorganger) wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid  [1 Kor 4:1-2; 2 Tim 3:15-16] reg verduidelik (eerlik, reglynig sny; soos ‘n reguit ploegvoor deur God se saailand laat sny). [1 Kor 3:9; 2 Kor 2:17]
 
2Ti 2:16-18:  Maar die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want dié wat dit versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval, en hulle woorde sal voortvreet soos kanker. Onder hulle is daar Himeneus en Filetus, wat van die waarheid afgedwaal het deur te sê dat die opstanding alreeds plaasgevind het. Daarmee vernietig hulle die geloof van sommige.
 
NLV: 2 Tim 2:16-18: 16
Vermy goddelose en dwase gepraat  wat net tot verdere goddeloosheid lei. [2:14] 17Hierdie soort praatjies versprei soos kanker (vretende gangreen). Himeneus (wat God belaster omdat sy eie geloof skipbreuk gelei het) [1 Tim 1:19-20] en Filetus  is voorbeelde hiervan. 18Hulle het die pad van die waarheid verlaat (verwerp die leer van liggaamlike opstanding uit die dood) [1 Kor 15]  met hulle bewering dat die opstanding van die dooies alreeds  (met die wedergeboorte) plaasgevind het. Daarmee het hulle die geloof van sommige ondermyn. [Matt 15:13-14]
 
 
2Ti 2:19  Nogtans, die hegte fondament wat God gelê het, staan vas met dié woorde daarop gegraveer: "Die Here ken dié wat aan Hom behoort," en: "Elkeen wat sê dat hy aan die Here behoort, moet wegbreek van die ongeregtigheid."
 
NLV. 2Ti 2:19: 
 
Maar God se (volle, geopenbaarde) waarheid (in Christus Jesus) staan vas soos ’n (as die) fondamentsteen (van die kerk) [Jes 28:16; Ef 2:20b-21] met die volgende (dubbel-, tweevoudige) inskripsie: (1) “Die Here ken dié wat (deur en in Christus) aan Hom behoort,” [Num 16:5; Joh 10:14-16] en: (2) “Dié (verloste sondaar en die hele geloofsgemeenskap) wat beweer dat hulle (deur en in Christus) aan die Here behoort, moet wegdraai van alle boosheid.” [Jes 52:11; Num 16:26]
 
 
2Ti 2:20-21  In 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en klei. Sommige is vir besondere gebruik en ander vir die alledaagse. As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy 'n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens.
 
 
NLV, 2 Tim 2:20-21:  
In ’n rykmanshuis (God se groot huis, die sigbare kerk) [Ef 2:22; Heb 3:6] is sommige gebruiksartikels (instrumente, verkondigers van die evangelie van Jesus Christus) [Hand 9:15; 2 Kor 4:7] van goud en silwer, en ander weer van hout en klei (swakker kwaliteit). Die kosbare artikels (goeie instrumente) word by spesiale geleenthede gebruik (verheerlik Christus) en die goedkoperes is vir gewone gebruik (is aards; doen Hom oneer aan). 21As jy jouself (as instrument, draer van die evangelie, eksegeet en leraar) skoon hou (volledig bly distansieer) van die verkeerde (waarvan Himeneus en Filetus verteenwoordigers is), sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar (geheilig wees), een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak. [Joh 15:2-4; Tit 1:16]
 
 
2Ti 2:22  Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart die Here aanroep.
 
NLV., 2 Tim 2:22:
Vlug vir enigiets wat jeugdige drange (die wêreldse ambisies, begeertes, obsessies van jong nie-Christene ook in jou sou kon) aanwakker. [2:19c; 1 Joh 2:14-16] Spits jou (as geestelike leier) daarop toe om reg voor God te lewe. [1 Tim 6:11] Streef (as God se instrument, bedienaar van die evangelie) na geregtigheid, geloof, liefde en vrede (die heelhartige uitvoering van God se wil) [Rom 12:2; 2 Kor 6:4, 7] saam met dié wat die Here met rein (skoon, onbesoedelde) harte aanroep.
 
GEBED VIR DIE LERAARS EN GEESTELIKE LEIERS VAN ONS TYD
O, Here, maak elkeen wat ons met die evangelie bedien, ‘n waardige en bruikbare instrument vir U alleen.  En laat elkeen van ons wat wat die evangelie bedien, wegbreek van alle ongeregtigheid.
 
 

Kliek en kry: Hoekom bly/voel ek so swak?

Hoekom bly/voel/word ek so swak?

(een verrassende wenk vir liggaamlike uitputting, plus die onfeilbare resep vir innerlike krag) 

 

Op ons kussingslope het die vervaardiger woorde en syfers gedruk, wat beteken dat ons elke aand met getalle, syfers en woorde onder die kop gaan slap.

Number 15, staan op ons kussingslope geskryf.

Hoe betekenisvol, sê Hennie en ek vir mekaar.  Hierdie verhuising, hierdie trek van buite die stad af stad toe, is inderdaad nommer 15.  Ons het in die 47 jaar van ons getroude lewe 15 keer getrek. 

 

Nou kan ons jou uit ervaring ‘n paar dinge aangaande trek vertel.  NIKS maak jou meer honger,  niks laat jou meer voel asof jy die naaste spyker se kop kan afbyt,  as trek nie.  Jy pak, jy wanhoop, jy kyk na wat jy  vir ingeval opgegaar het, en dis net jy met die klomp Rommel. Ingeval is nie daar nie, Ingeval steek geen hand uit enige mou nie, Ingeval wil niks van jou Rommel hê nie.

Jy pak, jy murmureer, jy verongeluk jou rug verder, jy strek en buk, sleep en skuif goed.

En dan, iewers, weet jy:  as ek nie nou iets eet nie, val ek om.

 

Grondboontjiebotter on the rocks as kragkos!

Vir dié wat ‘n wenkie teen trek-ineenstorting soek: die vinnigste kragkos vir uitgeputte trekkers is grondboontjiebotter on the rocks. Eet dit met ‘n lepel uit die houer, sommer so skoon, sonder brood of ander fieterjasies.

 

Hoe kry jy innerlike stamina?  Hoe versterk jy jou gees?

Trek-stories, trek-waarhede en kragherstel-trekwenke op ‘n stokkie, en oor na jou, met ‘n belangrike vraag.

 

Wat beveel jy aan vir innerlike versterking, vir innerlike krag, vir innerlike herstel, vir geestelike stamina, dag na dag?    Wat doen jy wanneer jy besef dat jy elke dag, vandat jy jou oë oopmaak totdat jy gaan slaap,  sterk en lewenskragtig in die HERE moet funksioneer?

Bybelbeloftes, gebed, fellowship met ander gelowiges,  nadenke oor die Wese van God, oor al sy Goddelike eienskappe?  Lees jy boeke, gaan jy kerk toe, sing jy lofprysingsliedere?  Vas en bid jy,  beroep jy jou op die krag van die Heilige Gees?  Het jy jou weer laat doop, oorweeg jy om jou weer te laat doop?  Steun jy op sterk gelowiges om jou te ondersteun, te bemoedig?

 

Hoe belangrik en Skriftuurlik is al hierdie dinge, elkeen van hulle. Ons word hierin onderrig, ons doen en beoefen hierdie dinge.  En tog beleef ons dat ons gereeld dat ons voor versoekings swig.  Dat ons siek en sat raak van uitdagings en verantwoordelikhede.  Dat ons beangs, angstig, vreesbevange, onseker en senuweeagtig voortploeter.  Dat ons min geduld met lastige mense het, te veel met ons kinders baklei,  onsself te veel bejammer,  mense nie kan vergewe nie, leuens vertel omdat ons ons beloftes aan mense nie nakom nie,  nie herwaarts of derwaarts met al ons verpligtinge weet nie.

 

So is die lewe, dink ons moedeloos.  Such is life.

Ons dink verkeerd.  Such is as life that is lacking something.

So het Jesus, ons Voorbeeld, ons Meester, ons Leermeester, ons Ouer Broer, Vriend en Heiland se lewe NIE gelyk nie.

 

Hy het die geheim van innerlike krag geken en beoefen.

Dit staan skoon en suiwer, direk en ondubbelsinnig in Joh 4:30-34.

Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom.

Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: "Rabbi, eet tog 'n stukkie."

Maar Hy sê vir hulle: "Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie."

Die dissipels sê toe vir mekaar: "Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?"

  • Maar Jesus het vir hulle gesê: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
  • (ASV)  Jesus saith unto them, My meat is to do the will of him that sent me, and to accomplish his work.
  • (CEV)  Jesus said: My food is to do what God wants! He is the one who sent me, and I must finish the work that he gave me to do.
  • (GNB)  "My food," Jesus said to them, "is to obey the will of the one who sent me and to finish the work he gave me to do.
  • (KJV)  Jesus saith unto them, My meat is to do the will of him that sent me, and to finish his work.

 

God se wil gedurende die volgende kwartier

Vir dié wat sy wil doen en begeer om dit gedurende die volgende kwartier te doen, versterk, beloon en rus God Self daartoe toe. Want Hy wil deur mense werk, Hy wil sy Wil laat geskied,  Hy wil die goeie vir mense gee.

As God sy wil aan mense openbaar en hulle doen wat Hy wil hê dat hulle moet doen, gee Hy al die krag, insig, stamina, selfbeheersing en moed om dit te doen 

  • Jou kind is veeleisend, moeilik, dwars en in ‘n huilerige of aaklige bui.  Wat is God se wil vir jou in hierdie situasie?  As jy dit van Hom vra en doen wat Hy vir jou sê, gaan Hy jou toerus en help om jou kind in wysheid, teerheid, liefde, genade uit daardie slegte plek waar hy nou is, te lei. Vir dié ouer wat sy wil doen en begeer om dit gedurende die volgende kwartier te doen, versterk, beloon en rus God Self daartoe toe. Want Hy wil deur ouers werk, Hy wil sy Wil laat geskied,  Hy wil die goeie vir ouers en hulle kinders gee.

 

  • Jou lewensmaat irriteer jou tot in jou siel.  Jy weet nie of julle hoegenaamd nog by mekaar pas nie.  Wat is God se wil vir jou in hierdie situasie?  As jy dit van Hom vra en doen wat Hy vir jou sê, gaan Hy jou toerus en help om dieper in jou lewensmaat se stryd, sy/haar siel en die essensie van jou eie irritasie in te kyk.  Vir dié getroudes wat sy wil doen en begeer om dit gedurende die volgende kwartier te doen, versterk, beloon en rus God Self daartoe toe. Want Hy wil deur getroude mense werk, Hy wil sy Wil laat geskied,  Hy wil die goeie vir getroude mense gee. En Hy sal jou, wat sy wil soek, beloon met al die genade, al die liefde en al die krag wat jy die volgende kwartier nodig gaan hê.

 

  • Jy het geld nodig, middele, aardse goed.  Jy het krag in versoeking nodig.  Jy wil gesond word van kanker, jy wil beheer kry oor depressie en bipolêre gemoedsversteuring, waarvoor jy medikasie moet gebruik, soos wat diabete insulien moet gebruik om iets in die liggaam aan te vul.  Maar insulien en medikasie maak ons nie innerlik sterk nie; dit stel net tekorte in die liggaam en brein reg.  Dit is nodig, maar vir die siel en gees, vir ons lewe met God en ons naaste, doen dit niks nie.

Wat is God se wil vir jou in hierdie situasie? 

As jy dit van Hom vra en doen wat Hy vir jou sê (m.a.w. as jy sy wil doen),  gaan Hy jou toerus en help met daardie dinge wat medikasie nie vir jou kan doen nie.  Hy gaan jou deur die versoekings begelei tot oorwinning. 

Hy gaan alles vir jou gee wat jy vir ‘n lewe tot sy eer nodig het. Vir siek mense, spartelende mense, mense met gemoedsversteurings wat sy wil doen en begeer om dit gedurende die volgende kwartier te doen, versterk, beloon en rus God Self daartoe toe. Want Hy wil deur  siek mense, spartelende mense, mense met gemoedsversteurings werk.

Hy wil sy Wil laat geskied,  Hy wil die goeie juis vir sulke mense gee.

 

Dink logies

‘n Logiese vraag:  Om watter rede kan ons van die Here te verwag om ons innerlik sterk te maak, sodat ons ons eie, vernietigende, besoedelde wil kan uitleef?

Nog ‘n logiese vraag:  Sal God nie aan elkeen wat sy koninkryk en sy geregtigheid soek, al die ander dinge gee nie?  En enkele van die ander dinge is krag, insig, wysheid, selfbeheersing, kos op my bord, blydskap, oorwinning oor die self, lig, herstel, waarheid, hoop, liefde, die regte beheer oor ‘n verkeerde situasie, dieper verhoudings, vrede en geestelike groei.

 

Kom ons oordink vandag die volgende

Joh 6:38  Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. — Jesus Christus.

 

Psa 40:7-9:   Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie, nie brandoffers of sondeoffers wat U vra nie; U wil gehoorsaamheid hê.  Daarom het ek gesê: "Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.  Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe." — Psalmskrywer.

 

Not to do mine own will - I am come, not to act according to human motives, passions, or prejudices; but according to infinite wisdom, goodness, and mercy. Jewish passions and prejudices would reject publicans and sinners as those alluded to, and shut the gate of heaven against the Gentiles; but God’s mercy receives them, and I am come to manifest that mercy to men.— Adam Clarke.

 

“The greatest barrier to knowing God’s will is simply that we want to run our own lives. Our problem is that a battle is going on in our hearts—a battle between our wills and God’s will.” 
 Billy Graham

 

“When God is ready for you to move, He will make your situation uncomfortable.” 
 Germany Kent

 
 
 
 

Kliek en kry: Dringend, of belangrik

DRINGEND, of BELANGRIK?
Aanhaling uit: THE WEEK, Eric Barker: 4 Important Life Lessons to help you become more productive. http://theweek.com/articles/706830/4-important-lessons-help-more-productive
 
Ek lees nou die dag een van daardie artikels oor produktiwiteit en prioriteite.
Vier beginsels word uitgespel.  Die derde een slaan my tussen die oë, want is dit nie inderdaad die allernbelangrikste beginsel in die Skrif nie?
 
1. Protect time like money.
2. Manage emotions.
3. Important beats urgent.
BELANGRIK is groter, belangriker, meer bindend, moet hoër prioriteit geniet, moet voorrang geniet by DRINGEND.
 
Sekere take is dringend.  Maar mense, mense se nood, is BELANGRIKER, van hoër belang, jou hoogste prioriteit.
 
4. Focus on effort, not outcome.  You cannot control any outcome, it is out of your control.  You can control how much effort you put into it.
 
Sekere take is dringend.  Maar om vanoggend vas te stel WIE jou ware werkgewer is, wat sy opdragte is, is BELANGRIKER, van hoër belang, jou hoogste prioriteit.
 
 
Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."
Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag.
Hy sê toe vir hulle: "Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God. — Jesus Christus, Luk 16:13-15.
 
Sekere take is dringend.  Maar om vanoggend vas te stel WIE of wat vandag vir jou belangrik gaan wees en wat jy vir hom of haar moet doen, is BELANGRIKER, van hoër belang, jou hoogste prioriteit.
 
Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
Ek en die Vader is een." — Jesus Christus, Joh 10:29-30.
 
 
Sekere verpligtinge en vergaderings, die voorbereiding bvir jou preek, die daarstelling van ‘n agenda vir dit of dat is die gemeente is sekerlik dringend. Maar om vanoggend vas te stel wat God as die belangrikste beskou, is BELANGRIKER, van hoër belang, jou hoogste prioriteit.
 
 
Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom,
en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek.
"Meneer," vra hy, "wat is die grootste gebod in die wet?"
Jesus antwoord hom: " 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel' en met jou hele verstand.
Dit is die grootste en die eerste gebod.
En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.'
In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat." — Jesus Christus, Matt 22:34-40.
 
 
Insig in geestelike waarhede, Skrifkennis, ‘n sterk geloof, hulpverlening aan behoeftiges, evangelisasiewerk deur die gemeente, gebedsgroepe, whatsapp-inspirasie is ‘n besonder groot ding.  Dit is sekerlik ‘n saak van die grootste dringendheid om analities, krities, filosofies en met kopskuiwe vanuit vorige paradigmas na die state of the nation, die toestand van ons land te kyk.  Hulpverlening en opheffing, werksgeleenthede, betrokkenheid by die gemeenskap is dringend.  Maar om vanoggend vas te stel watter gesindheid en saak vir die Here die belangrikste is, is BELANGRIKER, van hoër belang, jou hoogste prioriteit.
 
Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! — 1 Kor 13:12-13.
 
 
Noodsaaklik en belangrik!
Vandag is dit sowel dringend as belangrik om na ons eie emosies, gevoelens en verwarring aangaande lyding, pyn en swaarkry te kyk.
 
Ek dink daar is baie Suid-Afrikaners wat vandag die volgende gebed sou kon bid.  Dalk is dit vir ons almal  DRINGEND as BELANGRIK om net weer te bid.
 
  • Wat wil jy wie se seuntjie so siek is, vandag vir die Here sê?
  • Jy wat finansieel se bitter swaar kry, jare lank al, wat wil jy vir Hom sê?
  • Jy wat deur verwerping, trauma, emosionele wonde moet werk, jy wat die letsels van misbruik en mishandeling aan jou liggaam dra... wat wil jy vandag vir die Here sê?
 
Dalk in die volgende toonaard:
 
  • Here, dit is of onvoorwaardelike vertroue in U vandag, of donker, verterende wanhoop.  U weet daar is so baie dinge wat ons anders wil hê. 
  • Ons wil ons terminaal siek, geliefde medegelowige tussen ons hê, soos altyd.  Ons wil ons broers en susters in die Here nie liggaamlik, finansieel, emosioneel, fisies sien ly, sien rou, sien spartel en spook, sien swaarkry, sukkel en agteruitgaan nie.  En persoonlik wil ons dit nie beleef of ervaar nie. 
  • Ons wil kinders nie in die kankersaal sien,  kinders nie by hulle pa of ma se sterfbed sien staan,  ouers nie getraumatiseerd met ‘n pasgebore kindjie met Down Sindroom in die arms sien staan nie. Self , of in ons gesinskring, wil ons dit nie beleef of ervaar nie.
  • Ons wil nie sien hoe ‘n bejaarde ouer ‘n kind begrawe nie.  Self wil ons dit nie beleef of ervaar nie. O, Here, laat dit tog nie met MY gebeur nie!
  • Ons wil mense nie in rolstoele sien beland nie. Persoonlik wil ons dit nie aan ons eie liggaam of in ons eie gesinskring beleef of ervaar nie.
  • Ons wil nie langer sien hoe die mense van  ons land verraai, uitgebuit, verarm en geplunder word nie.  Self wil ons, die nie-misdadige deel van die bevolking, dit nie beleef of ervaar nie.
  • Ons wil nie langer met werkloosheid, armoede, ontbering te doen hê nie. Ons wil nie in ellende vaskyk en op elke straathoek en sypaadjie met noodroepe gekonfronteer word nie. Persoonlik, in ons eie huis en lewe, wil ons dit nie beleef of ervaar nie.
 
 
O, Here, ons noem hierdie dinge lyding, pyn, onbegryplik swaarkry.  Ons noem dit trauma, ellende, tragedie. Ons noem dit selfs u onregverdigheid... ja, ons doen dit, en dit is ons fout en ons sonde. Ons noem dit slegte tye, soms selfs u straf op ons sonde.  Ons noem dit hartseer, aftakeling, skade, verwoesting, ellende.
 
O, Here, maak ons, die gelowiges, se oë oop vir wat U vir en in ons doen wanneer hierdie dinge ons tref.  
 
  • Laat ons sien en ervaar hoe U ons dra, opreg, saamvoeg, louter, nader aan U en aan mekaar bring.
  • Laat ons sien hoe U ons verander.  Hoe U besig is om ons meer en meer aan CHRISTUS, die Man van smarte, gelykvormig te maak.
 
 
Dus, Here, dankie vir wat U in swaarkry VIR ons doen.
Maar belangriker:  Dankie vir wat U deur ontbering en lyding IN ons persoonlik en IN die gemeenskap van gelowiges doen, tot die eer en verheerliking van u Naam.
 
Important beats urgent.
Here, laat my die onderskeid sien.
 

Kliek en kry: HIERDIE TYD volgens Christus Jesus en sy Woord

 

 
HIERDIE TYD
volgens Christus Jesus en sy Woord
 
Tydens die groot versoeking voordat Jesus sy aardse bediening begin het, het die duiwel Hom ‘n kyk op die sakeryke van die aarde gegee.  Hy het die ekonomiese landskap vir Hom gewys:  die landskap van geld en mag, korrupsie en selfverryking, die landskap van beheer deur welvaart en sluheid, verarming van armes en verryking van rykes.
 
Matt 4:8-10
  Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: "Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid."
Maar Jesus sê vir hom: "Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."
 
 
Die Bybel noem die groot, selfverrykende maatskappye, die mega-ondernemings van die aarde “al die koninkryke van die wêreld met hulle prag.”  En die mafia van die ekonomiese landskap word sommer net handelaars in die Skrif genoem.
 
En ná die lees van 2 Tessalonisense 2 weet ek:  wat ons tans in Suid-Afrika rakende sogenaamde staatskaping beleef, is net ‘n fraksie van wat wêreldwyd gebeur en onstuitbaar gaan voortgaan. 
Ons het te doen met wat Jesus Christus en sy Woord oor ons tyd (en toekomstyd) en al die klandestiene aktiwiteite van die verlede sê.  Oor geheime vennootskappe en organisasies,  oor prysvasstellings en dit wat die gewone mens as onstuitbare korrupsie beleef. 
 
Is daar iets in die Skrif oor die ekonomiese oorname van lande en regerings?
Oor wetteloosheid, oor magtige ekonome wat normale wetspraktyke omverwerp?
 
So dink ek toe die afgelope tyd: waarom lees ek 2 Tessalonisense 2 so selde?
Is  dit dan nie dalk die mees kriptiese en mees insiggewende hoofstuk rakende die eindtyd — met ons tyd as deel daarvan — in die hele Bybel nie? Hierdie Skrifwaarhede wil ek met my kleinkinders as volgende generasie Christene deel.
 
2 Tessalonisense 2 is geskryf omdat een van die gemeentes wat deur Paulus, Silas en Timoteus se verkondiging van die evangelie tot stand gekom het, onder ‘n groot misverstand verkeer het.  Die gemeentelede het gedink dat die Here Jesus reeds weer teruggekeer het na die aarde.  Dat die wederkoms reeds plaasgevind het.
 
Toe skryf Paulus vir die gemeente van Tessalonika dat dit nie so is nie.  En hy skryf vir hulle oor die eindtyd: oor die situasie op aarde in die tyd tussen die eerste en tweede koms van Jesus.  Hierdie voorafwete, hierdie openbaring oor hoe die lewe op die aarde vir die Tessalonisense, die ander gemeentes en uiteindelik ook vir ons in die tyd voor Jesus se koms sou wees, het Paulus van die Heilige Gees ontvang.
 
2 Tessalonisense 2
 
1  En nou, broers, wat betref die wederkoms van ons Here Jesus Christus en ons hereniging met Hom, het ek 'n ernstige versoek aan julle:
2  Moenie so gou verward raak of van stryk gebring word as iemand vir julle sou sê die dag van die Here is al hier nie – of dit nou vir julle gesê word in 'n profetiese uitspraak of in 'n preek of in 'n brief wat sogenaamd van ons afkomstig sou wees.
3  Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie.
4  Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.
5  Onthou julle nie dat ek dit herhaaldelik vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
6  En julle weet nou wat hom nog teëhou, sodat hy eers as dit sy tyd is, sy verskyning sal maak.
7  Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees,
8  en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.
9  Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders
10  en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie.
11  Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo.
12  En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.
 
Negatiewe praatjies?  Kannie so erg wees nie?
Wanneer ‘n pad — ‘n bergpas of ruwe pad diep in Afrika—  gevaarlik is, moet jy die waarheid, die feit, in ag neem.  As jy verstandig is, beplan jy en ry jy met dié feit as bepalende faktor.  Jy sien jou hele reis in ‘n ander lig. Jy is voorbereid op wat wag. En dit is tot jou heil. Ignoreer of ontken jy die feite, die vasstaande waarheid aangaan die pad waarop jy jou gaan bevind, kan enigiets met jou gebeur.  Jy kan byvoorbeeld die res van jou lewe as verbitterde mens in ‘n rolstoel deurbring.  Of die pad, die oorlewingstryd, elke dag op die pad verwens.  Jy kan dalk bly hoop dat die bergreeks waarin jy jou bevind, gelyk wêreld sal word.  En dit sal nie.
 
Wanneer ‘n mens met die feite  in 2 Tess 2 konfronteer word, kan jy kies om in verwondering, in die insig wat die Gees gee, hoopvol en nugter, in blye wederkomsverwagting in die dikwels skrikwekkende tyd tussen die eerste en tweede koms van Jesus te leef. 
 
Natuurlik kan jy dit wat in 2 Tim 2 staan, verwerp.  Jy kan weier om dit te glo.  Jy kan jouself wysmaak dat jou lewe en jou situasie beter sal wees in Switserland, die VSA, Australië, Botswana of waar ook al.  Dat dit wat in 2 Tess 2 vir die bewoners van die aarde gesê word, daardie gebiede sal verbygaan.
 
Dit sal nie.
Die hele aarde is in barensnood.  Die hele aarde leef in die geboortepyne van ‘n nuwe tyd.    
 
Hierdie tyd volgens Jesus Christus
Kom ons lees eers wat Jesus Christus oor die tyd tussen  sy eerste en tweede koms gesê het.
 
Matt 24: 3-13.
 Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: "Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?"
 Jesus antwoord hulle: "Pas op dat niemand julle mislei nie.
 Baie sal onder my Naam kom en sê: 'Ek is die Christus,' en hulle sal baie mense mislei.
 Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie.
 Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees.
 Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.
Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.
 In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.
Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.
Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel.
Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.
 
Kom ons lees weer van die eerste koms van Jesus na die aarde, en van sy hemelvaart ná sy kruisiging en opstanding uit die dood:
 
Open 12:3-5:
 Daar het ook 'n ander teken in die hemel verskyn: daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone.
 Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.
 Sy het 'n kind in die wêreld gebring, 'n seun, bestem om al die nasies met 'n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe.
 
Kom ons lees weer wat die Skrif oor die Kerk en die geloofsgemeenskap sê.  Oor wat met ons, die geloofsgemeenskap, die Kerk (in Openbaring die vrou genoem) in die tyd tussen die eerste en tweede koms van Jesus — dit is hierdie tyd— sal gebeur en sal bly gebeur.  Kom ons lees hoe die gelowiges in Athlone, Manenberg, Grabouw, Egipte, Afganistan, Sirië, Nigerië, Suid-Afrika en oral op die aarde in hierdie tyd sal leef en oorwin:
 
Open 12:6-11
En die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar 'n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.
 Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer,
 maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie,
want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.
 Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: "Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
 
Die lewe gaan nie "beter"' word vir enigeen wat 'n beter lewe op aarde verwag nie
Vandag se waarheid is die Skrifwaarheid, dit is geopenbaarde waarheid.
  • Die lewe gaan nooit beter word nie.  Die lewe op aarde gaan toenemend skrikwekkend, nog meer onveilig,  nog meer goddeloos word.
  • Nêrens sal dit makliker of beter vir die gelowiges word nie.
  • Die handelaars van die aarde sal die lande regeer.
  • Opstand, geweld, moord en doodslag sal toeneem.
 
Maar die heilige mense van die Allerhoogste sal oorwinnaars wees. 
Hulle het self die oorwinning oor die Satan en sy engele behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
 
 
Volgende week kyk ons dan spesifiek na wat werklik in 2 Tessalonisense 2 oor hierdie tyd geskryf staan.  Dit sal jou asem wegslaan.  En jou hele lewensuitkyk verander.
 
 
 
 
 
 
 

Kliek en kry: Die eienskappe van 'n godvresende mens

Die eienskappe van ‘n Godvresende mens
 
1 Sam 7:12:  Samuel het toe 'n klip gevat en dit regop gesit tussen Mispa en Sen. Hy het die plek Eben-Haeser genoem, "want," het hy gesê, "tot nou toe het die Here ons gehelp." —  Mnr Willie Myburgh van Petrusburg se geliefkoosde teksvers.
 
Die eienskappe van ‘n Godvresende mens is dié gedragpatrone, dié manier van praat en optree wat die regverdige van die onregverdige onderskei.
 
Hennie, my man, was gister Petrusburg toe om mnr Willie Myburgh (99), die stil, innemende onderwyser van ons skooldae, se begrafnisdiens te gaan hou.
 
Hoe baie het Hennie en ek nie in die dae ná sy heengaan oor daardie één ding wat mnr Myburgh so anders gemaak het, gepraat nie. 
 
Eén ding onderskei die kinders van God immers van die mense van die wêreld.  En daardie een ding is Godsvrug.
 
Dáároor, het Hennie besluit, sou sy begrafnispreek handel. Oor die eienskappe van ‘n Godvresende mens.
 
En uit dié begrafnispreek oor Godsvrug haal ons vandag ‘n paar uittreksels. Te midde van ons getol en gemaal, ons gejaag en gefladder, ons horlosie-kyk en die afmerk van items op ons doen-dit lysies, behoort almal van ons sekerlik weer by die wese van Godsvrug, Godvresendheid, uit te kom.
Want eenmaal, vroeër of later, sal iemand ons begrafnispreek hou.
En die vraag sal wees: het die een wie se oorskot vandag begrawe of veras gaan word, godvrugtig gelewe?  
 
 
Hier volg dan nou ‘n paar uittreksels uit Hennie se preek oor die eienskappe van ‘n Godvresende mens.
 
Vandag, op die dag van mnr Myburgh se begrafnis, word almal van ons met die onontwykbare vraag gekonfronteer: Is ek wat die Here vir mnr Myburgh se lewe kom dank, ook ‘n Godvresende mens, iemand wat as beelddraer van my Maker, my Vader en my Verlosser leef?
 
Hoe leef, praat en dink ‘n Godvresende mens?
  1. ’n Godvresende mens vind sy vreugde in die Woord van die HerePs 1:1-2  Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Vir ‘n Godvresende mens is die Woord van die Here die blywende, permanente vreugde in sy lewe.  Dit is sy lewensanker, sy lewensboek.  Psalm 119 was sy loflied oor die Woord van God: hoe lief het ek, Willie Myburgh, u Woord!  Dit is my bepeinsing die hele dag! 
Sy laaste briewe aan die kinders getuig van sy diepgaande kennis van die Woord, van ure en ure se Bybelstudie... en van ‘n matelose liefde vir die Woord van die Here. Hy skryf van huisgodsdiens en aandgodsdiens.  Hoe dikwels haal Hy die Skrif vir sy kinders en kleinkinders aan. 
Vir julle, die kleinkinders van mnr Myburgh, kan ons wat ouer is vandag sê: geen duur horlosies, geen Krugerrande, geen aandele of enigiets wat enigiemand van julle sou kon nalaat, sal ooit meer as dié spesifieke nalatenskap van julle oupa Willie vir julle werd wees nie. Hoe ouer julle word, hoe meer sal julle oupa se nalatenskap in waarde toeneem.  Julle sal dit saam met julle in die onbekende, gevaarlike toekoms wat daar op die jeug van ons tyd wag, kan inneem.  En dit sal julle behoud wees, die lewe vir julle.
  1. ‘n  Godvredende mens het nie twee lewens — ‘n geheime, wêreldse lewe en ‘n vroom lewe waar vroomheid tel nie. ‘n Godvresende mens beoefen  nie elke nou en dan die praktyke van die sondige wêreld nie. Hy volg nie so hier en daar die raad van die goddeloses nie; hy span nie van tyd tot tyd met ligsinniges — dié wat die Woord minag — saam nie, lees ons in Psalm 1.   
 
Mnr Myburgh se godsdiens was deurgaans eg, want hy het die woorde van Jesus Christus ter harte geneem: Joh 15:5:  Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
Nêrens — nie in die jare toe hy en tannie Estie hulle kinders grootgemaak het nie, nie in die klaskamer of personeelkamer nie, nie in die Kerkraad of in ons Woning nie— het Meneer Myburgh ooit sonder sy Heer en Heiland probeer regkom nie.  Daarom is die praktyke van die wêreld nie in sy lewe gesien nie.
 
  1. ‘n Godvresende mens streef daarna om ‘n egte, herkenbare beelddraer van sy Vader in die hemel te wees.  Die opdrag van Jesus in Matt 5:48 is vir Nuwe-Testamentiese Godvresende mense so onontwykbaar soos wat dit vir enigeen van ons is wanneer ‘n werkgewer vir ons sê dat ons bepaalde vorms moet invul, of wanneer ‘n dokter sê dat ons elke dag ‘n insulien-inspuiting moet kry. Die opdrag van Jesus in Matt 5:48 lui só: “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is." Hoe ernstig het mnr Myburgh hierdie opdrag nie opgeneem nie!  Met watter heilige oorgawe het hy die Here nie gevra om sy lewe ‘n helder weerkaatsing te maak van die volheid van God, soos wat dit in Jesus gestalte gekry het nie!  Mnr Myburgh het gekies om ‘n lewe tot verheerliking van God te leef.  En so het hy inderdaad geleef. As jy hom so vra hoe hy dit in hierdie bose tyd regkry, sou hy vir jou gesê het:   “Eben-Haeser, want tot nou toe het die Here ons gehelp."
 
  1. ‘n Godvresende mens dra geestelike vrugte so lank hy leef. Ps 1:3  Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.  So, weet Mnr Myburgh se kinders en kleinkinders, so weet elke inwoner van Ons Woning, was mnr Myburgh se lewe tot die einde.  Sy blare het nie verdroog nie.  En die rede was nie dat die Myburghs besonder taai en sterk mense is nie.  Die rede is dat Godvresende mense IN CHRISTUS leef, IN UNION WITH CHRIST.  Dit was in die krag van die Gees dat mnr Myburgh so toegewyd voortgegaan het om geestelike leiding in  Ons Woning te neem. As jy hom so vra hoe hy dit regkry, sou hy vir jou gesê het:   “Eben-Haeser, want tot nou toe het die Here ons gehelp."
 
 
  1. Die Godvresende mens hoor die ewige God met hom praat uit Miga 6:8-9:  Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Om die Here te dien, dit is wysheid.
 
En daarom laat die Godvresende mens reg geskied aan ander.  Daarom stroom daar geen veroordeling van ander, geen harde kritiek teen ander, geen bose skemas teen ander uit die hart en oor die lippe van hulle wat die Here vrees nie.
 
Daarom is daar genade in die woorde, gedrag en optrede van hulle wat die Here vrees.  Daarom word die Godvresende mens se lewe gekenmerk deur liefde en trou in sy huwelik, in sy gesin, in die tehuis vir bejaardes, in die Kerkraad, in die skool waar so baie kinders, dié met ‘n goeie opvoeding en dié wat die swakste voorbeeld denkbaar kry, deur sy hande gaan.
 
Daarom is versigtige omgang met die breekbare lewens van ander mense, ‘n kenmerk van die Godvresende mens.  Is dit nie wat elkeen van ons van Meneer Myburgh onthou nie?  Hoe hy vir ons omgegee het;  hoeveel geduld hy met ons gehad het, hoe mooi hy met elkeen van ons gewerk het?  Dit was in die krag van die Gees dat mnr Myburgh so minsaam en bedagsaam jeens almal — oud en jonk, wit en swart, geleerd en ongeleerd, opgetree het.  As jy hom so vra hoe hy dit regkry, sou hy vir jou gesê het:   “Eben-Haeser, want tot nou toe het die Here ons gehelp."
 
In Miga 6:9 lees ons dat God wil hê dat ons bedagsaam voor Hom sal lewe.  Ons kan nogal aanvoel dat bedagsaamheid die teenoorgestelde van opvlieënde ongeduld is.  Dat ‘n bedagsame mens hom in ‘n ander se posisie probeer indink, dat ‘n bedagsame mens empaties en sonder enige hoogmoed vir jou in jou situasie omgee.  Dat ‘n bedagsame mens terugdraai na die gestremde wat sukkel om teen die trappe op te kom.  Dat ‘n bedagsame mens probeer verstaan en altyd bereid is om te luister.  So lyk Godsvrug in die praktyk.  En is dit nie presies wat elkeen van ons van Meneer Myburgh onthou nie?  Dit was in die krag van die Gees dat mnr Myburgh nie ‘n klaerige, ontevrede, grimmige bejaarde geword het nie, want hoe maklik gebeur dit nie!  Kyk maar om jou rond: die wêreld is vol nare oumense wat die lewe vir ander ondraaglik maak.  As jy meneer Myburgh so vra wat hom dan so anders gemaak het, sou hy vir jou gesê het:  
Dit is nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. — Gal 2:20.
  1.  ‘n Godvresende mens is versigtig met sy woorde; hy dink na oor wat hy sê en wil sê.  Hy plaas sy gedagtes voor die Here voordat hy hulle uitspreek.  In Prediker  10:12  lees ons: “ Die woorde uit die mond van ‘n wyse is aangenaam.’ En in Spreuke  10:19-21 staan geskryf:   Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig. Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd.  Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie; 'n dwaas gebruik nie sy verstand nie en bring die dood oor homself.
 
Is dit nie soos wat Mnr Myburgh se gesin en die inwoners van Petrusburg hom geken het nie?  Maar as jy vir hom sou kon vra:  “Meneer, hoe het u dit reggekry?” sou hy geantwoord het: “Eben-Haeser,  tot nou toe het die Here ons gehelp. Dit is nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”
 
  1. Mnr Myburgh se woorde was vol vrede. Daarom is Psalm 23 vers 2 van toepassing waar daar staan: Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy het nie kwaad gestook nie, maar altyd na vrede gestrewe. Op die kerkraad en die wyk waarin hy gedien het, en in ons Woning en op skool, het hy Rom 14:19 as riglyn en as leuse nagevolg: “Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.”
  2. Godsvrug beteken om ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus te hê.  Die Bybel sê in Handelinge 2:21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”  Mnr Myburgh het die naam van die Here aangeroep. Hy het die katkisasie in die kerk deurloop, sy persoonlike geloofbelydenis afgelê en al die sakramente is aan hom bedien. Hy was deel van die liggaam van Christus die die kerk. Die Bybel sê in 1 Kor 12:27  Julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
  3. Mnr Myburgh was ‘n kind van die Here Jesus Christus. Daarom kon hy altyd sê: Die Here is my herder. Mnr Myburgh het geleef soos iemand wat weet en bely dat die Here sy Herder is.En daarom kon hy tot die einde sê:  Eben-Haeser,  tot nou toe het die Here ons gehelp.
  4. Godsvrug vrywaar niemand van moeilike, smartlike, donker tye nie. Hoeveel hartseer het Willie Myburgh nie juis in sy brose ouderdom beleef nie!  Hoe donker was die donker dieptes nie hy ná die dood van mevrou Myburgh en sy geliefde seun, Kobus, moes bly voortgaan nie!  Maar steeds was sy belydenis: Ps 23:4  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
 
In sy eie ernstige siekte, in voor- en teëspoed het hy, gelowig en geduldig en klagteloos soos Job sy hulp en krag en leiding by die Allerhoogste God gesoek en gevind. En as jy hom sou vra wat hom staande hou, sou hy jou geantwoord het:  Net die Here.  Tot hiertoe het Hy my gehelp; nooit het Hy my verlaat nie.
 
  1.  Mnr Myburgh het geweet waar hy sy krag vandaan kry. Hy het het dit van die Here God gekry. Psalm 23 sê:  Hy, die HERE, gee my nuwe krag.
Sy anker, sy hoop en sekerheid was die Anker van Heb 6:18-20:  Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is.  Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.
Daarom was die woorde. Eben-Haeser, tot nou toe het die Here ons gehelp” so van toepassing op mnr Myburgh se lewe.
 
Hoe ontsettend gaan julle, sy geliefdes, hom nie mis nie,  Daar is egter EEN wat met sy woorde ware berusting, ware vertroosting en krag vir die nuwe normaal wat julle nou almal tegemoetgaan, kan gee en sal gee. In God se Woord, deur God se Woord en in God se teenwoordigheid SAL julle vrede en krag vind. 
Jesus Christus gee vir julle en vir elkeen wat in Christus gaan sterf, die lewensanker, die belofte waarvan alles afhang:
Joh 11:25-26: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”
 
Glo ons dit, soos wat Willie Myburgh, wat in Godsvrug en waarheid met die Here geleef het, dit geglo en bely het ?
Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het, sê die Skrif.  Aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
 
 
 
Tot sover die begrafnisrede, die lewensrede.
Great is the mystery of Godliness: 1 Tim 3:16.
Godsvrug is wanneer Jesus Christus deur sy Gees in ons lewe.  Wanneer sy Gees in beheer van ons hele lewe is.
Great is the mystery of Godliness.
Great is the mystery of the eternal God's desire to transform us to his likeness.

Kliek en kry: Die pad van Hoop

 

 

DIE PAD VAN HOOP

 Die oorgrote meerderheid van ons het al intense swaarkry aan eie lyf beleef.  Baie van ons is tans in ‘n gesondheids-, finansiële-, grondeis-, verhoudings-, huweliks-, werks-, seksualiteits- of besluitnemingskrisis of moeilikheid wat ons ons kleinkinders nie gun of ooit sal wil sien deurmaak nie. En dié met wie dit nog nie gebeur het nie, sal swaarkry iewers vorentoe leer ken.

 

Baiekeer wonder ons waarom die lewe só uitgedraai het.

Waarom dit só vir onsself of iemand vir wie ons lief is, uitgedraai het.

Waarom die lewe so verskriklik verkeerd kan uitdraai, ook tans in Suid-Afrika.

 

Juis daarom vra ons vandag vir die Here om met ons uit sy Woord oor HOOP te praat.  Om vir ons insig te gee, perspektief en ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan.

 

Juis daarom vra ons die Here vir ‘n Skrifboodskap van HOOP wat ons soos ‘n aflosstokkie vir ons kinders en kleinkinders oor die krisisse en probleme van die toekoms sal kan aangee. 

Die Here gee vir ons wat ons vra.  Vandag leer Hy ons, die saints, die heilige mense van die Heilige God, dié wat in Christus regverdig verklaar is, hoe om met Hom op die pad van hoop te wees.  Hy leer ons deur sy Woord en Gees hoe om elke soort krisis en probleem en moeilikheid te benader.

 

God se beginsels vir die hantering van krisisse, probleme en moeilikhede is volmaak. Jy sal uitvind dat hierdie Skrifbeginsels altyd werk, altyd vrede gee, altyd tot eer van God is.

 

Ons vergeet so dikwels dat die definisie wat Paulus van sy lewe na sy bekering gegee het, ook die lewe beskryf wat ons nou leef:

 

 

Gal 2:19:  Ek  (my ou, beangste, beheerbehepte, eiewillige, magbehepte, ongeduldige, ongelowige, manipulerende, skelm, paniekerige natuur wat in elke krisis wil murmureer en scheme en blameer en depressief wil raak en vloek en skel) is saam met Christus gekruisig,

Gal 2:20  en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus (die Oorwinnaar, die Vredevors, die Lig vir die wêreld en vir my) wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

 

Aardse krisisse, probleme, moeilikhede, donker emosies, vrees en wanhoop word nie meer op ‘n vleeslike, aardse manier deur God se heiliges, die heiliges van God die Heilige, hanteer nie.

 

  • ‘n Groot geldkrisis is ‘n aardse krisis,

  • ‘n Huwelik wat aan die wankel is, is ‘n aardse krisis.

  • Woedende, negatiewe emosies jeens iemand anders is ‘n aardse krisis.

  • Die spastiese liggaampie waarin jou breingestremde kindjie leef, is ‘n aardse krisis.

  • Grondeise, die stres en magteloosheid, die vrees en woede wat jy ná ‘n inbraak, rooftog, kaping, plaasaanval beleef, die hele ontsettende trauma is ‘n aardse krisis.  Sulke dinge kry ‘n mens nie in die hemel, ons finale bestemming by die HERE nie.

 

Wanneer ons , die heilige mense van God, die Heilige, ons aardse krisisse, probleme, moeilikhede, donker emosies, vrees en wanhoop op dieselfde manier as die mense van die wêreld bekyk, beskryf, omskryf en hanteer, kry ons dieselfde resultaat, dieselfde produk wat die mense van die wêreld uit hulle hantering van al die groot moeilikhede en krisisse van die aarde kry.

 

Paulus het ‘n brief uit die tronk geskryf vir ‘n klein groepie gelowiges, die gemeente van Filippi.  Met hulle, soos met Paulus, gaan dit MOEILIK.

Fil 1:29-30:

Aan julle (die heiliges) is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur (werd geag te word om) vir Hom te ly. [Mark 10:29-30; Hand 5:41;   Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort.

 

 

 Vir hierdie mense in Christus, vir alle mense in Christus, bid Paulus.  En in sy gebed is daar

  • Een kernfeit waarvan elkeen van ons kennis moet neem. Die kernfeit bring elke Christen by die rede vir elke ding in sy/haar lewe uit.

  • In Paulus se gebed is daar ook 3 bedes vir elke Christen se hantering van aardse probleme en krisisse op ‘n bo-aardse, geestelike, Skriftuurlike manier.

 

Hier is ‘n uittreksel uit Paulus se brief aan die Filippense:

 

Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.

In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie.

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

 

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. — Fil 1:3-6, 9-11

 

Die rede agter alles in ons lewe

 

Eers die kernfeit.  Paulus skryf vir die Filippense dat hulle die rede agter ELKE ENKELE probleem, elke enkele gebeurtenis in die Christen se lewe moet ken en mag ken.

 

Ons het gesê:

  • Baiekeer wonder ons waarom die lewe só uitgedraai het.

  • Waarom dit só vir onsself of iemand vir wie ons lief is, uitgedraai het.

  • Waarom die lewe so verskriklik verkeerd kan uitdraai, ook tans in Suid-Afrika.

 

UITDRAAI is ‘n totaal verkeerde woord.

 

Die waarheid wat ons in Fil 1:6 vind, is:

·            GOD is besig met die voortsetting van sy goeie werk in elkeen van sy heiliges.

·            God gaan nie opgee, handdoek ingooi met enigeen van ons, enigeen van julle nie.  Lees bv. Esegiël 20:

 

Drie keer lui die klok vir die ondergang van Israel.

Vier keer lui die klok van genade, van die ewige trou van god wat nooit opgee met  sy volk, ja, met mense soos ons nie:

 

Hier is ‘n paar uittreksels uit Esegiël 20:

 

Oordeel jý. Vertel vir hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.

Eze 20:5  Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: Die dag toe Ek Israel, die nageslag van Jakob, gekies het en My met 'n eed aan hulle verbind het, het Ek My aan hulle bekend gemaak in Egipte. Ek het My met 'n eed aan hulle verbind en gesê: 'Ek, die Here, is julle God.'

Eze 20:6  Ek het My daardie dag met 'n eed verbind om hulle uit Egipte uit te bring na 'n land toe wat Ek vir hulle verken het, 'n land wat oorloop van melk en heuning, 'n sieraad onder al die lande.

Eze 20:7  Ek het vir hulle gesê: 'Gooi weg die afstootlike afgode, moet julle nie verontreinig met Egipte se afgode nie. Ek, die Here, is julle God.'

Eze 20:8  Maar hulle het hulle teen My verset, hulle wou nie na My luister nie. Hulle het nie hulle afstootlike afgode weggegooi nie en het nie afgesien van Egipte se afgode nie. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in Egipte,

Eze 20:9  maar Ek het gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die oë van die nasies tussen wie my volk gewoon het nie, en toe het Ek My bekend gemaak aan hulle voor die oë van die nasies en my volk uit Egipte gebring. Eze 20:10  Ek het hulle uit Egipte gebring en hulle die woestyn in laat trek.

Eze 20:11  Ek het aan hulle my voorskrifte gegee en my bepalings aan hulle bekend gemaak, sodat elkeen wat daarvolgens optree, in die lewe sou bly.

Eze 20:12  Ek het ook my sabbatte aan hulle gegee om vir hulle 'n teken te wees van die verhouding tussen hulle en My, en sodat hulle sou weet dat Ek, die Here, hulle geheilig het.

Eze 20:13  Maar Israel het hulle teen My verset in die woestyn. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en het my bepalings verwerp waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly. Hulle het my sabbatte gruwelik ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn daar in die woestyn teen hulle laat losbreek om hulle uit te roei,

Eze 20:14  maar Ek het gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie.

Eze 20:15  Ek het ook daar in die woestyn 'n eed afgelê dat Ek hulle nie in die land sou bring wat Ek aan hulle gegee het nie, die land wat oorloop van melk en heuning, die sieraad onder al die lande.

Eze 20:16  Hulle het immers my bepalings verwerp, nie volgens my voorskrifte gelewe nie, my sabbatte ontheilig en die afgode van hulle keuse gedien.

Eze 20:17  Maar Ek het hulle jammer gekry en hulle nie uitgeroei nie, Ek het nie 'n end aan hulle gemaak in die woestyn nie.

Eze 20:19  Ek, die Here, is julle God. Leef volgens my voorskrifte, kom my bepalings na en leef daarvolgens,

Eze 20:20  hou my sabbatte heilig sodat hulle die teken kan wees van die verhouding tussen My en julle, sodat julle kan weet dat Ek, die Here, julle God is.'

Eze 20:21  Maar ook die kinders het hulle teen My verset. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en nie my bepalings nagekom waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly nie. Hulle het my sabbatte ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in die woestyn.

Eze 20:22  Maar Ek het My bedwing en gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie.

Eze 20:23  Ek het ook daar in die woestyn 'n eed afgelê dat Ek hulle onder die nasies sou verstrooi, hulle oor ander lande sou versprei.

Eze 20:24  Hulle het immers nie my bepalings nagekom nie, hulle het my voorskrifte verwerp, my sabbatte ontheilig en by hulle voorvaders se afgode hulp gesoek.

Eze 20:40  Op my heilige berg, op die hoë berg van Israel," sê die Here my God, "daar, in dié land, sal die hele Israel My dien. Daar sal Ek weer goedgesind wees teenoor hulle en daar sal Ek bereid wees om hulle offergawes, hulle eerstelingoffers en al hulle geskenke aan die heiligdom te ontvang.

Eze 20:41  Die reuk van julle offers sal vir My aanneemlik wees. Wanneer Ek julle onder die volke uit laat trek en julle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek julle verstrooi het, sal Ek My deur julle voor die oë van die nasies laat ken as die Heilige.

Eze 20:42  Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek julle na die land Israel toe bring, na die land wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders te gee.

Eze 20:43  Daar sal julle julle optrede en al die dinge waarmee julle julle verontreinig het, in herinnering roep en julle sal 'n weersin in julleself kry oor al die sondige dinge wat julle gedoen het.

Eze 20:44  Wanneer Ek met julle handel soos die eer van my Naam dit vereis en nie volgens julle sondige optrede, julle slegte dade nie, sal julle besef dat Ek die Here is. Dit, Israel, sê die Here my God."

 

Omdat die eer van sy heilige Naam op die spel is, gaan God sy goeie werk in jou en my voortsit totdat Hy dit in elkeen van ons voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. God gaan aanhou en aanhou met ons.  Hy gaan sy finishing touches bly aanbring.  Hy gaan ons bly poleer, afskuur, snoei, ons bly verkwik en vertroos, ons bly optel en beitel om meer en meer aan Hom gelykvormig te word.

 

Daarom skryf Paulus aan die Filippense en aan elkeen in Christus:

 

6Ek is oortuig dat God die goeie werk (wedergeboorte, nuwe lewe in Christus) wat Hy (deur die Heilige Gees) in julle (elke feilbare gelowige) begin het, [Gal 3:3; Ef 2:1-10sal voortsit (nooit gaan laat vaar nie) totdat Hy dit (volgens sy wyse plan vir die geestelike groei van elke gelowige) voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. [Rom 8:28-30; 2 Pet 3:10]

 

 

Hoe doen God sy afrondingswerk, sy herskeppingswerk in elkeen van ons? 

Hoe gaan Hy dit altyd bly doen?

 

Hy doen dit soos Paulus dit beskryf:   Rom 8:28-31:  Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?

 

Alles, alles, alles wat met jou in elke dag gebeur, goeie nuus, slegte nuus, moeilikhede, groot seën, verrassings, skokke, uitdagings, onverwagte oorweldigende vreugde, geboorte en dood, wins en verlies, droogte en reën, hael en herfsdae, onverwagte rampe en probleme, veldbrande en wonderlike oeste... siekte en gesondheid, dit het elkeen ‘n doel.  En die doel is jou voorbereiding om God op die groot dag van die HERE te ontmoet.  Die doel is om jou met God te laat kommunikeer,  dat jy met Hom sal praat soos ‘n kind met sy vader.  Dat jy Hom sal eer, jou behoeftes aan Hom sal uitspel, oor Hom sal getuig,  heeltyd aan Hom sal dink, duisende kere vir Hom dankie sal sê, vrede leer vind in Hom.

 

Waarom bly God aan my en jou werk?  Omdat ons die Bruidegom verwag.  Omdat daar ‘n ontmoeting met die God, die Heilige, op elkeen van God se mense wag —elkeen van sy saints, elkeen wat deur die bloed van die Lam gereinig en vrygespreek is:

 

2Pe 3:10  Maar die dag van die Here sal so onverwags soos 'n dief kom. En op dié dag sal die hemel met 'n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan, en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe.

 

Dáárom is elke ervaring en insident, elke ontmoeting, elke stukkie materiële seën, elke siektetoestand, elke stukkie koestering van die son iets belangriks tussen jou en God.

 

Daarom is NIKS vir jou net nóg ‘n ramp, nóg ‘n ellendige stuk teëspoed, nóg ‘n stuk verskriklike onsekerheid nie.  Nee, wat gebeur, is deel van God se goeie werk aan jou geestelike lewe, wat ten diepste jou verhouding met Hom, jou naaste en jouself is.

 

Die Godgewilde manier om aardse probleme te hanteer

 

Paulus se gebed bevat vir die Filippense drie baie spesifieke bedes wat oor die hantering van elke probleem in jou lewe handel. Paulus bid dat die Filippense en elke Christen die  geestelike, Godgewilde manier om aardse probleme te hanteer, sal vind en toepas:  LIEFDE, KENNIS, FYN AANVOELING

 

Die eerste probleemhanteringsbeginsel is liefde.

·            Paulus bid vir LIEFDE in die hantering van elke aardse probleem.  Hy bid vir agapé liefde in elke aardse moeilikheid, probleemsituasie:

·            Naasteliefde in hierdie grondonteieningstryd.

·            Liefde vir my huweliksmaat met bipolêre gemoedsversteuring.

·            Liefde vir my kind wat onverantwoordelik opgetree en die bakkie omgegooi het.

·            Liefde vir my kollega wat elke antwoord met NEE begin.

·            Liefde vir die werksmense, liefde vir die moeilike mense in die gemeente, liefde vir my man wat nie weet hoe om liefdevol op te tree nie.

 

Fil 1:9: Ek bid (vir die voortsetting van God se heilswerk in julle, vir stelselmatige geestelike groei, wat eerstens betekendat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word [1:6; 1 Kor 13: 1-3]

 

Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.  Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.

Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.  Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.  Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.  Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.  Die liefde vergaan nooit nie,

 

Die tweede probleemhanteringsbeginsel is die besit en verdieping van geestelike kennis en insig.  Dit is insig in Wie en Hoe God is, hoe Hy Hom in Christus openbaar.

 

Paulus bid vir geestelike kennis, die enigste lewensbasis, die enigste stabiliteit wat ons in groot krisisse en uitmergelend moeilike situasies het.

 

….deurdat julle ’n al beter begrip (dieper kennis van God en sy wil, soos gesien in Jesus Christus) [Joh 14: 8-10; Kol 2:2-3

 

Joh 14:8-10

Toe sê Filippus vir Hom: "Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg."

En Jesus sê vir hom: "Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: 'Wys vir ons die Vader'?

Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.

 

Kol 2:2-4: Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus, en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind.

Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.

 

 

Die tweede beginsel gaan oor geloof in God, oor geloof in die werklikheid van sy liefde, sy beloftes, sy trou, sy nabyheid.  Dit gaan oor daardie moeilike ding: om geduldig op die Here se tyd en die leiding wat Hy gee, te wag.

As jy soms grondpad ry, weet jy hoe onverwags ‘n bakkie of ander voertuig kan ontspoor. Jy wil te vinnig ry, jy wil gouer by jou bestemming uitkom.  En dan laat vaar jy jou rustige ry op die sandpad, die klippad, die pad met sy skerp draaie en slaggate.  Jou ongeduld neem oor... en skielik gly jy. JY veroorsaak jou eie ontsporing, jou eie ramp.

 

Heb 11:1  Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Om te glo is om God op die byna onbegaanbare grondpad te bly vertrou.  Om te weet: ek loop stadig, sukkelend hier.  Ek ry deur ‘n onbekende landskap. Maar elke oomblik hier is deel van die voltooiing van God se goeie werk in my.  Hy rond my af, Hy maak my meer en meer aan Hom gelykvormig.

 

 

Die derde probleemhanteringsbeginsel is die beoefening en gedurige verdieping van  ‘n fyn aanvoeling van wat voor God reg of verkeerd is.

Dit gaan oor die Christelike gewete, oor die beoefening van Christelike waardes, oor die vraag:  Sou Jesus Christus hierdie saak só hanteer het?  Hoe sou Hy dit hanteer het?  Hoe verwag Hy dat ek dit sal hanteer?

 

Dit gaan nie in krisisse oor wat EK voel, wil hê, aan gewoond is, verkies, as nodig beskou nie.  Dit gaan oor ‘n fyn, fyn aanvoeling van wat voor God reg of verkeerd is.

 

Dit gaan oor die integriteit van Christus.  Oor onkreukbare opregtheid en waarheid.  Oor die prysgawe van alle skemas, eie twyfelagtige plannetjies, oneerlikheid.  Dit gaan oor die eer van God se Naam.

 

Heb 5:14  Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

 

 

Vir die deurwerk van  elke probleem is daar dus drie ononderhandelbare beginsels: Liefde, kennis van God, fyn aanvoeling van wat voor God reg en verkeerd is.

 

Die verskil

Hoe gaan die vrugte, die resultaat van ‘n probleemoplossingsmetode soos dié verskil van die probleemoplossingsmetode van die wêreld? Die Skrif gee die antwoord:

 

10Dit (Liefde, kennis en dié fyn aanvoeling) [1:9]  sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig (in die Christen se lewe) saak maak. Dit sal julle ook help om skoon (rein)* en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom. [1 Kor 1:8; Op 1:7] 11Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge (vrug)* van julle gehoorsaamheid aan die wil van God – goeie gevolge (verhoudings, kwaliteite, gesindhede en dade) wat Jesus Christus bewerk (daargestel en uitgevoer) het. God sal daarvoor (vir die baie vrugte wat jule oplewer) geëer en geprys word! [Joh 15:8]

 

·       GOD word verheerlik deur hierdie vrugte.

·       Jy kan dit keer op keer op keer probeer.  Dit sal altyd werk.  Jy sal vrede beleef, jy sal oplossings vind, jy sal wonderwerke beleef.

·       Jou hoop sal nie beskaam word nie:  jy SAL antwoorde, oplossings en nuwe lewe vind.  Jy SAL opstaan; jy SAL die mag en die grootheid van God ervaar.

·            Jy SAL dit persoonlik beleef. Jesus het immers gesê:

Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee. — Luk 12:31 

 

 

Kliek en kry: Die waarheid oor woede

DIE WAARHEID OOR WOEDE
?Baie van ons het nog in die nabye verlede van “ons mooi land” gepraat.  Deesdae hoor ‘n mens dit minder.  In die plek van “ons mooi land” het “hierdie ellendige land… hierdie verskriklike land…” ens gekom. 
 
Die mees beskrywende term vir die huidige atmosfeer in die land, is waarskynlik “hierdie woedende land.”  Ontnugterde, vergete mense is woedend oor dienslewering,  landsburgers is woedend oor wat as staatskaping beleef word.  Wit, middeljarige mans is net so woedend  oor werkloosheid soos die jongmense van ons land. Die boere is woedend oor plaasaanvalle en –moorde; die mense van die Kaapse vlakte is woedend oor die heerskappy van dwelmbase en –bendes in die woonbuurte waar hulle hulle kinders probeer grootmaak.  In die kerk is gay gelowiges verward, verwond en verwese oor die prominensie van die “gay vraagstuk.” Hulle vriende en familie voel magteloos en klim, soos hulle gay kinders en vriende, uiteindelik ook maar in ‘n kas van stilte en geheimhouding, waar hulle met die monster van woede worstel.
 
Hoeveel mishandelde, verkragte vroue, hoeveel Suid-Afrikaners wat na liggaam en gees, ekonomies en sosiaal beskadig en verwond, verarm en beroof is, leef nie met WOEDE as verstek-emosie saam nie?
 
Die woede wat hier ter sprake is, het met ons sin vir reg en geregtigheid te doen.  Dit is ‘n woede wat onreg nie kan duld of  ignoreer nie. 
Laat ons almal weet dat Dawid God se siening van onreg foutloos in Ps 5:5-7 verwoord:
U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen, U roei alle leuenaars uit. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.
 
God haat onreg.  Hy is aan die kant van die verontregte.  In Jes 1:13-17 praat God Self oor onreg en oor elkeen wat onreg bly pleeg en terselfdertyd al die regte godsdienstige handelinge bly byhou:
Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het 'n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor. As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek. Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.
 
Hoeveel weeskinders, hoeveel weduwees, hoeveel onreg en ongeregtigheid is daar nie in ons townships en huise, in gesprekke, op Facebook en in die dorpe en stede van ons land nie?
 
In Hos 6:8 sê die profeet aangaande Gilead: “Gilead is 'n dorp vol mense wat onreg doen, 'n plek met bloed bevlek.”
So het Suid-Afrika geword: ‘n dorp vol mense wat onreg doen, ‘n plek met bloed bevlek. Om woedend hieroor te wees, is reg.  Met hierdie woede moet ons na die Here gaan.  Oor hierdie woede moet ons met Hom praat: 
Here, wat wil U hê moet ek in my woede oor hierdie soort onreg doen?  Rus my met wysheid toe, Here.  Maak my kalm, sterk, wys, vreesloos. U het my toegerus met spesifieke gawes van die Gees:  hoe en waar moet ek deur u Gees teen onreg stelling inneem?
Doen ons dit nie só nie, kan die woede wat ons oor onreg ervaar — en dit is nodige, noodsaaklike woede — sonde word.  Dit bitterheid word.  En haat.  Dit kan boos, vernietigend, donker en vuil word.  Dit kan my en jou so haatdraend en gemeen, so gewelddadig en vloekend soos die boosdoener self maak.
 
Ons moet woedend oor onreg wees. Ons mag nooit ophou om woedend daaroor te wees nie, want as die woede ophou, mag dit wees dat die kinders van God die stemlose en verontregte aan sy eie lot oorlaat.
Maar hierdie woede moet deur die Gees van God tot woorde, dade, in toewyding en in aksie wat tot die eer van God is, omvorm word.
 
Ons moet ons woede na die lig neem, na Hom wat Lig is.  Daar, in die Lig, sal ons woede op iets goeds uitloop.  So staan dit in die Skrif: Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.— Ef. 5:9.
 
BOSE WOEDE
Maar daar is ook ‘n ander soort woede. ‘n Bose woede. Mark Altrogge van die Sovereign Grace Church in   Indiana, Pennsylvania, skryf hieroor: “Anger is not caused by other people or our circumstances. It comes out of our own hearts.”
Hierdie stelling is gegrond op Jesus se woorde in Matt 15:18-20:
Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak.  Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.  Dít is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie."
  1.  Die waarheid oor woede is dat dit ons eie sonde is.
Dit is ons eie sonde dat ons woede jeens mekaar ervaar.
Ons opvlam- of smeulende woede jeens ‘n kollega of huweliksmaat is ons eie sonde.
Die woede  jeens mense van ander rasse, jeens ‘n skoondogter of ‘n moeilike kleuter is ons eie sonde.
Die woede  jeens ons werkgewer of huishulp, jeens ‘n mede-gelowige of enigiemand wat van ons verskil, is ons eie fout, ons eie sonde.
David Powlison sê ons harte is soos sponse. Druk jy ‘n bepaalde spons, kom daar swart ink uit. Druk jy ‘n ander spons, kom daar helder water uit.  Deur druk op die spons toe te pas, kom dit aan die lig wat in die spons is. Wanneer daar druk op ons toegepas word, kom dit aan die lig wat in ons is.
Daarom sê die Spreuke-skrywer: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (Spr 4:23)
Good News Bible:  Be careful how you think; your life is shaped by your thoughts.
 
  1. Woede het iets met persoonlike onvervulde begeertes, met ons eie obsessies te doen.
Ons kan die begeerte hê om mag te hê, in beheer te wees,  om finansieel vooruit te gaan, om op te gaar, om gerief te hê, om status en aansien te geniet. Die Bybel wil van my en jou weet wat dit is wat ons laat ontplof.  Wat laat ons so verontreg voel?  Is dit werklike onreg, of die feit dat iets of iemand in ons pad is terwyl ons iets vir onsself wou gryp of behou?  Is dit werklike onreg, of die feit dat iemand nie presies praat, optree, doen en uitvoer wat ek hom of haar wil laat doen, wees, sê en uitvoer nie?  Is dit werklike onreg, of is ek woedend omdat my heerskappy, my wil, my begeertes en my gesag weerstaan word?
Jak 4:1-3:  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?   Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.
Soms wil ons net ontspan, en dan is mense veeleisend.
Soms wil ons ons bankbalans sien groei, en dan stamp ons lewensmaat die motor.
Soms wil ons aandete eet, dan kom lui ‘n honger mens die klokkie.  Dan is ons kwaad, woedend kwaad, vir mense.
Soms wil ons net ‘n stil, gewone lewe leef, dan verander God alles in ‘n oogwink.  En dan is ons kwaad vir Hom.  
Daar is ‘n vraag om in ons woedende tye te vra: “Wat presies wil ek nou hê wat ek nie nou kan kry nie? Is ek besig om op ‘n sondige manier op dié teenslag te reageer?  Is ek dus besig om die wil van God vir my lewe te verontagsaam, om willens en wetens in sonde te versink en te volhard omdat ek nie my sin kry nie?”
  1. Woede bring jou absoluut niks in die sak nie.  
Die suksessyfer is nul.  Dit lewer nie op wat jy begeer nie.  Dit gee jou nie die oes wat jy wil hê nie.
Die kind op wie jy jou woede uithaal, mag die aksies uitvoer wat jy hom beveel om uit te voer, maar sy hart is in opstand teen jou.
Die vrou na wie jy die handsak, boek of voorwerp wat sy van jou gevra het, so aggressief slinger, leer nie die les om so en so in bepaalde omstandighede op te tree (en jou dus nie te verontrief nie).  Sy ontdek jou binnekant, die kwaliteit van jou liefde vir haar, die donkerheid in jou.
Volgende keer gaan sy steeds nie ”die regte ding” doen nie. (En die regte ding sou wees dat jy jou met vrymoedigheid sou kon vra om iets vir haar te doen.  Om aan haar belange te dink, soos sy aan joune.)  
  1. Woede, sê die Skrif, is gevaarlik en verwoestend:
Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed; teen jaloesie is niemand opgewasse nie. — Spr 27:4.
  1. Woede, sê die Skrif, is die taal van dwaasheid:
'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede; 'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer. — Spr 29:11.
  1. Woede, sê die Skrif, bring net ellende.
Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. — Ps 37:8
  1. Woede, sê die Skrif, is soos om die deur vir die duiwel oop te maak, om die duiwel toegang tot en ‘n greep op  jou huis, jou huwelik, jou gesinslewe te gee.
Ef 4:26 -27:  As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.
  1. Woede, sê Jesus Christus, is moord in die hart. Dit maak van jou ‘n moordenaar:
Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: 'Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank'. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur. As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe. — Matt 5:21-24
Mag hierdie Skrifwaarhede elkeen van ons aanspreek.
Kom ons vra die Here vandag om ons aan sonde en aan sy oorwinning oor die sonde te laat dink wanneer ons weer so woedend kwaad begin word.  Om Hom as die Oorwinnaar oor ons bose woede te erken en aanvaar.

Kliek en kry: GROEN WEIVELDE

Groen weivelde

“Lees weer Ps 23 vir my,” het ons ma dikwels gedurende haar laaste lewensjaar op aarde gevra. Met haar hande op haar bors gevou, het sy dan lê en luister na die ou-ou psalm van Dawid, ‘n psalm met ‘n tienpunt geloofsbelydenis. Nee, ‘n tienpunt ervaringsgetuienis:
  
  1. Die Here is my herder.
  2. Ek kom niks kort nie.
  3. Hy laat my rus in groen weivelde.  (Heb:  Weivelde met jong grassies. Pastures of tender grass).
  4. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
  5. Hy gee my nuwe krag.
  6. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
  7. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
  8. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
  9. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
  10. en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. — ANV.
 
Met die sonlig wat by die vensters inskyn, die korhaan wat sy gang buite die huis gaan, die hemelruim so oop en blou bo ons, die stilte so singend groot, het ek een klousule van die groot geloofsbelydenis en ervaringsgetuienis vir myself in die kombuis neergeskryf:  EK KOM NIKS KORT NIE.
Maar soms wonder ons: sal dit altyd so wees?
Soms dink ons ons kom verskriklik baie kort.  En dan lees ons Psalm 23. Deur al die eeue heen het gelowiges getuig dat  Ps 23 tot hulle siel spreek.  Dat dit vertroos.  Dat hoop deur hulle vloei, dat hulle nuwe krag kry, dat vrede in onseker tye terugkeer, dat vrees in hulle bangste ure wyk wanneer hulle Ps 23 hoor, dit hardop lees, dit as belydenis-en dankgebed bid.
 
 
Psalm 23 as geloofsbelydenis
Het jy Ps 23 al hardop as geloofsbelydenis uitgespreek?
Ek glo en bely: Die Here is my herder.
Ek getuig en weet: Ek kom niks kort nie.
Ek glo en bely: Die Here laat my rus in groen weivelde. 
Ek weet en getuig: Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Ek glo en bely: Die Here alleen gee my nuwe krag.
Ek glo en bely: Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
Ek glo en weet: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want die Here is by my. In sy hande is ek veilig.
Ek weet en getuig:  Die Here laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk.
Ek weet en getuig:  Die Hereontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
Ek glo en bely en weet: Die goedheid en liefde van die Here sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis (teenwoordigheid) van die Here tot in lengte van dae.
 
Psalm 23 as gebed
Het jy Ps 23 al in die seerste, deurmekaarste, mees onseker tye van menswees as gebed gebid?  Het jy dit al as jou sielsgebed voor die Here uitgestort wanneer alles verander en jy jou pad in ‘n totaal nuwe situasie moet vind?
Wag, wag... dit is nie jý wat jou pad moet vind nie.  Vir jou, God se kind, is dit die soveelste pad waarlangs die Here as jou Herder jou veilig gaan lei.  Hy gaan vooruit, Hy ken die pad,  Hy gaan jou nie ‘n oomblik lank aan jou eie lot oorlaat nie.
 
Só kan en sal God se kinders, die skape van sy kudde, tot in lengte van dae in elke omstandigheid, elke verlies, elke dag van onuitgesorteerde dinge kan bid:
 
U, Here is my herder.
Ek kom niks kort nie.
U, net U, laat my rus in groen weivelde. En ek wil dit soos Dawid vir U sê, soos in Hebreeus:  U laat my rus in weidingsplekke met jong grassies. In pastures of tender grass.
Net U bring my by waters waar daar vrede is.
Net U gee my nuwe krag.
Net U lei my op die regte paaie tot die eer van u Naam.
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in u huis, u teenwoordigheid, tot in lengte van dae.
 
Die groot verrassing in Psalm 23
Ons Christene stuur graag vir mekaar inspirerende, opbouende beeldmateriaal en musiekopnames op ons slimfone. So kry ek toe ook gedurende die week ‘n video-opname van ‘n geestelike leier, Ray van der Laan, wat die Skrif aan ‘n groep toeriste in die wildernis van die Negev-woestyn uitlê.
Teen ‘n barre heuwel bo die toergroep loop twee skaapwagtermeisies voor hulle skape uit.  Die skape wei teen die songebakte, klipperige heuwel.  Ray van die Laan sê: Toe ek die eerste keer so ‘n toneel gesien het, het ek vir myself gevra: “What are those?  Rock eating sheep?”
Toe ontdek Ray wat Dawid in Psalm 23 bedoel het: U laat my rus in groen weivelde.  Of, reg vertaal:  U stil my honger, voorsien in my behoeftes, in weidingsplekke met jong grassies.
Want daar waar mense-oë niks sien nie, daar is die jong, groen grassies tussen die rotse. Dit is die grassies wat groei wanneer die wildernis sy klein bietjie reën kry.  Dit is die grassies wat lewe en groei van die vog van die Middellandse see af.  Dit sal nooit ‘n welige Engelse weiveld word nie, maar deur al die eeue heen het die vog van die see af gekom, die grassies altyd weer gegroei en kon die skaapkuddes van die eeue al met die uitgetrapte paadjies langs loop en die jong, voedsame groen grassies tussen die rotse vind: een mondvol hier, nog ‘n mondvol daar.
 
  <
Ray van der Laan sê:  So werk ons lewe as God se kinders.  So maak God, die Herder, met ons.  Ons is altyd in sy weivelde: dag vir dag neem Hy ons na die rotse van die groen grassprietjies. 
Nee, jy sal NIE vandag alles wat jy vir die res van jou lewe nodig het, van Hom kry nie.  Maar vandag, op hierdie dag, sal jy niks kortkom nie.
Jy sal op hierdie dag van die Herder alles ontvang wat jy vandag nodig het: al die krag, al die waarheid, al die lig, al die middele, al die insig en al die erbarming wat jy vandag nodig het.  
Ray van der Laan haal ‘n Joodse Rabbi aan: “Worry is dealing with tomorrow’s problems on today’s pastures.”
 
O, wat ‘n Herder het ons nie uiteindelik in Christus nie!  Jesus Christus sê: “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. ” Joh 10:11.
 
Sien jy die verband tussen
  • die woorde van Jesus in Matt 6:8:  Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra;
  • die dankbare belydenis in Ps 23 : Ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde
  • en die bede in Mat 6:11:  Gee ons vandag ons daaglikse brood?
 
Die Vader het sy Seun as Herder gegee om ons na weivelde van voedsame grasspriete te lei, dag vir dag, tree vir tree agter Hom aan. Dit is die pad wat God met jou, sy kind, loop.
Dit is die pad van sy nabyheid, sy sorg en sy goedheid.  Dit is die onveranderlike pad van sy liefde.
 
 
Ray van der Laan. WALKING WITH GOD IN THE DESERT:  ON GREEN PASTURES
“Sheep in desert pastures need a shepherd to lead them. There is sufficient grass, but it is sparse. Sheep left on their own will wander searching for grass and eventually die. Staying close to their shepherd is a matter of life and death.”
 
 
 
 

 

 
 

Kliek en kry: Ou Joseph is dood

 

OU JOSEPH IS DOOD
 
Ons het hom nie werklik geken nie; ons het hom maar net in mense se tuine as tuinwerker sien werk. Hy was vriendelik op die ou manier: Julle is wit, ek is swart.  Ek werk hard en eerlik, ken my plek, daag betyds op, vertrek laatmiddag na waar ek ook al woon.
 
Ou Joseph het verskriklike tande gehad.  Of sy tande ooit ‘n tandeborsel, tandepasta of ‘n tandarts gesien het, weet ek nie.  Al drie was waarskynlik vir hom onbekostigbaar of onnodig.
Toe ou Joseph verlede jaar siek word, het ons skoonseun hom hospitaal toe geneem en skielik het ons almal geweet dat dié getroue ou tuinwerker ‘n diabeet is. Dat hy dodelik siek was en eintlik net betyds mediese behandeling begin ontvang  het.
Maar nou is ou Joseph dood en die skrapsheid, die ontbering, die armoedigheid van sy hele aardse lewe hinder my.  Dit is soos ‘n doring wat bly steek.
 
Hoekom het ou Joseph se lewe gelyk soos wat dit gelyk het?  Hy was altyd net arm gewees, sekerlik as seuntjie bibberend koud in die winter. Was tuinwerk regtig die werk waarvan hy gedroom het?  Hét hy ooit oor ‘n ander lewe gedroom?  En wanneer sy tande verrot en breek, wanneer die diabetes hom so moeg en siek laat voel... het hy hoegenaamd geweet dat hy nie veronderstel was om in so ‘n ellendige bestaan te wees nie?
 
O, ja. Ek het by die vraag oor lyding, menslike ellende en God gedraai.
  • Waarom het God dit toegelaatWaarom het God Joseph vir so ‘n lewe bestem?
  • Waarom het God Joseph in so ‘n bestaan gelaat?
En God het my by die vraag oor lyding, menslike ellende en myself laat stol:
  • Waarom het ek dit toegelaat?  Waarom het ek Joseph in so ‘n lewe laat voortploeter?
  • Waarom laat ek en my medegelowiges al die Josephs van ons land in so ‘n bestaan?
Armoede en vrouemishandeling, kinderprostitusie, verkragting, vertrapping en die vernedering wat mense om watter rede ook al aangedoen word, is immers nie ‘n besluit of daad van God nie.  Dit is die keuse, die daad, die vrug van menslike boosheid, onbetrokkenheid, hebsug, die waan van superioriteit en die delusie dat ek bo ander verhewe is. 
 
Mense leef soos Joseph vanweë ander mense se bedorwenheid, veragting, kokon-bestaan en keuse tot cocooning.  ‘n Lewe soos Joseph s’n kan (en is meestal)  die resultaat van ‘n blindheid en doofheid uit die ou natuur of die hel by dié wat meer as die Josephs van die aarde het.
 
Die dood van iemand soos Joseph ruk my en jou in die werklikheid, die onbegryplike genade en die dure verantwoordelikheid van die uitverkiesing in.  Dit konfronteer ons as Christene met werklikhede waaraan ons in die koorsagtige gejaag heeltemal te min dink.
 
Was dit vir God goed dat ou Joseph dalk dikwels honger, siek, koud en in ontbering moes wees?
Natuurlik nie.  Die Skrif sê in Jak 2:14-17
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly,
en sê nou een van julle sou vir hulle sê: "Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg," maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
 
Jesus Christus het met ons oor mense soos ou Joseph kom praat.  God het Hom gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.[Joh 3:34]
 
Die Gees het die  woorde van God sonder enige beperking, ongeredigeerd, in alle erns en onverdun deur Jesus, die Middelaar tussen God en mens, aan ons gegee.  En dit is wat God sê:
 
Mat 25:34-46  Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: 'Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,
want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.'
Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: 'Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?
En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee?
Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?'
En die Koning sal hulle antwoord: 'Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.'
Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: 'Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want
  • Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie;
  • Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie;
  • Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie;
  • sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie;
  • siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.'
 
Dan sal hulle ook antwoord: 'Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?'
En Hy sal hulle antwoord: 'Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.'
En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe."
 
Dit is ‘n skrikwekkende, onverdunde woord.
Dit is ‘n ongeredigeerde, onredigeerbare woord.
Ons kan dit probeer skrap, maar dit kan nie geskrap word nie.
 
DIE GODSBESLUIT
God bestem niemand om van sy geboorte tot sy dood in magteloosheid, armoede, in ontbering met verrotte tande, met stukkende skoensole, onbeskut en sonder geleenthede te leef nie.
God kies niemand hiervoor uit nie.
 
God kies ons uit, Hy maak ons sy kinders, die burgers van sy Koninkryk,  OM onder andere te help sorg dat ander mense — sy ander kinders, soos Joseph, en mense wat nog nie weet Wie Hy waarlik is nie — ook ‘n dak oor die kop, mediese sorg, heel skoensole, kos op die tafel, opleidings- en onderwys-geleenthede, ‘n menswaardige bestaan op hierdie aarde kan hê.
 
Dit, in die eenvoudigste terme moontlik, is wat die uitverkiesing van die Skrif is.
God maak ons wat die doodstraf verdien, sy kinders.  Hy gee vir ons burgerskap van sy Koninkryk deur die Persoon van die uitverkiesing, Jesus Christus, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
Hy bevry bepaalde mense eerste uit slawerny, soos wat Hy Israel eerste uit die slawebestaan van Egipte gehaal het.
 
HOEKOM SO ‘N GODSBESLUIT?
God doen dit alles eerste vir ons, nie om van ons uitverkore porseleinpoppe in ‘n glaskas of snobs in ‘n eie kokon te maak nie, maar sodat ons wat eerste tot sy wonderbare Lig geroep word, die Josephs van hierdie aarde elke liewe dag van ons lewe sal raaksien.  Sodat elkeen van ons Hom sal vra: “Here, wat wil U hê moet ek, u begenadigde uitverkorene, vir Joseph en vir ander soos hy doen, sodat hy/hulle U ook in al u goedheid, waarheid, genade en heiligheid kan leer ken?”
 
Kom ons lees oor die diep misterie van onverdiende genade: oor die Godsbesluit dat ek en jy sal leef om God se wil met alles tot ons beskikking op hierdie aarde tydens ons lewe te doen:
 
Ef 1:1-14.
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.
Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, (dus elke bevoorregte gelowige en al die Josephs in ons lewe) onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. Deur Christus het ons (die bevoorregtes saam met al die Josephs) deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.
Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys.
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle (al die bevoorregtes en al die Josephs) as die eiendom van God beseël.
Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.
 
Weer eensHoekom het God dié onbegryplike ding gedoen om ons sy kinders te maak?
Hoekom het Hy met ons gemaak soos met die Israeliete, die volk wat Hy uit slawerny en ellende bevry het?
Israel is uitverkies om tot seën vir ander nasies te wees.  Om ander nasies aan God bekend te stel. God het elkeen van ons uitverkies om tot seën te wees.  Om sy wil op die aarde te doen.  Om namens Hom, as sy werkers, sy dissipels, vir die Josephs van die aarde te doen wat Hy wil hê vir Joseph gedoen moet word.
 
Jesus het gesê:  
Joh 15:14-17: Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Joh 15:17  Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!
 
Wanneer Joseph sterf soos wat hy gesterf het, het baie van ons die rede vir ons uitverkiesing misgekyk.  Dan het baie van ons oneindig baie om voor God te bely.
 

Kliek en kry: Verstommende dinge wat jy nie van gebed geweet het nie

Verstommende dinge 

wat jy nie van gebed geweet het nie.

 “Hoekom is jy hier?” het ek vir die mooi vrou gevra.  Hulle was van die eerste mense wat vir die groot gebedsaamtrek op Wilde-Als aangekom het.

“Omdat ek gesond wil word,” het sy geantwoord. “Ek het kanker.”

Ons het almal met kanker na die gebedsbyeenkoms op Wilde-Als gekom: die kanker van woede, verdeeldheid, radeloosheid, agterdog, uitsigloosheid, bitterheid, wanhoop.

Ek weet nie of ons ook so ondubbelsinnig soos daardie siek vrou gesê het dat ons gesond wou word nie. En toe bid ons.  Toe beleef ons dinge wat ons nie regtig aangaande gebed geweet of verstaan het nie.

Hennie en ek, wat sommer oor die grondpad kan oorstap Wilde-Als toe, het die geweldige gebedsgeleentheid in al sy grootsheid, heiligheid, eenvoud, opregtheid en verootmoediging van begin tot einde beleef. Die teenwoordigheid van die HERE was aanvoelbaar. Ons huisie te Patmos het in ‘n sentrale kombuis en ablusieblok verander.  Vroeër was ons vreemdelinge vir mekaar; gedurende dié onvergeetlike dae het ons geloofsgesprekke met mekaar gedeel, ruimte in die klein ruimte van ons eenvertrekhuisie vir mekaar gemaak, met mekaar gedeel wat ons het.  Ek dink ons het ‘n stukkie hemel beleef.  Nee, ek dink nie so nie: Hennie en ek weet dit met trane in die oë.

Die afgelope paar dae het ons dinge ontdek wat ons nog nie tevore aangaande gebed geweet het nie. En dit is belangrike, relevante, tydlose dinge wat ons hele lewe en al ons verhoudings raak.

Gebed het gevolge wat jou verhouding met elke mens in jou kerk of selgroep raak.  Dit het gevolge wat jou huwelik, jou verhouding met jou kollegas, jou verhouding met jou kinders, skoonseun, skoondogter, ja, jou en ander se bestaan raak.

Die wil tot gebed, die keuse tot gebed, saam kniel en saam sonde bely is iets wat mense met mekaar verenig.  So het ons dit beleef. As jy besluit om te bid en ek besluit om te bid, as ons uitvoering gee aan daardie besluit, is ons hart en gemoed op die HERE ingestel.  Die sentrum van ons aandag verander:  die eie-ek,  my naaste (huweliksmaat, kollega, skoondogter, niggie) se tekortkominge is nie meer die fokuspunt van my lewe nie. 

Paulus het sekerlik net so ‘n stryd met die eie-ek en met sy naaste se tekortkominge gehad as elkeen van ons.  Hy skryf daaroor in Rom 7: 18-24:

Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?

HOE op aarde kruisig ‘n mens jou ou natuur?  Hoe leef jy verby jou naaste se tekortkominge, sy andersheid wat jou so verskriklik irriteer?  Hoe kruisig jy die selfbejammering in jouself, jou geheue wat al die onregte wat jou naaste jou al aangedoen het, wil onthou?  Hoe kruisig jy jou bitterheid, jou ontevredenheid, die veragting wat jy jeens sekere mense voel?

Paulus het die antwoord gevind: Rom 7:25  Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.   

 

Ons huisie te Patmos het vir ‘n paar dae in ‘n sentrale kombuis en ablusieblok verander.  Die mense wat by die oop voordeur in- en uitgestroom het, die mense wat in die kombuis saamgebondel het om te eet, te kook, koffie te maak, warm water te kom haal, die mense wat daar kom stort en kuier en gesels het, was so vol foute en tekortkominge, dat dit nie snaaks was nie.  Wanneer ek dit sê, is die eerste mense ter sprake ek en Hennie.  Ons, met ons foute, tekortkominge, gebreke en swakhede, was om een enkele rede in dié onvoorsiene situasie wat, tegnies gesproke, op een beginsel neergekom het:  ons almal moes mekaar onvoorwaardelik akkommodeer, aanvaar en respekteer.  Ons almal moes mekaar liefhê, mekaar vertrou en letterlik teen mekaar verbyskuur en aan mekaar aanraak.

Maar dit het nie oor dié dinge gegaan nie. 

Ons almal was saam omdat ons WOU BID.  Ons was saam omdat ons GEBID HET.  Ons almal was jubelend saam NADAT ons gebid het.  In die aanloop tot gebed, gedurende ons saambid op ons knieë op die Vrystaatse vlaktes en NA ons saambid op die vlaktes,  het niemand se velkleur, agtergrond, tekortkominge,  die gemorse wat ons al vroeër aangevang het, niemand se status of aardse besittings saak gemaak nie.

 

Deur gebed — as gevolg van die begeerte tot gebed, in die uur van gebed en ná hartgrondige gebed — het ons die woorde van ons Here Jesus in vervulling sien gaan:

 

Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar." en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.  Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. — Joh 14:20-27

 

Wanneer Christus Hom 2000 jaar ná sy hemelvaart vir die soveelste keer aan stofmense openbaar, gaan dit nie noodwendig oor tekens wat ons hoog in die hemelruim sien ne. Ja, mense het in hierdie dae wolkformasies in die vorm van ‘n wit perd hoog in die hemelruim gesien.  Ek het self ‘n wonderskone, helder reënboog bo Wilde-Als gesien, enkele dae voor die gebedsaamtrek.  Mense het ‘n fontein vanuit die grond op Wilde-Als sien bars, en deur die dekades heen is gesê daar is geen water op die plaas nie. 

 

Maar ons het ‘n ander openbaring van Christus in ons eie huisie beleef.  Ons het ‘n vrede, ‘n harmonie, ‘n liefde, hoop, geloof en blydskap, ‘n eenheid in Christus, daar beleef.  CHRISTUS was die hele plek vol;  sy teenwoordigheid het elke greintjie van ontevredenheid, kommer, ontoereikendheid of enige ander negatiewe, donker en bose emosie uitgewis.

Wanneer Christus Hom aan mense openbaar, vul sy vrede die hele plek.

Die wil om saam te bid, die daad om saam te bid en die saamwees ná saambid, is van God. DIT is die wil van God vir ons hele lewe.  Dit is die wil van God, sy roete na harmonie, herstel, geluk, vergenoegdheid, hoop en goedgesindheid jeens mekaar.   

Om na die HERE te draai, to turn to God, het lewensveranderende, gedragsveranderende gevolge.

Wie na Hom draai, word deur Hom gesuiwer.  Wanneer ‘n mens na God draai,  kyk Hy vir jou soos wat jy vir jou kind kyk as dié met ‘n loopneus, gekoekte hare, vuil gesig, droë pap om die mond en droë bloed aan die bene na jou toe aankom. Hy praat met jou soos wat jy dan met jou kind sou praat: “Jy lyk verskriklik. Hoekom?  Sê vir my wat gebeur het. Kom dat Ek jou skoonmaak. ”

Jes 1:18  Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

Wie na Hom draai, word in die dimensie van hoop en sekerheid ingebring.  Wie na Hom draai, begin soos die Bybelmense te praat en te dink, want die Gees van God verander jou denke: 

Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

Die Here sorg vir die lewe van die opregtes, en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe. In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.

Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. — Uittreksels uit Ps 37:1-25

 

En wie na die HERE draai in gebed,  ontdek hoe maklik, hoe heerlik dit is om die hande van jou landgenote, die hand van jou lewensmaat, die hand van enigiemand wat saam met jou bid, te vat of jou hand te laat vat.  Wie saam met ander in gebed na die HERE draai, vergeet van verskille, vergeet van griewe, vergeet ‘n hele verlede. Wie na die HERE draai in gebed, verstaan presies wat die Skrif met die volgende woorde bedoel:

Kol 3:11  Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.

Paulus het die Kolossense tot so ‘n gesindheid vermaan en aangespoor. Dié gesindheid word ‘n realiteit, ‘n werklikheid, waar mense saam WIL bid, saambid en met mekaar saam is NA gebed. 

Kliek en kry: Israel se DIT IS TYD saamtrek

Israel se DIT IS TYD-saamtrek
 
Teen sononder gisteraand was ons by die drie kruise op die rantjie langs die N1 by Bloemfontein, en ons het uitgekyk oor die Paasnaweekverkeer op die paaie, oor Wilde-Als, waar die enorme stellasie met die verhoog vanwaar Angus Buchan as geestelike leier op 22 April een miljoen of meer mense tot gebed gaan oproep, reeds met skerms en al staan. Ons het uitgekyk oor die rantjies, oor ons eie geliefde plasie, Patmos, net aan die ander kant van die grondpad, regoor Wilde-Als.
 
By die kruise bo die Paasverkeer
Dit was hartverskeurend, hartverstillend, om daar aan die voet van die drie kruise te wees. Die land onder ons was weer onuitspreeklik mooi, onverruilbaar, onverlaatbaar in die goue lig van die sonsondergang.  Tog het die aarde in al sy skoonheid het weggeval, want die kruise het die Paasnaweekboodskap uitgeskreeu:  
 
1Pe 1:14-20
As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.
Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.
Daar staan immers geskrywe: "Wees heilig, want Ek is heilig."
Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld.
Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie.
Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.
Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom.
 
 
Pas voordat die pelgrims aankom
Ons —Hennie en ek, die gemeente waarvan ons lidmate is, ons Facebookvriende, ons Whatsapp-vriendekring, die gemeenskappie daar by Wilde-Els — almal van ons wat met die kosbare bloed van die Lam uit ‘n oorgeëerfde sinlose bestaan losgekoop is, beleef, hoor, sien en voel tans ongekende dinge aan.
Ons het nog nooit van soveel mense uit soveel windrigtings gehoor wat op een plek in ons land teen die totale morele, spirituele, innerlike verval van Suid-Afrika wil kom bid nie.
Dit is ‘n pelgrimstog van gelowiges van alle kerke, stede, woonbuurte, streke, klasse, rasse en denominasies
 
Wat gebeur hier?  Wat is op God se agenda?
Ons hoor en lees van profesieë rondom hierdie gebeurtenis: hoe God gaan ingryp. Hoe geweldig die aanslag van die Bose teen die bidders gaan wees.  Hoe die wêreld daarbuite — mense in ander lande — gaan sien en hoor wat God tydens en ná die samekoms op die vlaktes in die middel van Suid-Afrika gaan doen.
Ons hoor jong boere sê: “Ek kom bid vir ‘n toekoms vir my kinders, vir die voortbestaan van die boeregemeenskap in ons land.”
Gaan God by die aanraking en herstel van die land begin, of by die aanraking van ons diepste menswees, by my en jou persoonlike herstel?  By ‘n suiwering van die gemors in ons, by reiniging en die inbrand van sy wil en waarheid in ons eie menswees?
 
Wat gebeur hier?  Wat is op ons agenda?
Ons kom met ons bure, wie se huis nog in aanbou is, ooreen: as die kampeerders op julle grond hulle baba wil bad, as julle skoon water of huisgeriewe nodig het, kom oor na ons huis. (Ons moet begin matrasse aanry: daar gaan in dié tyd skaars genoeg lêplek op ons huis se vloer wees.) Ons kry doringhout bymekaar: mense van ver af gaan voor die aanbreek van die geleentheid vleis daarop gaarmaak.
 
Daar gaan geen kosstalletjies op die vlaktes wees nie. En dit is so goed. Dit is bidtyd, aanbiddingstyd.  Verootmoedigingstyd.  Dit is tyd om die stem van God te hoor.
Is oopmaak voor God, persoonlike skuldbelydenis, op ons agenda?
 
Dit is ‘n pelgrimstog van gelowiges van alle kerke, stede, woonbuurte, streke, klasse, rasse en denominasies.
 
Saam op pad na die God van die Ou- en Nuwe Testament
Eintlik is dit ‘n geleentheid wat ‘n mens laat sidder.  Die God van die Ou Testament (verbond) is die God van die Nuwe Testament (Verbond).  En die ewige God het duisende jare gelede vir die Israeliete gesê:
 
Deu 28:15  As jy nie luister na die Here jou God nie en jy gehoorsaam nie al sy gebooie en voorskrifte wat ek jou vandag gee, en jy lewe nie daarvolgens nie, sal al hierdie strawwe oor jou kom en jou tref:
Deu 28:16  Daar sal 'n vloek op jou rus in die stad, daar sal 'n vloek op jou rus in die oop veld.
Deu 28:17  Daar sal 'n vloek rus op jou oesmandjie en op jou knieskottel.
Deu 28:18  Daar sal 'n vloek rus op jou nageslag en op die opbrengs van jou lande, op jou kalweroes en jou lammeroes.
Deu 28:19  Daar sal 'n vloek op jou rus waar jy ook gaan.
Deu 28:20  Die Here sal die vloek oor jou stuur, verwarring en terugslae in alles wat jy aanpak en doen, totdat Hy jou uitgeroei het en jou skielike ondergang bewerk het oor al die verkeerde dinge wat jy gedoen het deurdat jy Hom verlaat het.
Deu 28:21  Die Here sal peste en plae aan jou laat kleef totdat Hy jou uitgeroei het uit die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem.
Deu 28:22  Die Here sal jou tref met tering, inflammasie en koorssiekte, met hitte, met oorlog en met brandkoring en roes. Dit sal by jou bly totdat jy uitgewis is.
Deu 28:23  Die hemel bo jou sal brons word en die aarde onder jou yster.
Deu 28:24  Die Here sal stof en roet in jou land laat reën. Dit sal uit die hemel uit op jou afkom en jou uitdelg.
Deu 28:25  Die Here sal jou laat vlug vir jou vyande. Uit een rigting sal jy teen hulle opruk, maar in talle rigtings sal jy voor hulle uit vlug. Jy sal bewe vir al die koninkryke van die aarde.
Deu 28:26  Al die voëls en die wilde diere sal aan jou lyke vreet, en niemand sal hulle verjaag nie.
Deu 28:27  Die Here sal jou tref met die swere van Egipte, met bloedvinte, uitslag en jeuksiektes, waarvan jy nie genees sal kan word nie.
Deu 28:28  Die Here sal jou tref met kranksinnigheid en blindheid en waansin.
Deu 28:29  Jy sal op die helder middag rondtas soos 'n blinde rondtas in sy donkerte. Jy sal nie voorspoed ondervind nie. Jy sal aanhoudend verdruk en beroof word en daar sal niemand wees om jou te help nie.
Deu 28:30  Jy sal aan 'n vrou verloof raak, maar 'n ander man sal haar verkrag; jy sal 'n huis bou, maar nie daarin woon nie; jy sal 'n wingerd plant, maar nie sy vrugte eet nie.
Deu 28:31  Jou bees sal voor jou oë geslag word, maar jy sal nie daarvan eet nie. Jou donkie sal voor jou oë geroof word en nie weer aan jou terugbesorg word nie Jou kleinvee sal aan jou vyande gegee word, en daar sal niemand wees wat jou help nie.
Deu 28:32  Jou seuns en dogters sal aan 'n vreemde volk gegee word terwyl jy toekyk, en jou oë sal ingee soos jy die hele dag kyk of hulle terugkom, maar jy sal niks daaraan kan doen nie.
Deu 28:33  'n Volk wat jy nie ken nie, sal die opbrengs eet van jou lande en alles waarvoor jy jou afsloof. Daar sal deurentyd net verdrukking en swaarkry vir jou wees,
Deu 28:34  en jy sal kranksinnig word van wat jy sien.
 
 
Wanneer God die vergete God word
 
Die God van die Ou Testament het keer op keer sondebelydenis, inkeer en ‘n radikale hartsverandering van Israel verwag.  Want keer op keer het Israel Hom verlaat.  Keer op keer het Israel die praktyke van die heidennasies soos sponse in hulle lewenswandel opgesuig.  Keer op keer het Israel Mammon en vir God gedien, in hierdie volgorde. Vir Israel was daar nie meer ‘n ding soos sonde nie.  Die wil van God vir hulle lewe, vir die Ou-Testamentiese mens saamgevat in die Tien Gebooie, het glad nie meer saak gemaak nie.
 
In Israel het elke mens nou in die sentrum van sy eie lewe gestaan.
Die Naam, Koninkryk en Wil van God was vergete begrippe.
 
Toe, in die tye toe Hy vir Israel die vergete God geword het, het God gepraat.  Keer op keer het Hy gesê (en Hy sê dit in 2017 ook):
 
Jer 6: 12-16
Ek gaan die inwoners van die land straf, sê die Here.
Almal, klein en groot, wil hulleself net verryk, almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog.
Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: "Alles is reg! Alles is reg!" Maar niks is reg nie.
Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here.
So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind.
 
Hierdie boodskap van die Here moes Jeremia aan Israel gee.
Jer 6: 16b-17
Maar hulle het gesê: "Ons sal nie daardie pad loop nie."
 
Weer het die HERE gesê:
 Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: "Ons sal nie luister nie."
 
Dit is tyd.  Waarvoor?
Dit is tyd, galm die oproep oor ons land.  Dit is tyd om voor die Here van Wie ons ook vergeet het, te gaan pleit vir ons land.
 
Maar het jy geweet dat die genesing van ‘n land nie by pleitdooie vir behoud en herstel begin nie? 
 
Alle genesing, alle herstel, begin by skuldbelydenis. 
  • Dink aan die verhaal van die verlore seun.
  • Dink aan Dawid ná sy sonde met Batseba. 
  • Dink aan Dawid ná sy hoogmoedige volkstelling. 
  • Dink aan Nebukadneser toe God Hom soos ‘n dier laat word het.
  • Dink aan die profeet Jona in die buik van ‘n vis.  
  • Dink aan die Israeliete in die woestyn, aan die dood in die laer toe giftige slange hulle in opdrag van God in sy toorn gepik het.
 
Num 21:6  Die Here het toe giftige slange onder die volk ingestuur. Die slange het die mense gepik en baie Israeliete het gesterf.
Num 21:7  Toe kom die volk na Moses toe en bely: "Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat ons gesê het. Bid tog tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem." Moses het toe vir die volk gebid,
Num 21:8  en die Here het vir Moses gesê: "Maak 'n beeld van 'n giftige slang en sit dit op 'n paal. Elkeen wat gepik is en daarna opkyk, sal lewe."
Num 21:9  Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. As iemand wat deur 'n slang gepik is, na die koperslang opkyk, het hy bly leef.
 
  • Dink aan die teruggekeerde ballinge in die tyd van Esra. 
Dit was nie meer vir hulle belangrik om God se gewyde volk te wees nie.  Dit was nie meer vir hulle aanvaarbaar, prakties, uitvoerbaar, om hulle te reinig van die besoedeling van die omringende wêreld nie.
En God se toorn het teen hulle ontvlam.
Toe het hulle ook ‘n groot saamtrek gehou, net soos wat ons op 22 April gaan hou.
 
 
So het Israel se IT IS TIME/DIT IS TYD-saamtrek verloop:
 
Ezr 9:1  Nadat dié dinge gedoen is, het die leiers van die gemeente vir my kom sê: "Die mense van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die nie-Joodse bevolking met sy afskuwelike gebruike nie, en dié is nog dieselfde as dié van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.
Ezr 9:2  Ons mense en hulle seuns het getrou met nie-Joodse vrouens; hulle het hierdie volk hom laat vermeng met heidene. Leiers en ampsdraers het die voortou geneem in dié trouelose optrede."
Ezr 9:3  Toe ek dit hoor, het ek my klere geskeur, my hare en my baard uitgetrek en verslae gaan sit.
Ezr 9:4  Almal wat by die gedagte aan die opdragte van die God van Israel vreesbevange was oor dié troueloosheid van die mense uit die ballingskap, het by my kom staan. Ek het maar net verslae daar gesit, tot die tyd van die aandoffer toe.
Ezr 9:5  Maar teen die tyd van die aandoffer het ek daar opgestaan waar ek my met my geskeurde klere verootmoedig het, op my knieë geval en my hande in gebed uitgestrek na die Here my God.
Ezr 9:6  Ek het gebid: "My God, ek is te skaam, ek het nie die vrymoedigheid om my kop voor U op te tel nie. Ons sonde is hoog opgestapel, ons misdade staan hemelhoog.
Ezr 9:7  Van die tyd van ons voorvaders af tot vandag toe is ons bestaan vol oortredings teen U. Dit was deur ons sondes dat ons, ons konings en ons priesters in die mag van heidenkonings oorgegee is. Ons is doodgemaak, gevange geneem, geplunder; smaad het oor ons gekom en dit is nou nog daar.
Ezr 9:8  Nou, 'n kort oomblikkie, het daar vir ons genade gekom van die Here ons God. Hy het die klompie van ons laat vrykom en ons hier in sy heilige plek vastigheid gegee. Ons God het ons weer laat lewe, ons 'n oomblik laat asem skep na ons slawerny.
Ezr 9:9  Ons was slawe, maar ons God het ons nie slawe laat bly nie. Hy het die Persiese konings goedgesind gemaak teenoor ons, en hulle het ons die kans gegee: ons kon die tempel van ons God opbou, ons kon hom uit sy ruïnes laat herrys, ons het 'n toevlug gekry hier in Juda en Jerusalem.
Ezr 9:10  Maar wat kan ons nou sê, ons God, na dié dinge? Ons het u gebooie oortree.
Ezr 9:11  U het ons deur u dienaars, die profete, beveel: Die land wat julle in besit gaan neem, is 'n onrein land. Die heidennasies het dit onrein gemaak. Hulle het dit van kant tot kant besmet met hulle afskuwelike, onrein optrede.
Ezr 9:12  Moenie julle dogters vir hulle seuns gee nie, moenie hulle dogters met julle seuns laat trou nie. Moet die heidennasies nooit vrede of voorspoed gun nie. Dan sal julle sterk staan en die goeie van die land geniet en dit as 'n blywende besitting aan julle kinders oordra.
Ezr 9:13  Wat oor ons gekom het, het gekom deur ons slegte dade en ons baie oortredings teen U. Ons God, U was spaarsaam met die straf op ons sonde, U het van ons laat oorbly.
Ezr 9:14  En na alles wat oor ons gekom het, kom ons en steur ons ons weer nie aan u gebooie nie! Ons ondertrou met hierdie nasies wat so afskuwelik leef! Moet u toorn ons dan nie heeltemal vernietig nie, sodat niemand oorbly, niemand vrykom nie?
Ezr 9:15  Here God van Israel, U is regverdig. U het die klompie van ons laat vrykom, so soos dit vandag is. Hier is ons voor U met ons oortredings, maar so kan niemand voor U staan nie."
 
Gebed — persoonlike gebed en pelgrims se gebede tydens so ‘n saamtrek — durf nie net die kelk van bedelaarshande vir die ontvangs van die goeie uit God se oorvloed te wees nie.  Ons durf nie net elke dag en tydens so ‘n saamtrek ons hande voor God gaan bak dat Hy vir ons die gunste, herstel, sekuriteite, nuwe bedeling en toekoms moet gee wat ons wil hê nie.
 
Ware gebed is om onder die geweldige besef te verkeer dat ons in die teenwoordigheid van die God van hemel en aarde is.  Dat ons op grond van wat Christus gedoen het, in sy eens ontoeganklike Lig mag inbeweeg.  Dat Hy God is, en ons sondaars wat deur Hom begenadig is.  Dat ons net soos die Israeliete in Esra se tyd skaars ons kop durf optel, so skaam is ons oor ons sonde, ons wetsverbreking.
 
Watter gebooie het ons verbreek?
Elkeen van ons hier in Suid-Afrika — van ons wat alles van Patmos af gadeslaan tot die misdadiger in Pollsmoor, van die o, so ordentlike kerklidmaat tot die roekelose Paasnaweekmotoris, van die geheelonthouer tot die spiritusdrinker, verbreek een en dieselfde gebod.
En hier is dit:
 
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Dit is die grootste en die eerste gebod.
En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.'
In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat." — Matt 22:37-40
 
Ons wat van Patmos af oor Wilde-Als uitkyk, ervaar honderde emosies, groot vreugde,  verwondering en groot, groot afwagting in hierdie tyd. 
En juis nou sê die Woord ondubbelsinnig vir ons — en sekerlik vir elkeen wat hierheen kom: 
 
1 Joh 1:8-9:
 
As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
 
Geseënde pelgrimstog, liewe medegelowige!
 

Kliek en kry: Paasfees is onverdiend

PAASFEES IS ONVERDIEND
And now brothers, I will ask you a terrible question, and God knows I ask it also of myself. Is the truth beyond all truths, beyond the stars, just this: that to live without him is the real death, that to die with him the only life?” — Frederick BuechnerThe Magnificent Defeat
“Christmas and Easter can be subjects for poetry, but Good Friday, like Auschwitz, cannot. The reality is so horrible it is not surprising that people should have found it a stumbling block to faith.”  W.H. Auden
 
Op ‘n rantjie langs die N1, net buite Bloemfontein, het daar drie kruise verrys. Almal wat hierdie Paasnaweek van Gauteng, Durban, Kaapstad en ander landstreke af daar verbygaan, sal dit sien.  Draai dié wat van die Kaap af kom, links, en dié wat van Gauteng af kom, regs op die Bultfonteinpad af, lê die vlaktes gesnoei en skoongemaak vir die groot It is Time gebedsaamtrek van 22 April langs die teerpad na Soutpan en Bultfontein.
 
Ons vreeslike tyd
Wat sal mense tog oor hierdie era in die Suid-Afrikaanse geskiedenis skryf?  Hoe wreed en korrup, hoe boos en angswekkend dit is?  Hoe alles ineenstort: ons toekomsverwagtings, ons hoop, voedselsekuriteit, die ekonomie, integriteit, die hele reënboognasie?
Maar daar is drie kruise teen die Vrystaatse lug.
 
Wat die kruise ons toeroep
Hier, roep die drie kruise, hier aan die voet van die rantjie, gaan een miljoen Suid-Afrikaners binnekort kom bid dat
  • God hulle vergrype teen Hom en teen mekaar moet vergewe;
  • Hy die gees en hart van elke mens wat daarheen gaan, sal skoonmaak;
  • sy Gees in ons nasie sal werk;
  • Hy ons sonde sal wegneem en ons sal help om ‘n nuwe geskiedenis as sy kinders in hierdie land te begin skryf:  die verhaal van ‘n land wat die Koning van die konings en die Heer van die HERE eer.
 
Hier, roep die drie kruise teen die Vrystaatse lug, hier moet jy onthou dat Jesus Christus die Een is oor Wie die Paasnaweek gaan.
 
  • Hier, roep die drie kruise teen die Vrystaatse lug, hier moet jy onthou dat-
  • jou ou geskiedenis geëindig het/beëindig is toe jy besef het hoe groot jou sonde en ellende is;
  • net Een jou uit die slawerny daarvan kan verlos;
  • jy vergifnis nodig het, en dat vergifnis teen ‘n prys kom;
  • net Jesus Christus in staat was om die prys vir vergifnis te betaal;
  • Hy alleen die dood kon oorwin, uit die dood kon lewendig word;
  • Hy alleen elkeen van ons uit ons geestelike dood, die dood van die liggaam en die ewige dood, afgesny uit sy teenwoordigheid, kon en kan bevry.
 
Hier, roep die drie kruise teen die Vrystaatse lug, kan elkeen wat hier verbyry, maar Watchman Nee se woorde in sy/hart oordink:
Our old history ends with the cross; our new history begins with the resurrection. 
Hier kan jy our history vervang met my history:
My old history ends with the cross; my new history begins with the resurrection.
Of, in die woorde van Sinclair B Ferguson:
Our old status lies in his tomb. A new status is ours through his resurrection.
Hoor die Woord van die Here, roep die drie kruise teen die rant uit. Laat elke paartjie, elke gesin, elke student, elke sondaar wat hier op die N1 verbygaan, die Paasboodskap hoor.  Vandag lees ons dit uit  Ef 1:7-11.
 
Vyfpuntopsomming van die Heilsplan
In Ef 1:7-11 vind ons ‘n vyfpunt-opsomming van wat met jóú wat in Jesus Christus glo, op grond van Jesus Christus se gehoorsaamheid, lyding, kruisdood en opstanding gebeur het:
 
  1. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos
  2. en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God  wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.
  3. Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak  en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het.
  4. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus.
  5. Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.
 
In Ef 1:7-11 vind ons ‘n vyfpunt-opsomming van wat God vir jóú  wil gee indien jy tans uitsigloos voortploeter: radeloos, siek en sat van alles, stukkend, woedend, vol haat en wraaksug, op die rand van selfmoord, in leegheid, selfverwyt, bitterheid en innerlike duisternis.  Kom ons lees Ef 1: 7-11 in die English Standard Version:
 
  1. In him we have redemption through his blood,
  2. the forgiveness of our trespasses, according to the riches of his grace, which he lavished upon us, in all wisdom and insight
  3. making known to us the mystery of his will, according to his purpose, which he set forth in Christ as a plan for the fullness of time,
  4. to unite all things in him, things in heaven and things on earth.
  5. In him we have obtained an inheritance, having been predestined according to the purpose of him who works all things according to the counsel of his will.  Ephesians 1:7-10. ESV

Slegs deur Jesus, slegs in Jesus Christus, die Gekruisigde en verrese HERE, word ons afskuwelike, skandelike persoonlike ou geskiedenis beëindig.
 
Van rommelstatus na die nuwe lewe
Dink jy ons is in ‘n rommelfase van ons landsgeskiedenis? In ‘n donkerte soos selde tevore? In kollektiewe uitsigloosheid? Dan het jy ‘n idee van hoe elkeen van ons se vroeëre geskiedenis buite Christus gelyk het, of hoe dit steeds lyk indien ons nog nie die nuwe lewe in Hom gevind het nie. Só lyk ons persoonlike ou geskiedenis, sê die Woord van God:
 
Ef 2: 1-3:  
Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het.
Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.
So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.
 
 
Slegs in en deur Jesus Christus se lyding, gehoorsaamheid, kruisdood en opstanding begin ons geskiedenis van vryheid, nuwe perspektiewe, nuwe insigte, onbeskryflike dankbaarheid, erbarming, omgee, vergifnis van ander, waarheid en heiligmaking.
 
Wat is Paasnaweek?
  • Dit is ‘ n naweek van onthou:  So was ek vroeër, en hier het Christus my gebring.
  • Dit is ‘n naweek van berou: So was ek vroeër, en hoe ver het ek weggedwaal van my Verlosser af.
  • Dit is ‘n naweek van onbegrip en aanbidding:  hoe kan ek ooit verstaan waarom God ‘n plan tot my redding en heil in werking gestel en sy Seun gegee het, sodat ek die lewe op aarde en die ewige lewe ook ná my dood deelagtig mag word?
  • Dit is ‘n naweek wat nie oor my en my aktiwiteite, mý en my ontspanning gaan nie.  Dit is ‘n naweek van besinning, onthou, herbesinning, nuwe oorgawe, en eindelose, oneindige hoop. 
  • Dit is ‘n naweek van bittersoet vreugde, ‘n naweek waarin ek God se erbarming en onverdiende goedheid, sy genade en waarheid, mag ervaar.
  • Dit is ‘n naweek wat so presies inpas by wat die Woord sê:  
Ef 2: 11- 22
Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. Van geboorte was julle heidene, en julle is "onbesnedenes" genoem deur dié wat hulleself "die besnedenes" noem, al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam.
  • In dié tyd was julle sonder Christus,
  • uitgesluit uit die burgerskap van Israel,
  • ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang,
  • sonder hoop en sonder God in die wêreld.
 
Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos 'n muur skeiding gemaak het.
Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef, en deur vrede te maak, het Hy in Homself dié twee, Jode en nie-Jode, tot een nuwe mensheid verenig.Deur sy dood aan die kruis het Hy 'n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig.Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was. Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader.
Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.
Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is.  In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot 'n heilige tempel vir die Here, in wie julle ook saam opgebou word as 'n geestelike huis waarin God woon.
 
Jesus Christ did not come into this world to make bad people good; He came into this world to make dead people live. Lee Strobel.
 
Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.  Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra.  Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons het
almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. Hy is gestraf oor die sonde van my volk. Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra. -Uit Jes 53:3-11.
 
“Easter is a time when God turned the inevitability of death into the invincibility of life.” ? Craig D. Lounsbrough
Onverdiend.
 
 

Kliek en kry: PSALM 107

Psalm 23 of Psalm 107

Watter een bevat die grootste Godsopenbaring?

Grafika:  Jesus Christus as Redder: http://www.wikihow.com/Accept-Christ-As-Your-Savior

 

Gedurende die afgelope week is my voete onder my uitgeslaan.  My asem is weggeslaan. Ek het in lig en waarheid en verwondering geleef, so bly soos iemand wat ? groot skat ontdek het.

Die rede? Psalm 107.

 

So wonder ek toe as een van miljoene gelowiges wat met Psalm 23 grootgeword het, dit liefhet en daardeur verkwik en vertroos word:  watter van die twee psalms — Psalm 23 of Psalm 107— bevat die grootste Godsopenbaring?

Besluit self.

 

Net ‘n belangrike vooraf-opmerking:  Vier keer lees of hoor ons die woord “Party” in hierdie vertaling.

  • Ps 107:4  Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld, en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.

  • Ps 107:10  Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie,

  • Ps 107:17  Party het dwaas opgetree, en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde, het hulle in die ellende beland.

  • Ps 107:23  Party het met skepe die see bevaar en hulle bestaan op die groot waters gemaak.

 

Hieromtrent sê die bekende teoloog, Derek Kidner,  in die Tyndale OT commentaries on the Psalms:

 

In most modern versions, each of the next four stanzas has the same kind of opening: Some wandered... Some sat in darkness etc, as though we were following the fortunes of different groups. This is inaccurate and obscures the probability that the four scenes are four ways of looking at the same reality, namely the disasterous situation from which Israel has now been rescued. As the situation is analogous to the plight of all sinners, the psalm can be appreciated directly not only through the eyes of Israel. Lostness, hunger, thirst and exhaustion are all figures which our Lord was to employ in relation to His self-offer as the Way, the Bread and Water of life and the Giver of rest.

 

Ons het ‘n Psalm wat waarskynlik kort na die terugkeer van Israel uit die Babiloniese ballingskap geskryf is.

In Psalm 107 lees ons van ervarings wat dié ballinge werklik beleef het, en van hulle dankbaarheid en lofprysing omdat God alleen hulle uit vier skrikwekkende noodsituasies gered, verlos, bevry en gedra het.

Ons moet een feit heeltyd in die agterkop hou: Israel/Juda het in ballingskap beland vanweë hulle ongeregtigheid, hulle afgodsdiens en die vermetele manier waarop hulle hulle kant van die verbondsverhouding met die lewende God verbreek het. Hulle is nie as ‘n klomp onskuldige, diep gelowige Jode aan al dié swaarkry onderwerp nie.  Hulle lewe was ‘n klad in die koninkryk van God.  Hulle kon hulleself nie in die ware sin van die woord “God se volk” noem nie.  God was immers die getroue God van die verbond, die Een wat sy ooreenkoms met Abraham, Isak en Jakob nooit vergeet het nie. Hulle was die ontroue party.  Wat hulle oorgekom het, het hulle oor hulleself gebring.  Maar nou is hulle terug.

Nou hoor ons van vier dinge wat hulle tydens die ballingskap deurgemaak het.  

Maar dit is net die begin.  Teoloë soos Derek Kidner sê dat Ps 107 nie net oor bepaalde ballingskapservarings handel nie.  Dié teoloë lees veel meer daarin: dat Israel in ballingskap en uit ballingskap keer op keer ‘n volk in nood was: ‘n volk wat geestelik dwaal, ‘n volk in geestelike honger , ‘n volk in diep geestelike duisternis, ‘n volk sonder geestelike vastigheid, veiligheid en innerlike krag.  ‘n Volk in ellende, en die ellende was deur hulle eie toedoen, omdat hulle God verlaat het. Uit hierdie ellende het God hulle telkens verlos.

 

Teoloë soos Derek Kidner sê nog meer: dat Ps 107 nie net a) oor bepaalde ballingskapservarings en b) oor Israel as volk in geestelike nood en ellende handel nie.  Hoe aandagtiger ‘n mens lees en luister, hoe duideliker sien en hoor jy die  geluid van universele nood en ellende in hierdie grootse psalm.  Só lyk die wêreld.  Só het Suid-Afrika tydens die Apartheidsjare gelyk.  Só lyk Suid-Afrika nou.  Só lyk Nieu Seeland,  Somalië, die Soedan, Israel, Palestina, die VSA, die idilliese Switserland, Zimbabwe, Mexiko,  Lesotho en Rusland nou.

So lyk die lewe van elke mens wat Jesus Christus nie as die Weg, die Waarheid, die Lewe, die Brood van die Lewe, die Groot Geneesheer, die Lig vir die wêreld ken en in Hom leef nie.

 

  • En so vind ons die verhaal van God se hulp en uitredding aan ballinge en krygsgevangenes wat dit allermins verdien het, maar op wie se hulpgeroep Hy geantwoord het.  So vind ons die verhaal van Israel, die ontroue verbondsvolk, die volk wat keer op keer op keer deur die God van die verbond begenadig en uit ellende gered is.
  • So vind ons die verhaal van die mensdom in ellende, met Jesus Christus as enigste Uitredder.
  • So vind jy jou eie verhaal in Psalm 107:  die verhaal van ‘n geestelik en emosioneel dwalende mens, ‘n sondaar wat deur net EEN uit ‘n verskriklike noodtoestand gered en deur Hom alleen na vrede met God, lig, waarheid en die die lewe gelei word.

 

Loof die HERE!  Skryf die Psalmskrywer. Is uitredding, verlossing, nie die allergrootste rede om die HERE te loof nie?

Is Ps 107 nie die psalm van jou lewe nie?

 

Ons lees Psalm 107 dus vandag met hierdie kennis tot ons beskikking.  So hier en daar lees ons dieselfde teks soos wat dit in die Nuwe Lewende Vertaling (CUM) weergegee word, met ‘n bietjie aanvullende toeligting in hakies in die NLV teks: 

 

 

Ps 107:1  "Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!"

Ps 107:2  So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het

Ps 107:3  en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.

Ps 107:4  Party (oorlewendes van die Babiloniërs, of Israel) was (letterlik tydens die Babiloniese tydperk, en ook geestelik as volk) verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld, en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.

Ps 107:5  Hulle was honger en dors, hulle was uitgeput,

Ps 107:6  maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle gered uit hulle ellende.

Ps 107:7  Hy het hulle op die regte pad gebring en by 'n bewoonde stad laat uitkom.

 

5 Hulle was honger en dors,

hulle was heeltemal uitgeput. [Joh 6:35]

6“Here, help ons!”

het hulle geroep, [107:13, 19, 28Ps 107:8  Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

Ps 107:9  Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het. ]

en Hy het hulle 

uit hulle nood gered. [Jes 41:17; Heb 4:16]

7Hy het hulle (Israel, verlorenes)

op die regte pad (uit hul doodsbestaan) gelei, [Jes 30:20-21; Joh 14:6]

na ’n stad waar hulle kon woon. [Ef 2:11; Op 21:2]

 

 

Ps 107:8  Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

Ps 107:9  Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het.

 

9 Want Hy les die dors

van hulle wat dors is, [Jes 55:1; Joh 7:37-39]

en versadig hulle wat honger is

met goeie dinge.[Jes 55:2; Joh 6: 55-56]

 

 

Ps 107:10  Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie,

 

10  Sommige mense (ballinge, Israel)

Was in (geestelike) duisternis,

in diep donkerte (die vallei, skaduwee van die dood), [Ps 23:4]

ellendige (bejammerenswaardige) gevangenes

in ysterboeie. [Jes 42:22]

 

Ps 107:11  want hulle het hulle verset teen die bevele van God, hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.

Ps 107:12  Hy het hulle laat knak onder swaarkry, hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.

Ps 107:13  Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.

 

13 “Here, help ons!”

het hulle geroep toe hulle in nood was, [107:6, 19, 28]

en Hy het hulle

uit al hulle ellende (doodsbestaan) bevry, [Luk 15:18-24; Tit 3:4-5]

 

Ps 107:14  Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom, Hy het hulle boeie stukkend gebreek.

 

14 (Hy het) hulle (Israel, gevangenes) uit duisternis en somberheid

gered,  [Jes 8:23-9:2; 1 Pet 2:9]

en hulle boeie stukkend gebreek (hulle vry gemaak). [Hand 16:25-26]

 

Ps 107:15  Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen,

 

15  Laat hulle (Israel, elkeen vir wie Hy bevry) die Here loof

vir sy liefde

en vir al sy wonderdade

aan (alle) mense (vir wie Hy uit gevangenskap en diep donker verlos het). [Jes 9:2; Matt 4:16]

 

Ps 107:16  want Hy het koperdeure oopgebreek, ystergrendels stukkend geslaan.

 

 

 

Ps 107:17  Party het dwaas opgetree, en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde, het hulle in die ellende beland.

Ps 107:18  Alle kos het hulle laat walg, en hulle het by die dood omgedraai,

Ps 107:19  maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.

 

18 Al hulle eetlus was weg (Hulle was terminaal siek),

en die dood was naby. [Job 33:19-22]

19“Here, help ons!”

het hulle geroep in hulle nood,[107:6, 13, 28]

en Hy het hulle

uit al hulle ellende (doodsbestaan, terminale toestand) gered. [Ps 116:3-4; Luk 5:31-32]

 

Ps 107:20  Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.

 

20 Met ’n woord wat Hy gestuur het,

het Hy hulle genees, [2 Kon 20:4-5; Matt 8:8,13]

en hulle (siekes, sondaars) van die dood weggeruk.[Ps 103:3-5; Luk 5:20-25]

 

Ps 107:21  Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

 

21 Laat hulle (siekes, sondaars aan wie Hy lewe gee) die Here loof

vir sy liefde,

en vir al sy wonderdade

aan hulle. [Jes 38:16-17; Rom 6:23]

 

Ps 107:22  Hulle moet dankoffers bring en met blydskap van sy dade getuig.

Ps 107:23  Party het met skepe die see bevaar en hulle bestaan op die groot waters gemaak.

 

23  Sommige mense (krygsgevangenes) 

het met (Fenisiese) skepe

op die see gevaar,

en op die groot oseane

handel gedryf (en was werkers op handelskepe). [Jes 2:16; Eseg 27:5-9]  

 

Ps 107:24  Hulle (die nietige mens) het die werk van die Here ervaar, sy wonderdade op die diep waters.

Ps 107:25  Op sy bevel het 'n stormwind opgesteek en die golwe opgejaag.

Ps 107:26  Die skepe het hemelhoog gestyg en na die dieptes afgeduik. Die bemanning was radeloos van angs

Ps 107:27  en het soos dronk mense gesteier en gewaggel; al hulle seemanskuns het niks gehelp nie.

Ps 107:28  Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.

 

28 “Here, help ons!”

het hulle geroep in hulle nood, [107:6, 13, 19]

en Hy het hulle

uit al hulle ellende gered (hulle gebed verhoor). [Ps 50:15; Luk 11:9-13]

 

Ps 107:29  Hy het die stormwind stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar.

 

29  Hy het die storm stilgemaak

en die golwe het bedaar. [Jes 54:11; Matt 8:24-26]

 

Ps 107:30  Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte. God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.

 

30 Hulle was bly

toe dit kalm word

en Hy hulle

na die hawe toe lei

waar hulle wou wees (aan hulle vrede, vastigheid gegee). [Ps 131:2; Heb 6:17-19]

 

Ps 107:31  Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

 

31 Laat hulle (alle mense) die Here loof

vir sy liefde

en vir al sy wonderdade 

aan hulle. [Ps 105:1-2; Op 15:3-4]

 

 

Ps 107:32  Hulle moet van sy grootheid getuig in die volksvergadering, Hom prys in die byeenkoms van die leiers.

Ps 107:33  Hy verander waterryke gebied in woestyn, fonteinwêreld in dorsland,

Ps 107:34  Hy maak vrugbare grond brak oor die slegte dade van dié wat daar woon.

Ps 107:35  Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld

Ps 107:36  en laat honger mense hulle daar vestig dat hulle stede kan stig om in te woon.

 

35  Maar Hy verander ook

Woestyne (op aarde en in die gees) in waterryke vleie,

droë grond (op aarde en in die gees) in fonteinryke plekke [Job 5:9-10; Jes 35:5-8]

36  waar Hy hongeriges laat bly

wat stede kan bou

om in te woon. [Luk 1:53; Op 2:9]

 

Ps 107:37  Hulle bewerk lande en plant wingerde, en dié lewer hulle oeste.

Ps 107:38  Hy seën hulle en hulle word vinnig meer, Hy laat hulle vee nie minder word nie.

Ps 107:39  En as die mense minder word en wegkwyn onder die druk van teëspoed en moeilikheid,

Ps 107:40  dan is dit die magtiges wat Hy tref met vernedering en wat Hy laat ronddwaal in 'n wilde wêreld sonder pad.

Ps 107:41  Hy beskerm die armes teen verdrukking en maak hulle nakomelinge so talryk soos kleinvee.

Ps 107:42  As die opregtes dit sien, is hulle bly: alle onreg het tot 'n einde gekom.

 

41 Maar die armes (verdrukte volk van God) in nood

beskerm Hy,

en Hy maak hulle nageslag

so talryk soos troppe vee (waarvan Hy die Herder is). [Ps 78:52; Jes 49:20-22]

42  Die opregtes (God se mense) sal dit sien (beleef)

en bly wees,

maar al die goddeloses (onreg wat so ‘n groot sê gehad het)

sal stom word. [Job 5:15-16; Sag 8:8]

 

Ps 107:43  Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee, hulle moet let op die Here se dade van trou.

 

43 Laat dié wat verstandig is

dit ter harte neem,

en hulle aandag vestig

op die trou van die Here. [Jer 9:12; Ef 3:18]

 

Psalm 23 of Psalm 107: watter een is die grootste Godsopenbaring vir jou?

Lees albei weer.  En dank die HERE vir beide.

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

Kliek en kry: Christene in 'n finansiële krisis. Slegte tyd, goeie tyd

CHRISTENE IN 'N FINANSIëLE KRISIS (2)
 
Slegte tyd, goeie tyd
 
Christene in ‘n finansiële krisis bevind hulle in ‘n noute waarin alles grys, buite beheer en angswekkend voel. Dit is ‘n slegte, slegte tyd.
 
Kom ons praat oor die oorlog in ons gemoed, oor die slegte.  En oor die wonderlike wending wat gedurende en na die slegste tye in ons lewe in ons huwelik, finansies, gesinslewe en persepsies kan plaasvind... indien ons hierdie pad in gehoorsaamheid aan, in afhanklikheid van die HERE en vanselfsprekend in toewyding aan mekaar se heil en welsyn loop.
 
Ons het die woord sleg nou herhaaldelik gebruik. Slegte tyd. Slegte skuld. Slegte goed om deur te werk. Slegte aanpassings, selfs. En nou gaan ons die Here vra om vandag met ons in ons slegte tyd te praat. Om met ons oor die begrip SLEG te praat.
 
En dit is wat Jesus Christus vir ons in die Woord sê:
 
Matt 11:7:  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
Luk 11:13  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra."
 
Slegte ek in 'n slegte situasie!
Jesus sê dat ons — almal wat tans in of buite ‘n finansiële krisis is— sleg is.  Dat daar in goeie en slegte tye ‘n mag in elkeen van ons is wat die wil om die goeie te doen, met mag en mening wil oorheers.  Paulus skryf daaroor:
 
Rom 7:18 -19:  Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.
 
Laat ons maar almal weet:  ons is nie goed nie.  Ons gaan sit teenoor mekaar om daardie slegte gesprek, daardie onaangename en noodsaaklike gesprek te voer, en die goeie woon nie in ons nie.  Gedurende daardie onaangename en noodsaaklike gesprek kan die slegte in ons slegs oorwin word deur die Heilige Gees.  En Jesus sê so rustig en so uitdruklik dat sy Gees tot ons beskikking is, altyd, 24/24: Luk11:13  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra."
 
So kan jy dan in die gesprek gaan sit:  diep in die wete dat die slegte in jou net deur die Heilige Gees beheer en vernietig kan word.  So kan jy dan gehoorsaam wees aan die Skrifopdrag:
 
Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. — Ef 4:31.
Net onder beheer van die Heilige Gees kan ons slegte, onaangename gesprekke as mense van die Lig voer.  Net onder beheer van die Heilige Gees kan ons as beter mense, as huweliksmaats wat mekaar liewer as ooit tevore het, deur slegte, onaangename gesprekke oor finansies en finansiële krisisse kom.
 
Die Skrif sê uitdruklik: Bly weg van alles wat sleg is. — 1 Tess 5:22.
 
Net onder beheer van die Heilige Gees kan ons alle woede, oneerlikheid, skelmstreke, manipulasie, ongeduld en bedrog as desperate pogings om uit ons probleme te kom uit ons lewe en gedagtes en spektrum van potensiële oplossings ban.  Net onder beheer van die Heilige Gees kan ons die heiligmaking waarsonder niemand God sal sien nie, ook in slegte tye hier op die aarde bly beoefen.
 
Hier kom die antwoorde en die oplossings
Hier is ‘n waarborg:  as ons elke gesprek oor finansiële herstel so ingaan (ek is sleg, en ek het die Heilige Gees nodig, daarom gaan ek die HERE vra om my nou volledig onder beheer van sy Gees te plaas) gaan God die goeie vir ons gee.
 
Waarom?  Omdat die Gees van God die Gees van die Goeie is, die enigste Gees van die Goeie, die Gees van Lig en waarheid, diepe deernis vir ons wat so sukkel, voorspraak vir elkeen van ons wat nie eens meer weet wat en hoe ons moet bid nie. Omdat die Gees van God die Gees van wysheid, insig en die verheerliking van Christus is.
 
Kan ons enige krisis sonder die Gees van God hanteer?
Natuurlik nie.  Ons het die Gees van God nodig, die magtige, deernisvolle, wyse, liefdevolle, streng en regverdige Heilige Gees. Die Gees van alle wysheid, insig, respek vir God en mens, onderskeiding en waarheid.
 
In die tyd van Job, kort na die sondvloed, het gelowiges dit al geweet:  
 
Maar dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die gees wat van die Almagtige af kom. [Job 32:8]
 
Die Psalmskrywer het gebid vir leiding deur die Gees:
Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
[ Ps143:10  ]
 
Die profeet Jesaja het verkondig wat die Heilige Gees in Jesus se lewe sou doen; wat die Gees ook in ons lewe doen:
Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. [Jes 11:2]
 
Die Gees van die HERE doen altyd waarvan Jes 61:1 getuig:  Hy gee ‘n blye boodskap deur aan mense in nood.  Hy praat met jou, en die woord wat tot jou kom deur die Gees van God, is ‘n blye woord, ‘n belofte van herstel en vryheid vir elkeen wat hom/haar deur die Gees laat lei:  Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is.
 
Alternatief: Ons eie verdraaide opvattings
Laat ons dit ook weet: as ons kies om ons eie kop te volg, om ons NIE aan die Gees te onderwerp nie,  om NIE onder sy beheer te wees nie, sal sy Gees ons nie lei nie. Ons sal nie die goeie wat van God af deur sy Gees aan die mens gegee word, ontvang nie.  Dit maak eintlik soveel sin. 
 
Jes 44:20  Iemand wat hom met as besig hou, laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings. Hy kan homself nie red nie, hy vra homself nie af: "Is dit nie 'n leuen waarmee ek my besig hou nie?"
Rom 1:28  En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is. 
 
Onbetaamlik is ‘n aaklige woord met seksuele en nie-seksuele konnotasies.  Dit is onbetaamlik, onvanpas en skokkend om te bedrieg. Dit is onbetaamlik, onvanpas en skokkend, God-onterend om emosionele beheer te verloor, om te reageer soos die sondige wêreld.  Om mense te verkul, te belieg, te beledig, te vloek.
 
Dit— by onbetaamlike gedrag, by skokkende uitbarstings en korrupsie, by leuens en bedrog wat by geen Christen hoort nie— is waar selfbestuur, die hantering van ‘n finansiële krisis SONDER die Gees ons kan laat beland.
Verdraaide opvattings lei na verdraaide gedrag en eskalerende probleme.
 
 
En, dood-logies:  waarom sou die HERE die goeie bly gee aan enigiemand wat Hom nie deur sy Gees en Woord in beheer van die krisis, aan die stuur van die boot in die stormsee, wil sien en plaas nie?
  • Sou jý iemand gehelp het wat vir jou sê dat jy geen rol in sy krisis speel nie, dat mense jou naam nie eens in die soeke na oplossings moet noem nie?
As ons wat sleg is — ons in wie die goeie nie ewig en onvernietigbaar seëvier nie— die Gees van krag, insig, wysheid en waarheid minag, sal ons die gemors self moet opruim en self ons weg deur die doolhowe moet vind.
 
Die hemel bewaar ons daarvan!
 
Wat Christus vir ons wil gee
Jesus wil die slegte situasie ten goede laat meewerk.  Hy wil en sal vir ons die ondenkbare gee: die goeie. 
Luk 11:13  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra."
 
Die Heilige Gees staan in die sentrum van alle probleemoplossing, of daarbuite, met ons in die sentrum.
Waar die Gees van God in die sentrum is, volg die res so logies, so rustig onder God se beheer:
Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
 
Wat is dié goeie dinge?
  • ‘n Goeie, groeiende huweliksverhouding.
  • Goeie gedrag.
  • ‘n Goeie gevoel na die gesprek.
  • Goeie vordering in die uitsortering van die probleem.
  • Goeie insig en perspektiewe.
  • Goeie oplossings en besluite.  
  • ‘n Goeie, nuwe toekoms en stabiliteit.
  • 'n Verhouding van dieper vertroue op die HERE, groter afhanklikheid van Hom en groter verwondering oor wat Hy vir elkeen doen wat na aan Hom leef.
 
Twee weë.  Hoe mense op die smal en die breë pad in krisisse reageer 
Die Weg van die Woord  is ‘n pad van waarin die vrug van Gees ons menswees, ons verhouding, ons gesprekke en ons hele hantering van die situasie vul.  Dit is Gal 5:22-25 versus Gal 5:19-21, die weg van selfbestuur.
 
 
Wat weeg die swaarste?
 
Nou vir  verdere besinning oor die praktyk, oor die slegte ding wat dringend reggestel moet word.
Het jy al gedink: Is daar iets wat jy MEER begeer as finansiële gesondheid/welsyn? ‘n Nuwe motor?  Vryheid om te leef soos jy wil, sonder druk en roetine? Nuwe klere, shopping, nuwe aandrokke, tegnologie?  Die mens van die 21e eeu plaas ‘n geweldige premie op die beste tegnologie: ek dink ek het ‘n iPad nodig.  Dis tyd vir die nuutste slimfoon, vir 3D gadgets waardeur ek na die beelde op my TV skerm kyk.  Die mens van die 21e eeu is versot op vermaak, wonderlike kos, om gepamperlang te word, om in die gimnasium te oefen, om die beste gym-klere en metingshorlosies te besit.
 
Begeer jy so-iets dalk meer as finansiële gesondheid? Dan het jy jou keuse gemaak.  Jy sien, ons besluite word bepaal deur wat in ons hart is. Jesus het gesê: Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.  Matt 6:21
En die prediker het geskryf: Wees veral versigtig met wat in jou hart aangaan, want dit bepaal jou hele lewe.  –Spr 4:23.
 
Die kliniese feit is dat ons geld spandeer op of inkomste prysgee vir dinge, aktiwiteite, besittings, ervarings, ‘n leefstyl en voorkoms wat ons as waardevol beskou— dinge wat ons beursies leër maak en nie as bates aangewend word om inkomste te genereer en ons finansieel te laat stabiliseer nie.
 
Wat oorheers die besluit en daad om gesonde finansies te bewerkstellig? Iets — die lekker gevoel van ‘n nuwe motor, die kortstondige lekkerte van groot restaurantsteaks saam met vriende, ‘n selfoon wat iets aangaande onsself moet reflekteer— iets wat vir ons belangrikers as gesonde finansies is.
 
Ons sê nie dat dit wat vir ons heerlik is om te besit en te benut, vir altyd buite ons bereik moet wees nie.  Na die finansiële krisis kan jy daardie goeie kamera wel gaan koop. Kontant. Na die krisis kan jy weer gaan reis... terwyl daar ook spaargeld in die bank is.
Maar nou, in die krisis, moet ek en jy seker maak of ons nie dalk ons koek wil hê en dit wil eet nie.
 
Ons moet kies, en wat ons kies, is waarmee ons sal saamleef.
 
 
Aflewering 3 van hierdie reeks volg volgende week, DV.
 
 

Kliek en kry: CHRISTENE IN 'n FINANSIëLE KRISIS

CHRISTENE IN 'N FINANSIëLE KRISIS

Wat om te doen en nie te doen nie

“Dis rondroltyd in ons lewe.  Of ek wil of nie, ek rol.  Snags rol ek rond.  Bedags voel dit asof die lewe my rondrol, karnuffel.  Ek voel soos ‘n tolbos in die wind, dit voel soos winter, en die tolbos is dood, lig en magteloos om homself teen die woeste winde te verset.  Alles voel grys, buite beheer en angswekkend.”

Is dit jy, hierdie?
 
Kan jy hiermee identifiseer, nog hieraan toevoeg, omdat jy of jy en jou huweliksmaat in ‘n finansiële krisis is?  Omdat die krisis nie verbygaan nie en elke maand erger as die vorige lyk:  skuld, oortrokke rekening, alles in die rooi, elke uitgawetjie (trougeskenk vir iemand, etekaartjies vir ‘n kerkfunksie, doktersbesoek,  skoolkermis,  sportklere wat jou kind moet hê lyk soos, voel en is ‘n ramp of dreigende ramp?
 
Die oorlewingstryd is ook geestelike oorlogvoering!
 
Ons het verlede week oor geestelike oorlogvoering gesels.  As ek terugkyk oor die landskap van ons eie lewe, aandagtig luister en die pyn en wanhoop in die oë en op die gesigte van medegelowiges in ‘n finansiële oorlewingstryd sien,  weet ek sonder enige twyfel dat rondrol in die nag, koue sweet, die innerlike gevoel van onrus, siek voel, naar wees van bekommernis en paniek, nie die modus is waarin ons as Christene moet leef nie.  Dit is tog nie die modus van vrede en geloof nie.  Dit is nie God se wil vir ons lewe nie.  Eintlik vertel daardie koue sweet, daardie siek gevoel, daardie nimmereindigende onrus dat ons met ‘n eie geestelike oorlog te doen het.  Dat ons op die slagveld is.  Dat skuld, oortrokke rekeninge, verpligtinge wat ons nie kan nakom nie, ons siel dreineer, ons lofliedere demp, ons vreugde in die Here uitblus, ons huilerig en getuienisloos maak, ons so verarm dat ons weinig aan ander se nood kan doen.  Ons is dan self in nood!
 
Ons is in die donker.  En dis waar die Bose ons wil hê en God ons NIE wil hê nie.
Vandag praat ons dus oor ‘n geestelike oorlog wat soos ‘n doodgewone oorlewingstryd lyk, maar veel dieper sny.  Gaan ons onbruikbaar vir God gemaak word deur ons eie ou natuur (selfverwyt, bitterheid,  wanhoop, verlies aan geloof, hoop en liefde?) Gaan ons onbruikbaar vir God gemaak word omdat ons die wêreld en dit wat vir die wêreld blink en belangrik is, wil bly bevredig?  Gaan ons onbruikbaar vir God gemaak word omdat ons die Bose as almagtig beskou, omdat ons ons nie deur die Heilige Gees wil laat lei nie, omdat ons dag in en dag uit met Mammon stoei en hom nie kan oorwin nie?
 
Kom ons praat oor die oorlog in ons gemoed, oor verpligtinge wat ons moet nakom, oor ontkenning, die blame game, oor broosheid en daardie oorlog wat ons wel kan verloor.
 
Heel eerste wil ek Heb 13:5 in die Amplified Bible vir jou lees.  Stadig.  Want die Here sê dit vandag vir jou:
 
“I will never [under any circumstances] desert you [nor give you up nor leave you without support, nor will I in any degree leave you helpless], nor will I forsake or let you down or relax My hold on you [assuredly not]!” 6 So we take comfort and are encouraged and confidently say, “The Lord is my Helper [in time of need], I will not be afraid.What will man do to me?”  -Heb 13:5
Die HERE het jou nie verlaat nie en sal jou nooit, nie ‘n sekonde lank, verlaat nie.
Ek wil nog twee Skrifgedeeltes vir jou lees.  Stadig.  Want die Here sê dit vandag vir jou:
 
Rom 8:26-29.   Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.  Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.
 
Die Heilige Gees is jou helper in hierdie tyd van broosheid.  Hy pleit vir jou, die Gees van Jesus pleit vir jou by Jesus se Vader en jou Vader.  Dit wat jy tans beleef, gaan tot jou/julle twee se heil wees.  En in hierdie proses bring die Gees jou nader aan Jesus Christus, om meer en meer soos Hy te dink, op te tree en te leef.   Om dieper in Hom te leef, om waarlik IN UNION WITH CHRIST te wees.
 
Ek wil Jer 29:11 vir jou lees.   Stadig.  Want die Here sê dit vandag vir jou:
 
Jer 29:11  Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
 
 God wil jou nie toekomsloos, uitsigloos, diep depressief, magteloos, hulpeloos, in diep ellende sien voortstrompel nie.  Soos wat jy jou kind in so ‘n situasie sou sien en sou wou help, wil jou Vader vir jou doen.  Jy is sy kind, en Hy wil vir jou ‘n toekoms gee, iets waarna jy nou reeds in blydskap kan uitsien.
Dit is wat Hy wil doen.  En nou moet ek en jy met Hom saamwerk om daar uit te kom.
 
HIER KOM DIE PROBLEME!  
 
Ek lees iewers: Times of great calamity and confusion have been productive fot the greatest minds. The purest ore is produced from the hottest furnace. The brightest thunder-bolt is elicited from the darkest storm.  Charles Caleb  Colton.
 
Het jy al agtergekom dat finansiële probleme in groepe kom:  Aflegging. Siekte. Studentekind skryf motor af.  Kredietkaartskuld.
Hier is die probleme.  En hulle kom in bondels, in groepe, by die dosyne.
 
  • Moenie uitstel nie
Voel jy oorweldig, platgeslaan?  Die kenners sê: 10% van die krisis is wat gebeur het. 90% van die oplossing, die herstel, is hoe jy op goeie, deurwinterde raad gaan reageer.  90% van die herstel is in die kalm, eerlike, openhartige en gelowige oopvlek en aanspreek van die probleem.  Om nie te maak en te praat soos wat een van die bouers van ons huisie hier op Patmos vir Hennie gesê het nie: ''Ek wil ophou drink, ek gaan, maar net nie nou nie!''
  • Die tyd is nou. Dit is van groot belang om nie onder groeiende finansiële ongemak en probleme te sê: Ons moet regtig ons finansies in orde kry... maar nie nou, vandag nie.  Ons wag en kyk en hoop nog.
  • Kies jou staanplek in die storm.  Gaan jy op sand staan, of op die Rots?  Elke dag geloofskommunikasie met die lewende God.  Moenie voorstelle aan Hom maak en bid dat Hy hulle moet laat realiseer nie.  Laat sy Gees toe om jou te lei:   Lead, kindly Light.
 
 Lead, kindly Light, amid th'encircling gloom;
Lead thou me on!
The night is dark, and I am far from home;
Lead thou me on!
Keep thou my feet; I do not ask to see
The distant scene--one step enough for me.
I was not ever thus, nor pray'd that thou
Shouldst lead me on.
I loved to choose and see my path; but now,
Lead thou me on!
Text: John Henry Newman, 1801-1890
 
 
  • Praat eerlik.  Kommunikeer.  Verbind julle daartoe om SAAM deur die krisis te werk, nie elkeen alleen, elkeen met eie sienswyses en skemas en bitterheid nie.
  • Die blame game het geen plek in ‘n finansiële krisis nie.  Om jouself, familie, jou huweliksmaat te blameer, gaan meer skade as goed doen.  Jy/julle/ jou pa is nie die enigste wat foute begaan, oordeelsfoute gemaak, deur misdaad verarm, die versekeringspolis nie reg gelees, te veel hiervan en te min daarvan gedoen het nie. 99.9% van die bevolking het dit gedoen, en die 0.1% wat beweer dat hulle nog nooit 'n lat vir hulleself gesny het nie, jok of is in ontkenning. Baie dinge is reeds beskadig: lewenskwaliteit, planne, drome.  Om mekaar in 'n blame game te beskadig, is dom.  Om jouself te bly skop omdat jy so dom/kortsigtig ens was, is doelloos.  Om te dink jy alleen het die onvergeeflike sonde op finansiële gebied begaan, is belaglik. Jy sou seker anders gekies en besluit het as jy alles vooruit geweet het, maar weet jy vandag reeds vooruit hoe die toekoms gaan ontvou? Daar gaan duisende onvoorsiene dinge in die toekoms gebeur. Jou taak is alleen maar om a) hierdie krisis te bestuur en b) terselfdertyd nou te begin om so suiwer, rasioneel, analities moontlik volgens die lig wat jy het (feite, kundige, professionele advies) vir die toekoms te beplan.   
  • Erken watter emosies jy ervaar.  Begin deur te sê:  Ek voel...   Nie:  Ons is hierin omdat jy...  Ons moes nie.... Jy moes nie.... As ons maar net...  Ek voel... laat ander minder verdedigend optree.   Almal se vel is dun, almal voel broos in finansiële krisis.  Almal is seer, bang, getraumatiseer, onseker.  Onsekerheid die slegste van alle emosies.  Daarom hang so baie van die verwerking van onsekerheid af.   Spreek ons wedersyds mekaar se onsekerheid aan?  Vat ons hande?  Druk ons mekaar?  Een paartjie wat deur die allermoeilikste finansiële tyd gaan, vat elke etenstyd hande, bid drie keer per dag oor hulle situasie, so by die tafel.  As die een gedurende die dag ‘n Skrifgedeelte kry wat hom bemoedig, gaan dra hy dit oor aan sy vrou.  Hulle skryf die Skrifgedeeltes neer, soms sommer op die yskas.  Hulle lees dit, herinner mekaar daaraan.  Hulle weet en onthou watter foute hulle gemaak het, maar probeer om so min moontlik aan gedane sake te doen en so veel moontlik op mekaar se broosheid,  prioriteite, werkbare oplossings te fokus.  En op God, veral op God.
  • Wees baie versigtig vir jou emosies.  Erken watter emosies jou ervaar en wat jou emosies kan verwoes, aftakel, verduister indien hulle nie onder beheer is nie.  Emosies kan jou verkeerde besluite laat neem. Emosies kan die dood veroorsaak, groot skade, verlies.  In 'n vlaag van woede het 'n man in 'n geparkeerde voertuig voor ons deur vasgejaag.  Emosies kan jou laat skei terwyl jy nie moes geskei het nie.  Emosies soos angs en kan jou jou langtermynvisie laat verloor.  Emosies kan jou dinge laat sê wat jou kind of ouer van sekuriteite ontneem.  Negatiewe, ontstelde emosies is jou vyand op die herstelpad. Die ou reël is: geen groot besluite onder groot ontstelde emosies nie. 

Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek.-Spr 21:5. 

  • Prioritiseer.  Wat is die HEEL belangrikste:  Om DSTV te behou?   Om dié spesifieke woonplek te behou?  Kos, vervoer, dak?  Jou inkomste moet daarvoor aangewend word.
  • Skakel oor na oorlewingsmodus.   Skryf jou begroting neer: inkomste en uitgawes. Skryf jou behoeftes neer, halveer die uitgawes aan elk.  Terwyl alles buite beheer voel, is dit die een ding wat jy kan beheer.  Soveel per week vir kruideniersware.  Soveel huur, soveel vir elektrisiteit.  Verkoop onnodige goed.
  • Waak oor jou tenk van emosionele energie soos oor ‘n watertenk. Moenie dat die druk jou oorweldig nie, dat jou tenk van energie leeggetap word nie. Jy het net ‘n bepaalde hoeveelheid energie as bate vir die dag. Wanneer dit uitgeput is, is dit uitgeput.  Skeduleer tyd elke dag waarop jy jou probleme doodgewoon eenkant plaas en aangaan met werk wat inkomste kan genereer,  jou kinders se huiswerk,  verpligtinge wat nagekom moet word.  Jy het net soveel energie.  ‘n Deel daarvan moet aan die krisis spandeer word.  Die res moet behoue bly vir die lewe wat voortgaan.  Sê elfuur in die nag vir jouself:  Ek kan my krisis nie tussen nou en drie-uur oplos nie.  Ek skakel af, gaan in slaaptyd in.  More werk ek verder aan my krisis.
 
Volgende week gesels ons verder oor daardie tye in ons as Christene se lewe wanneer ons uit ‘n finansiële krisis moet — en definitief—  gaan kom. Want ons gaan dit maak.  Dit is God se wil vir elkeen van ons.
 

Kliek en kry: GEESTELIKE OORLOGVOERING. ONS IS EKSPATS

ONS IS EKSPATS
en ons is steeds ‘n haarbreedte van ons vorige tuisland af                         
 
Top Destinations for Expat Families 2016 — infographicDaar is  ‘n oorlog teen magte wat nooit op TV gesien kan word nie, teen onsigbare aanvallers. En dié dimensie daarvan word in Ef 6 beskryf:
 
Ef 6:12  Ons stryd is nie teen vlees en bloed  nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
 
Bestaan onsigbare magte, kragte en geeste werklik?
Bestaan daar werklik Christus- en Christenvyandige magte, kragte, heerskappye, denksisteme, geeste, ideologieë, tendense, heersers, wesens wat ons nie met die oë kan sien of by die Kerk en in ons huise kan sien of hoor inkom nie?
 
Ja. Die Skrif sê so. Luister weer:
Ef 6:12  Ons stryd is nie teen vlees en bloed (mense in menslike liggame)  nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
 
Milton skryf hoe Satan die gevalle engele aanspreek as:
“Thrones, dominations, princedoms, virtues, powers.”
 
Hy vind dié uitdrukking natuurlik in Kol 1:16:
(KJV)  For by him were all things created, that are in heaven, and that are in earth, visible and invisible, whether they be thrones, or dominions, or principalities, or powers: all things were created by him, and for him:
(AOV) Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
(ANV)  God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
 (CEV)  Everything was created by him, everything in heaven and on earth, everything seen and unseen, including all forces and powers, and all rulers and authorities. All things were created by God's Son, and everything was made for him.
(GNB)  For through him God created everything in heaven and on earth, the seen and the unseen things, including spiritual powers, lords, rulers, and authorities. God created the whole universe through him and for him.
 
Maar jy moet weet:
 
Op ondubbelsinnige wyse getuig die Skrif ook dat geeneen van dié sienlike of onsienlike kragte, magte, regeerders, owerhede en heerskappye ooit groter mag oor die Kerk en oor jou as Jesus Christus sal hê nie.
Paulus skryf:
 
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet ...  en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:  hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. [Ef 1:18-22]
 
Was jy al ooit in aanraking of onder beheer van magte, kragte en Satan self? 
 
Ja, duisend maal ja.  Voordat Jesus Christus jou uit die mag van Satan, die sonde en die dood gered het, was jy lewend dood, geheel en al onder beheer van Satan.  Jy was nie net effentjies ontspoor nie.  Jy was nie net so nou en dan effens onchristelik in jou denke, begeertes, motiewe en menswees nie.  Jy en ek is verlostes.  Ons is verlos uit die Ryk van die Duisternis, die Ryk van die vors van die onsigbare magte.  Paulus skryf:
 
Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. — Ef 2:1-2.
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. — Ef 5:8.
 
Christus het ons na die regte wêreld gebring.  Hy het ons uit die duisternis bevry en in sy wonderbare Lig ingebring.
 
Ons ken die duisternis, wanhoop, ongeloof, sinisme en praktyke van die onsigbare magte met Satan as aanvoerder maar alte goed. 
Ons was daar gewees.
  • Ons was nie wedergebore voordat Christus ons deur sy Woord en Gees wederbaar het nie.
  • Ons was nie bekeerd voordat ons ons bekeer het nie.
  • Ons was nie in Christus voordat ons in Christus was nie.
  • Ons was nie verlostes voordat Christus ons verlos het nie.
  • Ons was nie in die geloof voordat die geloof as gawe van God aan ons gegee is nie.
  • Ons was nie in die Lig voordat Christus as Lig gekom en ons uit die duisternis geruk het nie.
 
 
ONS IS EKSPATS
Ons is ekspats uit die ryk van die duisternis, die ryk van onsigbare magte, die ryk en die heerskappy van Satan.
In sy verbondstrou, in sy groot genade, het God Drie-enig ons uit die ryk van duister, onsigbare en sigbare magte, kragte, heerskappye en trone kom red.
 
Daarom skryf Paulus:
 
Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.  Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. — Kol 1:12-13.
 
Biljoene mense is nog soos ons was.  Biljoene mense is lewend dood in die omringende ryk van bose magte, kragte, geeste en heerskappye waaruit ons self geruk is.  Oor wat om ons aangaan, oor waar ons self voorheen was, skryf Albert Barnes in NOTES ON THE BIBLE:
 
 
“Darkness” is an emblem of ignorance, misery, and sin; and no description could be more accurate than that of representing these malignant spirits as ruling over a dark world. It is a wide and a powerful empire. It is sustained by all the authority of law; by all the omnipotence of the perverted religious principle; by all the reverence for antiquity; by all the power of selfish, corrupt, and base passions. No empire has been so extended, or has continued so long, as that empire of darkness; and nothing on earth is so difficult to destroy.
Yet the apostle says that it was on that kingdom Christians were to make war. Against that, the kingdom of the Redeemer was to be set up; and that was to be overcome by the spiritual weapons which he specifies. When he speaks of the Christian warfare here, he refers to the contest with the powers of this dark kingdom. He regards each and every Christian as a soldier to wage war on it in whatever way he could, and wherever he could attack it.
The contest therefore was not primarily with people, or with the internal corrupt propensities of the soul; it was with this vast and dark kingdom that had been set up over mankind. It is a warfare on a large scale with the entire kingdom of darkness over the world. The struggle will be with such portions of that kingdom as we come in contact with and will actually relate:
 
(1)   to our own sinful propensities - which are a part of the kingdom of darkness;
(2)   with the evil passions of others - their pride, ambition, and spirit of revenge - which are also a part of that kingdom;
(3)   with the evil customs, laws, opinions, employments, pleasures of the world - which are also a part of that dark kingdom;
(4)   with error, superstition, false doctrine - which are also a part of that kingdom; and,
(5)   with the wickedness of the pagan world - the sins of benighted nations - also a part of that kingdom.
(6)   Wherever we come in contact with evil - whether in our own hearts or elsewhere - there we are to make war.”
 
Weet jy dat Jesus Christus dit gedoen het? Dat Hy vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde  gesê het dat groter magte as hulleself in en deur hulle aan die werk was?  Dat die haat, die aanslag en die fanatiese drif om Hom uit die weg te ruim, die haat, aanslag en fanatiese drif van duistere magte was wat hulle, die kerkmense as dié duistere magte se voetsoldate gebruik het:
 
Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: "Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen 'n rower?  Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie 'n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte (d.i. demoniese magte, nie mense nie) daar is, het julle (mense met die liggame van mense)  julle kans." — Luk 22: 52-53.
 
Jesus was in die tyd van die duistere magte gehoorsaam aan God, bereid om te sterf, sodat ons uit die duisternis gered kon word tot sy wonderbare lig. Hy het, in die nakoming van sy belofte aan Adam, in getrouheid aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob, in die duisternis van Godverlatenheid, lyding en die dood wat ons moes sterf, ingegaan, sodat ons deur sy oorwinning en gehoorsaamheid uit die domein van duistere magte bevry kon word, uit die geestelike Egipte, die plek van slawerny.
 
Hier is ons nou:  ons wat intieme kennis van bose magte, kragte, die leuen, die duisternis en die praktyke van die Bose, die wêreld en ons eie sondige natuur gehad het en kan onthou.
 
Self bly ons steeds ‘n haarbreedte van ons vorige tuisland af . En ons word beveel om met alles in ons teen boosheid te veg: boosheid in ons eie harte, boosheid in enige verhouding, boosheid in ons eie doen en late, boosheid in die gemeenskap en samelewing, boosheid in die Kerk, boosheid in die natuur, boosheid wat ons medemens laat ly, ontbering laat verduur, vernietig.
 
Daarom moet ons die volle wapenrusting van God aantrek, sodat ons staande kan bly om te veg.  
 
 
Volgende week gesels ons DV verder oor geestelike oorlogvoering.

Top Destinations for Expat Families 2016 — infographic

Kliek en kry: DIE GROOT OORLOG: GEESTELIKE OORLOGVOERING 1.

Die groot oorlog: geestelike oorlogvoering
 
Oorwinning in een spesifieke dimensie van geestelike oorlogvoering is volharding in liefde vir Christus.Volgehoue toewyding aan Christus is 100% oorwinning, selfs al sneuwel die oorwinnaar. In hierdie soort oorlogvoering word die aanvallers meer, die vyandelike magte sterker, die getalle van Christus se leërs kleiner, die toneel vir die Christendom donkerder. Die vyandelike leërs gaan uit geen land verdryf kan word nie. Geen streek of stuk aarde sal ooit vir die vyandelike leërs afgesper kan word nie. Geen staatshoof of militêre mag sal die rug van die vyande van die Kruis kan breek nie.
Maar die oorwinning is skouspelagtig.
Die getroues volhard, en die volharding in trou aan Christus is die oorwinning op grond waarvan die oorwinnaars die oorwinnaarskroon sal ontvang. — MM
 
Toe ek in die laer- en hoërskool was, is die Matriekseuns opgeroep vir diensplig. Hulle is Grens toe. Die Oorlog, die troepies, geskenkpakkies vir die (jong) manne op die Grens, nuusberigte oor skermutselinge en groot militêre operasies was aan die orde van die dag.
 
Hoe dankbaar is ons dat die Grensoorlog verby is.
This, too, belongs to the past, kan ons dalk sê.
 
This war won’t Pass.
Die Ander Oorlog duur voort: dié een tussen Lig en Duisternis, die mense van die Weg — dié wat in Christus is— en die vyande van die Kruis.  Jesus Christus het gesê:
 
Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.
 Pas op vir die mense. Hulle sal julle aan die geregshowe uitlewer, en in hulle sinagoges sal hulle julle gesel.  Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig.
Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê.
Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.
Die een broer sal die ander uitlewer om doodgemaak te word, en selfs 'n pa sy kind; kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak.
Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. As hulle julle in een dorp vervolg, vlug na 'n ander een toe. Dit verseker Ek julle: Julle sal sekerlik nie klaar wees met die dorpe van Israel voordat die Seun van die mens kom nie.
'n Leerling is nie hoër as sy leermeester en 'n slaaf nie hoër as sy eienaar nie.
'n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en 'n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie? — Matt 10:16-25.
 
Elkeen wat in verbondenheid met Christus leef, ervaar dus bespotting, teenkanting, aanvoelbare vyandigheid, aanslae van mense wat nie in verbondenheid met Christus leef nie.  Die media berig daarvan; op TV sien ons wat in Sirië,  Jemen, Egipte en in ander wêrelddele aan Christene gedoen word.
 
Ons kan ons oë nie daarvoor sluit nie.  Ons het met ‘n ideologiese oorlog, met ‘n geweldige aanslag teen die Christendom te doen. 
 
Ons kinders en kleinkinders sal nooit kan sê dat Oupa en Ouma destyds van ‘n aanslag teen die Christendom gepraat het en dat almal regtig bly is dat daardie oorlog nou verby is nie.
Die KERK sal volgens die Skrif in die oorlog teen die DRAAK bly.
 
... want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.  Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: "Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
Daarom, hemel en dié wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het." Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het.  Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.
Die slang het toe 'n stroom water soos 'n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het. Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. — Op 12: 9-17
 
Wat is oorwinning?
 
Wat is oorwinning in hierdie oorlog?  Dit beteken nie dat ons die Antichris en sy leërmagte uit ons land en elders sal kan verdryf nie. Oorwinning in die konteks van die Christendom beteken om innerlik, geestelik, emosioneel en spiritueel staande te bly.  Om die Drie-enige God te bly dien, om vrede en vreugde in Jesus Christus te bly ervaar,  om nooit op te hou om van Hom te getuig nie.  Om in verbondenheid met Hom, die Oorwinnaar oor sonde, dood en die Satan, te bly leef.  Om nie bang te wees om sy Naam voor ondervraers te verheerlik nie. Om marteling en teregstelling ter wille van Christus nie te vrees nie.
 
 
Dit is die styl, die doel, die aard en die werklikheid van die fisiese, sigbare, hoorbare oorlog tussen die mense van die Kruis en die vyande van die Kruis.  Die EEN oor Wie dit gaan, is Jesus Christus.
Die Aanvoerder van die leër vir Jesus Christus en die Kruis is Jesus Christus Self.
 
Op 6:2  Ek het gesien: daar was 'n wit perd. Sy ruiter het 'n pyl en boog gehad. 'n Oorwinnaarskroon is aan hom gegee, en hy het as oorwinnaar uitgegaan om nog verder te oorwin. 
 
Hierdie oorlog is klaar beslis.  Dit is ‘n oorlog waarin die oorwinning reeds aan die Kruis en in die tuingraf behaal is.  Dit is die oorlog wat fel is en feller word. Dit is die oorlog wat sonder verbittering, sonder haat, in onvernietigbare liefde van Christus deur gelowiges wat in elke opsig daarop voorbereid en daarvoor bewapen is, gevoer word en gevoer moet word.  Dit is  die oorlog waarin Christene vervolg en doodgemaak word, maar waaruit hulle in Christus in heerlikheid uit die dood lewend gemaak word.
Dit is een dimensie van ons oorlog in Christus, die een waaroor die media berig. Die een waarvan ons beeldmateriaal sien: verwoeste stede, geboeide martelare, gruwelike teregstellings van Christene, medegelowiges wat word soos wat dit in Heb 11 beskryf word:
 
 
Heb 11:36 -40:  Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel.  Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe.  En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie,   omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie.
 
SO lyk dié oorlog
Hierdie oorlog is fisies, bloedig, wreed, lewensgevaarlik en afskuwelik.
 
CEV: Many of these people were tortured, but they refused to be released. They were sure that they would get a better reward when the dead are raised to life.  Others were made fun of and beaten with whips, and some were chained in jail. Still others were stoned to death or sawed in two or killed with swords. Some had nothing but sheep skins or goat skins to wear. They were poor, mistreated, and tortured. The world did not deserve these good people, who had to wander in deserts and on mountains and had to live in caves and holes in the ground.  All of them pleased God because of their faith! But still they died without being given what had been promised.  This was because God had something better in store for us. And he did not want them to reach the goal of their faith without us.
 
Oorwinning is nie dat die vyandelike leërs so verslaan word dat hulle vlug of die aanslag staak nie. Oorwinning is troue volharding en volharding in trou aan Jesus Christus.
So staan dit in die boek OPENBARING:
 
Op 2:3-4:  Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.  Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.
Op 2:7: Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.
Op 2:10-11  Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.  Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie.
Op 2:13  Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie.
Op 2:24-226: Ek lê op julle geen ander verpligting nie;   hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.   Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.
Op 3: 10-12:   Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.  Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.
Op 3:12  Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal vir altyd daar bly. Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die hemel uit afkom. En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe.
 
HOE OORWIN ONS?
 
Hoe oorwin ek en jy en die Kerk in hierdie oorlog?  Hoe bly ons in Christus veranker, hoe staan ons vas, hoe moet ons maak om te kan bly vashou wat ons het, naamlik die geloof, die blydskap, die sekerheid en die vrede in Christus?  Ons vind die antwoord in Openbaring 12.
 
 
Hulle (Elke oorwinnaar in hierdie oorlog) het self die oorwinning oor hom (die Satan, sy magte, elke anti-christelike en vyandige aardse aanvaller) behaal danksy die (Goddelike, magtige, reinigende oorwinnaars-) bloed van die Lam en die boodskap (van God se liefde, ontferming in Christus) waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
 
Oor hierdie oorlog sing die geloofsgemeenskap al baie, baie jare lank:
 
“I ask them whence their victory came.
They, with united breath,
Ascribe their conquest to the Lamb,
Their triumph to his death.”
 
Dit is ons oorlog, en oorwinning is
  • volharding in getrouheid aan Jesus Christus.
  • Oorwinning is liefde vir Jesus Christus wat dieper word, meer toegewyd word, meer vreugdevol word, meer bereid om vir Hom te ly. 
  • Oorwinning is om in hierdie verskriklike en skrikwekkende wêreld te getuig:  Jesus Christus is my Herder, my Lig, die Weg, die Waarheid en die Lewe.  Hy is die Christus, die Seun van die lewende God, en die saligheid is in niemand anders as in Hom te vind nie.
 
                                
Is dit  geestelike oorlogvoering?
Sekerlik.  In ons gees en hart is ons tog almal bang vir dié wat die liggaam kan martel en doodmaak.  Om aan geweld en ongebreidelde vyandigheid en haat blootgestel te word, raak sowel ons liggaam en gees.  Geweld wat ons liggame tref, veroorsaak ‘n innerlike stryd in ons gees, waar niemand behalwe God kan sien nie.
 
Ja, die sigbare aanslag teen die Christendom het ‘n enorme geestelike komponent.  Daar woed oorlog tussen die Gees en die vlees in ons.
Daar is ‘n stryd tussen trou en ontrou, lojaliteit en verraad, vrede en vrees, volharding en die prysgawe van geloof in ons, net soos wat die stryd tussen elke ander drang van ons sondige natuur en die beheersing en wil van die Gees in Gal 5:17-25 beskryf word.
 
Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.
Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.
 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring,
afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,  nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. — Gal 5: 17-25.
 
Ja, wanneer vervolging en dreigemente van anti-Christelike magte kom, begin daar ‘n oorlog binne-in ons, ’n geestelike oorlog.  Ons behaal die oorwinning van volharding deur die bloed van die Lam, deur die Woord en deur ‘n oorgawe aan Christus wat so volledig is, dat ons bereid is om in hierdie lewe vir Hom te sterf.
 
MAAR...
Maar daar is ook ‘n ander faset van die oorlog.  Dit is die stryd teen magte wat nooit op TV gesien kan word nie, teen onsigbare aanvallers. En dié dimensie daarvan word in Ef 6 beskryf:
 Ef 6:12  Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
 
Daaroor gesels ons DV in afdeling 2 verder.
 
 
 

Kliek en kry: DIT IS VOLBRING

 

Dit is volbring...
vir almal op dieselfde glybaan
  I die hard but am not afraid to go.— George Washington, US President, sterfdag, 14 Desember 1799
 
Die drie geweldigste woorde, die drie woorde waarsonder geen enkele mens enige toekomshoop sou hê nie, kom voor in die Skrifgedeelte wat ons vandag met mekaar deel.
Die drie woorde waarsonder geen enkele mens God sal sien nie, is in Joh 19:16-30 te vind.
Die drie woorde waarsonder geen enkele mens ooit met God versoen sal word nie, ooit in vrede sou kon leef of sterf nie, galm uit Joh 19:16-30.
Die drie woorde waarsonder geen gesonde mens, geen persoon met kanker, motor-neuron of enige ander lewensbedreigende siekte, geen tiener in die fleur van sy lewe, geen bejaarde of geen pasgebore baba enige rede vir hoop, blydskap, lofprysing, aanbidding en ‘n lewe van heiligmaking en gemeenskap met God sou hê nie, straal en skyn soos lig uit Johannes 19:16-30.
 
Hoor of sien jy die drie woorde?
  
Die drie woorde
Joh 19:16-30
 Toe het hy Hom op hulle versoek oorgelewer om gekruisig te word, en hulle het Jesus weggeneem.  Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota.  Daar het hulle Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die middel.
 Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit aan die kruis gesit. Daar het geskrywe gestaan: "Jesus van Nasaret, die Koning van die Jode."
 Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was. Die opskrif was in Hebreeus, Latyn en Grieks.
  Die priesterhoofde van die Jode het toe vir Pilatus gesê: "Moenie skrywe: 'Die Koning van die Jode' nie, maar skrywe: Hy het gesê: Ek is die Koning van die Jode."
 Pilatus het vir hulle gesê: "Wat ek geskrywe het, het ek geskrywe."
 Toe die soldate Jesus dan gekruisig het, het hulle sy boklere gevat en dit in vier dele verdeel, vir elke soldaat 'n deel. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef.
 Hulle sê toe vir mekaar: "Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry." Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word waar dit sê: "Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en vir my kleed het hulle geloot." Dit is wat die soldate gedoen het.
  By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan.
  Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: "Daar is u seun."
  Daarna sê Hy vir die dissipel: "Daar is jou moeder." Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.
 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: "Ek is dors."
  Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou.
  Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: "Dit is volbring!" Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
 
Daar is hulle, die drie woorde waarom alles wat saak maak, in jou lewe draai:
“Dit is volbring.”
Daar is die drie woorde wat waarborg dat elkeen wat in Jesus Christus as enigste Verlosser glo,
  • toekomshoop het
  • God sal sien
  • met God versoen is
  • elke denkbare — of net EEN—rede vir hoop, blydskap, lofprysing, aanbidding en ‘n lewe van heiligmaking en gemeenskap met God het.
Daar is die drie woorde wat soos lig uit Johannes 19:16-30 straal.
 
Almal op dieselfde glybaan
Joost van der Westhuizen, die rugbylegende, se heengaan is gister bekendgemaak. Hoe gaan ons harte uit na sy naasbestaandes. Hoe pynlik was dit om die voorafgaande progressiewe aftakeling van sy eens pragtige, gesonde liggaam op foto’s en in die media te sien. Hoe baie gebede gaan daar nie nou vir sy geliefdes op nie!
 
Ek en jy is natuurlik in dieselfde posisie as elkeen wat hierdie week oorlede is. Ons progressiewe beweging in die rigting van ons sterwe mag dalk net nie so sigbaar wees nie, maar ons is onstuitbaar, geheel en al onvermydelik, finaal en onomkeerbaar op die glybaan na ons eie sterfdag, sterfbed, sterwensuur. Niemand kan dié uur uit sy lewe haal nie. Niemand kan hom/haar met geld daarvan loskoop nie. Niemand kan ooit sê: “Dit gaan nie met my gebeur nie.”  Daar is net twee ononderhandelbare finaliteite in die lewe van elke mens: hy/sy is gebore en hy/sy sal sterf.
 
In die ou-ou tyd, kort ná die sondvloed, het Job in skreinde, digterlike woorde oor doodgaan gepraat of geskryf:
 
 Vir 'n boom is daar nog hoop; al is dit afgekap, kan dit weer uitloop, en sy lote sal aanhou groei. Al word sy wortels oud in die aarde en al gaan sy stam dood in die grond, spruit hy weer uit as hy net water ruik, en groei sy takke asof hy pas geplant is.
Maar die mens sterf en verdwyn, hy blaas sy laaste asem uit, en waar is hy?
 Soos water uit die see verdamp, en 'n rivier opdroog, so ontslaap die mens en staan nie weer op nie; totdat die hemel nie meer daar is nie, sal hy nie wakker skrik nie, nie weer wakker gemaak word nie. — Job 14: 7-12.
 
Job het veel minder van Jesus Christus se koms na die aarde geweet as wat ons van die dag en uur van sy Wederkoms weet.  Ons weet Christus kom weer:  ons wonder wanneer dit sal wees.  Ons verlang na sy tweede koms in heerlikheid.
 
As Job iets van God se genadebelofte aan Eva geweet het — hy het volgens Skrifkenners nog voor Abraham en die verbondsbeloftes in Gen 12 en 17, eeue voor  Dawid, Jesaja en Miga geleef —  kan ons ons nie indink dat hy helder en duidelik sou verstaan dat God sy Seun na die aarde sou stuur nie.
Ja, daar was oomblikke in Job se lewe waarin hy geglo en bely het dat daar lewe na die dood is. Maar in Job 14:7-12 praat Job soos wat biljoene mense op aarde nou praat:
 
 
Soos water uit die see verdamp, en 'n rivier opdroog, so ontslaap die mens en staan nie weer op nie; totdat die hemel nie meer daar is nie, sal hy nie wakker skrik nie, nie weer wakker gemaak word nie.
 
Is dit so?
Nee.  Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy gesê:  “Dit is volbring.”
Dit is afgehandel.  Dit is gedoen en voltooi.
 
Wat was afgehandel?
  • Christus se tyd op aarde waarin Hy vir ons kom sê het dat Hy en die Vader EEN is, was afgehandel.
  • Sy tyd op aarde waarin die genade van God aan sondaars openbaar is, was afgehandel.
  • Sy tyd op aarde waarin die mens die beliggaming van God in sy Seun kon sien, was afgehandel.
  • Sy tyd op aarde waarin Hy as die gesalfde Verlosser, die enigste Redder en Hoop van die mensdom opgetree, onderrig, geleef, gedien en gesterf het, was afgehandel.
  • Sy tyd op aarde waarin Hy Homself as die Weg, die Waarheid, die Lewe, die goeie Herder, die Fontein van die lewe, die ware Wingerdstok, die Lig, die Opstanding en die Lewe, die Groot Geneesheer, die Bron van al ons vreugde en al ons vrede aan die mensdom kom bekendstel en openbaar het, was afgehandel.
  • Die onherhaalbare, eenmalige tyd van God in menswees beliggaam, was verby.
 
Dit is afgehandel, volbring, voltooi, gedoen, sodat ons kan sê en vas en seker kan weet:
 
  • Ja, ek is onstuitbaar in hierdie plek van sterwendes op pad na my sterwensuur.
  • Maar wat ek gaan beleef, wat my geliefdes sal sien, sal net die verval en die dood van omhulsel van my siel en gees, my ware menswees wees.
  • Wat ek gaan beleef en wat my geliefdes sal sien, sal soos die disintegrasie van ‘n kokon, soos die afval van blare en dooie takke aan ‘n boom, die totale verlies van alle weefsel, liggaamstelsels, bloedvate, organe, my skelet en my aardse vermoëns, mag, invloed, swakhede, vrese, behoeftes, ideale, begeertes en vaardighede wees. 
In Christus, in Hom alleen, sal vir die gelowige wat in Hom alleen glo, gebeur wat in  1 Kor 15: 53-58 staan. Job het hierdie sekerheid nie gehad nie.  Ons het dit, omdat Christus drie woorde aan die kruis uitgeroep het:  Dit is volbring.
In Christus, deur sy gehoorsaamheid en lyding, deur sy dood en opstanding, sal met jou en my wat in Christus is, gebeur wat in  1 Kor 15: 53-58 staan.
 
 
Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.
En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: "Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal."
"Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?"
Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.
Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.
Daarom, liewe broers (en sussie in die Here) wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
 
Dit is volbring, en ons sal lewe, al het ons ook gesterf.
 
Grafika: https://za.pinterest.com/pin/148337381447112639/
 

Kliek en kry: VIER GEMENE DELERS

VIER GEMENE DELERS
 
Misdaadslagoffer, honger mense, getraumatiseerde apostels… wat is die gemene delers?
 
Die meeste van ons woon, werk en leef  in Suid-Afrika. Ons moet fisies, finansieel, emosioneel en spiritueel oorleef in ‘n misdaad-, dwelm-, korrupsie-, gefolterde land. Geeneen van ons kan sê dat ons veilig voel, goed genoeg beveilig is en waarborge het dat misdaad, roof, ‘n kaping en die daarmee gepaardgaande emosionele nood, trauma, skok en radeloosheid ons nie gaan tref nie.
 
Sommige van ons land se gelowiges woon in Manenberg of ander dwelmbende-geteisterde buurte op die Kaapse Vlakte. Soms, dink ek, moet dit vir hulle voel asof hulle op die voorstoep van die hel woon.
O, HERE, ons bid vir ons geloofsgenote, u kinders, wat hulle kinders daar tussen die bendes, die meedoënlose geweldenaars, moet grootmaak en die geloof moet behou! Help hulle asseblief!
 
Sommige van ons was verlede jaar of in hierdie vars, jong jaar reeds die slagoffers van misdaad. Ons eie lewe is pas op ingrypende wyse daardeur geskud.  ‘n Paar dae lank het ons soos skipbreukelinge gevoel: soos oumense, mind you, wat ná ‘n skipbreuk in ‘n geskokte, gehawende toestand aan land kom.
O, HERE, ons bid vir u kinders wat soveel skokke en trauma in ons land ervaar. Ek bid vir elkeen wat weier om aan hierdie wêreld gelykvormig te word, elkeen wat hard werk en eerlik leef ... en dan deur boosheid, geweld, misdaad en plundering getref word. Help hulle asseblief!
 
 
Die volgende drie Skrifgedeeltes — een oor honger volgelinge van Jesus, een oor ‘n beroofde man en die laaste een oor getraumatiseerde apostels — het ten minste vier  dinge met mekaar in gemeen.
Wat, dink jy, is dié gemene delers?
En is dit wat jy raak hoor, van belang in jou en my leefwêreld?
Is dit van belang in die skrikwekkende, onveilige, misdaadgeteisterde Suid-Afrika van ons tyd?
 
Honger mense, Joh 6: 1-14:
 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word.  'n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het.
Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit. Die paasfees van die Jode was naby.
Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: "Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?"
Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.
 Filippus antwoord Hom toe: "Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie."
'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom:  "Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?"
Toe sê Jesus: "Laat die mense gaan sit." Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend.
Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê.
Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: "Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie."
Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het.
 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: "Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom."
 
Misdaadslagoffer,  Luk 10:25-37
Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"
Jesus sê vir hom: "Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?"
Hy antwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."
"Jy het reg geantwoord," sê Jesus vir hom. "Doen dit en jy sal die lewe verkry."
Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: "En wie is my naaste?"
Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: "Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee.
Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby.
Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby.
Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry.
Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg.
Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: 'Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.'
Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?"
Die wetgeleerde antwoord: "Die man wat aan hom medelye bewys het." Toe sê Jesus vir hom: "Gaan maak jy ook so."
 
Getraumatiseerde apostels,  Handelinge 4: 23-35
Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het.
Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: "Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.
En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam?
Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.
Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is, en hulle het alles gedoen wat U vooruit beskik en besluit het.
En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus."
Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.
Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.
Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal.
Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring 
en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte.
 
Misdaadslagoffer, honger mense, getraumatiseerde apostels… wat is die gemene delers?
 
  1. In elke geval het ons met ‘n noodsituasie te doen. In die eerste geval is dit besig om donker te word, en duisende volgelinge van Jesus ervaar hongerpyne. Hulle was nie net geestelik en emosioneel honger nie — dié honger het JESUS gestil. Hulle is honger soos wat alle lewende dinge honger word. Hulle het kos nodig:  brood, vis, vleis, groente, vrugte, wat ook al.  In die tweede geval is die beroofde reisiger in pyn, verwond ná geweldsmisdaad.  Hy bloei aan sy liggaam, hy is getraumatiseer, waar hy lê, het hy net die klere aan sy lyf oor. Ons weet nie hoeveel hy by sy huis gehad het nie, maar op die eensame pad tussen Jerusalem en Jerigo het hy geen reserwes, geen geld, geen middele nie. In die derde geval is Petrus en Johannes in die noodsituasie van vervolging, dreiging, onafwendbare keuse. Moet hulle hulle verder aan soveel vyandigheid blootstel?  Moet hulle getrou bly aan hulle opdrag? Kan hulle hoegenaamd hulle roeping en opdrag as apostels bly uitvoer?  Hoe op aarde moet hulle die hoop behou terwyl hulle toekoms so gaan lyk, juis en uitsluitlik omdat hulle deur Jesus Christus gebruik moet word? Juis omdat hulle sy Naam moet en wil verheerlik?
  2. In elke geval voorsien God mense wat iets het wat juis in daardie spesifieke noodsituasie nodig is.  In die eerste geval is daar ‘n seuntjie met vyf broodjies en twee vissies. In die tweede geval is daar ‘n Samaritaan wat sy oë, ore en hart deur Goddelike erbarming laat aanraak. Hy het geld by hom, en lappe en wyn en olie waarmee hy die beroofde man se wonde kan behandel en verbind. Hy het ‘n rydier waarop hy die beroofde man kan laat ry.  In die derde geval het Petrus en Johannes hulle medegelowiges: ‘n groep mense wat die HERE kan, saam tot Hom roep, vir hulle voorbidding doen,   Hulle het hulle medegelowiges wat nie reageer soos wat die wêreld sou reageer nie, maar wat saam met hulle na die wil van God in hulle noodsituasie soek.  Hulle het hulle medegelowiges wat dit nie eens oorweeg om omdraai en wegdraai van die geloofspad af voor te stel nie. Nee, hulle medegelowiges bid vir verdere geloofsvrymoedigheid, vir genesing, vir tekens en wonders — dus vir die verheerliking van Christus — en ‘n kragtige getuienis te midde van en deur al die slegte dinge wat Petrus en Johannes oorgekom het.  Eenvoudige mense staan saam, kniel saam, bid saam in geloof. Eenvoudige mense glo saam dat God by magte is om dié wat skrikwekkende dinge deurgemaak het, wonderlik vorentoe te gebruik.
  3. In elke geval het mense iets vir die persoon/persone in nood gegee en gedoen.  Dat mense betrokke sou wees by wat God doen, is ononderhandelbaar. God het nood in triomf verander, en Hy het mense gebruik om die verandering teweeg te bring.  Die seuntjie moes sy padkos vir Jesus gee om iets mee te doen. Die Samaritaan moes sy geld, olie, wyn, lappe en eie rydier tot sy verwonde medemens se beskikking stel.  Die klein gemeente in Jerusalem moes daar wees vir Petrus en Johannes. Hulle moes luister, hande vat, saamwees voor God, werkstyd, gesinstyd, eie planne vir die dag prysgee, sodat hulle vir hulle twee medegelowiges, die twee apostels, by God kon intree.   
  4. In elke geval is daar ‘n wending, só soet en só onvergeetlik, só groot en só heerlik, dat ons tot vandag toe daardeur geïnspireer, bemoedig en in ons geloof en hoop versterk word. ‘n Groot skare word gevoed.  Hulle gaan huis toe as mense wat God sien werk het, mense wat deur Christus met sy almag te doen gekry het. Die beroofde man herontdek genade, erbarming, ontferming, dat enigiemand vir hóm van alle mense kan omgee. Dat God sy gekerm gehoor het en hom in die lewe gehou het.  Die getraumatiseerde apostels staan deur die gebede van medegelowiges op uit wat hulle ook al mee geworstel het. Hulle is nie meer verpletter nie. Hulle vrees nie meer die toekoms nie. Hulle gaan voort met hulle opdrag... en God maak dit meer geseënd, kragtiger as wat hulle ooit voorsien het!
 
Is hierdie vier gemene delers van belang in ons land?
Is dit van belang in jou eie lewe en vir ander?
Jy weet dat jy in hierdie oomblikke in die waarheid inkyk.  Dat jy die volle prentjie sien.
  • Ons beland in noodsituasies. Ander beland daarin. 
  • Jy het iets wat iemand anders in sy noodsituasie nodig het, of iemand het iets wat jy in jou noodsituasie nodig het. 
  • Waar nood is, wil God jou laat instap met jou iets, die ding wat jy kan gee of doen.  As jy in nood is, wil God hê dat jy die ding wat iemand anders vir jou kan gee of doen, sal aanvaar.
  • Wat jy gee of doen of aanvaar, sal ‘n wending bring:
... só soet en só onvergeetlik, só groot en só heerlik, dat jy en ander, jou kinders en jou vriende, daardeur geïnspireer, bemoedig en in ons geloof en hoop versterk sal word.
En God sal in alles verheerlik word.
 
 

Kliek en kry: DONALD TRUMP: DIE NUWE GESIG VAN DIE CHRISTENDOM

DONALD TRUMP:  DIE NUWE GESIG VAN DIE CHRISTENDOM

Almal van ons hoor die besprekings, die analises, die berigte oor die nuwe man in die Withuis  oor die radio.  Tienduisende van ons het die  Amerikaanse Presidentsverkiesing met verbystering gevolg.  Ons het nuwe woorde en slagspreuke leer ken: Post-Truth. The greatest job-creator God has created. Locker Room talks. Let’s make America great again. Ons het TV-omroepers sien skarrel en redeneer en rondtas.

Ons kyk van ver af toe.

Ons sien Christene hande klap en dankgebede bid.

Noudat die Withuis nuwe inwoners het, hoor en ontvang ons ook gereelde tweets, internetskakels en beriggewing dat die VSA ‘n nuwe era van konserwatiewe Christelike waardes binnegaan. Hoeveel van die berigte waar is, weet ons nie, hoeveel hype ons hier kry, kan ons nie bepaal nie.  Ons lees en verneem dat die gebedsmatjies vir Moslems uit die Withuis verwyder is, dat ‘n bepaalde gebedskamer wat deur Moslembesoekers gebruik is, nie meer in gebruik sal wees nie. Baie Christene voel bly hieroor en dank die Here vir die feit dat die nuwe Amerikaanse President Christelike waardes en die Christelike geloof onderskryf.

Ons sien die protesoptogte in wêreldstede, en hier het ons met die teenpool te doen.

Miljoene mense protesteer om tientalle redes teen die nuwe Amerikaanse President en teen wat hy volgens die protesteerders verteenwoordig.  Vir miljoene is hy ‘n man wat min respek vir vroue het; ‘n president wat gay, lesbiese en transseksuele mense onmenswaardig gaan behandel, eie ekonomiese belange gaan bevorder, geen begrip van die impak van klimaatsverandering het nie, Christelike waardes — of dié wat hom pas— in mense se kele gaan afdruk, alliansies met die verkeerde lande gaan vorm en die VSA soos ‘n skip met ‘n defekte roer in stormwaters gaan laat beland.

Die Jode is bly oor die nuwe Amerikaanse President se besluit om die Amerikaanse Ambassade in Israel na Jerusalem te verskuif.  Jerusalem word dus nou deur die VSA as hoofstad van Israel erken.

Konserwatiewe politieke groepe in Europa, Engeland ná Brexit... nuwe politieke groeperings vind nuwe aanklank by die VSA.  Rusland en die VSA beweeg nader aan mekaar;  alliansies en gesindhede verander.

 

En dan is daar die tans swyende ideologiese groepering van die Arabiese wêreld en volgelinge van Allah en die Profeet in elke land en op elke kontinent van die aarde.

Vir hierdie groepering, spesifiek, is die nuwe Amerikaanse President die gesig van die Christendom. 

Hierdie groepering betrag die nuwe Amerikaanse President met aandag en sien vir jou en my. 

Hoe op aarde kan enige mens so-iets beweer?

Die konsep wat daar in die Moslem-wêreld aangaande Christene bestaan, het verlede jaar met die publikasie van 558 DAYS/558 DAE, Pierre en Yolande Korkie se onverdunde, absoluut waarheidsgetroue gyselaarsverhaal, in ons land ingesypel. Ek was o.a verantwoordelik vir die vertaling van die werk in Afrikaans.  Ek onthou die skok wat ek beleef het toe ons met die boek besig was en ek vir die eerste keer besef het hoe radikale Islamitiese groepe die Christendom beleef.

Kom ek hou ‘n uittreksel uit 558 DAE aan jou voor:

Die bestuurder se assistent draai skielik na ons toe, sy gesigsuitdrukking dié van 'n man wat 'n onmiddellike antwoord verwag:

”Muslimeen ow Nasara?”

Moslems of Christene?

 “Nasara” het ons gelyktydig geantwoord en innerlik gekreun.  Na vier jaar in Jemen het ons  verdrietig geweet dat elke individuele Christen vir Moslems die verpersoonliking van die woord Nasrani was, 'n  woord wat aan die buitekant 'n mooi en waardige klank het, maar van binne gekontamineerd is.  Hulle definisie van Nasara, die meervoudsvorm van Nasrani, raak aan die beliggaming van 'n lewe wat die Naam van God oneer aandoen en losbandigheid impliseer.

 Die lewe in Jemen het ons oë vir hierdie werklikheid geopen.  Ons het begin verstaan wat die Nasara  — die Christene van die wêreld — doelbewus of sonder voorbedagte rade  — aan ander gedoen het. Die geskiedenis is bevlek met skandelike dade van die Nasara. Die skande duur voort en manifesteer in Oh my God Hollywood stopwoorde en in die propagering van seksuele en ander immoraliteite. Ons is gebrandmerk deur die immorele keuses van ander wat as volgelinge van Christus bekend gestaan het. In die oë van ons ontvoerders was ons nie slegs die draers van hierdie definisie nie. Hulle het ons beskou as verteenwoordigend van almal wat die woord Nasara oneer aandoen.

Een van hulle het 'n musiekkasset in die gleuf van die kassetspeler gedruk. Die musiek het soos slegte nuus op ons ore geval, soos 'n boodskap waarmee ons lot beklink is.  Vir hulle was dit gevul met bemoediging vir volharding in die lewe “fi Sibil’allah”wat hulle gekies het: 'n wandel en lewe op die weg van Allah. Vir hulle, die getroues op die weg van Allah, het die musiek beloftes uitgesing. 

Hulle het na 'n plaaslik vervaardigde promosiekasset geluister waarvan die musiek vir die nashid  van die Ansar al Sharia, die Jemeense vertakking van Al Qaeda in die Arabiese Skiereiland gekomponeer is. In a capella-styl en begelei deur aanhoudende geweerskote en Allahu Akbar's  het hulle gedreunsing van beloftes wat daar op die shaheed wag, dié wat die aarde reinig van  infidels.  

Allahu Akbar. God is groot, ja, groter.

Salig is die mujahideen fi sibil’allah. Aan die seëninge wat die martelare op die weg van Allah sou ontvang, was daar geen einde nie.

 

WAT HET ISIS, AL QAEDA, DIE TALIBAN EN ISLAM TEEN DIE CHRISTENDOM?

  1. Wie ons as God bely. Vir Islam is Allah die Naam van die Allerhoogste.

Vir ons is  JAHWEH, EK IS, die God van die Verbond, die God van die Ou en Nuwe Testament, die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die God van die Bybel.  Die enigste ware God, die Lewende. 

  1. Die weg wat ons as die Weg van Saligheid verkondig. Vir ons is daar geen ander Naam waardeur die mens gered kan word nie, as die Naam van Jesus Christus. Vir ons is die saligheid om God in hierdie lewe en tot in alle ewigheid te ken, naby Hom te wees, saam met Hom in die lewe anderkant die dood te wees.

Vir ekstremistiese Islam-groepe is daar net een weg, en ek haal vir u aan uit 558 DAE: Die sjeik was gereed met ‘n ideologies gefundeerde antwoord. Hy het onwrikbaar gebly: jihad fi sibil’llah is die enigste manier. Allah subhanuhu wa ta’ala bemin slegs dié wat as martelare sterf. 

  1. Ons het dit verlede week gesê, en ons haal weer die Skrif aan oor wat in die hemel van die Skrif gebeur: oor Wie vir ons die Middelpunt sal wees:

Op 7:9-17: Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: "Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!" Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid en gesê: "Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!"

Een van die ouderlinge vra toe vir my: "Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?"

"Ek weet nie, Meneer," sê ek vir hom, "maar ú weet." Hy sê toe vir my: "Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en 'n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog."

 

Vir radikale Islam is die saligheid die saligheid van die Qu’ran: ‘n paradyslike bestaan waarin daar geen ongerief, geen onvervulde behoefte in die lewe van die verloste (en spesifiek die Moslem-man wat die weg van Allah en die leer van die Profeet gevolg het) nie.

 

  1. En een van die allergrootste probleme wat Islam met die Christendom het, is ons onheilige, sedelose, korrupte, materialistiese, pragmatiese, liberale leefstyl. Islam sien die VSA as die oerbron van alle onheiligheid, sedeloosheid, immoraliteit, korrupsie, leuenagtigheid, materialisme, afgewaterde godsdiens, menswees in ‘n Westerse vryheid wat met alle godsdienstige voorskrifte bots. 

Om te sê dat Islam die nuwe gesig van die Christendom in DONALD TRUMP as verteenwoordigend van Westerse denke, visie en lewensdoelwitte sien,  is nie vergesog nie.  En op geen wyse kan enigeen van ons, waar in die wêreld ook al, ons ooit van hierdie persepsie van Islam as vyande van die Kruis distansieer nie.

  1. Islam het ons gedrag, ons leefstyl, ons materialisme, ons immoraliteit, die wese van ons trou en gehoorsaamheid aan God teen ons.  Islam het die  oneer wat ons die Naam van Allah aandoen, teen ons.

Ons bely (egter) dat ons JAHWEH, die God van die Verbond, ons God noem.  Dat Jesus Christus ons Heer en Verlosser is. Goed, dan, sê Islam.  Is dit die Christus-gelykvormige leefstyl wat julle God goedkeur?  Watter  skandelike woorde, dade, leefwyse, uitsprake, keuses en onmenslikheid jeens ander sien ons nie in julle nie?

Watter verfoeilike godsdiens! Watter kettery, watter immorele, vieslike, verwerplike leer is die leer van die Christendom dan nie!

Wat staan ons as Christene nou te doen?

  1. Laat ons selfondersoek doen. Met watter soort godsdiens is ons besig?  Hoe lyk ons lewenswandel?  Die Skrif sê:

En nou het ons nog iets anders om van julle te vra, broers. Julle het van ons geleer hoe God wil hê julle moet lewe. Julle doen dit ook, maar in die Naam van die Here Jesus versoek ons julle dringend: Lê julle nog meer daarop toe.

Julle ken die voorskrifte wat ons op gesag van die Here Jesus aan julle oorgedra het.

Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid.

Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe;

julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.

Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys.

God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe.

Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net 'n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het. — 1 Tess 4:1-8.

 

EN:

Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,  nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.

 Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. — Gal 5:19-25.

 

2. Pierre en Yolande Korkie het ook by een van die allerbelangrikste dinge in die hedendaagse Christelike lewe uitgekom.  Ons haal aan uit 558 DAE:

Oproepe tot gebed het van die moskee af opgeklink en hulle het besig geraak met die voorgeskrewe was- en reinigingsprosedures.

Maar met een maand van gyselaarskap agter die rug, het ons weer in ons worsteling met die Here onder die besef gekom dat sy weë anders as ons s’n is, sy gedagtes anders as ons gedagtes.  Vir Hom gaan dit oor die ewigheid; as aardbewoners het ons nog kortsigtig aan iets anders vasgeklou. Slegs deur ‘n beproewing soos dié waarin ons ons bevind het, het my en Pierre se oë oopgegaan vir die kraaines van verdienstelike — maar wêreldse en verbygaande — doelstellings waarin ons was. Ons het te verknog geraak aan die aarde, wat eintlik maar net ‘n tydelike deurgangstasie na die ewige eindbestemming is. Soos wat die baarmoeder slegs ‘n deurgangsplek vir ‘n baba is — hy moet tog onvermydelik aanbeweeg en in die ruimte van die aarde inbeweeg — so is die aarde soos ‘n baarmoeder van voorbereiding en verandering vanwaar die mens sy ewige bestemming binnegaan: hemel of hel.

Terwyl ons daar saam gebid het, het albei van ons die Skrifwoord in Mattheus 5 onthou: Bid vir julle vyande. Bid vir dié wat julle mishandel.

Beteken mishandel dan nie presies dieselfde as misbruik nie, Here?

Ons het in ons vier spore vasgesteek. Die Here verwag sekerlik nie van ons om vir Al Qaeda te bid nie? Wie op aarde bid vir terroriste? Definitief nie óns nie, het ons vir mekaar gesê. Ons het dit nog nie eens oorweeg om vir hulle te bid nie. Ons gebede en smekinge was op familie en vriende gefokus, op regerings en eksamens. Ons het voorbidding gedoen vir dié wat honger, behoeftig, siek en verlore was. Maar, eerlikwaar:  om van ons te verwag om vir dié te moet bid wat ons teen ons sin aanhou en geld vir ons vrylating eis, was te veel gevra. Voorbidding vir hulle wat my en Pierre, ons kinders en families soveel emosionele pyn aandoen...?  Hulle was dan doelbewus besig om ons te misbruik! Om van die ander onnoembare dade waaraan hulle skuldig is, nie eens te praat nie!  Dit is mos nie rég nie, Here! Hulle verdien nie ons gebede nie.

Maar dit het nie oor ons gegaan nie, ook nie oor ons definisie van reg en verkeerd nie. Of hulle waardig genoeg in ons oë was, was nie ter sake nie. 

Dit het oor God se wil vir verlore mense gegaan. Hy is die God wat vreugde daarin vind om die mensdom uit die koninkryk van duisternis te verlos. Dit is sy begeerte dat niemand verlore moet gaan nie, maar dat almal gered en in die Koninkryk van Lig ingebring moet word. Dit het oor dié God gegaan wat soos ‘n vader op die terugkoms van sy verlore seun wag en na die verste horison tuur om die kind wat uit hom gebore is, weer in sy arms te kan toevou.  Ons het ontdek dat ons ‘n God aanbid in Wie daar ‘n verterende passie is om die hele mensdom uit die hel te hou. 

Ons was oortuig. Nou het ons verstaan dat ons nooit moes oordeel of besluit of enigiemand voorbidding waardig is nie.  Dit was nie vir ons om klippe op te tel en te gooi nie.  Ons het immers self eenmaal skuldig en sonder hoop op die grond in die stof gesit. Ons was verlore, en is gevind — nie omdat ons so ‘n soeke verdien het of minder sondig as ander sondaars was nie, maar deur die verstommende genade van ons Here!

O, hoe het ons daardie oggend ons onwilligheid om vir terroriste voorbidding te doen en die hardheid van ons harte, berou! Hoe het ons toe nie vir die broers in Al Qaeda by die Here ingetree nie. Ons het vir hulle gebid soos vir eie familie. Wees hulle asseblief genadig, Here, want só is U.

 

Die Islamitiese wêreld sien die nuwe Amerikaanse President as die gesig van die Christendom. 

Geeneen van ons weet wat in die nuwe VSA president se hart en siel aangaan nie. Ons ken die diepte van sy toewyding aan God, sy verhouding met Jesus Christus glad nie.  Maar ons weet hoe ons is.

Ook ons is die gesig van die Christendom, dag na dag, uur na uur.

Here, help ons om ons lig so te laat skyn voor die mense, dat hulle ons goeie werke kan sien en ons Vader wat in die hemel is, sal verheerlik.

  

Nog uittreksels uit 558 DAE deur Yolande Korkie, CUM Uitgewers.

Alles in Jemen en in die Midde-Ooste gaan oor eer of skande. 'n Vrou se gesig mag nie gesien word nie, want deur haar gesig vir ander te ontbloot, bring sy skande oor haar man.

Wat jy doen, my seun, bring skande oor jou familie. Jy vertrap die naam en eer van jou pa en jou stam.

 

“Ons het toe oor ander dinge ook gepraat. Volgens hom het die Jemeense, Saudiese en ander Islamitiese regerings in 'n huwelik met die  ongelowige Westerse lande  — infidel-lande, noem hy hulle—  getree deur ooreenkomste met hulle te sluit.  Dus, het hy gesê, beskou Al Qaeda  hulle almal as korrup en as vyande van die ware Islamitiese Staat.”

Stukkie vir stukkie het ons iets van die ideologie wat Al Qaeda aandryf, begin waarneem: waarom hulle obsessief op die VSA bly fokus. En waarom hulle teen elke prys bly hoop vir Amerikaanse gyselaars.

Al Qaeda means the foundation, the rule.

We are in times of war now and we are performing a duty to Allah to cleanse the world from unbelievers. So we are removing you from our land. You will never come back here; you are not welcome. Allah gave to every generation a messenger. First he gave the land to the Jews. But they were disobedient and tested their messenger Ibrahim. Then their time ended and he gave the land to the Christians, but they too were disobedient to the words of their prophet Isa bin Miryam. Finally Allah gave the land to the Muslims.

“We will success in these matters.  And we are receiving money from some brothers in the Gulf countries, who approve from us.

Die sjeik het asem geskep en weer weggetrek: “Genub Afrigia- we have no contention with them, like you said, Beer. They are not directly fighting to us or killing innocent women and children in our countries like America is by drone attacks. If a country attacks us then it is our duty to take revenge and engage in jihad. Jihad is the only war instructed and allowed from Allah and paradise is situated under the blades of the sword.”

 “The most virtuous thing is jihad fi sibil’llah: the struggle for the cause of Allah. The soldiers of Allah join this struggle out of free will; they are not forced to join the fight like professional soldiers. They join because the rewards for jihad are paradise.  So…you and your wife are Nasara and in our country. It is our duty to remove you.”

Mag ek vra, het Beer dit doodluiters gewaag, dat u aan ons sal verduidelik hoe die doodmaak van mense ‘n voorvereiste vir toegang tot die paradys kan wees? Die hemel gaan oor God en sy heilige begeerte om aan die mensdom toegang tot die paradys te gee.  Indien toegang tot die paradys van die mens se eie jihad, sy eie stryd en pogings sou afhang, klop dit nie met God se karakter as Allah Al-ædil- die billike en regverdige God — nie.  Indien jihad die voorvereiste vir toegang tot die paradys is, gaan net sommige daarvoor kwalifiseer.

Die sjeik was gereed met ‘n ideologies gefundeerde antwoord. Hy het onwrikbaar gebly: jihad fi sibil’llah is die enigste manier. Allah subhanuhu wa ta’ala bemin slegs dié wat as martelare sterf. 

Ter afsluiting van die middag het die Sanger gesê dat dit sy plig was om vir ons da’wah te gee. Ons het uitgeput geluister.  Hierop het hy ‘n aantal uitdrukke van Islamitiese literatuur en ‘n klein skootrekenaar aan ons oorhandig. Daarop, het hy gesê, sou ons die Qur’an, ‘n Arabiese Taalkursus en video’s vind.

Waaroor handel die video’s? wou Pierre weet.  Een was ‘n dokumentêr oor die Taliban in Afghanistan, soos gesien uit die oogpunt van ‘n Al Qaeda operateur.  Dan was daar ook video-opnames van hulle operasies in Jemen.  Hulle beskik oor ‘n mediaspan — al Malahem— wat daarvoor verantwoordelik is om dié belangrike oomblikke en boodskappe vas te lê.  Ons sou ook knipsels van Anwar al Awlaki en sy waarskuwings aan die VSA om gereed te maak vir oorlog en een of twee ander items daarop aantref. Elke video het ‘n titel en bevat ‘n aanhaling uit die Qur’an om te staaf dat hulle op die pad van jihad vir Allah is, die weg wat vir hulle voorgeskryf is. 

Daar was nog baie videoknipsels, talle ander gruwels. Maar één was genoeg. Wat ons gesien het, sou ons lewenslank bybly.  Ons het ‘n ander lêer oopgeklik. Hierin was daar boodskappe van die leier, Anwar al Awlaki voordat hy in ‘n hommeltuigaanval omgekom het. Sy teikengehoor was die Amerikaanse volk. Die VSA, het hy gesê, het ‘n kringloop van oorlog laat ontbrand.  Al Qaeda sou dit nie duld dat Amerika hulle onskuldige vroue en kinders doodmaak nie. Allah het die oorlogsbevel gegee: hulle moes hulle wreek. Beeldmateriaal van hommeltuigaanvalle het voor ons verskyn.  Ek wou braak.


Hulle het na 'n plaaslik vervaardigde promosiekasset geluister waarvan die musiek vir die nashid  van die Ansar al Sharia, die Jemeense vertakking van Al Qaeda in die Arabiese Skiereiland gekomponeer is. In a capella-styl en begelei deur aanhoudende geweerskote en Allahu Akbar's  het hulle gedreunsing van beloftes wat daar op die shaheed wag, dié wat die aarde reinig van  infidels.  

Allahu Akbar. God is groot, ja, groter.

Salig is die mujahideen fi sibil’allah. Aan die seëninge wat die martelare op die weg van Allah sou ontvang, was daar geen einde nie.

Die nashid-dreunsang het 'n marteltuig geword; gedurende die komende maande sou ons keer op keer gedwing word om daarna te luister.

Tot vandag toe galm die woorde van dié nashid nog in die verste binneruimtes van my siel.  Soms skrik ek in nog die nag wakker van die herhaaldelike verkragting van my siel deur dié meedoënlose dreunsang.  

 

Kliek en kry: DIE SOM WAT NIE UITWERK NIE

DIE SOM WAT NIE UITWERK NIE
 
“Ek kan nie glo sy het hom afgesê nie.  Sy moet haar kop laat lees!  Sy pa-hulle is so ryk dat hulle nie begin en einde van hulle skatte ken nie.”
“Ek sou vasgebyt het! Dis nie dat sy iets teen sy karakter kan sê nie...”
“Hy is nie die siel van ‘n partytjie nie, maar as hulle nie opgebreek het nie, sou sy ‘n lewe gehad wat waarvoor ander hulle oogtande sou gee!”
 
Het jy al so ‘n gesprek gehoor of daaraan deelgeneem?
Indien wel, vermoed ek dat jy nie met die persoon wat ten gunste van ‘n voortgesette verhouding is, saamstem nie.  Mens bly tog nie in ‘n verhouding ter wille van die byvoordele nie.  Ons weet tog almal dat byvoordele nie die bepalende saak in vriendskap, jou beroepskeuse, die keuse van ‘n huweliksmaat, die aankoop van ‘n huis of in enige ander situasie of verhouding kan wees nie.
Maar hoor wat Max Lucado oor die lewe ná die dood, oor die hemel, skryf:  
 
“We may speak about a place where there are no tears, no death, no fear, no night; but those are just the benefits of heaven. The beauty of heaven is seeing God.” (Uit: Experiencing the Heart of Jesus: Knowing His Heart, Feeling His Love.)
 
Fokus ons nie dalk te dikwels en te knaend op die byvoordele van die hemel, ja, die byvoordele van geloof in Jesus Christus nie? En die groot vraag:  Bid ons in ons daaglikse stryd met die lewe soos dit vir ons is, ja, in die gespartel om kop bo water te hou, nie dalk meer vir die byvoordele van ons verhouding met Jesus Christus as vir ons verhouding met HOM nie?
 
 
Paulus het besef dat die verhouding met Christus nie oor die byvoordele gaan nie, maar oor ‘n toenemend dieper lewe IN CHRISTUS. ‘n Lewe IN UNION WITH CHRIST. ‘n Lewe waarin die Bron van al ons hoop, al ons vrede, al ons sekuriteite, al ons vreugde die Drie-Enige God is.  ‘n Lewe waarin ons diepste, mees indringende gesprekke oor Christus handel. ‘n Lewe waarin ons diepste belangstelling die Wese, die Wil en die Waarheid van God is. ‘n Lewe waarin die eerste en die laaste woord oor alles die WOORD is.  ‘n Lewe waarin die wonderbaarlike byvoordele ons verras en verbly en verruk, maar nie die somtotaal van al ons gebede is nie.  ‘n Lewe waarin God gee en gee en gee, en ons nie langer net bid: GEE ASSEBLIEF, GEE ASSEBLIEF, GEE ASSEBLIEF VIR MY... nie.
 
Daarom skryf Paulus wat die onderskeid tussen die PERSOON van ons liefde en passie, en die byvoordele wat daar in dié Godgegewe verhouding is, teenoor mekaar geplaas en die PERSOON gekies het:
 
Fil 3:7-15:   Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,  ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry  en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.  Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,  in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.  Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.  Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.   Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
 
Wat is die hemelse prys wat Paulus wil behaal?
Geen pyn meer nie?  Geen siekte meer nie?  Geen kommer oor kos en klere meer nie? Geen armes wat om jou bedel meer nie?  Geen terreur, bendegeweld, drugs, alkoholisme, Vigs, oorloë, brande, gestremdheid, sterfbeddens, motorongelukke meer nie?  
Natuurlik sal dié byvoordele daar wees.  Die Skrif sê:
 
Op 7:16-17  Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en 'n hittegloed ook nie,  want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog."
Op 21:3-5  Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan." Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut." En daarna sê Hy: "Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar."
 
Maar die afwesigheid van die swaarkry en lyding wat ons nou ken, is net ‘n klein-klein element van die HEMELSE PRYS.  Iets wat afwesig is, iets wat nie meer IS nie, is nog nie die volle prys nie.
 
Wat is dan die volle prys in die hemel?  Nie dit wat nie IS nie, nie dit wat uit die weg geruim is deur die gehoorsaamheid van die Seun nie.  Hoeveel meer het Hy nie uit die weg geruim nie, sodat ons mag weet: Geen straf vir al ons sonde nie.  Geen veroordeling vir dié wat in Christus is nie.  Daar is iets meer:  Daar is HY wat genoem word:  EK IS.
 
 
Hy is die Hemelse erfenis:  om by Hom te mag wees.  Om Hom eindelik te mag sien en ken soos Hy is. Om te wees soos God ons wil hê.  Om tot in alle ewigheid in God se Lig, waarheid, vrede, heiligheid, krag, insig, wysheid, vreugde, goedheid en trou te mag wees. Om tot in alle ewigheid in sy liefde en aanvaarding te mag leef:  om deur Hom gebruik en uitgestuur te word om te doen wat Hy ons wil laat doen.  Om in sy diens te mag staan.  Om in gehoorsaamheid aan sy opdrag te regeer: waar en hoe weet ons nog nie. 
 
HY is ons hemelse erfenis.
En ons ken Hom nou reeds.  Hy het Hom aan ons openbaar as die Een in Wie die volle Wese van God aanwesig is.  Maar Jesus het vir die Fariseërs en Skrifgeleerdes gesê:
 
Joh 5:38-44:  En sy woord lewe nie werklik in julle nie, omdat julle nie in die Een glo wat Hy gestuur het nie.
Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig.
Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie. Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie,
maar Ek ken julle en Ek weet dat julle nie liefde vir God in julle het nie. Ek het in die Naam van my Vader gekom, en tog aanvaar julle My nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar.
Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie? — Joh 5:38-44
 
En, in Mat 22:29: "Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie.
 
 
Hierdie mense was met byvoordele besig: byvoordele vir hulleself. Die geleentheid en verstand wat God vir hulle gegee het om die ware God te ken, het hulle nie gebruik nie. Hulle het nie gedink oor die verhouding, die band, met God deur Christus nie.  Vir hulle het dit oor veiligheid na die dood en persoonlike eer, hulle naam, gegaan.
 
Ook ons kan met die klap van ‘n vinger soos die Fariseërs en Skrifgeleerdes word.   Want wat in 1 Joh 5:19-21 staan, raak ons terdeë:
 
 Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is. En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe. Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af.
 
Ja, ons is almal bang ons gaan nie genoeg geld maak nie, ons gaan dit nie maak nie. Ons klou aan ons afgode vas, ons sekuriteite, die groot passies in ons lewe.  Maar God sê deur die eeue heen vir alle mense:
 
Psa 81:9 -12: Luister, my volk, Ek gee julle 'n opdrag. Israel, luister na My: 'Daar mag vir julle geen ander god wees nie, julle mag voor geen vreemde god neerbuig nie. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.' Maar my volk het nie na My geluister nie, Israel wou niks met My te doen hê nie.
 
DIE SOM WERK NIE UIT NIE!
 
IN THE GREAT DIVORCE skryf C.S. Lewis: “A sum can be put right: but only by going back till you find the error and working it afresh from that point, never by simply going on.” 
C.S. LewisThe Great Divorce
 
  • Die som loop verkeerd by die verkeerde fokus.
  • Die som loop verkeerd by die plek waar ons God se opdrag om op Hom te fokus, ignoreer en Hom begin vra om op ons spesifieke behoeftes te fokus.
  • Die som loop verkeerd by die plek waar ons ons met berekeninge en projeksies aangaande ons eie bates begin besig hou, en Christus as Bate nie meer eer, aanbid, besing, bemin en gehoorsaam nie.
 
DIE REGSTELLING
  1. Gaan terug na die plek waar die fokus verlore geraak het.
  2. Aanvaar opnuut Jesus se definisie van die ewige lewe wat nou en hier begin.  Of nie begin nie : Joh 17:3  En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.
 
  1. Kyk na die kaart, die wegwysers wat ons uit die moeras en wildernis van moedeloosheid, angs, vrees en kommer neem:    Jes 8:20  Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms!  Bedruk en honger sal hy deur die land trek. Wanneer die hongersnood hom tref, sal hy kwaad word en sal hy sy koning en sy God vervloek. Hy sal boontoe en ondertoe kyk, maar hy sal niks anders sien as benoudheid en donkerte nie, die volslae duisternis en donkerte waarin hulle gedryf is.
 
  1. Raak gevul met dit wat IS.  Eet, drink, bemin, bestudeer, absorbeer, deel, jubel oor en breek nooit met die Woord nie.  Luister na die boodskap van Christus.  Bedink en bepeins die boodskap van Christus.  Gehoorsaam die boodskap van Christus.  Stap die pad wat Christus aandui.  Glo vir Christus.  Lewe en sterf in Christus. Kol 3:16-17:  Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.  En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
 
  1. Gaan voluit hiervoor.  Geen omdraai nie, geen terugkyk nie, geen “maar’s” nie. Niks minder nie,  geen kompromieë nie.  Net dit, die volgende halfuur.  En die volgende halfuur.   En die volgende halfuur, al lyk en klink alles skielik verkeerd en onmoontlik en onhanteerbaar.  Al is die krisis hoe groot, die geld hoe min, die vooruitsigte hóé skraps.   Gaan voluit, soos Jesus sê:
 
Luk 10:25-28:   Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"  Jesus sê vir hom: "Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?"   Hy antwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."  "Jy het reg geantwoord," sê Jesus vir hom. "Doen dit en jy sal die lewe verkry."
 
Die lewe sal joune wees, sê Jesus.  Van daardie oomblik af, hier en as jy oud is, en tot in ewigheid.  Jy sal in Christus wees, en jy sal deel in sy volheid, sy oorvloed, sy seën en liefde en genade.
 
Kry jy aanhoudend die verkeerde antwoord op jou berekeninge?
“A sum can be put right: but only by going back till you find the error and working it afresh from that point, never by simply going on.” 
 
Was ons dalk by ‘n plek in die som van ons geloof waar die byvoordele alles geword en die PERSOON, die God van ons lewe, vir ons soos ‘n magasynmeester?
 
GEBED VAN IEMAND WIE SE SOM NIE UITWERK NIE
 
O, Here, hier is ek weer. 
U is nie die Magasynmeester van my verwarde, bangste denke nie. U is my God, die HERE.  U is Wie U is.
U is  EK IS.  U is Lig, Waarheid, my Herder, my Verlosser, my Vader, my Leidsman, my Maker, die Almagtige, die Alomteenwoordige, die Betroubare, die Beloftemaker.
Ek wil weer op U fokus.  Help my asseblief daarmee.
Ek bely vandag weer voor U: U sorg sal nooit van my wyk nie.  U beloof dit, ek glo dit, en ek dank U daarvoor. Dankie, Here.

 

 
                         
 

Kliek en kry: Reën en die Datadief

 

                         Reën en die Datadief
 
 
Die assistent in die biltongwinkel straal terwyl sy vertel van ‘n avokadoboompie wat sy hier in die Vrystaat uit ‘n pit probeer kweek. “Dit wou nie groei nie, maar nou, met die reën, skiet dit op!”
Hier in die diep binneland is daar sedert die begin van die nuwe jaar baie variasies van dieselfde antwoord op die “Hoe gaan dit?” vraag.
“Wonderlik! Dit het dan gereën!”
“Hierdie jaar het wonderlik begin: kyk hoe lyk die wêreld om ons!”
 
Ons was die mense wat verlede jaar nog gehoor het watter ontbering ons as gevolg van El Nino sou ly.  Dat ons slagoffers van  El Nino en La Nina se aanwesigheid en afwesigheid sou wees. Dat El Nino groot en sterk en La Nina pateties en wispelturig sou wees. Dat die een sou heers en die ander nie niks vir ons in ons droogte-ellende sou beteken nie.
 
Ons het gebid. Ons bely immers dat alle mag in die hemel en op die aarde aan God Drie-enig, Vader, Seun en Heilige Gees, behoort.
 
En nou, omdat Hy vir Wie El Nino en La Nina slegs ‘n klein roering die palm van sy hand is, die bevel oor albei van hulle gespreek het dat ons in Suid-Afrika reën moet kry, sodat 2017 met veldblomme in die Vrystaat, stygende onderaardse watertafels, druiwetrosse wat swel, reënkaktusse in die blom en blydskap in die hart sal begin, bring ons die eer aan Hom.  In hierdie eerste maand van die jaar 2017 bring ons aan Hom ons offer van lof, soos gelowiges dit al kort na die sondvloed, toe Job op die aarde geleef het, en eeue voor die menswording van Jesus Christus gedoen het.  Want hierdie God, Hy wat ewig en magtig is,  Hy wat in die verre verlede gesorg het en tot in die verste toekoms vir ons nakomelinge sal sorg en voorsien, is die Enigste wat gedank en geëer, aanbid, besing en geprys moet word wanneer reën die landskap om ons verkwik en skoon was, lewend maak en groen tooi.
Hierdie God, die God van die Bybel, is die Enigste wat  gedank en geëer, aanbid, besing en geprys moet word wanneer die druiwetrossies swel en die vrugte soet word, wanneer mielies en koring, turksvye en spinasie, tamaties en radyse groei soos wat die seepwater en skottelgoedwater waarmee ons hulle in die groot droogte aan die lewe probeer hou het, hulle nooit laat groei het nie.
 
 
Dink daaraan om sy werk te roem, staan dit in Job 36:24-33.  Dink liewer daaraan om sy werk te roem, sy werk wat deur mense besing moet word.
Alle mense kan dit sien, al neem hulle dit net van ver af waar.
God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie.
Hy trek vog op uit die see, Hy haal reën uit die groot waters uit,
dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die baie mense val.
Kan iemand verstaan hoe die wolke beweeg en hoe die weer dreun daar in die woonplek van God?
Hy versprei die weerlig deur die lug, en bedek die bodem van die see.
So regeer Hy oor die volke en gee Hy kos in oorvloed.
Hy vat die weerlig in sy hand en stuur dit op die doelwit af.
Die onweer kondig aan dat die storm kom, die vee snuif die lug op voor die storm losbreek."
  sy werk wat deur mense besing moet word.
 
En verder:  Job 37:5-14:
Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.
Hy beveel die sneeu om op die aarde te val; die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag.
Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom sodat alle mense sy werk kan leer ken.
Die diere soek skuiling en bly in hulle skuilplekke.
Die stormwind kom uit sy blyplek, die yswinde wat koue bring.
As God die wind laat waai, ys dit en vries die groot waters.
Hy laat die wolke swaar word van vog, Hy stuur sy weerligte in die wolke in.
Hy laat die wolke in die rondte maal, hulle doen wat Hy bepaal, hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor.
 God stuur die storm óf om te straf óf om vir die aarde te sorg óf om sy liefde te toon.
Luister hierna, Job, staan stil en dink na oor die wonderdade van God.
 
Saam met die Psalmskrywer roep ons mekaar in hierdie genadetyd, hierdie tyd van God se voorsiening en sigbare, aanvoelbare sorg, op om Hom te prys, om die goeie wat ons ontvang, as ‘n geskenk uit sy Vaderhand te ontvang en te erken:
 
 
Sing vir die Here 'n danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier.
Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit.
Hy gee aan die diere hulle weiding en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu.
Die Here het niks aan die krag van 'n perd of die liggaamskrag van 'n soldaat nie,
maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou. — Ps 147: 7-11
 
 
EN TOE KOM DIE DATADIEF
En nou, op die oog af ‘n heeltemal onverwante slepende probleem wat maande lank, in die moeilikste droogtetyd en ook in die reëntyd, met ons gebly het.
 
Van 18:00 saans tot dagbreek soggens is ons weg van die breëband-internetfasiliteit en die onbeperkte toegang wat ons dwarsdeur die dag tot die internet het.  Dan maak ek maar gebruik van ‘n USB data-modem met ‘n beperkte hoeveelheid data waarvoor ek ‘n kontrak geteken het, elke maand daarop beskikbaar.
Iets onbegrypliks het begin gebeur. Maand na maand, soms binne ‘n halfuur nadat dié 2 G data van die verskaffer se kant aan my beskikbaar gestel is, het ek nie meer internettoegang nie.  Dan kontroleer ek, en 2 G data is opgebruik.
Die detail is onbelangrik:  ek het elke outomatiese opdatering, elke onnodige aanvangsproses, elke outomatiese selflaaifunksie onaktief gemaak.  En steeds het die data verdwyn asof iets wat ek nie kan sien nie, dit insluk.
 
My datamodem was leeg, en ek onsteld en ongelukkig.
 
Toe, op ‘n dag, lees ek in ‘n tegnologie-omsendbrief wat gereeld in my e-posbus land, dat die foto-organiseringsprogram, PICASA, met Google Photos vervang is.  Google Photos, lyk dit vir my, is ‘n komponent van Google Drive, waarop almal wat ‘n Google rekening het,  se rekenaarinhoud gerugsteun word.
 
Ek spoor Google Photos op my rekenaar op, en daar tref ek duisende van my foto’s aan. Hulle is in albums gerangskik. Ek kan foto’s volgens plek, persoon, gebeurtenis opspoor. Daar is collages van groepe foto’s wat ek geneem het, daar is animasies: ek weet nie eens hoe om so-iets te skep nie.  Google Photos het dit alles gedoen, en ek het nie eens geweet dat al my foto’s gerugsteen, georden en nou daar gevind kan word nie.
 
Die raaisel rakende die verdwynende data is opgelos. Google Photos was die verborge proses, die outomatiese funksie, wat my datamodem se data vinniger ingesluk het as wat swaeltjies vlieënde goggas in die lug vang.  
 
Ek weet nou hoe om die data op die USB datamodem te beheer.
Ek het ‘n keuse, en die manier waarop ‘n mens jou data kan beskerm, word onderaan die Skrifgesels beskryf.
 
Dié ding, het ek na die oplossing van my probleem gedink, is eintlik ‘n metafoor van iets wat met die kinders van die Here kan gebeur.
Ons kan in slegte en goeie tye eenvoudig dolleeg en onbruikbaar raak, soos datamodems sonder data.
Dit was iets waarvan ek nie geweet het nie, ‘n aktiewe proses, wat my datamodem van data beroof het.
 
Paulus skryf aan die Korintiërs oor so-iets in hulle gelooflewe.
2 Kor 11:2  Ek waak oor julle met 'n ywer wat van God kom, want julle is soos 'n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.
 
2 Kor 11:3  Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.
2Co 11:4  Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand 'n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik 'n ander gees en 'n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.
 
2 Kor 12:20  Ek is bang dat, wanneer ek kom, ek julle miskien nie sal vind soos ek dit graag wil hê nie, en dat julle my ook nie sal vind soos julle dit graag wil hê nie. Ek is bang vir twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpratery, nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid.
 
Dit is die dinge wat stilweg, ongesiens, diep in ons kan woeker.
Hierdie dinge maak ons spiritueel onbruikbaar en leeg.
Om ons getuieniskrag te behou, om ander met die blye Evangelie van Jesus Christus te kan seën, laat ons terugkeer na die Christus van die Woord.  Na wat Hy ons beveel om te wees, te doen, lief te hê.
Laat Hy ons alles wees, en ons getuienis sal nooit wegraak nie.
 
 
 
Hoe om Google Photos se outomatiese opdatering tydelik onaktief te maak
Vir Windows 10-gebruikers
 
  • Klik op SETTINGS.  (As jy nie ‘n kortpadskakel daarheen het nie, klik op die SEARCH-vergrootglasie en tik SETTINGS.)
  • KLIK op UPDATE & SECURITY.
  • Tik STARTUP in die FIND A SETTING soekraampie.
  • Vind die opsie: SEE WHICH PROCESSES START AUTOMATICALLY WHEN YOU START WINDOWS 10.  Klik daarop.
  • Dit neem jou na ‘n lys met kolomme: Processes, Performance, App history, Startup...
  • Klik op Startup.
  • Soek GOOGLE DRIVE en GOOGLE PHOTOS BACKUP.  Langs albei staan òf enabled of disabled.  Indien jy die woord enabled sien, klik op die inskrywing (Google Drive of Google Photos backup).   Heel regs, heel onder op die skerm sien jy nou die DISABLE-opsie.  Klik daarop.
 
Google Drive en Google Photos Backup is dan onaktief gemaak. Wanneer jy dit weer aktief wil maak, volg jy dieselfde prosedure as hierbo, en klik dan op die ENABLE-opsie wat jy regs onder op die skerm sal sien.  
 
So beheer jy wat met jou data gebeur.
     
 
 
 
   

Kliek en kry: Moet ons dalk ons Nuwejaarsvoornemens skrap?

Moet ons dalk ons eie Nuwejaarsvoornemens skrap?
 
Die verhaal agter die omstrede foto verskyn onder die Bybelstudie.
 
 
OP die eerste dag van die jaar 2017 staan ek die stand van die turksvyblaaie naby die huis en betrag. Uit die hoek van my oog sien ek iets soos ‘n klein hommeltuig uit die lug grondwaarts skiet.  Die volgende oomblik kom ‘n gillende duif in my rigting uit die veld aangevlieg, die hommeltuigie — wat toe al die tyd ‘n bruinvalk was— agter haar aan.
As iemand my vertel het watter gille daar uit ‘n beangste duif se keel kan kom, sou ek hom nie geglo het nie.  Daardie duif het roepend in haar nood naby my verbygegaan.
Die valk het nie daarin geslaag om haar in sy kloue te kry nie.
 
Twee dinge bly ná die ervaring by my opkom.
Ek dink ek verstaan nou beter waarom mense vegetariërs word.
“Know that the same spark of life that is within you, is within all of our animal friends, the desire to live is the same within all of us...” het Rai Aren in Secret of the Sands geskryf.  Sy keuse is om niks te eet wat ‘n emosionele reaksie — vrees of angs — in sy sterwensoomblikke kan toon nie.
Elizabeth Goudge, weer, skryf in Green Dolphin Street: “Nothing living should ever be treated with contempt. Whatever it is that lives, a man, a tree, or a bird, should be touched gently, because the time is short. Civilization is another word for respect for life...” 
 
Dit terloops. Gedurende die week het ons langs ‘n omweg van ‘n groot ellende gehoor waarin ‘n familie hier in ons streek gedompel is. Een van hulle kinders het iets met verreikende gevolge aangevang. Wat gedoen is, het aan die lig gekom; wat aan die lig gekom het, kan nie ongedaan gemaak word nie.
Almal — die hele familie, hulle gemeente, bekendes en onbekendes, is geskok en diep ontsteld. Sommige van die gesinslede is sekerlik emosioneel gebroke.
As die dwaling, swak oordeel, verkeerde keuse of  geheime aktiwiteite van ‘n gesinslid jou al ooit in so ‘n situasie laat beland het, sal jy weet dat jou siel dan noodkrete in jou kan uitgil soos wat daardie duif dit voor die valk uitgegil het.
 
Maar wat van ons wat mense na ons hoor roep, of net in ons harte weet dat hulle in hulle nood, verlies, krisis, vernedering en skok soos die duif voor die valk voel?
Selfs kerkmense kan soos meedoënlose valke teenoor ander optree, dit weet jy tog.
 
Naby jou het iemand se seun, dogter of lewensmaat dalk ook iets met verreikende gevolge aangevang. Wat gedoen is, het aan die lig gekom; wat aan die lig gekom het, kan nie ongedaan gemaak word nie.
  • Wat gaan ons in 2017 vir mense, veral vir medegelowiges doen oor wie ons fluisterstories hoor?
  • Sal dit help as ons hulle net nie verder beskinder nie, as die storie by ons stop?
  • Sal dit help as ons hulle in die supermark sou raakloop en voorgee dat ons niks weet nie?
 
Hoe sou jy behandel wou word?
Ek vra vir Hennie wat hý van medegelowiges sou wou beleef, sou dit ons gewees het wat in ‘n situasie met byklanke van skande, skaamte en diep vernedering was.  Hy sê:
“Ek sou nie verwerp wou word nie. En dit sou vir my vreeslik gewees het as mense my net so uit die hoek van die oog aankyk en dan opsetlik wegkyk.”
 
Hoe volledig klop dit wat ons eintlik almal van mekaar begeer, met die optrede wat Jesus Christus voorskryf:
 
Wat Jesus voorskryf   
 Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"
Jesus sê vir hom: "Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?"
Hy antwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."
"Jy het reg geantwoord," sê Jesus vir hom. "Doen dit en jy sal die lewe verkry."
Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: "En wie is my naaste?"
Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: "Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee.
Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby.
 Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby.
  Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry.
 Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg.
 Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: 'Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.'
 Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?"
 Die wetgeleerde antwoord: "Die man wat aan hom medelye bewys het." Toe sê Jesus vir hom: "Gaan maak jy ook so." — Luk 10: 25-37
 
Moet ons dalk ons eie Nuwejaarsvoornemens skrap?
Ons hoor gesprekke oor Nuwejaarsvoornemens oor die radio.  Via die media kry ons insae in mense se drome, planne, begeertes en doelwitte vir hierdie vars nuwe jaar.
 
Onder die geklank van Jesus Christus se stem wonder ek of die Christus nie dalk aan almal van ons — elkeen van sy volgelinge — ‘n eenvoudige, lewensveranderende, direkte en baie moeilike opdrag vir die nuwe jaar wil gee nie.
 
Ons gaan telkens op iemand afkom of tyding kry van iemand/mense/’n gesin wat halfdood op die grond lê: verpletterde, geskokte, vernederde, getraumatiseerde mense. Ons gaan hoor of sien dat ‘n medemens iets verskrikliks, iets pynliks, iets diep ontstellends oorgekom het.
 
Priesters en Leviete sal ver verbygaan.
Maar ek en jy, het Jesus gesê, moet op ‘n manier soos die Samaritaan op sy eie reis optree. Ons moet afdraai.  Ons moet elke ander emosie, elke verwyt, elke stuk selfgenoegsaamheid, alle eiewaan en selfverheffing,  alle leedvermaak, ja, elke ander emosie as jammerte, deernis en erbarming van ons afgooi.
 
Vervul met die erbarming, deernis en jammerte wat Christus vir daardie mens/afgedwaalde kind/familiekring het en wat Hy deur sy Gees vir ons gee, sal ons kan doen wat God ons beveel om in die spesifieke situasie te doen.
 
Ons God is 'n God van erbarming
Die Bybel sê van God:
Ps_103:8  Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde.
Ps 111:4  Genadig en barmhartig is die Here.
Ps 112:4  Hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig.
Ps_145:8  Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde.
Joël_2:13  Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.
 
No matter how low down you are; no matter what your disposition has been; you may be low in your thoughts, words, and actions; you may be selfish; your heart may be overflowing with corruption and wickedness; yet Jesus will have compassion upon you. He will speak comforting words to you; not treat you coldly or spurn you, as perhaps those of earth would, but will speak tender words, and words of love and affection and kindness. Just come at once. He is a faithful friend – a friend that sticketh closer than a brother.- D.L. Moody
 
God sê iets vir ons:
 
Mat 5:7  Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Luk 6:36  Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.
Kol 3:12  Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
 
Watter wonderlike woord is meelewend nie.  Gaan word iemand wat daar is vir dié wat teen die grond is. Gaan word die draer van aanvaarding en genade vir dié wat voel asof ‘n bruinvalk hulle jaag.
Gaan vertel vir dié wat verwond, getraumatiseer, aan stukke is, dat die Here hulle nooit in die steek sal laat nie.  Dat sy liefde hulle omvou.  Dat jy vir hulle omgee, hulle liefhet, en vir hulle sal doen wat jy kan.
 
Ek weet nie hoeveel van my Nuwejaarsbegeertes ek sal bereik of ontvang nie.
Wat ek weet, is dat ek soos die Samaritaan op reis is, dat God aan my barmhartigheid bewys het, en dat Hy my nie soos die priester en leviet by my getraumatiseerde naaste wil sien verbyloop nie.
 
Jesus Christus sê vir my om ‘n afdraaier te word.
 

 

Die storie agter een van die mees omstrede fotojoernalistieke foto’s van die eeu

The vulture is waiting for the girl to die and to eat her. The photograph was taken by South African photojournalist, Kevin Carter, while on assignment to Sudan. He took his own life a couple of month later due to depression.

In March 1993 Kevin Carter made a trip to Sudan. Near the village of Ayod, Carter found a girl who had stopped to rest while struggling to a United Nations feeding centre, whereupon a vulture had landed nearby. Careful not to disturb the bird, he waited for twenty minutes until the vulture was close enough, positioned himself for the best possible image and only then chased the vulture away. At this point Carter was probably not yet aware that he had shot one of the most controversial photographs in the history of photojournalism.

“The parents of the children were busy taking food from the plane, so they had left their children only briefly while they collected the food. This was the situation for the girl in the photo taken by Carter. A vulture landed behind the girl. To get the two in focus, Carter approached the scene very slowly so as not to scare the vulture away and took a photo from approximately 10 meters. He took a few more photos before chasing the bird away”.

The photograph was sold to The New York Times where it appeared for the first time on March 26, 1993. Practically overnight hundreds of people contacted the newspaper to ask whether the child had survived, leading the newspaper to run a special editor’s note saying the girl had enough strength to walk away from the vulture, but that her ultimate fate was unknown. Because of this, Carter was bombarded with questions about why he did not help the girl, and only used her to take a photograph.

As with many dramatic photographs, Carter came under criticism for this shot. The St. Petersburg Times in Florida wrote: “The man adjusting his lens to take just the right frame of her suffering, might just as well be a predator, another vulture on the scene”. The attitude that public opinion condemned was not only that of taking the picture instead of chasing the vulture immediately away, but also the fact that he did not help the girl afterwards –as Carter explained later- leaving her in such a weak condition to continue the march by her self towards the feeding center.

However, Carter was working in a time when photojournalists were told not to touch famine victims for fear of spreading disease. Carter estimated that there were twenty people per hour dying at the food center. The child was not unique. Regardless, Carter often expressed regret that he had not done anything to help the girl, even though there was not much that he could have done.

In 1994, Kevin Carter won the Pulitzer prize for the disturbing photograph of a Sudanese child being stalked by a vulture. That same year, Kevin Carter committed suicide.

Carter is the tragic example of the toll photographing such suffering can take on a person. Along with his famous photograph, Carter had captured such things as a public necklacing execution in 1980s South Africa, along with the violence of the time, including shootouts and other executions. Carter spoke of his thoughts when he took these photographs: “I had to think visually. I am zooming in on a tight shot of the dead guy and a splash of red. Going into his khaki uniform in a pool of blood in the sand. The dead man’s face is slightly gray. You are making a visual here. But inside something is screaming: ‘My God!’. But it is time to work. Deal with the rest later. If you can’t do it, get out of the game”.

Kliek en kry: KOMS VAN DIE DIENENDE GEESTE

 

KOMS VAN DIE DIENENDE GEESTE
Die Evangelie volgens Lukas is ‘n brief van ‘n dokter wat net meer as 2000 jaar gelede in Israel geleef het, aan ‘n hooggeplaaste persoon met die naam Teofilus. 2000 jaar gelede het skrywers hulle manuskripte gereeld aan ryk of invloedryke persone opgedra.  Die groot bedoeling was dat die ontvanger dan sou help met die uitgee en verspreiding daarvan. 
 
Luk 1:1  Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het.
Luk 1:2  Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was.
Luk 1:3  Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf.
Luk 1:4  So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.
 
So skryf dokter Lukas toe twee boeke: die Evangelie volgens Lukas en die Handelinge van die Apostels.
Die boek-brief van Lukas begin eenvoudig asemrowend.
In geen boek in die letterkunde van die mensdom is daar iets so dramaties, iets so betekenisvol, iets so aanskouliks, iets so verbysterends soos in die eerste en tweede hoofstukke van dokter Lukas se brief-boek  aan Teofilus nie.
Dit slaan jou asem weg.
Die Evangelie volgens Lukas begin met die koms van ENGELE.  Dienende geeste, noem die Bybel hulle.  Wanneer ons van die koms van die engele praat, praat ons van die koms van God se dienende geeste.
 
‘n ENGEL verskyn aan Sagaria.    
 
Luk 1:5  In die tyd van koning Herodes van Judea was daar 'n priester met die naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron afgestam, en haar naam was Elisabet.
Luk 1:6  Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou.
Luk 1:7  Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd.
Luk 1:8  Op 'n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die priesterdiens voor God te verrig,
Luk 1:9  is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die tempel van die Here in te gaan en die wierook op die altaar te brand.
Luk 1:10  Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite besig om te bid.
  • Luk 1:11  Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar 'n ENGEL van die Here aan hom.
Luk 1:12  Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang geword,
  • Luk 1:13  maar die ENGEL sê vir hom: "Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.
Luk 1:14  Hy sal 'n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte,
Luk 1:15  want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees.
Luk 1:16  Hy sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle God.
Luk 1:17  En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here 'n volk voor te berei."
  • Luk 1:18  Toe sê Sagaria vir die ENGEL: "Waaraan sal ek dit weet? Ek is 'n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd."
  • Luk 1:19  Die ENGEL antwoord hom: "Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring.
 
Luk 1:20  Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie."
Luk 1:21  Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag en begin wonder waarom hy so lank in die tempel bly.
Luk 1:22  Toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle kom toe agter dat hy in die tempel 'n gesig gesien het. Hy het net aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.
Luk 1:23  Toe die tyd van sy tempeldiens om was, het hy huis toe gegaan.
Luk 1:24  Na daardie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword en haar vyf maande lank afgesonder. Sy het gesê:
Luk 1:25  "Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem."
 
 
‘n ENGEL verskyn aan Maria
 
  • Luk 1:26  In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die ENGEL Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea.
Luk 1:27  Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria.
  • Luk 1:28  Toe die ENGEL by haar kom, sê hy: "Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou."
Luk 1:29  Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken.
  • Luk 1:30  Die ENGEL sê toe vir haar: "Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou.
Luk 1:31  Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.
Luk 1:32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee,
Luk 1:33  en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie."
  • Luk 1:34  Maar Maria sê vir die ENGEL: "Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie?"
  • Luk 1:35  Die ENGEL antwoord haar: "Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.
Luk 1:36  Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand.
Luk 1:37  Niks is vir God onmoontlik nie."
 
‘n ENGEL verskyn aan JOSEF
Daar was ‘n tyd toe Josef, Maria se verloofde, getwyfel het of hy met haar moes trou.  En ook aan hom het ‘n ENGEL verskyn.
Mat_1:19  Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek.
Mat_1:20  Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n ENGEL van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: "Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.
Mat_1:24  Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die ENGEL van die Here hom beveel het en met haar getrou.
 
‘n ENGEL verskyn aan skaapwagters
Luk 2:1  In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word.
Luk 2:2  Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië.
Luk 2:3  Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.
Luk 2:4  Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.
Luk 2:5  Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word.
Luk 2:6  Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word.
Luk 2:7  Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Luk 2:8  Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
  • Luk 2:9  Meteens staan daar 'n ENGEL van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.
  • Luk 2:10  Toe sê die ENGEL vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.
Luk 2:11  Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!
Luk 2:12  En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê."
 
Honderde, duisende ENGELE verskyn aan die skaapwagters
  • Luk 2:13  Skielik was daar saam met die ENGEL 'n menigte  uit die hemel wat God prys en sê:
Luk 2:14  "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!"
  • Luk 2:15  Nadat die  van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: "Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het."
Luk 2:16  Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê.
Luk 2:17  Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is.
Luk 2:18  Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.
Luk 2:19  Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink.
Luk 2:20  Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.
 
‘n ENGEL verskyn aan treurende vroue
Die Evangelie volgens LUKAS eindig by ENGELE wat van Jesus se opstanding getuig.
Luk 24:1  Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.
Luk 24:2  Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af;
Luk 24:3  en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
  • Luk 24:4  Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan.
Luk 24:5  Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: "Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
Luk 24:6  Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was
Luk 24:7  en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan."
Luk 24:8  Toe het hulle sy woorde onthou
Luk 24:9  en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel.
 
 
Die Emmaus-dissipels het van die ENGELE by Jesus se leë graf gehoor.
Luk 24:13  Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af.
Luk 24:14  Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het.
Luk 24:15  Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,
Luk 24:16  maar hulle oë is verhinder om Hom te herken.
Luk 24:17  Hy vra hulle toe: "Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?" Met somber gesigte gaan hulle staan,
Luk 24:18  en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: "Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?"
Luk 24:19  Hy vra vir hulle: "Watter dinge?" Hulle antwoord Hom: "Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, 'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk;
Luk 24:20  en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het.
Luk 24:21  Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het.
Luk 24:22  En nou het 'n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf
  • Luk 24:23  en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle 'n verskyning gesien het van ENGELE wat gesê het Hy lewe.
 
ENGELE verskyn aan die dissipels wat Jesus na die hemel sien opvaar
In sy opvolgboek aan Teofilus, Die Handelinge van die Apostels, vertel Lukas verder van die ENGELE, God se boodskappers:
 
Act 1:8  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld."
Act 1:9  Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.
  • Act 1:10  Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan.
Act 1:11  Dié sê toe vir hulle: "Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het."
 
 
God het met die aankondiging van Jesus se geboorte die skaapwagters, mense met hul eiesoortige pyn en moedeloosheid, hulle berge skuld en al hulle teleurgestelde verwagtings geken en raakgesien. Hy het sy ENGEL, sy boodskapper, juis na dié sonder skouspelagtige vooruitsigte of groot status gestuur. Sommige van hulle se lewe sou in die omgewing van Betlehem begin en eindig: geen verre reise, geen hoop op aardse rykdom, geen groot drome, geen slagspreuke van “If you can dream it, you can do it...” nie.
Maar hulle sou die ENGELE sien vir wie jy vandag moet sien.
 
Ons lees van engele  in Heb 1:13-14:
Van watter ENGEL het Hy ooit gesê: "Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het"?  Is hulle (d.w.s. die engele ) dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?
 
 
 Hoor wat kondig God se boodskappers, sy dienende geeste,  aan in  Luk 2:14 
 
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!”
(KJV)  Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.
 
  • Eers moes Sagaria die ENGEL Gabriël GLO.
  • Toe moes Maria die ENGEL Gabriël GLO.
  • Toe moes Josef, Maria se verloofde, die ENGEL Gabriël glo.
  • Die herders moes die ENGELE se boodskap glo.
  • Jesus se luisteraars is gekonfronteer met die boodskap: glo jy wat Jesus aangaande jou lewe en die ENGELE se reaksie daarop sê?
  • Die vroue by die leë graf moes die ENGELE se boodskap glo.
  • Die Emmausgangers moes glo wat hulle aangaande die ENGELE, die leë graf en Jesus se opstanding uit die dood gehoor het.
  • Die ENGELE het jou aandag op JESUS CHRISTUS, GOD SE SEUN, kom vestig.
  • En dit is die boodskap aangaan die Seun:
  • 1Pe 1:8  Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.
  • Ook jy sal die ENGELE van God sien, of jy in God glo of nie.
  • Ook jy wat in Christus glo, sal woon in die stad met sy twaalf poorte, deur ENGELE bewaak.
  • Die boodskap wat die ENGELE bly bring het, is waar.  Jesus Christus is ons Saligmaker.

 
KOMS VAN DIE DIENENDE GEESTE (2)
 
Die Evangelie volgens Lukas begin met die koms van ENGELE.  Dienende geeste, noem die Bybel hulle.  Wanneer ons van die koms van die engele praat, praat ons van die koms van God se dienende geeste.
 
Ons lees van engele in Heb 1:13-14:
Van watter ENGEL het Hy ooit gesê: "Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het"?  Is hulle (d.w.s. die ) dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?
 
God het met die aankondiging van Jesus se geboorte die skaapwagters, mense met hul eiesoortige pyn en moedeloosheid, hulle berge skuld en al hulle teleurgestelde verwagtings geken en raakgesien. Hy het sy ENGEL, sy boodskapper, juis na dié sonder skouspelagtige vooruitsigte of groot status gestuur. Sommige van hulle se lewe sou in die omgewing van Betlehem begin en eindig: geen verre reise, geen hoop op aardse rykdom, geen groot drome, geen slagspreuke van “If you can dream it, you can do it...” nie.
Maar hulle sou die ENGELE sien vir wie jy vandag moet sien.
 
God het sy boodskappers, die engele, met die goeie tyding, die geweldige boodskap bly stuur en stuur.  Hulle moes uit die hemel kom om die boodskap van Goddelike genade, die boodskap van ewige hoop, die boodskap van ‘n toekoms ver, ver verby Betlehem met sy skaapwagters en Kriel met sy myne, verby Jagersfontein en Mitchell’s Plain, Atlantis, Mandela View, Bellville, Stellenbosch se rykste buurte, Noordhoek in Kaapstad, Noordhoek in Bloemfontein, Sandton en Bochabelo, ver buite die die vreeslike gange van die myne waarin die Zama-Zamas onwettig myn, aan alle mense af te lewer. Sy ewige Koninkryk is ook vir jou bedoel.
 
Die ENGELE het jou aandag op JESUS CHRISTUS, GOD SE SEUN, kom vestig.
 
Die verhaal van Jesus Christus is die verhaal van die God met miljoene engele as sy dienaars, sy dienende geeste, sy boodskappers.
Die engele, so heerlik en glansend soos hulle is, weerkaats sy heerlikheid.  Hulle gaan as God sê: GAAN!  Hulle help as God sê: HELP! 
En hulle juig wanneer die wil van God in jou lewe gebeur.
 
Kom ons volg die verloop van die aardse lewe van die Seun van God, die Saligmaker van die wêreld, Wie se koms deur engele aangekondig is.  Hoe was Hy as seuntjie?  Wie was Hy werklik?
 
Die Kindjie in die Krip, God se Seun, waarlik Mens en waarlik God, het groot geword.  Aangaande sy mensheid, sy jeug, sê die Skrif:
 
Luk 2:48  Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: "Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek."
Luk 2:49  Maar Hy antwoord hulle: "Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?"
Luk 2:50  Hulle het nie begryp wat Hy daarmee bedoel het nie.
Luk 2:51  Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig. Sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
Luk 2:52  En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.
 
Aangaande sy Godheid sê die Skrif:
Kol 1:12-27  Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.
Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.
Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
 
Kol 1:15  Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon
en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort.
God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.
 
Toe Jesus se aardse bediening begin het, het Hy sy luisteraars gekonfronteer met Homself.  En Jesus het aangaande die ENGELE gesê dat hulle in die hemel berig ontvang van elkeen wat die Seun van God as enigste Verlosser en Saligmaker aanneem.
 
  • Luk_15:10  Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die ENGELE van God oor een sondaar wat hom bekeer."
 
  • En later, toe Hy vir sondaars se redding en versoening met God gekruisig is, het die vroue wat sy liggaam gaan versorg het, die boodskap van sy opstanding van ENGELE ontvang.
Joh 20:11-16.   Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. 2  Toe sien sy twee ENGELE met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelê het, een waar die kop en een waar die voete was.  Hulle vra toe vir haar: "Mevrou, waarom huil jy?" Sy antwoord hulle: "Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie."
 Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie.  Jesus vra haar toe: "Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?" Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: "Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal."
Jesus het vir haar gesê: "Maria!" Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: "Rabboeni!" Dit beteken leermeester.
 
 
  • Jesus het ons almal ingelig oor wat ENGELE binnekort, iewers in die toekoms, gaan doen.  ENGELE gaan dié van ons wat Hom as ons enigste Hoop en Verlosser aangeneem het, bymekaarmaak om sy hemelse koninkryk binne te gaan.  Dan sal die wete van God se Koninkry nie net meer in ons harte deur die Gees en Woord leef nie.  Dan sal alles nie meer naakte geloof wees nie;  dan sal wat ons geglo het, werklikheid wees.  Ons sal in God se koninkryk loop; ons sal daar werk.  Ons sal in die kore van die hemel sing, musiek maak.  Ons sal ons opdragte in die teenwoordigheid van ons God ontvang;  ons sal Hom aanbid, ons sal geen trane, pyn, leed, verminking, abuse, misbruik, vernedering meer ken nie.  Die ou dinge sal verby wees.  Die nuwe hemel en die nuwe aarde — een met vlekloos onbesoedelde waters, vlekloos onbesoedelde riviere, ‘n heilige plek waar geregtigheid woon— sal ons nuwe werklikheid wees.
 
  • Ons het die keuse om Hom te glo.  Om oor die Groot Dag van die Here te peins:  oor Hom, ons enigste Hoop, Saligmaker en Verlosser, wat sy dienende geeste, sy ENGELE gaan uitstuur om elke gelowige na God te neem.
 
  •  Mat 24:29  Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
Mat 24:30  Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit.
Mat 24:31  Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy  uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af.
 
 
Ja, God het sy boodskappers, die engele, met die goeie tyding, die geweldige boodskap bly stuur en stuur.  Hulle moes uit die hemel kom om die boodskap van Goddelike genade, die boodskap van ewige hoop, die boodskap van ‘n toekoms ver, ver verby Betlehem met sy skaapwagters en Kriel met sy myne, verby Jagersfontein en Mitchell’s Plain, Atlantis, Mandela View, Bellville, Stellenbosch se rykste buurte, Noordhoek in Kaapstad, Noordhoek in Bloemfontein, Sandton en Bochabelo, ver buite die die vreeslike gange van die myne waarin die Zama-Zamas onwettig myn, aan alle mense af te lewer. Sy ewige Koninkryk is ook vir jou bedoel.
 
 
Die ENGELE het jou aandag op JESUS CHRISTUS, GOD SE SEUN, kom vestig.
En dit is die boodskap aangaan die Seun:
1Pe 1:8  Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.
 
Ook jy sal die ENGELE van God sien, of jy in God glo of nie.
Paulus skryf onder leiding van die Heilige Gees vir elke gelowige, hier, in Aleppo, in Egipte, in ‘n omgewing waar jy vir Christus ly: 
 
2 Tess 1:5-7  Dit alles is 'n bewys van die regverdige oordeel van God, naamlik dat Hy julle geskik geag het vir sy koninkryk, waarvoor julle nou ook ly.  God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; en aan julle lyding, en ons s'n, sal Hy 'n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele   in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie.
 
Vanaf die eiland Patmos naby Griekeland en Turkye moet Johannes God se boodskap die wêreld en die toekoms instuur:
 
Voordat Hy kom, sal Jesus aan sy sewe magtige ENGELE die taak gee om groot rampe oor die aarde te bring, sodat mense hulle tot Jesus Christus sal bekeer.
 
Op16:1  Toe het ek uit die tempel 'n harde stem vir die sewe ENGELE hoor sê: "Gaan gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit!"
Op_17:1  Toe het een van die sewe ENGELE wat die sewe bakke het, gekom en met my gepraat. "Kom," het hy gesê, "ek sal jou wys hoe die oordeel voltrek word oor die berugte sedelose vrou wat by baie waters bly.
 
Voordat Hy kom, weet ons al uit die Woord die vereniging van alle gelowiges met Jesus Christus, die Lam van God, binnekort sal gebeur.   Ook met dié boodskap is een van die sewe groot ENGELE na Johannes op Patmos gestuur:
 
Op  21:9-12  Toe het een van die sewe ENGELE wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. "Kom," het hy gesê, "ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam." 
Ek is toe deur die Gees meegevoer en die ENGEL het my na 'n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom.
 Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos dié van die kosbaarste edelsteen, soos 'n kristalhelder opaal.
Die stad het 'n groot hoë muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf ENGELE, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel.
 
Op  21:21-27  Die twaalf poorte is twaalf pêrels. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos 'n spieël. 'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.  Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.  Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan.
Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie.  Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring. Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.
 
God se dienende geeste het gekom.
En dit is die boodskap uit die hemel wat God se dienende geeste aarde toe gebring het, die engele vir wie jy as die dienende personeel van die Koning van die Konings, ons Here Jesus Christus, sal sien.
 
Die engele sal ons wat in Christus is, vir ewig na Hom toe neem: versoen met God deur die bloed van die Lam ... Hy wat tot ons saligheid die Kindjie in die krip en die onskuldig veroordeelde aan die middelste kruis was.

Indien jy meer van engele wil weet:
 
Aartsengele en gevalle engele
In die Bybel word die name van twee hoof-, bevelvoerder-engele genoem:
 
GABRIËL
Gabriël beteken: “man van God,” d.i. dienaar van God, iemand in God se diens.
 
  • Dan_8:16  en ek hoor 'n stem uit die Ulai roep: "Gabriël, verklaar vir Daniël die gesig!"
  • Dan_9:21  terwyl ek nog so aan die bid was, het Gabriël, die man wat ek die vorige keer in die visioen gesien het, by my aangevlieg gekom. Dit was die tyd van die aandoffer.
  • Luk_1:19  Die ENGEL antwoord hom: "Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring.
  • Luk_1:26  In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die ENGEL Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea.
 
 
MIGAEL
Migael beteken “Wie is soos God?”  Dus: Wie is vergelykbaar met God?
 
  • Dan_10:13  Die ENGEL van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar toe het Migael, een van die vernaamste ENGELE, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie.
  • Dan_10:21  Maar eers sal ek jou vertel wat in die Boek van die Waarheid opgeteken is. Daar is niemand wat my teen hulle bystaan nie behalwe julle ENGEL Migael."
  • Dan_12:1  "In daardie tyd sal Migael, die groot ENGEL wat oor die lede van jou volk waghou, op die toneel verskyn. Dit sal 'n swaar tyd wees, so swaar soos dit nog nooit was vandat daar nasies is nie. In daardie tyd sal almal uit jou volk wat in die boek opgeskryf is, gered word.
  • Jud_1:9  Nie eens die aartsENGEL Migael het so iets gedoen nie. Toe hy met die duiwel gestry het oor die liggaam van Moses, het hy hom dit nie veroorloof om die duiwel te beledig en te veroordeel nie, maar hy het vir hom gesê: "Die Here sal jou straf."
  • Op_12:7  Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy ENGELE moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy ENGELE het oorlog gevoer,
 
7 ENGELE IN DIE APOKRIEWE BOEK VAN HENOG
In die Apokriewe boek van Henog word die name van sewe magtige ENGELE genoem:
  1. Michael
  2. Gabriël
  3. Uriël
  4. Rafael
  5. Raquel
  6. Remiël
  7. Saraquel
 
Die gevalle engele
Die Bybel noem die name van drie gevalle ENGELE:
 
ABBADON
  • Openb_9:1  Die vyfde ENGEL het toe op sy trompet geblaas. Ek het 'n ster gesien wat van die hemel af op die aarde geval het, en die sleutel van die skag na die onderaardse diepte is aan hom gegee.
  • Openb_9:2  Hy het toe die skag na die onderaardse diepte oopgemaak, en daar het rook uit die skag uit opgestyg soos die rook van 'n groot oond. Deur die skag se rook is die son verduister en het die lug donker geword.
  • Openb_9:11  Hulle het die ENGEL van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is Abaddon, en in Grieks het hy die naam Apollion.
 
BEËLSEBUL
Mat_12:24  Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: "Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste."
Mat_12:27  En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is.
Mar_3:22  Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: "Hy is van Beëlsebul besete!" en "Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe."
Luk_11:15  maar party van hulle het gesê: "Dit is met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste, dat hy geeste uitdrywe."
Luk_11:18  As die Satan dan teen homself verdeeld is, hoe kan sy ryk bly staan? Julle sê mos Ek dryf bose geeste uit met die hulp van Beëlsebul.
Luk_11:19  As Ek wel deur Beëlsebul bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle eie volgelinge dit dan? Dus, hulle bewys self dat julle verkeerd is.
 
SATAN
  • 1Kron_21:1  Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om 'n sensus van Israel te hou.
  • Job_1:6  Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle.
  • Job_1:7  Toe vra die Here vir hom: "Waar kom jy vandaan?" En die Satan antwoord die Here: "Ek het die wêreld deurkruis."
  • Sag_3:1  Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die ENGEL van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla.
  • Sag_3:2  Die Here het vir die Satan gesê: Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem my woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.
  • Mat_4:10  Maar Jesus sê vir hom: "Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."
  • Mar_4:15  Daar is mense by wie daar soos op 'n pad gesaai word: sodra hulle die woord hoor, kom die Satan en vat die woord weg wat in hulle gesaai is.
  • Luk_10:18  Toe sê Hy vir hulle: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val.
  • Luk_11:18  As die Satan dan teen homself verdeeld is, hoe kan sy ryk bly staan? Julle sê mos Ek dryf bose geeste uit met die hulp van Beëlsebul.
  • Luk_13:16  En hier is 'n vrou, 'n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?"
  • Joh_13:27  En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die Satan in hom ingevaar. Toe sê Jesus vir hom: "Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!"
  • Hand_5:3  Petrus sê toe vir hom: "Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou?
  • Hand_26:18  Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.'
  • Rom_16:20  God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!
  • 2Kor_2:11  Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.
  • 2Kor_11:14  En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n ENGEL van die lig.
  • 2Kor_12:7  selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan.
  • 1Tess_2:18  Daarom wou ons weer na julle toe kom; ek, Paulus, het keer op keer probeer kom, maar die Satan het ons verhinder.
  • 2Tess_2:9  Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders
  • 1Tim_5:15  Daar is reeds party wat agter die Satan aan afgewyk het.
  • Openb_2:13  Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar by julle waar die Satan bly nie.
  • Openb_2:24  Maar vir julle ander in Tiatira, wat nie hierdie leer aanhang en nie die "diep geheimenisse van die Satan", soos hulle dit noem, leer ken het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verpligting nie;
  • Openb_20:2  Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind.
  • Openb_20:7  Wanneer die duisend jaar om is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word.
 

Kliek en kry: MISHANDELING (2)

                                             
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
MISHANDELING (2)
Deel 1 van die tema is in die afdeling, VERNIET (linkerkieslys) gestoor.
 
Hoe langer jy met die duiwel dans, hoe langer bly jy in die hel.
 
“I have suffered enough. It’s my fault for letting you get comfortable with disrespecting me. I have sacrificed my heart too long for someone who could not care less. I have no more patience to wait for your appreciation. “I’ll change” is a lie that I can no longer believe. To be real… letting go hurts, but I know there is no healing holding on.  So I am making it my responsibility to detach myself from a relationship that has kept me from loving myself. Even though I can’t feel it now, I know there is good in this goodbye.” —  trentshelton.
 
Elkeen wat dié woorde hoor of lees, gaan iets beleef,
  • Sommige gaan herkenning van hulleself ervaar, iets soos ‘n wanneer daar op ‘n oop senuwee gedruk word.
  • Sommige gaan ‘n hunkering ervaar: gaan voort, praat met my, want ek het al gevoel ek word mal. Help my;  ek is so verward, ek kan nie langer so voortgaan nie. 
  • Sommige, veral mans, gaan woedend wees omdat enigiemand dit kan waag om so-iets te sê.  Jy is kwater as kwaad, omdat dié woorde jou vrou net opstandig gaan maak; omdat dit olie of haar vuur is.
  • Sommige ouer mense gaan weet: Dit is wat my eie kind sou kon skryf, maar my kind het hierdie onreg as normaal begin aanvaar. My kind wil die beste vir haar kinders gee, en sy dink die beste is dat hulle pa en ma by mekaar bly, al sien jy ook van buite af dat jou kind so min respek en waardering ontvang en slegte, diep onstellende gedrag moet bly akkommodeer.
  • Daar is gemeentelede in baie gemeentes wat hierdie aanhaling aanhoor en dink:  So moet my gay kind ook voel. Of so het hy/sy gevoel voordat hy/sy die gemeente verlaat het om buite die geloofsgemeenskap te gaan rondswerf. My kind het die woord mishandeling gebruik:  hy/sy het dalk eendag ‘n eindeloos hartseer stelling met jou kom deel: 
 
“Mense dink dit is baie eensaam om alleen te wees. Dit is nie noodwendig so nie. Die grootste eensaamheid waarin enigiemand kan leef, is om in ‘n mishandelingsverhouding te wees.”
 
  • Sommige kerkmense, Christene, gaan sê: “Fisiese, spirituele, emosionele en verbale mishandeling is ‘n vervelig tema.” (Met ander woorde: Kom ons Kerkmense hou ons hieruit. Onreg, geweld, die aanslag op die siel, gees en liggaam van miljoene mense in en buite die geloofsgemeenskap is nie iets wat vir die Koning van die Koninkryk, vir die heiliges van die Allerhoogste, die verlostes, die liggaam van Christus belangrik is nie.) 
  • Sommige kerkmense gaan dus sê: “As ek nóg ‘n keer moet hoor wat in die lewe van mishandelde mense aangaan, dieselfde ou holrug geryde tema, gaan ek skree/ die radio afskakel/ uit die kerk stap.”
Maar eintlik word daar selfde in die kerk hieroor gepreek, my broer.  Hoeveel keer in jou lewe het jy die pastor/dominee al die merkers wat op ‘n mishandelings-verhouding dui, aan die gemeente hoor uitwys?
 
  • Jy loop op eiers om iemand nie te ontstel of kwaad te maak nie;
  • Jou gevoelens, emosies en legitieme begeertes geniet min erkenning;
  • Jy word sonder rede gewantrou;
  • Jy voel/weet dat dit baie moeilik is om probleme in die verhouding te bespreek;
  • Jy voel dikwels verward en vasgekeer in die verhoudingsituasie.
  • Jy is bang vir jou lewensmaat/familielid/persoon met wie jy in ‘n verhouding is wanneer hy/sy kwaad is;
  • Jy weet jy moet so min moontlik van hom verskil;
  • Jou lewensmaat/familielid/BP  (belangrike persoon) verneder jou keer op keer en verseker jou dan soms dat hy baie lief vir jou is.
  • Een van die maniere waarop jou lewensmaat/familielid/BP jou tot onderwerping of stilte manipuleer, is met die dreigement om vir die hele wêreld, vir mense wat jou respekteer, te vertel hoe sleg jy werklik is.
  • Jy word verskree.
  • Jou lewensmaat/familielid/BP maak dit op een of ander manier moeilik vir jou om met jou familie in aanraking te kom, met hulle te kuier en met hulle te gesels.
  • Jy is al deur jou lewensmaat/familielid/BP geslaan, geskop, gestamp, geklap, by die huis uitgejaag, fisies seergemaak, in of uit ‘n voertuig gedwing of met een of ander voorwerp gegooi.
Maar hoeveel keer het jy jou pastoor of dominee al hoor sê:
 “The longer you dance with the devil, the longer you remain in hell.”
Of:
“Don’t be afraid of losing someone who doesn’t feel lucky to have you.”
 
In THE SUBTLE POWER OF SPIRITUAL ABUSE (David Johnson en Jeff VanVonderen) word juis dié kanker in verhoudings en in die kerk uitgewys:  disrespek vir iemand anders se waarde as mens, as God se handewerk, as iemand met wie se lewe die Here ‘n plan het en vir wie Hy sy Seun se lewe gegee het.  Iemand is dus gemaklik met die feit dat geestelike leiers, gemeentelede en baie Christene gemaklik daarmee is om ander gelowiges met disrespek te behandel.
In THE SUBTLE POWER OF SPIRITUAL ABUSE val die lig op ‘n wanbalans in die skaalbakke van gesprek, seggenskap, besluitneming, beweegruimte, vryheid en opoffering, wat in elke opsig gemaklikheid met disrespek reflekteer;
In THE SUBTLE POWER OF SPIRITUAL ABUSE  vestig die skrywers die aandag op die rooi ligte van voorwaardelikheid in enige verhouding, dit wil sê in die huwelik, in die verlowingstydperk en in die Kerk. Aanvaarbaarheid word gemeet aan wat ‘n persoon  in die verhouding reg of verkeerd doen.  Gevolglik leef die mishandelde binne ‘n raamwerk van: doen ek reg? Praat ek reg? Mag ek? Mag ek nie?  Mag ek my hart hieroor oopmaak? Wat is my beste oorlewingsopsie: stilbly, geheimhouding, leuens?  Want:  as ek my menswees, my stryd, my insigte aan sekere van my medegelowiges sou openbaar, gaan ek met disrespek behandel word.  Die Kerk en baie gelowiges is gemaklik daarmee.
 
Wat sê die Skrif oor die verhoudings tussen mense?
Die Bybel sê — en hier verstaan talle Christenvroue ongelukkig dat die Here oor ‘n dag praat waarop ‘n man en vrou amptelik in die egskeidingshof van mekaar skei:
 
Mal 2:13-17  Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie, en julle vra: "Waarom dan nie?" Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het.
Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet wees, wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie.
Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesê het, en dan vra julle nog: "Waarmee het ons Hom moeg gemaak?" Julle het dit gedoen toe julle gesê het: "Vir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense, Hy hou van hulle," of toe julle gevra het: "Waar is die God wat reg moet laat geskied?"
 
 
Wiskunde
10 + 7 =17.
Die volgende is ewe waar:
7+10 = 17.
 
Kom ons kyk soos wiskundiges na die stelling in Maleagi 2:
Egskeiding (huwelikskeiding) is niks anders as geweld nie.
Geweld is niks anders as egskeiding (skeiding in die huwelik) nie.
 
Kan dit wees?
Dit is ‘n feit.
 
Elkeen wat al met egskeiding te doen gehad het, weet dat egskeiding ‘n groot en toenemend groter wordende breuk in ‘n verhouding wat innig moes gewees het, beteken.   Dat huwelikskeiding, egskeiding, skeiding en totale verwydering van mekaar t.o.v. die huweliksverhouding beteken.  Dat een huweliksmaat gemaklik daarmee is om intimiteit, nabyheid, aanraking van mekaar, verlange na mekaar prys te en die ander huweliksmaat in ‘n verlate, gebroke toestand te laat voortgaan.
 
Elkeen wat al ontrou in enige situasie beleef het, weet dat ontrou nie net beteken dat iemand anders vir een lewensmaat belangriker geword het as die een met wie hy getroud is, nie.  Ontrou beteken dat getroue, volhardende, selfopofferende omgee, getroue hulp, getroue sorg, getroue lojaliteit, getroue liefde uit die verhouding geskrap word.  Dat dit nie meer saak maak nie.  Dat een huweliksmaat die ander nie meer wil inlig, versorg, en vir haar wil opoffer nie. Dat een huweliksmaat nie meer die geselskap van die ander een opsoek nie.  Dat een huweliksmaat gemaklik daarmee is om innigheid, gemeensaamheid, getrouheid en samesyn prys te gee en die ander huweliksmaat in ‘n ellendige, radelose toestand te laat voortgaan.
 
Wat beteken Maleagi 2 eintlik?
Die Here sê vir ons in Maleagi 2 dat:-
  • elke huweliksmaat die reg het om iets beters as so ‘n leë, verlate verhouding van die ander huweliksmaat te verwag; 
  • dat God egskeiding (maar eintlik alles wat so ‘n hartseer dag voorafgaan en daarop afstuur) haat; 
  • dat ‘n leë, verlate, abusive relationship geheel en al buite God se wil is;
  • dat God van geen vrou verwag om ‘n dans met iemand te bly dans wat die wil van God bly verontagsaam nie.  Om met die duiwel te bly dans en so in die hel te bly, net sodat jy nie jou egskeidingpapiere moet kry nie, is glad nie wat in Maleagi 2 staan nie;
  • dat God van elkeen wat gemaklik daarmee geraak het om enigiemand anders sonder respek te behandel — van jou  gay medegelowige tot jou kind tot jou man tot jou vrou tot jou skoonmoeder tot jou skoonvader tot die bedelaar by die verkeerslig tot die sukkelende alkoholis — dat God van jou verwag om jou te bekeer. As jy hulp op die pad moet kry, gaan kry hulp.  As jy ‘n week by die werk moet afneem om jou te gaan bekeer, om jou huweliksmaat en ander mense om vergifnis te gaan vra, neem die week af.  As jy woestyn toe moet gaan om te gaan vas en bid en die nuwe lewe in Christus te bekom, gaan woestyn toe.
 
God sal jou help.
Deur sy Seun, Jesus Christus, het Hy — soos vir jou vrou wat van jou sou wou skei, soos vir jou, gesê:   
 
Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié (ook vir elke abuser) wat vra. " — Luk 11:9-13.
 
 
 
 
 

Kliek en kry: MISHANDELING

MISHANDELING

Ons nader die einde van ‘n maand waarin die aandag gevestig is op die mishandeling van vroue en kinders. Sekerlik ook die mishandeling van tienerseuns en tienermeisies.

 

Ek lees ‘n uitstaande generiese definisie van die wese van mishandeling  in die boek, THE SUBTLE POWER OF SPIRITUAL ABUSE (David Johnson en Jeff VanVonderen). Wat die skrywers aangaande geestelike/spirituele mishandeling skryf, is net so waar t.o.v. enige ander vorm van mishandeling in gesinsverband, in die werkplek, op plase, in die huwelik, in en deur die media, in hospitale en kinderhuise, in tehuise vir verswakte bejaardes, waar ook al, wanneer ook al. 

 

Daarom plaas ons vir ons aanvanklike doeleindes enkele spesifieke woorde in die aanhaling tussen hakies, en vervang hulle met gekursiveerde woorde.  Is dit nie presies wat enige mishandelde mens beleef nie?

“There are (spiritual) systems in which what people think, how they feel and what they need or want does not matter. People’s needs go unmet. In these systems, (the members are) one or more human beings may be there to meet the needs of (the leaders) another human being: needs for power, importance, intimacy, value — really self-related needs. (These leaders) The latter may attempt to find fulfilment through the (religious) performance of the very people whom they are there to serve and build. This is an inversion of the body of Christ. It is spiritual abuse. ”

 

?Enige vorm van mishandeling word gekenmerk deur:-

  • Ongevoeligheid vir, apatie en koudheid jeens iemand anders se nood, behoeftes, gedagtes, menswees;
  • Beskuldigings.  Die mishandelde persoon het ‘n probleem, volgens die een met die mag.  Die mishandelde persoon IS die probleem.  Hy/sy is die een wat die Skrif minag, die een wat hom/haar nie daaraan wil onderwerp nie, die een wat rehabiliteer moet word. Sy soek hiervoor, lok mans uit, stuur verkeerde seine uit ens. Ens.
  • disrespek vir iemand anders se waarde as mens, as God se handewerk, as iemand met wie se lewe die Here ‘n plan het en vir wie Hy sy Seun se lewe gegee het.
  • ‘n wanbalans in die skaalbakke van gesprek, seggenskap, besluitneming, beweegruimte, vryheid en opoffering;
  • ‘n chroniese voorwaardelikheid. Aanvaarbaarheid word gemeet aan wat die mishandelde reg of verkeerd doen.  Gevolglik leef die mishandelde binne ‘n raamwerk van: doen ek reg? Praat ek reg? Mag ek? Mag ek nie?  Mag ek my hart hieroor oopmaak? Wat is my beste oorlewingsopsie: stilbly, geheimhouding, leuens?

 

Profiel van ‘n mishandelde Christen

Mishandelde Christene loop met baie, dikwels versweë gedagtes.  Boeke kan geskryf word oor die emosies wat mishandelde Christene soms in hulle oopmaak-oomblikke (en dié is nie altyd maklik of moontlik nie) op indirekte of direkte wyse met mekaar deel. Christen-tieners met hardvogtige pa’s, Christenvroue wie se mans hulle bly verrinneweer.

Seksueel-, emosioneel-, verbaal-, spiritueel- en fisies mishandelde kinders van die HERE lig soms die deksel van die Pandora-kis van die emosies wat in die swakkere in ‘n emosioneel-, fisies-, spiritueel- of enige ander vorm van gewelddadige verhouding gevind kan word:

  • Diep depressie. Uitsigloosheid. Vreugdeloosheid.
  • Angs en knaende onrus.
  • Smeulende woede. 
  • Selfveragting omdat hy/sy dit toelaat of so lank geduld het.  Verwardheid.  Twyfel oor sy/haar waarde as mens.
  • Senuweeagtigheid en sosiale angs.
  • Verlies aan selfrespek. 
  • Eensaamheid. Die gevoel van verlatenheid. 
  • Veiligheid in onttrekking:  hoe minder die geleenthede om die geweldenaar te ontstel, hoe veiliger is die mishandelde.  Of so dink die mishandelde. 
  • Hartseer, droefheid, die begeerte om te kan vlug of sterf, om selfs deur die dood uit die ellendige situasie bevry te word.
  • Geloofsverlies, of ‘n vreugdelose geloofslewe.
  • Verbittering. 
  • Berekendheid.  Mishandelde mense weeg elke stap op.  Hulle bereken die risiko’s in doodgewone dinge. Mag hulle ‘n spesifieke droom of behoefte uitspel?  Mag hulle iemand in nood help?  Mag hulle doen wat die Heilige Gees hulle op die hart lê?  Mag hulle met iemand praat, saam met hulle lewensmaat iewers aankom, koffie saam met ‘n vriendin gaan drink?  Wat is die risiko’s vir hulleself?  Wat sal hulle agterna tref?
  • Groeiende verwydering van die persoon, die mag, die geloofsgemeenskap, die kerk of ouer wat as gevoelloos, magtig en liefdeloos  beleef word;
  • Dit is so dat uitgelewerde mense, ook spesifiek Christene, die volgende beleef: ‘n toenemend verwronge beeld van God; ‘n verwronge self-identiteit vol skaamte, onsekerheid van God se liefde, verwardheid,  onbegrip van die Nuwe Testamentiese waarheid van nuwe mens in Christus wees.  Geestelike gesag is ‘n problem:  uitgelewerde mense onderwerp hulle maar slaafs daaraan, of openbaar ekstreme verset.  Begrippe soos genade wil nie meer registreer nie;  uitgelewerde mense twyfel oor God se genade.  Persoonlike verantwoordelikheid/betrokkenheid by ander is vir jou ‘n probleem.  Jy sloof jouself af vir dié wat jou misbruik (dalk verdien jy guns daarmee.) Of jy onttrek: iemand hou nie daarvan dat jy betrokke moet raak nie.  Jy behaag mense,  jy dien hulle, nie vir God nie.  Jy is te bang, te vreesbevange, te huiwerig om jou eie besluite te neem.  Jy ontken die mishandeling;  jy gee ander name daaraan:  geloofstoets, iets wat die Here jou wil leer, sy manier om jou nederig te maak, mislukking van jou kant, dis nie so erg nie.  En dit is veral nie iets wat gekom het om te bly nie.  Jy sukkel met vertroue.  Jy is sinies; jy glo nie dat goeie verhoudings blywend kan bestaan nie.
  • Mishandelde Christene het, soos alle ander slagoffers van mishandeling, ‘n ander leefruimte as dié van mense in gesonde verhoudings. Iemand sê vir my: “Party mense se leefruimte is ‘n bouperseel waar hulle strukture oprig.  Of ‘n plek waar hulle grassnyers herstel. Of ‘n skoolklaskamer, waar hulle met kinders lag en raas en vir hulle die wêreld oopmaak. Ek leef binnekant, diep in myself.  Dit is my enigste veilige plek op aarde.  My binnekant is onbereikbaar, solank ek die deur daarvan toe hou.”

 

Het jy al ooit iets treurigers, iets meer tragies gehoor?  Kan die mens dit aan sy medemens doen?

Ja, eintlik het ek al van drie meer tragiese dinge gehoor.

  • Die een is dat iemand wat iemand anders in so ‘n toestand dompel, redes kan formuleer waarom hy/sy met dié gedrag mag volhou.
  • Die tweede is dat iemand wat hom/haar in dié situasie herken, passief daarin bly.
  • Die derde is dat iemand wat seksueel, emosioneel, verbaal, spiritueel of fisies mishandel word, letterlik doodgaan binnekant: lewend dood kan word.  Dat hy/sy letterlik groot gedeeltes, baie tye in sy/haar lewe vergeet.  Die vernederinge, die traumas en die verbale, emosionele, spirituele en fisieke geweld sak af tot diep in die onderbewussyn en later tot die nog dieper vlak van die onbewuste.  Daar lê dit soos ‘n swaar sediment.  Dit is al wat die arme liggaam en gees ter wille van oorlewing daarmee kon doen:  as die slagoffer dit bewustelik moes onthou, sou hy/sy nie kon funksioneer nie.  Dit sou soos onophoudelike tsoenami’s in die slagoffer gewees het. Daardie sediment is vuil, vol onbegryplikhede, besmet van valsheid en wreedheid… en maak die slagoffer doodsiek.  Dit laat lewende dooies of dooie lewendes tussen ons woon en leef en werk.

Ek dink aan Milton se woorde: And much it grieved my heart to think   What man has made of man. 

 

Natuurlik moet ons mekaar geestelik vermaan!  

In THE SUBTLE POWER OF SPIRITUAL ABUSE beklemtoon die skrywers dat misverstande, botsing van opinie, argumente en al die onvolmaakthede van ons gebroke menswees in enige verhouding en situasie voorkom en sal bly voorkom.  Dat gelowiges mekaar eerlik mag en moet teregwys.  Dat God heilig is, dat sy Woord en sy Gees ons lamp en ons Leidsman moet wees.  Dit is nie mishandeling om die voorskrifte en standaarde van die Skrif in die nederige gesindheid wat die Skrif van ons vereis, aan ‘n medegelowige voor te hou nie.

Daar is ook iets anders. Waar is Christus in dié boek?

 

Waar Christus is

In dié diep deurdagte boek staan Christus sentraal. En hierby staan ek en jy vandag stil.  Jesus Christus het gekom om die straf in ons plek te dra, om vir ons lewe in die toekomstige lewe te waarborg, om ons met God te versoen… en om aan ons die volmaakte voorbeeld te stel van hoe ons in enige verhouding en situasie teenoor alle mense moet optree.

By Christus-vyandige mense sal ons optrede die reuk van die dood tot die dood hê.  Mense wat vir Christus haat, sal ons daaroor haat en bespot en vervolg.  In elke  verhouding tussen gelowige mense kan die standaard van die verhouding getoets word aan die mate waarin die gesindheid van Christus daarin gesien en beleef word.

MAAR: Waar Christus sentraal in enige verhouding, in enige mens se lewe staan, is daar ‘n lieflike geur.  

Daar is opregtheid, openheid, verbondenheid met Christus, durende verantwoordelikheid aan God vir die groei, welsyn, heling, sekuriteit, menswaardigheid, roeping, behoud van die geestelike gawes, geborgenheid en geluk van my medegelowige. My man of vrou. My kind. My plaasarbeider. Die alkoholis. Die gerehabiliteerde dwelmafhanklike. Enige en elke ander medegelowige.  Enige ander kind van God. 

 

Hoe lieflik is die geur van Christus!

Paulus skryf:

Aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur. Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.

Vir dié wat verlore gaan, is dit 'n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit 'n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat? Ons, omdat ons nie is soos baie ander wat geld maak uit die woord van God nie. Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God. — 2 Kor 2:14-17.

 

Vir ons almal, elkeen wat mishandel word, maar ook elkeen wat tot dusver nie besef het hoe ingrypend sy/haar gedrag ander raak nie, sê die Woord:

2 Kor 5:17-19: Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

 

Kom ons meet elke verhouding, die kwaliteit van ons omgang met ons kindershuweliksmaatplaaswerkerselke enkele mens in die huisgesin van die Here, aan hierdie Skrif-feit:

Iemand (ek en elke ander mens) wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het (vir my, hom, haar) gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening (vrede met God, rus, vreugde, God se liefde, groei, vergifnis, vryheid in Christus, volkome aanvaarding, sekerheid in God deur Christus Jesus en die gewaarborgde teenwoordigheid van sy inwonende Gees) toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense (wat in Hom glo) hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening (God se liefde, vryheid in Christus, vrede, rus, groei, sekerheid, volkome aanvaarding, voortgaande leiding en inwoning deur sy Gees) het Hy aan ons toevertrou.

 

Is dit — hierdie lieflike geur, die gesindheid van Christus — die eerbied van iemand anders as God handewerk, sy herskapene in Christus, sy geliefde kind — wat mense aangaande hulleself in jou teenwoordigheid, in verhouding met jou as hulle ouer, swaer, werkgewer, mede-gemeentelid, lidmaat van dieselfde kerk, huweliksmaat of bejaarde in jou sorg beleef?

  • Is dit wat jy vir mense, veral vir jou medegelowiges, gee?
  • Is dit wat jy as een van die HERE se mense sowel ontvang as onvoorwaardelike aan ander gee?
  • Dit is die a) gesindheid en b) die gawe van Christus.

 

Volgende week praat ons DV  verder oor die pad uit geweld en mishandeling, die nuwe lewe in Christus.

 

Kliek en kry: OOGAPPEL

 

 
OOGAPPEL
 
‘n Gesprek tussen ‘n gelowige wat die lewe nie meer verstaan nie en sy God
 
Izak de Villiers het ‘n interessante titel aan een van sy digbundels gegee:  VERVREEMDELING.  In dié titel hoor ‘n mens iets van uit-wees, disoriëntasie, die gevoel van uitsluiting, alleenheid, onbegrip, groeiende ontnugtering, verwese voel.  Die digter voel soos ‘n vreemdeling in die gemeenskap, kerk, die wêreld van besige, gewone, jonger, selfversekerde mense.  Hy voel vervreemd, onbegrypend, soos iemand wat nie inpas nie. Hy, ‘n baie slim teoloog, skrywer, eks-tydskrif- en koerantredakteur, voel asof hy minder en minder van die lewe verstaan.
 
Was jy al op ‘n plek in jou lewe waar jy eintlik niks meer verstaan nie?
Verder: was jy al op die plek van noodkrete?
 
Dawid was daar gewees, toe skryf hy Psalm 17. Psalm 17 sou perfek in Izak de Villiers se digbundel, VERVREEMDELING, ingepas het.
 
Kom ons lees dit, met so hier en daar ‘n stukkie toeligting tussen hakies.  Kyk en luister spesifiek vir een woord in die psalm: die woord “oogappel.” Merk dit, hou dit in gedagte, want ná die lees van Dawid se beskrywing van ‘n vervreemdeling (‘n onbegrypende gelowige), gaan ons weer by die woord ”oogappel” uitkom.
 
Psalm 17
'n Gebed van Dawid. Luister tog, Here (Jahwe, EK IS, die Ewige, God van Israel en die verbond), na my regverdige saak, let op my hulpgeroep.
Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid.   U sal  (as Regter) uitspraak lewer in my guns: u oë sien immers self wat reg is.
As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U (as Regter) niks verkeerds (geen waarheid in my teëstanders se aantygings) vind nie. Oor die doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie (het ek my van kwaadpraat weerhou): ek het my aan u bevel gehou. Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. (Ek het nie die praktyke beoefen, voorbeeld gevolg van mense wat verwoes en vernietig nie.)
Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog (Buig af)  na my en hoor wat ek sê.  Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.
 
Ps 17:8-9, ANV.  Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel.
 
Ps 17:8-9, NLV (CUM),
Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10; Sag 2:8] Bedek my (beskermend, koesterend) in die skadu van u vlerke, [Ps 91:4; Matt 23:37] van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.
 
 
Ps 17:10-15
 Sonder enige meegevoel, met monde wat aanmatigende dinge sê, omsingel hulle my  waar ek ook gaan. Hulle soek my ondergang. Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur, soos jong leeus wat iets voorlê.
 
(OPMERKING: Nou vra die Psalmskrywer die Here om reg en geregtigheid te laat geskied:  op Ou-Testamentiese, voor-Christelike wyse, want vir Jesus Christus het hy nog nie geken nie.  Hier volg dus nou ‘n Ou-Testamentiese vergeldingsbede. Die wet of beginsel van regverdige, verdiende vergelding (Lex talionis), waarvolgens die  dader— die skuldige en ook die regverdige —straf of beloning in direkte verhouding tot sy dade ontvang, [Eks 21:24-25; Deut 19:21; Spr 12:13-14] word herhaaldelik in die Psalms gevind,  o.a. in  Ps 7:4-6, 16-17; 9:16; 35:8; 37:14-15; 57:7; 59:13; 69:23; 141:10)
 
 
Kom tog, Here, staan hulle voor, dwing hulle op die knieë. Red my met u swaard uit die mag van die goddeloses,  met u eie hand, Here, van hierdie mense. Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af; laat hulle hulle vol eet aan die onheil wat U vir hulle gereed hou; laat daar oorgenoeg wees vir hulle kinders en laat daar nog oorbly vir die kindskinders.
 
(OPMERKING: In Matt 5:38-42 verklaar Jesus Christus Lex talionis as uitgedien en gee Hy ‘n nuwe beginsel, gedragskode en opdrag aan sy volgelinge. Ons ou-Testamenentiese  psalmskrywer beroep hom egter in die lig wat hy gehad het, op die regverdigheid van die Here.  Hy glo dat die Here hom, die Psalmskrywer, gunstig gesind sal wees, want as wetsgehoorsame Israeliet het hy God in opregtheid en gehoorsaamheid gedien.)
 
 Maar wat my betref, omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan. As ek wakker word (uit die dood), sal ek my verbly in u teenwoordigheid. 
 
(OPMERKING: Die feit dat sommige Ou-Testamentiese gelowiges op lewe ná die dood gehoop het, blyk uit o.a. Ps 16:9-11; 17:15; 49:15-16; 73:23-24  en Dan 12:2. In Hand 2:25-28 pas Petrus die woorde van Ps 16:9-11 toe op die opstanding van Jesus Christus.  Petrus grond sy Skrifuitleg op Jesus Christus se woorde dat alles wat in die wet van Moses, die profesieë en die psalms oor Hom geskryf is, vervul moes word.) [Luk 24:44]
 
 
HOE LYK ‘N  OOGAPPEL?
 
In Ps 17:8-9 bid Dawid dat die Here iets baie spesifieks vir hom moet doen:
Ps 17:8-9, ANV.  Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel.
 
Ps 17:8-9, NLV (CUM),
Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10; Sag 2:8] Bedek my (beskermend, koesterend) in die skadu van u vlerke, [Ps 91:4; Matt 23:37] van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.
 
Wat sou jy doen as ek jou so vra om jou oogappel te beskerm?