Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Dis met hartseer dat ek
Posted on Tuesday, January 19, 2016
 

Liewe Ondersteuners van die Limbikani-Projek oor die laaste agt jare.

 

Dis met hartseer dat ek, Christien, hierdie laaste paar woorde aan jul almal skryf.

 

Die Here het almal van julle, op geldelike, of gebedsgebied, of net uit liefde en belangstelling, laat meehelp om my en Bernard se onderwys-sending-tyd van agt jaar in Zambië moontlik te maak. Dit was agt van die mees vervullende jare in ons lewe saam, en ek weet dat ons werk met die Reformed Church in Zambia binne dié kerk baie beteken het. Ek bid ook dat ons daarwees en insette mag voortduur, vir baie jare, ook noudat ons tyd daar verby is.

 

Op Saterdag, 31 Oktober 2015, het ons vanaf Katete na Lusaka gery, met die oog op vyf dae daar deur te bring, en met verskeie medewerkers te praat oor hoe ons laaste jaar daar, dit sou wees tot einde Februarie 2017, ten beste benut kon word vir die kerk met sy skole-sisteem. Op pad het ons nog ingedraai na Hofmeyr Day Secondary School, so 10km vanaf die teerpad, en lank met die skoolhoof sit en gesels oor probleme wat hy daar ervaar. Dis dalk die mees afgeleë skool tans, in terme van vermoë om gereeld daar besoek af te lê.

 

In Lusaka het ons tuisgegaan by Frikkie en Marietjie van Niekerk, dis die dominee van die Kabulonga Dutch Reformed Church-gemeente met 'n Afrikaanse en Engelse bediening. Saterdagaand redelik vroeg gaan slaap, na die lang rit. Die Sondagoggend sou ons in albei eredienste praat oor die kerkonderwys in die Oostelike Provinsie, en spesifiek die eeufees daarvan soos gevier op 13 September.

 

Tydens ons vroegoggend-koffietjie op die rusbank van die tuinwoonstelletjie het Bernard skielik vooroor gebuig, ek dink om sy koppie koffie op die vloer neer te kon sit, en geluidloos daar onder gebly. Ek kon hom terugkry tot lê op die rusbank, het onmiddellik besef daar's geen hartklop nie, en het uitgehardloop en die huismense geroep. Saam met hul seun, toe op besoek uit Suid-Afrika, het ons noodbehandeling begin, terwyl Frikkie 'n privaat-ambulansdiens gebel het. Die was binne 20 minute daar (van ver af), en hul het ook nog 45 minute lank aangehou met noodbehandeling, maar dit was onmoontlik om Bernard se hart weer aan klop te kry.

 

Die Here dra my, en ons kinders, en familie en vriende, steeds deur die groot, onverwagte skok.

 

Ek wil dan net hiermee aan almal wat ons gesteun het deur die jare, en veral ook almal wat meelewe betuig het en ook hulp verleen het, baie dankie sê. As dit moontlik is, sou ek in die komende jaar net by almal 'n draai wou maak om persoonlik waardering te wys, maar die dae en maande wat kom sal uitwys hoe doenbaar dit is.  Neem asb kennis van my twee werkende selfoonnommers:  078 180 9070 (Suid-Afrika) en

+260 977 933 525 (Zambië).

 

Liefde en groete in die Here Jesus Christus.

 

Christien Odendaal.

LIMBIKANI – VENNOOTSKAP

Nuusbrief – 14 Januarie 2016

                          limbikanircz@gmail.com 

                        bckatete@gmail.com

 


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies