Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

HUISGODSDIENS BBTC
Posted on Wednesday, January 27, 2016
 
  1. HUISGODSDIENS: Hierdie wonderlike gebruik van sovele gelowige gesinne dwarsoor die wêreld, bring stabiliteit in jong lewens en ook vreugde in ons Vader in die hemel se hart. Hierdie week kon ons een môre die huisgodsdiens in ons oudste seun se huis op die skilderagtige George saam met drie jongmense (hulle kinders) beleef uit THE MESSAGE:  “Prov 3 Don’t lose your grip on Love and Loyalty… earn a reputation for living well in God’s eyes and the eyes of the people. Trust God from the bottom of your heart; don’t try to figure out everything on your own. Listen for God’s voice in everything you do…….”
Vertrou op die Here met jou HELE hart!” 
  1. VOORBIDDING: Mag ons u steeds asseblief vra vir ernstige gebed vir ‘n belangrike vergadering op Dinsdag 26 Januarie oor BBTC. Hoe dankbaar is ons vir elkeen wat hierdie Bybelkollege, wat aan God behoort, opdra in gebed. Mag die Here elke versoek en smeekgebed verhoor. “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in ALLES deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God!” Fil 4:6 Dis so ‘n voorreg om te weet, “MY PA IS DIE KONING!” By Hom voel ons veilig! Hy weet presies wat en wie ons nodig het en Hy wat vir die voeltjies sorg, sorg ook vir ons!
  2.  UITREIKE:   Dis so lekker om nuus te ontvang van studente wat vol vreugde rapporteer dat hulle iemand na Jesus kon lei en hom kon oorhandig vir dissipelskap. Die week het ons hier in die skilderagtige mooi George by die Senior Bybelstudie selgroep gaan kuier en ons harte het verwarm omdat daar nog ouer mense is  wat graag bid vir ons wat nog volstoom vir die Here werk! Shai het ook aan die gesels geraak met die twee manne van tuindienste wat by die pastorie werk. Hulle wou tog so graag ook kinders van die Here wees en het in gebed die Here  Jesus as hul Verlosser aangeneem. Ons weet jy juig ook saam met die engele!! Ons het groot planne om weer kursusse by die Med B Gevangenis te Barberton aan te bied en dan die hele BBTC massakoor AFRICA 4 JESUS te neem om daar te gaan sing wanneer ons die sertifikate oorhandig! Bishop Adane,,n lid van ons Direksie en ‘n groep  Etiopiers kom reik uit by ons om  
                1-5 Feb ‘n WEEK OF PRAYER saam met Elreza en ander personeel aan te bied. MAG
                STROME VAN SEEN UIT DIE HEMEL UITGESTORT WORD!
     
  3. PERSONEEL: Ons verlang na ons personeel wat as vrywilligers vir die Here werk! Dis ons familie van AGT lande! Op die oomblik  bid ons vir 2 rekenaarvaardige sekretarisse/esse. LAAT WEET ASB AS JY VAN SULKE MENSE MET SENDINGHARTE WEET!!! Dis ‘n groot lekkerte om deel van God se familie te wees. Ons geniet ook die besoeke van ons +-300 sendelinge/ sendelingversorgers vir wie ons daagliks bid, wat soms kom kuier! Ons hoop hulle kom nie almal gelyk nie!! Laat weet asb en ons maak plek!! Julle is hartlik welkom en die HOSPITALITY TEAM sal julle met vreugde ontvang! Ons oefen vir die heerlike saamwees in die hemel eendag!
  4. JAARPROGRAM: Met opgewondenheid sien ons uit na ons dosente wat vra om weer te kom!! Mnr Piet Dreyer kom ENTREPRENEURSHIP en Drs Steef van’t Slot en John van Schepen kom  MISSIOLOGY en HOMELETICS binnekort aanbied. Ook EE3  se Kinder, Jeug en Volwasse kursusse word 15-19 Februarie in ons studente se harte geplant! Ons sien uit na alles wat ons Here vir ons beplan… ook die opname van die 11e BBTC  CD  van die AFRICA 4 JESUS koor deur Eugene Pienaar! Ons glo dat ons opera sangeres vriendin van Korea, Hanna Min, ook sal deelneem. Ons het ook ‘n halfuur fotoprogram saamgestel na ons uiters insiggewende besoek aan Suid-Korea. Ons is beskikbaar as enigeen dit graag vertoon wil he! 
  5. INTERSESSIE:  Ons lees tans ‘n boek van Dick Eastman LOVE ON ITS KNEES en ook een van Billy Graham, ‘n Bybelstudie oor ANGELS, GOD’s SECRET AGENTS en ook Dr Caroline Leaf se boek SWITCH ON YOUR BRIAN wat geweldige diep spore in ons lewens trap. Kry gerus die boeke om jou lewe te verryk! Dick skryf, COMPASSION IS AT THE HEART OF INTERCESSION en ook INTERCESSION IS SERVING….. Dankie dat jy saamstry… veral nou vir die eerstejaars wat wagstaan by ambassades en die deur bly toe agv nuwe landswette by ons!!!! Die stryd om te registreer na vyf jaar van harde werk is nog nie verby nie! MAAR GOD…… is aan ons kant en ons sal nie moedeloos word nie!! Graag kniel ons nou langs JOU en tree vir jou in. 

Met liefde en groot waardering!  Seenbede en onthou: “DAG NA DAG DRA HY ONS!”Ps 68:20
Shai en Elreza Mulder en almal op pad na BBTC om 1 Feb te begin!       
 0833 066 323.
shyriesmulder@gmail.com
 
Op spesiale versoek: Bankbesonderhede: FNB, Barberton; Takkode: 270152;
Naam: Back to the Bible Training College; Nr: 51600018323; Swift: FIRNZAJJJXXX


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies