Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse nasionale skryfwedstryd 2016
Posted on Monday, February 29, 2016
 

Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse nasionale skryfwedstryd 2016.

 

Skrywers en digters, dis alweer tyd om die pen in ink te doop of om die rekenaarsleutels te kielie dat die rook daaruit trek. Dis natuurlik alweer tyd vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse nasionale skryfwedstryd 2016 in vennootskap (al vir dekades lank) met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN). Die wedstryd word weer vanjaar met R18 000 geborg deur ons gewaardeerde borg, die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat. Die afdelings waarin deelgeneem kan word met ‘n kortverhaal, kortkortverhaal, skets/vertelling, ‘n opstel/essay en poësie, is die skole-afdeling (juniors, gr. 8 en 9) en seniors (gr. 10 tot 12) en ope-afdelings (B vir ongepubliseerde skrywers en C vir gepubliseerde skrywers). Buiten vir die prysgeld, wisseltrofeë, sertifikaat en die  publikasie van die wenbydrae in Inkvars 2016, is daar ook ‘n gratis slypskool vir alle kategoriewenners, ook vir ‘n niemoedertaalwenner, by ‘n gerekende skrywer op die spel. Beoordeling geskied anoniem deur ‘n paneel kundige beoordelaars. Omkring dus ook solank nou reeds die nasionale BSV-Slypskooldatum, Saterdag, 20 Augustus 2016 met die uiters kundige digter, resensent en akademikus, prof. Joan Hanmbidge, in u dagboeke  – buiten vir die wenners, kan die publiek ook die slypskool bywoon. Met so ‘n kundige slypskoolaanbieder, gaan die beskikbare plekke beslis vlieg! Die inskrywingsvorms en  wedstrydpamflet (met heerlike prosa- en poësie-onderwerpe wat elke skoolgaande of volwasse skrywer se verbeelding sal kielie) is beskikbaar op die BSV-webwerf vir selfaflaaidoeleindes, of u kan vra dat ons dit vir u aanstuur.  Wedstrydnavrae (en slypskoolbesprekings): Corlietha Swart (Voorsitter: BSV) by bloemsv@gmail.com of Lelani Fourie (Sekretaresse/Tesourier: BSV) by sel. 0733883377. U kan die inskrywingsvorms ook self aflaai van die BSV-webwerf. Die sluitingsdatum van die skryfwedstryd is 13 Mei 2016.

 

Lekker skryf!

Corlietha Swart

Voorsitter: BSV

 


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies