Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

JOAN HAMBIDGE
Posted on Monday, August 01, 2016
 

JOAN HAMBIDGE BY BSV OP 20 AUGUSTUS 2016.

 

Augustusmaand is slypskoolmaand vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging! Op Saterdag, 20 Augustus 2016 om 9:00 - 15:00 (registrasie begin 8:15) vind die BSV-Slypskool 2016 met prof. Joan Hambidge in die Noorderbloem-Aftree-oordsaal, Metzstraat, Bayswater, Bloemfontein plaas. Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, bied vanjaar se BSV-Slypskool vir elke gesoute of potensiële digter of skrywer die gulde geleentheid om by een van die bekendste Afrikaanse digters, prof. Joan Hambidge, die fynere kunsies van veral die digkuns te bestudeer. Afriforum borg vanjaar se slypskoolaanbieder. Prof. Hambidge is nie net 'n bekroonde digter en wenner van die Eugène Marais- en ATKV-pryse vir poësie met meer as 10 digbundels op haar kerfstok nie, maar ook romanskrywer van 'n hele aantal romans, skrywer van 'n opera en vele akademiese geskrifte. Verder is sy ook 'n bekende en gerekende resensent en akademikus (o.a. in kreatiewe skryfkuns) by die Universiteit van Kaapstad. 'n Slypskool by so 'n kundige aanbieder beloof dus om 'n uiters leersame ervaring met persoonlike aandag te wees, veral aangesien prof. Hambidge van elke slypskoolganger vooraf twee gedigte vra. Die koste van die slypskool is 'n minimale R160 vir BSV-lede (ook as u nou as lid aansluit by hierdie dinamiese skrywersvriendekring), of R300 vir nie-lede. Almal welkom! Middagete en snoephappies, asook 'n handleiding met gedigte, is by die prys ingesluit. Tydens die geleentheid vind die prysuitdeling van die wenners van die pas-afgelope nasionale BSV-Skryfwedstryd 2016 (geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV) ook plaas en die publikasie, Inkvars 2016 (geborg deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland, Zuid Afrika), wat die weninskrywings en beoordelaarsverslae bevat, word ook bekendgestel. Pryswenners, asook 'n beurshouer) woon die slypskool as deel van hul pryse gratis by. Protea Boekwinkel verkoop ook heeldag boeke oor kreatiewe skryfkuns tydens die geleentheid en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) stal tydens die geleentheid uit. Aangesien daar 'n beperkte aantal slypskoolgangers geakkommodeer kan word, moet diegene, wat graag die slypskool wil bywoon, spoedig met die BSV kontak maak by bloemsv@gmail.com of met Lelani by 0733883377 (n.u.). Die slypskoolpamflet is ook beskikbaar op die BSV-Facebookbladsy of webwerf by http://bloemsv.wordpress.com 

 


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies