Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

JAPAN SENDING.
Posted on Thursday, December 01, 2016
 

THE LITTLE HOME AT THE SEMINARY
 

JAPAN SENDING!
Die bus neem my van Osaka lughawe na Sannomiya Stasie in Kobe stad.  Die herfs in Japan is mooier as wat ek my dit ooit kon voorstel en die kleure langs die pad wissel van goudgeel tot donker kersierooi en alles tussenin! Stephan en Carina-hulle woon in ‘n boomryke voorstad aan die buitewyke van Kobe stad, ‘n byna plattelandse atmosfeer. 
 
Hul huis se klein voorportaal (genkan) vol skoene van verskillende groottes, die reuk van varsgebakte brood en verskeie rakke gelaai met boeke, vertel net een verhaal -  hier word GELEWE! Klavierspel iewers binne en seuntjies wat lag en roep en stry, betrek nog sintuie.  Ek word met oorgawe verwelkom en ingetrek by die Van der Watt-gesin in hul tuiste op die gronde van Kobe Reformed Theological Seminary.
 
Die 4 kinders se buitengewone Engelse woordeskat val my dadelik op.  Carina het na deeglike navorsing hul eie skoolsisteem ontwikkel en saam met Stephan is besluit op Engels as voertaal tydens homeschooling bedags.  Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan jnr is onderskeidelik 9, 7, 5 en 3 jaar oud.  Afrikaans is hul huistaal en Japannese taalstudie is deel van almal se kurrikulum.  Hul plaaslike maatjies wat gereeld kom speel, swemlesse Vrydae asook Annlie se klavier- en kunsklasse, help met gesprekvoering in Japannees.  Terloops,  gebore Japannese doen lewenslange taalstudie omdat Kanji –  Japannese skrifkarakters - so moeilik is om te bemeester en te onthou.
 
Terug by die homeschooling.  Wat ‘n voorreg om eerstehands te aanskou hoe hierdie Mamma ‘n liefde vir Shakespeare, Dickens en Eugene Marais by haar spruite kweek deur voorlesing aan die ontbyttafel.  Carina se uitgangspunt is om ‘n fees van idees aan haar kinders voor te sit sodat elke kind kan neem en geniet na vermoë en behoefte.  As sy bv. Shakespeare se komedie, Taming of the Shrew voorlees, sal een kind dalk slegs die ritme volg, terwyl ‘n ander die dieper simboliek daarvan verstaan.  
 
Individuele studie in Wiskunde en Tale word vroegoggend afgehandel. In gesamentlike studietye behandel hulle geskiedenis, wetenskap en literatuur.  Nature walks in die mooi parke naby hul huis help met die vaslegging van ‘n wetenskapfeit, terwyl Poetry tea time op Dinsdagoggende om 10h00 ‘n tyd is waarna almal uitsien!  Carina se geheim vir suksesvolle homeschooling is goeie beplanning en deeglike voorbereiding (2017 se ses temas is reeds uitgewerk en boeke van oraloor het pas gearriveer).
 
Die skool se motto word uitgeleef, daarvan kan ek persoonlik getuig:

READ
CREATE
LOVE
WHOLEHEARTEDLY
 
Het ek al genoem dat Vivaldi in die agtergrond speel wanneer Renoir se kuns bespreek word?  En dat Annlie se hamster Luna heet, wat in Latyn volmaan beteken?  Weet julle al dat die Heidelbergse Kategismus vraag 1 tot 10 in die volgende weke deel vorm van hul voorlesings tydens familietyd?  En dat daar elke middag Quiet time is sodat die groteres kan lees en die kleintjies kan speel?
 
Met hierdie as agtergrond is dit geen wonder dat die 5-jarige Lodewyk by Mamma aandring om sy werksboeke vir hom aan te gee nie. Ook verbaas dit my nie dat Cornelius se gunsteling oorlogspeletjie met sy Lego mannetjies The Battle of Scotland is nie. Die wêreld is een groot ontdekking vir klein Stephan, wat geestesgoed letterlik saam met moedersmelk begin inkry het. En Annlie se beste uitlaatklep in enige situasie is ‘n klavier-uitvoering van haar gunsteling marsmusiek.
 
Aangesien Stéphan en Carina vier gesonde en lewenslustige kinders het moet ek op hierdie punt byvoeg dat alles nie altyd maanskyn en rose is nie. Emosies, frustrasies en grootword is dinge wat hanteer word soos dit opduik. Harmonie is egter ‘n deurlopende tema vir hierdie gesin en ek haal my hoed af vir die wyse waarop die jong ouers liefde en bedagsaamheid aan hul kinders modelleer.
 
Elkeen het ook sy/haar spesifieke chores sodat die huishouding glad kan verloop.  Wasgoed ophang, skottelgoedwas, stofsuig en vullis uitdra is daagliks ‘n realiteit en word sonder weerstand deur die gesinslede uitgevoer.
 
Vir Stéphan, die vader van die huis, is elke werksdag as dosent in Praktiese Teologie by die Kweekskool ‘n intellektuele uitdaging.  Teologiese terminologie in enige taal is moeilik… wat nog te sê in Japannees! Voeg daarby sy werk namens Missie Japan, voorbereiding vir preke by vele gemeentes, seminare en kerkvergaderings elders, die skryf van artikels vir akademiese tydskrifte (alles in Japannees natuurlik) asook die feit dat hy 100% Pa is wanneer hy sy swart skoene in die genkan verruil vir sy pantoffels... en jy weet ons praat hier van ‘n veelsydige persoon wat weet hoe om sy tyd te bestuur. 
 
Tyd vir ontspanning word ook gemaak.  Die gesin hou daarvan om soms op ‘n Saterdag in een van die nabygeleë warmwaterbronne, te gaan herlaai.  Min dinge kom by die welbehaaglikheid van so onsen-ervaring!!  Ek was ook bevoorreg om die geskiedkundige stad Kyoto, saam met hulle te verken.  Wat ‘n avontuur was dit nie!  Annlie het die meisies in hul kimonos met bewondering bekyk, terwyl ons die steiltes van berg Otawa aangedurf het oppad na die Kiyomizu tempel.
 
Ek sou graag nog wou uitbrei oor Carina se kulinêre vaardighede, maar volstaan deur te noem dat haar cinnamon buns een spesifieke reëndag onvergeetlik gemaak het en ook dat die geurige onabe  (‘n japannese potjie met vleis en groente) wat hulle soms Vrydagaande eet, ‘n totale hoogtepunt vir my was!!
 
Iets in die Van der Watts se gesin-wees laat my dink aan die TV program,  The Little House on the Prairie,  in die sewentigs toe ek nog ‘n kind was.  Meer nog aan die Waltons… miskien is dit die gesprekke om die etenstafel, die ingenomenheid van elke lid van die gesin om deel van hierdie oomblik te wees, die ervaring dat elke dag te min ure het vir alles wat hulle wil doen. 
 
Uniek leef hulle hul Godgegewe roeping uit, voluit en getrou. Vêr van baie wat bekend en geliefd is.  Ganbare! (Vasbyt!)
 
Dit het tyd geword vir my om te vertrek.  Annlie is hartseer.  Stéphan merk op, “sendelingkinders ken van afskeid neem.”
 
 Ek sluit af met Stéphan en Carina se visie vir hul gesin:
  • Read great books
  • Live out your faith
  • Go outside
  • Celebrate life
  • Serve with joy and gratitude
  • Do meaningful work
Geskryf deur Elsabé Du Plessis (NGK Hoopstad)
elsabedup2@gmail.com

Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies