Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

BSV JAARLIKSE NASIONALE SKRYFWEDSTRYD.
Posted on Friday, December 09, 2016
 

Die BSV-bestuur maak graag nou reeds die onderwerpe en inligting bekend vir Skrywers 2017, die jaarlikse nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in samewerking met NALN vir hoërskole en volwassenes (kortprosa en poësie) geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV met R18 000-prysgeld, plus 'n gratis slypskool by 'n gerekende slypskoolaanbieder in Augustus 2017 en publikasie van die weninskrywings in Inkvars 2017. Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, nooi alle potensiële (en gepubliseerde) skrywers en digters en veral leerders en studente (niemoedertaalinskrywings ook welkom) uit om gerus deel te neem aan een van die grootste skryfwedstryde in Afrikaans, met anonieme beoordeling deur gerekende en bekroonde skrywers /tersiêre dosente as beoordelaars. Hierdie historiese skryfwedstryd word al ononderbroke sedert 1979 op nasionale, eintlik internasionale vlak, aangebied en het al verskeie pryswenners (toe nog ongepubliseerd)opgelewer wat later gerekende en bekroonde skrywers geword het(soos Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Carina Diedericks-Hugo, Piet Steyn, Dirk Winterbach, Carina Stander, Japie Bogaards, Sonja Loots en nou ook Hilda A. Smits, om maar enkeles te noem.) Gaan kyk gerus op die BSV-webwerf by http://bloemsv.wordpress.com na die heerlike prettige (of diepsinnige) onderwerpe en temas per kategorie in die wedstrydpamflet - en met uitdagende onderwerpe soos "Bring vir skoonma haar besem!" en "Sy/Haar laaste 'selfie'", sal die skryfgogga beslis byt ...

Lekker skryf!


wordpress.jpghttp://bloemsv.wordpress.com

Facebppk.pngwww.facebook.com/bloemsv

 


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies