Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Skrywers 2017, bekend gemaak
Posted on Monday, July 03, 2017
 

DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING

 

Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Skrywers 2017, bekend gemaak

 

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd, vanjaar weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), het weer vanjaar kort onder 1000 inskrywings opgelewer. Dit is die tweede meeste sedert die ontstaan van die wedstryd in 1979 met inskrywing uit alle provinsies van Suid-Afrika, lande in Afrika en oorsee! Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, getuig die uitslae vanjaar van ’n stryd van gedugte oud-wenners, met ’n paar splinternuwe “buiteperde”. Dit is vanjaar  ook opvallend dat die reeds-gepubliseerdes in die Ope-afdeling en veral die Junior-skole-afdeling getalsgewys ? sterk groeikurwe op die grafiek vertoon – ? bewys dat jongmense graag kreatief skryf in Afrikaans en die poel van gepubliseerdes algaande groei. Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers, wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en in baie gevalle daarna met ’n slypskool ontwikkel is – Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Cariena Diedericks, Piet Steyn, Japie Bogaards, Sonja Loots – en twee van die meer onlangse gevalle,  Ruan Fourie wat in 2016 eerste was in die Ope: poësie-afdeling, die slypskool by prof. Joan Hambidge deurloop en pas in 2017 gedebuteer het en in 2016 die gereelde BSV-wenner, Hilda Smits (van Nashville, VSA), wat toe as digter by Protea Boekhuis gedebuteer en haar bundel by die BSV in NALN kom bekendstel het. Ons weet ook van twee van ons gereelde prosa-wenners wat binnekort debuteer. Alle eer aan die vier onafhanklike en kundige beoordelaars wat jaarliks met anonieme beoordeling een na die ander skrywer met potensiaal om te debuteer, uit honderde BSV-inskrywings oormerk.

 

Altesaam R18 000 se pryse is vanjaar deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole was op die spel. Hoërskool D.F. Malan het vanjaar ’n  kategoriewisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm. ’n Leerder van Langenhoven Gimnasium het vanjaar die Prosatrofee vir Seniors (Skole) ingepalm, tesame met die Gerhard Beukes-wisseltrofee vir die skool van die algehele skolewenner. Die Skole: Poësie-wisseltrofee is verower deur ’n leerder van Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2017 gebundel word en op 26 Augustus 2017 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers, gedeeltelik geborg deur Afriforum, by die Noorderbloemsaal in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners ’n daglange slypskool onder leiding van die veelbekroonde prof. Etienne van Heerden as deel van hul prys gratis bywoon. Beskikbare plekke vir die publiek is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die daglange slypskool teen R400 wil bywoon (BSV-lede betaal R250), of Inkvars 2017 teen R100 per eksemplaar wil bestel, kan Roline Brits (BSV-sekretaresse) by sel. 0792807759 , of  Corlietha Swart (Voorsitter: BSV) by bloemsv@gmail.com  kontak.

 

Wenners van die BSV se “Skrywers 2017” is:

SKOLE-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)

1ste (R1500) en trofee: Mila de Villiers, gr.9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                   Karen Vergeest, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                   Ila Alberts, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:            Dian Burger, gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.       

 

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)

1ste (R1 500) en trofee: Anna-Mart Schutte, gr. 10, Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.

2de (R800):                    Brigitte Dempers, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                    Femke Swanepoel, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:             Nico van der Westhuizen, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

 

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER:

Anna-Mart Schutte, gr. 10, Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.

 

OPE AFDELING DS (Poësie Skole):

1ste (R1 500) en trofee: Carl Julius, gr. 12, Hoërskool Noord-Kaap, Kimberley.

2de (R800):                    Carla van Wyk, gr. 11, La Rochelle Hoër Meisieskool, Paarl.

3de (R500):                    Bernedette Botha, gr. 12, Outeniqua Hoërskool, George.

Eervol vermeld:             Carl Julius, gr. 12, Hoërskool Noord-Kaap, Kimberley.

 

OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1500) en trofee:  Maretha van der Westhuizen, George

2 de (R900):                  Hannes Visser, Oudtshoorn.       

3 de  (R500):                 Sidney Gilroy, Johannesburg

Eervol vermeld:            Jan Venter, Langenhovenpark, Bloemfontein

 

OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 500) en trofee: Marianne Venter, Lynwoodrif, Pretoria

2de (R900):                    Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.

Eervol vermeld:             Louis Nell, Bainsvlei, Bloemfontein.

 

OPE AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 500) en trofee: Ernest Else, Rustenburg.

2de (R800):                    Dr. Elrien Scheepers, Pretoria

3de (R500):                    Leunis van Rooyen, Brixton.

 

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.

Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.

Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Noord-Kaap, Kimberley.

Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners toegeken.

BAIE GELUK AAN AL DIE WENNERS!

 

Mediavrystelling: Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Skrywers 2017, bekend gemaakCorlietha Swart (Voorsitter: BSV)


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies