Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Prof. Etienne van Heerden is die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se slypskoolaanbieder in 2017!
Posted on Thursday, August 17, 2017
 

Prof. Etienne van Heerden is die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se slypskoolaanbieder in 2017!

Die veelbekroonde skrywer en stigter-redakteur van Litnet, prof. Etienne van Heerden, lei vanjaar die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se nasionale “BSV-Slypskool vir Ontluikende Skrywers”, op Saterdag, 26 Augustus 2017 van 8:15 (registrasie) tot 15:00. Dit vind plaas in die saal van die Noorderbloem-aftree-oord, Metzstraat, Bloemfontein. Elke potensiële skrywer en digter sal oneindig daarby baat vind om meer te hoor van die fynere kunsies van kreatiewe skryfkuns by hierdie ervare en veelbekroonde skrywer (o.a. twee maal met die Hertzogprys), slypskoolaanbieder van uitvoergehalte, digter, akademikus in nagraadse kreatiewe skryfkuns, asook meesterbrein agter Litnet, een van die grootste digitale literêre webwerwe, in Afrikaans. Met die oog hierop is een van sy sessies se titel, “Publikasie: papier en pixel”. Hy neem ook onderwerpe, soos “Om vreemd te maak: ruimte en tyd” en “Om nuuskierig te wees: karakter en storie” onder die loep.

Die prysuitdeling van teenwoordige wenners van die BSV se nasionale skryfwedstryd, Skrywers 2017, vanjaar weer met R18 000 geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, vind aan die begin van die verrigtinge plaas. Vanjaar is die tweede meeste skryfwedstrydinskrywings sedert 1979 (kort onder ‘n duisend) uit alle provinsies van Suid-Afrika en van oorsee ontvang – dit bevestig net weer die statuur van hierdie tradisieryke wedstryd, wat al vele latere groot skrywers vroeg reeds ontdek het, as een van die grootste wedstryde van sy soort in die land. Hoërskool D.F. Malan, Bellville,  het vanjaar weer die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm – ’n jarelange rekord wat moeilik deur ander skole geëwenaar gaan word. Die skryfwedstrydwenners, asook ’n Sesothosprekende beurshouer, wie se skryfwerk in Afrikaans belofte inhou, woon die slypskool gratis by.

Inkvars 2017 (met vanjaar se weninskrywings en beoordelaarsverslae) spog weer met ’n uitsonderlike Fanie-Viljoen-voorblad na aanleiding van een van die gewildste onderwerpe, “Gee vir skoonma haar besem!” en dié publikasie, geborg deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland Zuid Afrika, word tydens die geleentheid bekend gestel as ’n nuttige hulpmiddel vir skrywers en stelwerkonderwysers en kos R100. Aangesien die fokus heeldag op skrywers en boeke val, bring die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) ’n gedeelte van hul Van Heerden-versameling op  uitstalling na die slypskool. Protea Boekehuis verkoop ook heeldag boeke van die slypskoolaanbieder, asook ander literêre werke en bronne oor die skryfkuns.

 

Belangstellendes wat die slypskool (ete en verversings ingesluit) teen R400 wil bywoon (BSV-lede betaal R250, ook as hul op slypskooldag as lid aansluit), kan gerus vir Roline Brits (BSV-sekretaresse) by sel. 0792807759, of Corlietha Swart (BSV-voorsitter) by bloemsv@gmail.com kontak. Die inskrywingsvorms is ook op die BSV--webwerf by bloemsv.wordpress.com, of op die  Facebookblad van die BSV beskikbaar. Afriforum borg ’n gedeelte van die slypskool. Kom kuier gerus saam – dis ’n lewensverrykende ervaring waar mense jaarliks terugkeer en nuwe vriende, alhoewel geografies  oor die land heen verspreid, na die BSV-slypskole terugkeer en gou ou (skrywers)vriende word.

 

 


Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2017 Seker.co.za
Chillies