Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVEREENIGING
Posted on Tuesday, November 14, 2017
 

Mediavrystelling : Corlietha Swart (Voorsitter : Bloemfonteinse Skrywersvereniging).

 

Skrywers en digters, R18 000 en ’n slypskool op die spel in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2018!

 

Die tradisieryke nasionale BSV-Skryfwedstryd, wat reeds in 1979 ontstaan het, is tans weer in volle swang. Volwassenes (ongepubliseerdes en reeds-gepubliseertdes), sowel as studente en hoërskoolleerders, ook nie-moedertaalsprekers van Afrikaans, kan hul prosa (kortverhale, kort-kortverhale, essay’s en sketse/ vertellings, asook poësie voor die sluitingsdatum, 14 Mei 2018 instuur.  Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die BSV is die goeie nuus dat die BSV-skryfwedstryd, die grootste van sy soort in die land, vir die 10de agtereenvolgende jaar geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat met 'n gedeelte van die borggeld vanjaar deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans van die UV. Die eerste inskrywings begin reeds insypel na die possakke van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) vanwaar dit anoniem  oorhandig word aan ons vier deurwinterde beoordelaars wat oor jare heen belowende skrywers trefseker uit ongeveer 'n duisend jaarlikse inskrywings uitsnuffel. Oud-BSV-wenners wat nou gevestigde skrywers is, het hulle skrywerstande gesny op hierdie einste skryfwedstryd, soos Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Carina Diedericks-Hugo, Carina Stander, Piet Steyn, dr. Hannes Haasbroek, Dirk Winterbach, Sonja Loots, Japie Bogaards, Ode Krige, Hannes Visser, Elmarie Viljoen-Massyn en ook verlede jaar se Ingrid Jonker-pryswenner en gereelde BSV-wenner uit Amerika, Hilda A. Smits, om maar enkele bekendes te noem! Die digitale weergawe van die wedstrydpamflet en inskrywingsvorms is in Pdf-formaat  beskikbaar op ons BSV-webwerf, http://bloemsv.wordpress.com of (effens dowwer, want dis foto's) op ons BSV-Facebookblad by www.facebook.com/bloemsv . I.g.v. enige navrae, stuur gerus 'n e-pos na ons sekretaresse, Roline Brits, by bloemsv@gmail.com. Buiten vir kontantpryse, sertifikate en wisseltrofeë, word alle wenbydraes gepubliseer in die publikasie, Inkvars 2018 (SUNMedia), ’n publikasie wat die afgelope aantal dekades geborg word deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen, Nederland Zuid-Afrika en woon die wenners ook 'n gratis BSV-slypskool as verdere deel van hul prys by 'n gerekende skrywer by. Enkele slypskoolaanbieders uit die verlede was kundiges, soos dr. P.G. du Plessis, prof. Hans du Plessis, prof. Leon van Nierop, mev. Irma Joubert, Deon Meyer, Margaret Bakkes, Chanette Paul, Francois Bloemhof, Annalie Botes, prof. Joan Hambidge, prof. Etienne van Heerden en vanjaar is ons so bevoorreg om die uiters gewilde skrywer-joernalis en TV-persoonlikheid, Dana Snyman op Saterdag, 25 Augustus 2018 te beleef! Intussen hou ons die NALN-possakke dop vir u inskrywings!


 

 
 
 
 

Terug na argief

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2018 Seker.co.za
Chillies