Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

GOD IS VIR ONS 'N TOEVLUG
Posted on Thursday, 29 October 2020
 

Ps 46: 2 "GOD IS VIR ONS 'N TOEVLUG EN STERKTE; AS HULP IN BENOUDHEDE IS HY IN HOË MATE BEPROEF."

Wat 'n voorreg om weg te kruip in ewige arms wanneer krisisse op jou afstorm...

" There is a huge snake on the verandah!!!"

"Jou bakkie se handvatsel het vir die derde keer afgebreek!"

"O aarde, julle toilet is stukkend...ons moet eers 'n nuwe een gaan koop..."

 

BAIE BAIE DANKIE:

Dankie Here!! Dit is waar! Hier by BBM red U ons keer op keer!! Seën asseblief élke donateur... élke voorbidder...élkeen wat aan ons dink en wat GEE & GEE....

 

** BBM FAMILIE: Ons is innig dankbaar vir elke vrywilliger personeellid wat vanjaar báie hard gewerk het, sonder ons gereelde buite dosente!! Ons loof die Here wat vanjaar weer eens 20 lande van Afrika na ons toe gelei het met Sy eie hand! Ons prys die Here vir 12 puik Studenteraadslede wat getrou hul pligte uitgevoer het in 2020!

 

** BOODSKAPPE: Ons 2e jaars het die week gepreek oor o.a.: " Total Commitment," "My geldsake en die Here," ens.Ons het Healthcare Christian Fellowship se mense báie gemis en self "Total Patient Care" aangebied, tot groot verryking van ons lewens.

 

** CORONA VIRUS: God het ons gespaar en niemand van ons het die virus hierdie hele jaar opgedoen nie! Ons smeek by die Here dat die grense oop sal wees vir ons mense om huis toe te kan gaan en weer veilig te kan terugkom! Ook vir nuwe 2021 studente EN NUWE LANDE bly ons op ons knieë. Bridget Munyasia werk met die nuwe inname en sal dringende gebede waardeer!!

 

** GROOT VREUGDE: Ons nuwe CD: "PRAISE THE LORD!" is opgeneem en in Eugene Pienaar se hande! Ons vertrou vir 'n puik produk wat o.a. van die afgelope 30 jaar se liedere bevat!!

WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION...die boek oor ons lewens hier....is by die drukkers!! Ons wag vir die finale uitkoms! Ons dank die Heer vir soveel wonder verhale en ingrype deur die Allerhoogste!! Die boek gaan R150 kos. U is welkom om nou reeds te bestel. Dalk die ideale Kersgeskenk...'n boek en 'n CD...??

 

** NATUUR: Die lentegroen bome op al die berge om ons, die rose...die jakarandas is 'n fees vir die siel!

 

** TAMATIES: Wat 'n voorreg om op die plaas wat al vir 18 jaar vir ons sorg, weer vars "swart" tamaties...die soetste op aarde...ook al die kleure rissies, te kon gaan oplaai...!

 

** SAPS: Ons kon 'n boodskap by die stasie bring oor Augustinus, kerkvader van Noord-Afrika se woorde: "We are born restless until we find rest in God!" JOH 14: "My vrede gee Ek vir julle!"

 

**GEVANGENIS VERGADERING: Ons deeltydse kapelane  moet weer van vooraf aansoek doen om daar te mag werk. Almal van ons mag net twee uur-lange onderhoude per maand vir gebed...nie preek nie!!! met een-een gevangenes hê. Kla het nie gehelp nie! Ons dank ons grootste SIELESOEKER van hemel en aarde: JESUS CHRISTUS vir élke verlorene wat inkom!!

 

** BOEK VERSKYN:

"DESTINED to be change-agents" deur Fanie Richter en Laetitia Bull van Petra Institute het sopas verskyn. Wonderlike getuienisse....ook ons 2 s'n!! CLF uitgewers!

 

GEBEDSVERSOEKE:

Op ons knieë met geloof en kinderlike vertroue vra ons: 

ASB HERE....mag die vakansie realiseer...gee asb 'n geseende Pastoral Commissioning..al is dit in-huis sonder besoekers... oop deure en grense en paaie...reën asb....volgende jaar se program...ons is onseker oor wie en wat gaan gebeur....en maar altyd finansies...veral vir hulle wat graag huis toe wil gaan...ons daaglikse brood...water... elektrisiteit....petrol...al die stukkende goed wat moet heelgemaak word.....

 

"ONS VADER WEET WAT ONS NODIG HET..." Mat 6:32.

 

Ons bid graag vir jou en ons weet: GEBED TOT DIE LEWENDE GOD VERANDER SAKE EN MENSE!

 

Mag ons Vader ook jou smeekgebede verhoor!

 

Met dankbare liefde,

BBM FAMILIE en Shai en Elreza Mulder. 

Webwerf: www.bbmission.co.za 

Hou aan om die Here te loof en te prys vir Sy goedheid en guns!!

shyriesmulder@gmail.com 

+27833066323 

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa •


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies