Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

WONDERWERK
Posted on Sunday, 08 November 2020
 

*WONDERWERK!

Vandag oor 3 weke sluit ons met ons "werklik ongelooflike" PASTORAL COMMISSIONING....sonder gaste! Agv die korona en die toepassing van al die grendelstaatreëls is dit 'n wonderwerk! Ons situasie was so geseend en spesiaal deur ons Vader gereël dat ons almal binne-in BBM "toe" was. Almal eers per internet en toe hier bymekaar met afstand hou tussen ons!

 

*BYBELTROOS:

Ons loof die Here vir élke teks elke more tydens Stiltetyd! 'n Bemoediging elke more...'n stukkie Manna uit die hemel! Ons noem slegs 2:

Jer 32:39

"EN EK SAL HULLE EEN HART GEE, EN EEN WEG, DAT HULLE MY VIR EWIG SAL DIEN , HULLE EN HULLE KINDERS."

Nuwe Vertaling: "EK SAL HULLE 'N ONVERDEELDE HART EN 'N VASTE KOERS GEE: HULLE SAL MY ALTYD DIEN VIR HULLE EIE BESWIL EN VIR DIÉ VAN HULLE KINDERS NA HULLE."

Nog 'n belofte vanjaar:

Deut 1:30 "THE LORD GOD WILL CARRY YOU AS A MAN CARRIES HIS SON."

Vers 31 N.V. "JULLE HET IN DIE WOESTYN ONDERVIND HOE DIE HERE JULLE GOD JULLE DIE HELE PAD ...GEDRA HET SOOS 'N MAN SY SEUN DRA."

 

Mag die Here jou ook dra elke tree van jou spesifieke lewenspad, is ons gebed vanmore vir jou en jou hele gesin! Ook hierdie laaste treë van 2020....'n uitdagende onvergelyklike jaar!

 

MET GROOT DANKBAARHEID KNIEL ONS VOOR DIE HERE:

* 8 klein pienk varkies gebore! Nog drie sôe dragtig!!

*Feitlik alle eksamens en 'herre' gemerk.

*Vandag 'n piekniek by Jan en Hetta Nel se dam  om dankie te sê vir ons 12 Studenteraadslede

*Simon het begin voorberei om teëls te lê in ons nuwe  EMMANUEL LIBRARY...(Fred Kinnear wou nie sy naam laat gee nie, maar kies toe sy Gasteplaas se naam). Ons bid steeds vir 'n borg vir die teëls én die arbeid.

*Ons eerste en enigste "buite dosent" vanjaar is ds Johannes Aucamp met " Worldview" en a.s week "Servanthood" vir ons 1e jaars.

*Die beplanning is gedoen deur die "Executive Committee" vir November: afsluitingsfunksies, vakansiereëlings....wie bly hier...is die grense oop...? Hoeveel nuwe studente het aansoek gedoen? Mama Onni sê: 54...maar ons weet dat al die reels dit bemoeilik. Ons pleit veral vir nuwe lande wat reeds hier in Suid-Afrika is...Dankie vir jou saamstry én saamwerk hiervoor!

 

* Dankie vir élke voorbidder, élke donateur, élke liefdebewys...Sondag eet ons weer by Ben en Suzette Theron...Vry  20 Nov 7nm kuier ons vir die 2e maal vanjaar saam met ons Gebedsvennote in Pretoria.  Laat weet asb as jy kan kom!

 

* VOORSIENING: Op ons knieë loof ons die Here vir elke stukkie kos, elkeen wat n arm student aangeneem het, elke BBM personeellid wat sy alles gegee het....ons is almal moeg....Mag die Here vir jou en jou gesin 'n besonder 

GESEENDE KERSTYD EN 2021 gee, terwyl ons bid vir almal wat treur oor groot hartseer  wêreldwyd!

 

Shalom en oop deure vra ons vir die Here saam met jou! Shai en Elreza hoop om twee weke in Bloemfontein  en een week in George by ons geliefde familie te kuier. Januarie moet ons terug by BBM wees!

 

Met opregte dankbare liefde groet ons jou en joune! Jou gebedsversoeke is altyd welkom!

Kersfeesvreugde!!!

Almal by Back to the Bible Mission saam met Shai en Elreza. 

Www.bbmission.co.za 

+27833066323

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa •


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies