Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

WANNEER EK BANG IS
Posted on Monday, 23 November 2020
 

Ps 56:3 "Wanneer ek bang is, sal ek op U vertrou..."

Word jy ook soms bang? Ons het nou ons Jeffreysbaai vakansie liewers gekanseleer oor die verwoesting wat die Covid19 daar saai.....sommer 40 mense in een week oorlede, volgens die Jeffreysrus oord bestuurder én die dokter daar!  " Nogtans sal ek jubel in die Here...!" Hab 3:18

 

DANKIE: Weereens so báie om die Here voor te bedank!

 

** TEËLS: Die Emmanuel Biblioteek se teëls is betaal!!! Ons verskuif die inwyding na vroeg a.s. jaar.

 

**PROMISE  KRY HAAR ZULU BYBEL: Uit verskeie oorde is Zulu Bybels belowe en ons kon een in haar hande plaas bo in die pragtige Kaapsche Hoop berge!!

 

**FINALE JAARS KRY BYBELS: Ons kan a.s week met blydskap aan elkeen van die derdejaars ' n spesiale Bybel oorhandig!!

 

** SKENKING VIR BOEKPRYSE: Hoe goed is ons God wat een hart aangeraak het en vandag kan ons by die OM boekwinkel boeke gaan koop vir ons pryswenners: Donderdagaand tydens ons Gala-aand.

 

** FOTO OMSENDBRIEF GEREED OM UIT TE DEEL: Met poskantoor uitdagings deel ons slegs per WhatsApp en per hand uit! Laat weet asb as jy een wil ontvang.

 

** SKOUER-OPERASIE BY DR BERRY: Na 15 steke is die knop verwyder en ons bid vir Shai dat die uitslag gunstig sal wees. Maandag 23e sal ons hoor!

 

** PRAISE THE LORD: 13e BBM CD: Vandag ontvang ons die besending met groot opgewondenheid. Laat weet asb as jy dalk een wil ontvang teen slegs R100. Dalk 'n goeie Kersgeskenk!

Die beloofde boek: "WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION" kan slegs vroeg a.s jaar beskikbaar wees!

 

** CHALLENGE KOERANTE AFGELEWER! Ons is so dankbaar dat ons toegelaat is om die 1000 koerante by die hekke van Maksimum en Med B Gevangenisse af te gee. Mag verlore stukkende mense die Koninkryk binnekom hierdeur. Dankie vir jou voorbidding. 

 

**VOORBIDDERS: Dankie weereens dat jy, as ons vir-gebed-aangenome-sendeling en jy, ons geliefde-saamkniel-gebedsmaat die afgelope jaar saam hierdie deurmekaar grendelstaat jaar ons hande vasgehou het en sáám gebid en gesmeek het! Hoe wonderlik en op Sy tyd het ons hemelse Vader geantwoord. Mag die Here ál ons  gebede verhoor ook vir die redding van al ons families op Sy tyd en manier!

 

** Vreugdewense en opregte dankbaarheid vir jou meelewing. Dit is onmisbaar vir ons twee ouerwordende sendelinge.  Weet jy nie van jonger sendelinge wat kan kom saamwerk en die leisels uiteindelik kan oorneem nie???

Bid asb saam daarvoor!! 

 

** FAMILIE-KUIER: Shai en Elreza kon heerlik kuier, eet, saambid én 'n video-opname maak van Ds Johannes Kelber...wat jare lank sendeling was onder die Tswanas op  Rustenburg.... Elreza se enigste broer!

 

** WESTERGLOED NG GEMEENTE BYDRAE: Elke jaar skenk hulle die middagete by ons "Pastoral Commissioning " en weer eens vanjaar het hulle bygedra!

 

** SKOUERRUIKERS TYDENS ons personeel-afsluitingsete is deur ons nuwe SR dames en Gasvryheidskomitee gemaak. 'n Keurige ete is deur Lucille en Zodwa aangebied. Dit was heerlik!

 

**NUWE PERSONEEL: Twee finalejaars sal DV op Vrydag 29 Jan 2021 hartlik verwelkom word as deel van die personeel!

 

Ons groet met liefde!!

 

Shai en Elreza Mulder en almal by BBM. 

Webwerf: www.bbmission.co.za 

+27 833 066 323

shyriesmulder@gmail.com 

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies