Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

"WEES OOR NIKS BESORG NIE, MAAR LAAT JULLE BEGEERTES
Posted on Saturday, 16 January 2021
 

"WEES OOR NIKS BESORG NIE, MAAR LAAT JULLE BEGEERTES "WEES OOR NIKS BESORG NIE, MAAR LAAT JULLE BEGEERTES IN ALLES DEUR GEBED EN SMEKING MÉT DANKSEGGING BEKEND WORD BY GOD...." Fil 4:6.

Jy mag maar diep asemhaal en ontspan in die rustige vrede wat God, ons eie hemelse Vader, gratis vir Sy kinders gee! Hy het jou hare getel! Hy ken jou by jou naam. Tussen al die woelinge en skrikwekkende gebeure op aarde, bly Hy die Koning van die ganse heelal én jou en my Vader. 

Word rustig...laat jou lewe oor in Sy deurboorde verbondshande! Hy het jou lief!!!

** VLEIS!! Loof die Here vir 'n Laeveld vriend....wat nie sy naam genoem wil hê nie....wat hierdie week hier aangekom het met 'n tafel vol heerlike vleis...wors, steaks, hoender, blokkies vleis...omtrent 80 porsies! Hier was niks vleis nie, slegs hoender wat die myn skenk en waarvoor ons inniglik dankbaar is. Kos was maar skaars gedurende die afgelope vakansie! Party van ons het trane afgevee. DIE HERE HET ONS NIE VERGEET NIE! HY SORG VIR ONS!

AANKOMS VAN PERSONEEL EN STUDENTE: Ons bid en vra ons Vader om die hele BBM familie veilig en betyds terug te bring en die vleis is Sy skenking en belofte: Die Familie Sal Kom!! Dankie dat jy saambid daarvoor: elkeen deur God self geroep om as sendelinge voorberei te word...en ons wat die voorbereiding moet doen!

PROGRAM VOORBEREIDING: Ons is druk besig om die jaarprogram gereed te kry... terwyl daar báie onsekerheid heers weens die corona!! Sal dit slegs per internet wees??? Gaan hulle deurkom by die land en provinsie-grense? Kan dosente van buite gebruik word???? Ons waardeer jou volgehoue: bid en vertrou saam met ons! Te midde van mense wat vlug van die een internet program na die ander...bly ons steeds op WhatsApp,  maar het ook Telegram en Signal afgelaai.

SENDELING-LYS: Ons geniet dit om vir elke aangeneem-vir -gebed-sendeling en ook hulle-wat-ons-versorg te bid. Dit bly 'n uitdaging om almal se epos adresse korrek deur te stuur aan Ben Theron wat steeds al die jare ons gebedsbriewe uitstuur! Laat weet asseblief as jou inligting verander, ook as jy graag aangeneem wil word vir voorbidding! Dis ons vreugde en roeping!

BBM KWARANTYN: Elke personeellid en student wat by ons hek inkom, bly vir tien dae in eensame afsondering: kwarantyn! Ons bid vir stil tye in die teenwoordigheid van ons Meester!

ONDERSTEUNING: Diep uit ons harte: BAIE DANKIE aan elkeen wat 'n arm student onder sy vlerk neem. Volgens spesiale versoek: vanjaar kos een student se Registrasie en Losies en Inwoning  slegs R700 per maand, dws  vir 10 maande R7000. Ons skryf nou briewe om mense en gemeentes biddend te vra om asseblief net EEN student aan te neem. As 7 mense elkeen R100 per maand betaal, dek dit een student se hele jaar.  Ons vertrou ons Vader wat vandag nog mense roep om Sy kinders te versorg.

PROFFESIONELE SPAN: Ons sien met opgewondenheid uit na Wim en Estelle Swart, ons argitek van Pretoria, met hulle span se aankoms Sondag wat die boekrakke kom installeer in die nuwe EMMANUEL LIBRARY. Hulle gaan tuis by "Never ending Gardens" hier naby by Johan Grobler.

GAAN STAP: Dit was heerlik om ver in die grasgroen veld tussen die makadamiaboompies te gaan stap en die berge en veldblomme te geniet...ons is nog met vakansie...Ons Vader sorg vir elke wurmpie en vir jou en my!

Ons sluit met liefde en blydskap dat ons een groot familie in die Here mag wees!

Shai en Elreza vir ons BBM familie.

Webwerf: www.bbmission.co.za 

Per versoek:

Bankinfo: FNB Barberton 

Back to the Bible 

Tjekrekening 

51600018323

Takkode: 270152

 

 

 

Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies