Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

"Hy wat glo is nie haastig nie!"
Posted on Wednesday, 10 February 2021
 

Jes 28:16, "Hy wat glo is nie haastig nie!" Ou Vertaling. Ons is so haastig oor baie sake en oor vele krisisse in ons lewens. Gedurig smeek ons saam met Dawid in Ps 141," HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep..."

En dan antwoord die lewende God met ons BBM Jaarteks: "Die wat op die Here wag, kry nuwe krag, hulle vaar op met vleuels  soos die arende...." Jes 40:31

Dit bid ons ook vir jou! 

NUUS:

1. CORONA: Ons treur saam met ten minste 5 militêre vriende, oorlede aan die corona virus! Ook naby familie soos Theuns de Kock. Mag God ons vertroos en beskerm!

2. Dit REËN! en ons laagwaterbrug loop so oor dat ons die week nêrens heen kon ry nie. Gister moes ons oor die uiters hoë treinbrug loop om nuwe eerstejaars te gaan haal. Ons dank die Here vir die koel weer en dat die snikhete bedompige weer wyk. Dankie ook aan Jacques wat al die lekkende dakke heelmaak!

2. ONDERHOUDE met studente inspireer ons! God het self hierdie mense geroep blyk uit hulle getuienisse. Sommige grense is steeds toe, party sukkel nog met paspoorte en finansies. Ons sê dankie dat jy saambid vir élke personeellid en student wat ons Vader beskik wat hier moet wees vanjaar. Ons vra die Here dat Bishop Andrew, Ruth, Calvin, Chesron as personeel tog nou sal kom om die swaar vrag te help dra! Van oraloor is studente nog op pad. Ons glo steeds: GEBED TOT DIE LEWENDE GOD VERANDER SAKE EN MENSE!

3. WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION...die boek met BBM se geskiedenis  het ons láát nagte besorg. Bid asb saam vir die finale druk van 'n foutlose lewensveranderende boek. Sovele wonderwerke word daar in beskryf!

4. FAMILIE SAAMWEES: Elke môre het die personeel saam Huisgodsdiens gehou. Ook ons 7 wat in en om die Nuwe Jerusalem woon en werk bid soggens saam. Die Here bemoedig ons hier by BBM om vir eenheid te bid en mekaar te waardeer!

5.DRUK BESIG: Donderdag half7 moes ons ry om te preek by die SAPS; toe na Ben en Suzette Theron om die 2x1000 CHALLENGE koerante op te laai, daarna dit gaan aflaai by Maksimum  en Med B Gevangenisse;  toe na Renee Farms om tamaties,

 rissies en oranje pampoene op te laai; benodigdhede by MICA  te kry en terug huis toe, behoorlik gesaniteer by die hek...en deurentyd dra die Here ons in Sy liefde en troosvolle beloftes!

6. EERSTE KERKDIENS: Sondag 7 Feb preek Shai hier by ons eie Africa Mission Church vir almal wat nie 10 dae kwarantyn uitdien nie. Elreza vertel 'n sendingverhaal. Groot vreugde om weer bymekaar te wees!

7. VOORBIDDING: Terwyl ons sukkel om ons sendeling-adresse uit te sorteer, nooi ons jou om te vra waarvoor ons vir jou kan intree. "Waar twee van julle saamstem oor enige saak, sal Ek dit vir julle gee," is God se belofte. Mat 18:19.

 

Geseënde week vir jou en joune! 

Met liefde en groot waardering! Shai en Elreza Mulder en BBM  familie.

shyriesmulder@gmail.com 

missionaries@bbmission.co.za +27833066323


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies