Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

OOK DEUR DONKER NAG OMGEWE
Posted on Saturday, 27 February 2021
 

"Ook deur donker nag omgewe

Sing ek nog my Pelgrimslied!

Ja ek lofsing in die nag

Want ek bly die Heer verwag! 

My gebed sal opwaarts swewe

Na die Bronwel van my lewe!" Onse God gee steeds Sy lofliedere in die donkerste nag!

Hoe gaan dit met jou? Ons gewaardeerde Vriend en Voorbidder? Mag die Here jou gebede verhoor wanneer die donker skadus oor jou daal.

MY BROER: Ek mis my enigste broer: Ds Johannes Kelber wat verlede week weg is na sy hemelse woning. Ek mis sy stem oor die foon. Ek mis die pragtige klavierklanke as sy vingers oor die note gly...My hart pyn...al weet ek hy is veilig in die hemel by ons pa en ma....

KOS: Die afgelope week was kos maar skaars. Geen groente nie.....geen brood nie....en min ander kos. Daarom jubel ons dat die Terblanch'e kom kuier met beloofde ekstra rantsoene die naweek. Ons sê net "Dankie Dankie Here! U het ons nie vergeet nie!!" Ons kan ook weer aartappels in Nelspruit gaan oplaai! Dankie Anton!

OGGEND GODSDIENS: Dit bly 'n vreugde om elke more 'n diens te kan hou waar sovele personeel en studente kan optree. Een van die verrassings die week was die preek van ons sweiser, Lucky Sithole, wat nou op ons personeel dien...'n oudstudent. Met vuur het hy die evangelie gebring! Hy het by BBM sy BTh behaal! Dis wonderlik dat oud-studente deur al die 30 jaar steeds kontak behou omdat die Here hulle gebruik! Willie Botha van af Randfontein het ook kortliks getuig hoe duidelik die Here hom geroep het! Wonderbaarlik! Verlorenes kom steeds in, tsv al d reëls wat keer! Ons beleef ook  elke môre 'n aanbieding van 'n boek oor Gebed, hulle eerste opdrag vir die jaar! Ons kry gesonde "Bybelvoedsel!"

VOORLIGTING: Shai vra nou vir elkeen van ons 6 Uitvoerende Komiteelede om terugvoer van sy werksaamhede te gee. My departement is eerste aan die beurt. Dit  is nou vir Vrydag beplan en ek word 2 ure gegun om Global Member Care Instituut se Visie, Missie, Werksaamhede, Prioriteite,  Aksies en Personeel aan te bied vir die Komitee. Ons klompie het baie gebid en sien uit na Vry 2nm wanneer ons gaan laat waai! Ek wens jy was hier om waar te neem wat die Here self hier doen: ons wonderwerkende God!!

STUDENTE, veral eerstejaars kom steeds stadig in! Grense is steeds gesluit. Sal jy asb saam met ons bid vir oop deure? Oop grense? en God se duidelike leiding oor wie Hy hier wil hê! Hulle wag by die grense van Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Tanzanië. Ons is reg om hulle lief te hê, te leer en ons eie lewenservaringe aan hulle oor te dra! Vrede vir julle wat saam met ons kniel!!

SAAMBID!! Spontaan het daar 'n versoek gekom dat al 12 selgroepe direk na "Devotions" elke more in 'n kring sal staan en ernstig deurbid oor al ons eie en die krisisse van ons ou wêreld. Dankie dat jy saambid vir ons vir genoeg kos, vir eenheid, liefde en vrede, dat elke eksamen geslaag sal word en ons almal sal opgroei in die Here se genade. Bid asseblief ook saam oor SUID-AFRIKA  se krisisse.

KUIERMENSE: Dit was heerlik om vir Frans en Ilze Kok te verwelkom tydens 'n besoekie aan ons. Sy het heerlike soja gebring. Elke bietjie help! Baie dankie vir elkeen se bydrae. Dit word opreg waardeer.

PREEKBEURT: Loof die Here vir nog 'n oop deur. Ons is genooi om weer op die berg by Kaapsche Hoop te gaan preek Sondag. Nou wag ons in stilte voor ons Here vir Sy boodskap! En vir jou wat ons inspireer met jou omgee en saamstaan sê ons diep uit ons harte BAIE DANKIE!!

MODDERBAD: Die grondpad hier buite die hek naby die lae bruggie oor die Kaaprivier  het  in 'n modderbad verander agv die baie reën. Dr Ian Chapotera en Rev Thierry  Randriamampianina moes vir Rev Benson gaan uitstoot met mensehande! So gebruik die Here ook jou mensehande om Sy kinders uit te red!

Mag die Here jou siel versterk  en met Jes 58:11. Vrede en liefde vir jou. Nogmaals baie dankie dat ons saam as Pelgrims na die hemelstad kan handevat en mekaar kan bemoedig! 

Liefdegroete,

Shai, Elreza  Mulder en almal by BBM.

"Die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Hulle vaar op met vleuels soos die arende...." Jes 40:31.

Webwerf: www.bbmission.co.za


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies