Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Fil 4:19 sê : " En my God sal élke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus!"
Posted on Thursday, 11 March 2021
 

Is jy bekommerd of beangs? 

Fil 4:19 sê : " En my God sal élke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus!"

Mag jy dit beleef!

1.SLANGE! Ons het nog nooit soveel slange om die huis en orals op BBM se terrein beleef soos nou nie! Selfs in Elreza se bakkie het 'n student, Delelegn, op pad hospitaal toe en terug op 'n matras, bo-op 'n slang gesit, onbewus van die gevaar. Bid asb saam vir beskerming!

2. DAMES: Wat 'n vreugde vir ons klomp dames om weer byeen te kom en te luister na Alieske van't Foort se getuienis oor haar noue verhouding met ons Here: 'n inspirasie. Ons dames se kreet: " Deborahs!!! On our knees!!!" olv die voorsitter Anna Mawungwa het ons aangemoedig! Alieske is hier saam met Dr Peter Hammond wat die biblioteek regkry vir die inwyding: 'n geweldige taak!

3. AUBIE DEETLEFS! Sy is terug in Barberton...na maande in SWA tot ons vreugde! Sy kom oefen ons dames vir "Choral Dancing" met palmtakke met die oog op ons feesvieringe VRYDAG 4NM 19 MAART 2021 vir die INWYDING van ons pragtige EMMANUEL LIBRARY sowel as die VERWELKOMING van ons 2021 EERSTEJAARS! Onthou, ons wag vir jou antwoord veral vir die 6nm braai! HARTLIK WELKOM!!

4. TOILETGESKENK! Baie dankie aan Engela, Frina en Liefie wat 30 badsakkies gemaak, gevul en geskenk het  vir ons nuwelinge, sommige wat steeds sukkel by grensposte en met vervoerkoste! Ons loof die Here vir 'n hele paar weldoeners wat sê dat die Here hulle oortuig het om EEN student aan te neem vir R7000 per jaar!!

5. PERSONEEL BIDUUR: Weer eens Dinsdag het ons 'n heerlike dissipelskap saamkuier beleef en kon ons getuig teenoor mekaar oor wat ons jaarteks vir ons persoonlik beteken: JES 40:31 "DIE WAT OP DIE HERE WAG KRY NUWE KRAG, HULLE VAAR OP MET VLEUELS SOOS DIE ARENDE...." Ai, hoe ryk en vol troos is Gods Woord nie!!

6. MAANDAGAAND SE HOMELETIEK: Om ons 2021 derdejaars te hoor preek uit die Woord van God en studente se repliek/kritiek daarop aan te hoor was weer vir ons almal 'n vars uitdaging om slegs die onfeilbare Woord en Jesus Christus as die kern van ons geloof te preek!

7. WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION: Hierdie boek se eerste korrekte proefboek verwag ons môre!! Jy is baie welkom om een te bespreek@ R150! Mag hierdie wonderwerke jou tot groot seën wees!

8. KAAPSCHE HOOP PREEK: Dit was 'n vreugde voorreg om weer te preek daar bo in die berge oor Ps 23. Na kerk kon ons met groot dank heerlike koolkoppe, groente, maalvleis ens gaan oplaai by Trevor en Connie Garrard. Ons bekers van dank loop oor!

9.TERBLANCHE FAMILIE KUIER: Saterdag was ons jarelange vriende hier by ons met baie kosvoorraad! Mag die Here élkeen beloon wat vir sy kinders gee! Hy het belowe Hy sal!!

10. VOORBIDDING: Dankie dat jy saambid vir studente wat sukkel om te kom en vir alles wat ons hier nodig het. Dankie dat ons kan hande vashou vir ons kinders en kleinkinders...vir die geskenk van die wedergeboorte en duidelike leiding oor die toekoms! 

 

Baie liefde en gebede!!

Shai en Elreza en die BBM familie!

Webwerf: www.bbmission.co.za 

 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies