Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Hoe gaan dit vandag met jou?
Posted on Friday, 19 March 2021
 

Hoe gaan dit vandag met jou? Vind jy vrede in ons Heiland, tsv die storms? Mag Jesus ons Vrede wees vandag! Dis nou Lydenstyd. Ons gebed is dat God die Vader self vir ons, Sy kinders, 'n nuwe ontmoeting sal reël,  met die sterwende maar ook opgestane HERE JESUS!

FEESVIERINGE: Ons verbly ons in die Here vir 'n drie-ledige fees more Vrydag 19 Nov 2021: 

Die Emmanuel Biblioteek inwyding; 

die Verwelkoming van ons Eerstejaars en die 

Vrystelling van BBM se boek oor 30 jaar- geskiedenis van swaarkry en wonderwerke: "Walking on Water at Back to the Bible Mission": R150 rand.

TANZANIË PRESIDENT OORLEDE: Elke land wie se mense hier studeer word ook óns land! Dit is dus ook ons hartseer dat hierdie president oorlede is: 'n uitgesproke kind van die Here! Daar was geen grendelstaat in sy land nie. Hy het dit 'n "conspiracy " genoem. Hy het probleme met sy hart gehad.

STAKING VANDAG: Ons het gister by die tamatieplaas verneem dat ons more moet wegbly uit Barberton weens 'n staking. Ons was innig dankbaar vir tamaties en rissies omdat dit weens die reën uiters skaars is. "Just come, and we will help you!" was wonderwoorde vir ons! Mag die Here Suid-Afrika genadig wees!

KRUGER WILDTUIN BESOEK: Ons het vir Dr Peter Hammond en ons Frontline Fellowship sendeling, Alieske van't Foort wildtuin toe geneem. Ons het slegs een van die Groot Vyf: olifante,  gesien, maar kon die oulikste foto's neem, o.a. 'n zebratjie wat drink, drie reuse arende  in een boom, ens.

HOMELETIEK MAANDAGAAND:  Ons het 'n besondere belewenis gehad toe vier van ons top finale jaars uitmuntende, Skrif- en Jesus Christus-gesentreerde preke gelewer het, sonder dat daar EEN punt van kritiek gelewer kon word! Shai en Elreza het beleef dat God BBM sy groot doel laat bereik om studente op te lei om uit die Woord te preek! Vreugde!!

GROENTETUINE: Ons kon saad koop en die studente wikkel met ywer om te plant! Dank die Here vir die  goeie reën! Tog word kos baie vinnig opgeëet! Ons dank die Here vir Santie Tyrer wat die week weer heerlike kos  geskenk het!! Magrite Tebboth het uit Engeland geld gestuur spesifiek vir kos! Ons buig in aanbidding voor ons versorgende Vader deur menseharte en hande!

VOLTOOIING: 

Mag more se feesvieringe met nederige vreugde aangebied word. Mag die Here ook die inoefening vanmiddag seën.

Ons bid dat al die laat studente sal opdaag om hulle werkopdragte in te haal en aan te pas! 

Ons prys die Here dat Hy harte aanraak om R700 pm te betaal vir Losies en Inwoning vir arm studente.

Ons bid vir Juanita Dunn wat vandag terugkeer nadat sy haar broer in Kaapstad gaan begrawe het!

VAKANSIE:

Ons sien met verlange uit na die 2/3 weke vakansie vanaf 26 Maart, eers by die Gradeplegtigheid in Booysens,  daarna 4 dae in die Drakensberge by Little Swiss, Paasnaweek by Pieta en Marie Fourie van Bloedrivier, daarna 6-10e in Makarios langs die Wiltuin....Mag jy ook n geseende Paasfees belewe!

SAAMBID!

 Asb bid ook vir 26 Maart se GEBEDSGENOTE saamkuier 7nm asseblief in Pretoria Oosterlig. Daar is baie min wat kan bywoon!

FAMILIE

Dankie dat jy deel is van ons familie...op pad na die hemelstad!

Liefde,

Shai en Elreza en almal by BBM. 

Webwerf: www.bbmission.co.za 

Tel: +27 833066323

 

 

 
 
 
 
 
 
Click Here
 

Kopiereg © 2021 Back to the Bible Mission

U het die epos ontvang omdat die epos adres seker7seker@gmail.com 
geregistreer is om die nuusbrief te kry.

Back to the Bible Mission | Valley of Mercy | Barberton

Stel nie langer belang nie? Click here to unsubscribe.

 
 
 
 
 

Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies