Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

DIE LIEFDE VAN CHRISTUS DRING ONS.
Posted on Saturday, 17 April 2021
 

" Die liefde van Christus dring ons!" 2 Kor 5:14
Wonderlik om mense te ontmoet wat hierdie woorde uitleef! Hulle gesigte straal van vreugde!!
Ons is innig dankbaar dat God self mense roep om Hom te volg wat oop hande en harte het! 

** MED B GEVANGENIS:
Ons het saam hiervoor gebid dat die toe tronkdeure asseblief sal oopgaan en ons weer daar kan bedien. Vandag het Eva van Med B geskakel en Elreza genooi om weer te kom Bybelstudie hou elke Donderdag! Loof die Here! Bid asb saam vir verlore mense om die Here te vind! Ons het gelukkig CHALLENGE GOOD NEWS koerante wat saamgaan!

** BOEKE EN BYBELS: Ons vreugde was groot om drie dose boeke en Bybels van Angus Buchan te ontvang en uit te deel aan personeel en studente! Pieta en Marie Fourie het ook twee Studiebybels gestuur: groot blydskap!! Ook Westergloed het 7 Bybels geskenk. Bybels is altyd hartlik welkom en natuurlik ook kos en klere! 

**LAASTE REKENAAR INK ONTVANG: Ons is baie dankbaar vir Mac McDonald wat vir etlike  jare vir BBM gratis ink voorsien het vir ons rekenaars uit sy winkel! Nou het hy afgetree en moes ons vir die laaste keer rekenaarink gaan haal! Sal jy asb saambid dat die Here 'n Barmhartige Samaritaan sal stuur wat rekenaar-ink vir ons kan skenk? Ons bid ook dat Mac volkome sal herstel na sy corona aanslag! 

KUIERGASTE: Wat 'n vreugde om gaste te ontvang!!
Ds Arie en Hubré Stavast, wat ook vir Frikkie ons seun ken, het kom kuier by BBM!! Ons studente se samesang was pragtig al is 34 van hulle nog onder kwarantyn in hulle kamers. 
Bishop Adane van een van ons susters kolleges kom more kuier en dit bly 'n voorreg om saam te werk met ander gelowiges! Ons dien dieselde Here Jesus en gaan na dieselfde hemel!!

GEBRUIKTE KLERE: Dit word nou koud...die winter is hier! Daarom dank ons elkeen wat die afgelope tyd klere gestuur het wat aan almal hier uitgedeel kan word! Die Here sal elkeen  beloon wat vir ons gee!

GROENTETUIN KURSUS: Ons dank die Here vir Ben en Suzette Theron wat betaal vir twee 1e jaars om 'n kursus "Foundations for Farming"  die week te deurloop. Ons sien uit daarna om by hulle voete te sit, en te leer hoe om ons groentetuin te laat floreer. 

2021 PROGRAM: Ons vertrou die Here om weer vrywilligers te stuur om as dosente op te tree! Ons glo dat God reeds 'n program het! Van oraloor skakel leraars wat graag weer wil kom klasgee!

Mag God jou en ons gebede verhoor.....en ook dat Hy ons trane sal afvee en ons troos! Ons bid nou saam, vir een student, Ejigayehu, wat sukkel met haar gesondheid, ook in hierdie tyd vir bekerings, ook vir ons voertuie wat lyk of hulle nou so een vir een begin ingee. Ons bid ook dat ons sal leef wat ons preek. Vandag se boodskap tydens ons oggenddiens het ons geïnspireer om ons wil elke dag voor God te buig en Sy wil te volg!
 
Vreugde, vrede en genoeg, bid ons vir jou en al jou dierbares!

Shai en Elreza Mulder en die hele BBM familie
shyriesmulder@gmail.com
Webwerf: www.bbmission.co.za


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies