Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

christen vlag
Posted on Monday, 26 April 2021
 

? "FLAGS DOWN!" Dit het ons Studenteraadsvoorsitter, Aaron Chomo, van Tanzanië, uitgeroep toe al 40 groot kleurryke landsvlae neergebuig word toe die Christen Vlag ingedra is in die Halleluja Ouditorium hier by BBM. Intussen het Handel se Hallelujah koor en simfonieorkes die note uitgejubel!! Wat 'n vreugde! Wat 'n oorwinning na maande se stilswye agv die corona inperkings!! 
Die vlagparade  en "Afrika vir Jesus" koorsang was spesiaal om besoekers en dosente van harte te verwelkom! 

STILTETYD: Die teks wat een van ons klein oggend familielede gelees het, het diep getref! Elke more sit 'n paar van ons wat doseer en wat in en om ons huis werk om die tafel. 1Joh 3:2 ".....We shall be like Him!"  Ons sal aan Hom gelyk wees! Wat 'n wonderdag gaan dit wees! Aan Hom gelyk! Al ons sonde en stryd weg! Mag ons almal so leef dat ander baie graag soos ons wil lewe! Mag ons ganse familie uitverkoop lewe aan Jesus!

MED B SE OOP DEURE! Asb bid saam vir die verlorenes van Med B gevangenis om by Jesus uit te kom tydens die gevangenis bediening! Elke Donderdag en elke Sondag mag ons nou Bybels en traktaatjies inneem en die Woord verkondig. Dis 'n groot voorreg!

DOSENTE: Wat 'n vreugde is Dr Brenda Bosch, die 2 Mpshe broers en Rev Honni Munyasia wat hierdie week klas aanbied. Mag studente God se wysheid indrink veral die boodskap wat uitgelewe word!

KLASGEE OOR BYBELSE SELGROEPE: Elreza het die lesing aangebied. Die reëls vir geslaagde selgroepe is ter harte  geneem. Elk van die 12 selgroepe het sy eie Bybelteks en noodkreet uitgebasuin. Dit het groot opgewondenheid en gees-bou geskep!

VOETE WAS: Die selgroep-aand het begin met Shai en Elreza wat die Uitvoerende raad én die SR lede  se voete gewas het nadat die Skrifgedeelte gelees is hoe die Koning van hemel en aarde Sy dissipels se vuil voete gewas het.  

KLERE UITDEEL: Met vreugde kon die klere wat gemeentes en vriende geskenk het uitgedeel word!  Ons huishulp, Patience, het gesê wat by wie pas...nogal 'n gawe!!!! Almal was dankbaar en waarderend! Nou dat dit winter word is veral die warm klere met groot dank ontvang.

REGISTRASIE en VERBLYF FOOIE: Dit bly een van die nood-gebede van talle studente wat net eenvoudig met leë hande pleit by die Here dat iemand hulle sal "aanneem", naamlik R700 per maand. Dankie dat jy saambid en saam-gee.

ETIOPIESE AAND: Soos gewoonlik het hierdie groep met heerlike Etiopiese brood, springmielies, koeldrank, sang en gebed kom besoek aflê. 

DON'T STOP PRAYING: Twee nuwe borde pryk langs ons pad binne-in BBM. Mag ons bid sonder ophou!

Ons groet met liefde en gebede! " Hou jou oë op JESUS!"

Shai en Elreza Mulder en  die hele BBM familie.
Webwerf: www.bbmission.co.za 
shyriesmulder@gmail.com 
admin@bbmission.co.za 
+27 833 066 323


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2021 Seker.co.za
Chillies